WIT-SJOKOLADE NAGEREG


WIT-SJOKOLADE NAGEREG
3 witsjokolade slabs, opgebreek
200 ml bulgaarse jogurt
neute, heuning en kruisement blare vir garnering

Smelt die sjokolade saam met die bulgaarse jogurt.
Sit in yskas sodat dit bietjie kan stol.
Bedien dan in Martini glas met mint blaartjies, neute en heuning.




BLANCMANGE MET VARIASIE

blamange 2
BLANCMANGE MET VARIASIE
250 ml mielieblom (Maizena)
2 ml sout
150 ml suiker
1,5 liter melk
2 groot eiers, geklits
7,5 ml amandelgeursel

Meng mielieblom, sout en suiker, maak aan met 100 ml van die melk.
Verhit res van melk. Voeg mielieblommengsel by en roer gereeld.
Prut so 3 min. Roer geklitste eiers en amandel geursel by.
Kook stadig vir paar minute tot glad, gooi in voorbereide nat stol vorm.
(Kook ‘n paar perske blare saam die melk, dit gee ‘n ekstra smakie)
Ek het net ‘n klomp pruimedante in water geweek, toe in ‘n potjie gesit met port en bietjie suiker en dit gekook tot stroperig en uitgepof.
Resep en foto:  Martie Fourie Moolman

Foto:  Rina Kleinhans
Ek het ‘n paar aarbeie baie fyn gemaak en saam met suiker en bietjie aaarbei konfyt ‘n stropie gekook, die vars aarbeie in gesmelte sjokolade gedoop en saam bedien.
Mens kan dit met enige vrugte en stroop bedien en versier na hartelus. (Al gemaak met klappermelk en xylitol versoeter, en dit was heerlik.)




OUTYDSE BLANC-MANGE

blamangetested

OUTYDSE BLANC-MANGE
50 g mielieblom
50 g suiker
knippie sout
750 ml melk
1 eier
1 teelepel vanilla

Meng die mielieblom, suiker en sout en maak dit aan met ‘n bietjie melk.
Voeg die eier en vanilla by en klits tot mengsel gemeng is.
Verhit die res van die melk tot kookpunt en roer die mielieblommengsel vinnig by.
Roerkook tot ‘n dik pap. Spoel ‘n vorm uit met water en giet die pap daarin om te stol. Verkil. (geen klonte nie)

Glasering:
7 ml mielieblom
30 ml water
60 ml appelkooskonfyt
1 teelepel botter

Maak die mielieblom met water aan, voeg die appelkooskonfyt en botter by en roerkook tot die mengsel dik is.
Laat afkoel!! Ontvorm jou poeding en skep jou sousie bo-oor – vreeslik lekker!
N.S: Jy kan enige lekker vrugtestroop bo-oor gooi.

Rina Kleinhans – ek het ‘n strawberry stropie gekook en met vars strawberries versier.




PEPPERMINT CRISP ROOMYS TERT

 1013284_3716516648679_1209064285_n
PEPPERMINT CRISP ROOMYS TERT
2 liter vanilla roomys
1 x caramel kondensmelk
1 x tennis beskuitjies
4 x pepperment crisp sjokolade

Rasper die sjokolade.
Laat roomys sag word en meng saam met die kondensmelk.
Voeg 2 gerasperde peppermint crisps by en roer.
Pak bak met tennis beskuitjies en gooi mengsel oor.
Strooi die res van die sjokolade bo-oor en plaas terug in die vrieskas to styf.
Foto en resep: Louise Venter



PAVLOVA KIWI STYLE

 
PAVLOVA KIWI STYLE

Dit is hoe  haar ma van New Zealand aan my Kiwi skoondogter verduidelik hoe om Pavlova te maak:

Firstly you need to preheat your oven 120C. The oven needs to be low as the secret to making a damn good Pavlova lies in the fact that the egg whites in the pavlova dry out and set rather than bake.
Your best to use a kitchen mixer for preparing this dessert as there is a lot of whisking involved! So into the bowl of your kitchen mixer drop 6 egg whites and a pinch of salt and whisk until soft peaks form.
Continue with the whisking and gradually add in 270gms of caster sugar a tablespoon at a time which will allow enough energy for the sugar to dissolve. The whisking will be complete when the mixture is glossy and shiny and no evidence of sugar is visible.
Remove the bowl from the mixing unit and carefully fold in 1 teaspoon of white vinegar, 1 teaspoon of pure vanilla extract or paste and 2 teaspoons of cornflour.
On to a baking paper lined oven tray, pile the luscious pavlova cloud in the shape of a cake, either whipping up the peaks to create a dramatic effect or flattening into a round for a more traditonal pavlova look.
Bake in that nice slow oven for 1 to 1-1/2 hours. You will know when it’s done by lightly tapping the top of the pavlova which should be hard. Turn the oven off and leaving the door slightly ajar leave the pavlova to cool completely.
Dress the pavlova with lashings of freshly whipped sweetened cream and slices of kiwifruit for the traditional fare or use any combination of fresh fruit such as strawberries, passion fruit, raspberries or banana.

 BRON: Elize de Kock



VINNIGE VLASKYWE

marlene-minderon-se-vlaskywetested
VINNIGE VLASKYWE

As jy regtig haastig is kan jy die skilferkors met kraakbeskuitjies vervang. Sit die skywe dan net dadelik voor voor die beskuitjies sag word.
Maak 6 vlaskywe

1 rol (400 g) botter-skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
500 ml (2 koppies) gekoopte vanieljevla
15 ml (1 eetlepel) gelatien, opgelos in 125 ml (½ koppie) warm water
versiersuiker vir bo-oor sif

Verhit die oond tot 200 °C.
Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Rol die deeg dunner uit en sny in 12 blokke.
Pak op die bakplaat, verf die eier oor en bak 15 minute.
Laat heeltemal afkoel.
Verhit die vla effens.
Roer die gelatienoplossing by ’n bietjie daarvan en meng dan met die res.
Verkoel tot dit begin stol, klits af en toe.
Stapel die skywe op mekaar met vulsel tussenin.
Sif versiersuiker oor en sit voor.

Foto: Marlene Minderon




BROKEN GLASS JELLO

jello poedingtested
BROKEN GLASS JELLO

See additional notes at the bottom of recipe

4 small boxes (3 oz. each) of Jell-O or store brand “gelatin dessert” in different colors. (I used strawberry, lime, orange and blue. My store only sells the big 6 oz. box of blue jello so I weighed 3 oz. or half of the package).

1 (14 oz.) can sweetened condensed milk (don’t get evaporated milk)
2 envelopes unflavored gelatin (that Knox stuff)

For each flavor, dissolve one box of jello in one cup of boiling water. Pour into a container and chill (overnight is probably best, but I chilled it 3 hours until firm). I just love these retro Tupperware containers I picked up at a garage sale!

Please note: Only add 1 cup of water to each box of colored Jello. Ignore the instructions on the box of Jello (they say to use 2 cups of water). Use only 1 cup of water so the Jello is firm and can be cut into blocks.

After chilling the four flavors, cut them into small blocks.
Carefully mix the blocks in a 9 x 13 pan.

In a separate bowl, sprinkle 2 envelopes unflavored gelatin into 1/2 cup cold water. After the gelatin blooms, add 1 1/2 cup boiling water and dissolve. Add the can of condensed milk. Stir and cool. Pour cooled milk mixture over jello and chill overnight.

Cut into blocks or shapes and serve!

Recipe:  Annie Moule|
Photo:  Wilma Britz en  Liza-Mari Rheeders
Notes:
Marieta Genis
Ek het gemaak baie lekker gewees. Ook in mould gemaak gevind jellie blokkies bo gele nie so lekker versprei. Het groen en rooi aangemaak met 1kop kookwater laat styf word blokkies gesny. Een koevert gelatien opgelos in kouewater gooi 1 tot so een en half kookwater(koppies) en mengmet kondensmelk. Laat afkoel en gooi in bak of vorm saam met jellie blokkies. Onthou om vorm te spuit as jy wil uitkeer. Myne was baie lekker.Marieta Genis
Sien nou op foto jellieblokkies ook nie so mooi versprei so gee raad daarvoor.Val Ashbury
Ek maak iets soortgelyk in diep trifle bak. Ek maak seker dat ek genoeg jellie blokkies het sodat daar nie te veel van die wit is nie – geen plek vir afsak nie. In plaas van die gelatien/kondensmelk klop ek blikkie Ideal Melk styf en roer afgekoelde suurlemoen of pynappel jellie by. Gooi dan oor jellie blokkies en laat stol. Minder soet, maar het nie die lekker gladde voorkoms nie. Voordeel is dat dit kan aangepas word vir diebete en niemand kom dit eers agter nie. Gooi net die suikervry pakkies weg voordat die familie dit sien.



MARIE SE “BOM” KERSFEES LEKKERTE

bom kersfees lekkertetested
MARIE SE “BOM” KERSFEES LEKKERTE
Neem ‘n ronde bak, en lê hom uit met kleef plastiek.
Sny ‘n brood kerskoek in skywe, en pak die vrugtekoek skywe reg rondom en binne soos ‘n lining gapak op die kleff palstiek.
Neem ‘n nougat klein opgebreuk en ‘n sjokolade gerasper en ‘n koppie vrugtemengsel en meng dit by die roomys in.
Sit die oorblywende kerskoek wat in skywe gesny op vir die deksel, vou die kleef plastiek toe oor die hele koek en vries dit dit.
Kersfees keer ek dit net om in ‘n bord en sny in skywe.

Resep en foto: Marie Rheeder Troskie




KOUE PIENK SAGO POEDING

 
KOUE PIENK SAGO POEDING
Hennie Van de Merwe het vir ons die lekker nagereg gestuur.
Kook 1 liter melk met 1 koppie sago en sout tot sag en deurskynend.
Kook een koppie water en maak 1 pak kersie jellie aan.
Klits goed saam:
6 eiergele
½ koppie suiker
¼ koppie melk

As sago gaar is, haal af en gooi eiermengsel daarin en roer weer op stoof totdat dit begin kook.
Meng 1 blik kondensmelk met jellie en styfgekopte eierwitte.
Meng alles saam, gooi in opdienbak.
Verkoel in yskas, mens kan net so bedien of met geklopte room of dun koue vla.
Heerlik!
Geplaas deur Rina Kleinhans




1000 STE MAAL POEDING

1000 ste maal poeding
1000 STE MAAL POEDING

Maak net jou eie vla aan!! Dan stol dit maklik!! Boksie vla het nie vir my gewerk nie!
3 x koppies  vla… (Maak jou eie vla en lekker dik aan)
2 x pakke mariekoekies
½ koppie fyn aarbeikonfyt
½ koppie Treat-karamel kondensmelk
2 flakes vir versiering
1 houertjie room
gesnipperde kersies

Maak die vla in ‘n pot lekker warm – amper kookpunt
Maak koekie-toebroodjie, plak aan mekaar vas met een koekie konfyt en een koekie karamel
rangskik onder in plat diep bak
Giet warm vla oor die laag koekies
Pak nog ’n laag toebroodjie-koekies en gooi al die warm vla wat oorgebly het oor
Maak toe met clingwrap, sodat tert nie yskas geure absorbeer nie
Bere in yskas vir minstens 3 ure
Klop room lekker styf versier bo oor poeding, sprinkel met gesnipperde kersies en krummel flake sjokolade krummels oor wanner jy opgeskep het

Foto:  Benhet Nieuwenhuis