MARIE SE KITS POEDING

 2014-03-01-marieseinstantpoedingtested
MARIE SE KITS POEDING
Ek het 2 x sjokolade instant pakkies poeding gevaat aangemaak met melk soos op die boksies, gebruik so 100 ml melk minder as wat die boksies se om dikker te wees.
Toe koop ek n pakkie chip choc cookies en breek dit fyn daar in en meng alles tesame.Room styf geklits en bo oor gesit.
wat ook mooi versier koop n blikkie gemengde vrugte gooi die sous af en versier tert met die vrugte
my eie idee
BRON: Marie Rheeder Troskie



TUISGEMAAKTE GRANADILLAROOMYS

2014-02-28-lynettefrozenyoghurttested

TUISGEMAAKTE GRANADILLAROOMYS
4 koppies granadillapulp (vars uitgedruk)
1 kg ongegeurde jogurt
1 blikkie kondensmelk (gebruik 2 indien jy soeter verkies)
Meng die bestanddele baie goed saam, skep in ‘n groot genoeg bak en vries.
Dit is ongelooflik lekker en romerig. Baie maklik om te maak.
Notas:
Lynette Vivier – is die 4 koppies pulp reg? Dis baie en ek koop altyd die heel klein blikkies.
Lynette Vd Bergh – Lynette, ek het vars uitgedrukte granadillas gebruik, dalk met die blikkies pulp moet ‘n mens net die helfte gebruik. Ek het net 1 blik kondensmelk gebruik met ‘n bietjie versoeter by. Dit is effe suur maar nie erg nie, want die granadillas was goed ryp.Janine Botha – 1 kg jogurt, is 1 liter, neem ek aan?
Lynette Vd Bergh – Janine, ja dit is die groot houers jogurt en ek het die volroom griekse jogurt gebruik. Ek gaan môre dieselfde resep maak, maar 1 met aarbeie en 1 met bloubessies.
Resep: Lynette vd Bergh




MINI MALVALEKKER YSKASTERT

2015-11-03-malvayskasterttested
MINI MALVALEKKER YSKASTERT
500 ml room, styf geklits
1 blik fyn pynappel
2 pakke mini malvalekkers (of groot malvalekkers – fyn gesnipper)
125 ml suurlemoen sap
1 blik kondensmelk
1 pak tennisbeskuitjies

Pak heel tennisbeskuitjies onder in ‘n gespuite tertbak om as kors te dien.
Meng suurlemoensap en kondensmelk saam.
Voeg styfgeklitste room by.
Meng pynappel en malvalekkers by.
Meng alles goed en skep op beskuitjies en sit in yskas.
Krummel so 2 na 3 tennisbeskuitjies bo-oor

Foto: Johan Steyn (FLR lid)




PEPPERMINT ROOMYS WAFELS

2014-02-08-1621676_10203118784360672_1197470252_n

PEPPERMINT ROOMYS WAFELS

Meng 2 koppies room, styf geklits met blik karamelkondensmelk. Rasper peppermint sjokolade in. Sit in plat bak en smeer 2 cm dik. Vries. Sit tennisbeskuitjies op. Sny en sit dan ander tennisbeskuitjie onder. Vries weer.

Idee: Elize de Kock

Foto: Andri du Toit




RUM EN RAISIN NAGEREG

2014-02-08-img-20140208-01536tested
RUM EN RAISIN NAGEREG
Lewer 1 tert of 4-6 glase
250 g pitlose rosyne
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) room, verkoel
1 blikkie (360 g) karamelkondensmelk
2 ml (½ t) vanieljegeursel
5 ml (1 t) rumgeursel
1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies
aarbeie vir versiering indien verkies

Bedek die rosyne met kookwater en hou eenkant.
Klits die room styf en meng die kondensmelk en geursels by.
Dreineer die rosyne (hou ’n paar eenkant) en meng liggies by die karamelroom in.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n bak of glase en skep ’n laag karamelroom oor.
Herhaal lae en rond af met rosyne. Verkoel tot stewig. Versier met aarbeie indien verkies.
WENK Jy kan self aalbessies gebruik pleks van rosyne vir ’n mooi rooi kleur.

foto Marie Rheeder Troskie




SWARTWOUDPOEDING-TERT

1901253_10203239658341801_1989593236_ntested
SWARTWOUDPOEDING-TERT
1 ½ Sjokolade Swissrol of sjokolade sponskoek
2 houers gladde maaskaas
2 blikke kondensmelk
125 ml Suurlemoensap
1 blik Swartkersies (black cherries) ontpit
Kersielikeur
Sny koek in lagies en pak en lagie in bak.
Sprinkel met die likeur.
Meng die suurlemoensap met kondensmelk en voeg dan die maaskaas by en meng lekker deur.
Sit helfe van die mengsel op die lagie koek en pak die cherries wat gedreineer is, in helfte stukkies op.
Pak weer ‘n lagie gesnyde koek, sprinkle met likeur, dan die res van die kondensmelk mengsel.
Pak dan die kersies bo-op en strooi flake bo-oor.
Neem dan die stroop van die kersies en bring tot kookpunt en maak dikker met maizena en strooi so tussen deur die kersies.

Resep en Foto: Joyce Geers-Minnaar




SJOKOLADE LASAGNE POEDING (Suiker vry)

2014-02-01-chocolatelasagnepoeding
SJOKOLADE LASAGNE POEDING (Suiker vry)
Die oorspronklike resep is baie baie soet. Ek het als net vervang met suiker vrye produkte. Daar kom in die volgende:

2 pakke choc chip koekies fyn gemaak,
2-3 pakkies instant chocolate poeding aangemaak volgens die verpakking
1-2 bottels orley whip styf geklits
en 1-2 slabs canderel dark chocolate gerasper

In die volgorde pak jy dit in lae op mekaar. Koekies, instant poeding, orley whip en dan fyn sjokolade tot alles op gebruik is, en heel laaste sjokolade heel bo.
Al die produkte kry jy by Dischem behalwe die orley whip. Dis heeeeeeerlik devine!!!! Die hoeveelhede hang af vir hoeveel mense jy maak. Die bak op die foto is gemaklik vir 10 mense.
Ek laat staan hom nou in die yskas oor nag sodat hy lekker koel is more.

BRON- Elrè van den Heever




Sneeu roomys

sneeu roomystested

4 koppies sneeu
1 koppie melk
1/4 koppie suiker
1 teelepel vanilla

Metode: Roer en eet

Lenka Belanger




GRANADILLA JOGURT DROOM

tested
GRANADILLA JOGURT DROOM
1 blik (397 g) kondensmelk
310 ml natuurlike jogurt
1 blikkie (115 g) granadillapulp
125 ml suurlemoensap
250 ml room, styfgeklop

Meng kondensmelk, jogurt, granadillapulp en suurlemoensap saam.
Vou die styfgeklopte room by die granadillamengsel in.
Skep die nagereg in ‘n mooi glasbak.
Verkoel minstens 2 uur.
Bedien met vingerbeskuitjies of skep oor vars vrugte.
Lewer 10 porsies.
Resep: Cecilia Bedser




MANGO PUDDING

mango pudding with flaked almonds2014-01-14-img-20140114-01426tested
MANGO PUDDING
2-3 mangoes or more depending on how many people
plain yoghurt or sour cream
Brown sticky sugar
Slice mangoes and layer in dish. (single layer)
Pour some yoghurt over to cover .
Sprinkle brown sugar on top.
Layer till mango is finished, ending with yoghurt and sugar>
Put in fridge and wait for sugar to melt completely and make its sauce.
EAT AND ENJOY.Posted and 1st photo:  Marie Rheeder Troskie
2nd photo by Sabrina Merli and the pudding is topped with flaked almonds