CHOCOLATE LASAGNE MADE WITH BROWNIES

2014-04-26-chocolatelasagnetested
CHOCOLATE LASAGNE MADE WITH BROWNIES

Onthou julle die Chocolate Lasagne? Ekt gisteraant die roomkaas laag gebruik en oor n gekoopte choc brownie, die tipe wat mens by Nibbly Bits, koop wat so 15 x 10cm (?) is, gesmeer en gesmelte chocolate oor gedrizzle. Ekt die choc brownie met n groot opskeplepel plat gedruk tot hy pas in n reghoekige tertbak.
DIE ROOMKAAS LAAG:
1- 8 ounce package cream cheese, softened
1/4 cup granulated sugar
2 Tablespoons cold milk
1 &1/4cup orley whip

DIRECTIONS
Mix the cream cheese with a mixer until light and fluffy. Add in 2 Tablespoons of milk, and sugar, and mix well. Stir in 1 and 1/4 cups Cool Whip. Spread this mixture over the crust.

Smelt baking choc en drizzle boop. Plaas in yskas.

BRON- Estrela Oosthuizen‎

Estrela Oosthuizen
Die Orley Whip moet koud wees. Dit wou nie eintlik styf klits nie, maar die roomkaas mengsel was ni loperig toe ek dit byvoeg nie

Estrela Oosthuizen
N mens kan seker vra, “maar choc brownies IS dan reeds nagereg”?….maar as jy gek is oor kaaskoek, is dit n lekker vinnige manier om dit opte zoosh!!

Isobel Conradie
Hierdie lyk BAIE lekker! Ek het vir die naweek soortgelyke ietsie gemaak – ook brownielaag onder, dan dikkerige laag versoete Orley Whip, twee lagies kitspoeding Caramel en Sjokoladegeur, en dan nog Orley Whiop bo-oor. Kan dit regtig aanbeveel.

Isobel Conradie
Ek het vergeet van die roomkaas wat jy genoem het, Estrela – ek het toe ‘n bakkie geroomde maaskaas gebruik omdat ek dit in die yskas gehad het. Roomkaas sou dit daardie bietjie ekstra oemf gegee het!




TUISGEMAAKTE ICE CAP

tested
TUISGEMAAKTE ICE CAP

300g sjokolade van jou keuse om te smelt (ek verkies Hersheys)
100 ml Kokosneutolie

Smelt die sjokolade en roer die olie by.
Gooi in ‘n bottel en bere op die rak.
Die sous word hard op roomys, soos Ice Cap

BRON- Corne Liebenberg




LASAGNE EN CHERRIE POEDING

LASAGNE EN CHERRIE POEDING

Kook jou lasange sag met 2eetl suiker.

Gooi van die ingelgede cherrie sous in n glas of bakkke en le lasange daarin vir tenminste so 3ure.

Sit n cherrie met stingel in middel en vou lasange om dit. Probeer deur stokkie druk.

Sit in glasbakkie en gooi van die sous oor en sit nog so paar cherries in.

BRON- Marian van Deventer




LASAGNE VRUGTEPOEDING

2014-04-18-lasangevrugtepoeding
LASAGNE VRUGTEPOEDING

lasange met 2 eetlepels suiker
2 bakkies maaskaas growwe
½ koppie suiker
2 mangos met 2 eetlepels suiker
1 blikkie strawberries, met 2 eetlepels suiker
3 piesangs met 2 eetlepels suiker

Die resep is soos volg:
Kook lasange (ekstra langes) soos pak sê, maar in plek van sout, voeg 2 eetlepels suiker by.
Haal versigtig uit dat dit nie breek nie. Sit eenkant vir afkoel.
2 bakkies maaskaas growwe, gemeng met ½ koppie suiker
Sny 2 mangos, voeg 2 eetlepels suiker by en puree.
Sny blikkie strawberries oop, dreineer en voeg 2 eetlepels suiker by en puree.
Sny 3 piesangs op en voeg 2 eetlepels suiker by en bietjie suurlemoensap en puree.
Begin met lasangne, smeer maaskaas laag en dan mango puree en dan sit jy weer ‘n lasange velle, smeer maaskaas en dan strawberry puree.
Dan weer lasagene, smeer maaskaas en dan piesang puree en eindig weer met lasagne velle. Eindig weer met ‘n lasagne.
Maak met kleefpapier toe en sit in yskas oornag.
Sny in skuiwe en versier met kiewie en strawberries en blackcherries en sous van dit. Strooi versiersuiker.

Ps…..ek sal volgende keer die puree met gelatien meng sodat dit meer in posisie bly.

Resep geplaas deur Marian van Deventer
Foto: Marian van Deventer




MAKLIKE PAVLOVA

pavlova - sonjatested
MAKLIKE PAVLOVA

1 eier wit
250 ml strooisuiker
30 ml  warm water
15 ml asyn
1 gelyk teel. Bakpoeier
1 teel. Vanilla
Klits die eierwit, voeg die strooisuiker bietjie-bietjies by en klits tot styf. Voeg warm water by, meng goed, voeg dan asyn by en meng weer goed. Voeg dan bakpoeier en vanilla by en klits tot styf. 100°C vir 2 ure. Skakel die oond af en los die skuimpies oornag daarin om heeltemal uittedroog.en die vulsel het ek room geklits en suiker by en vrugte lae vir lae gepak

Foto en resep: Sonja de Wit




VLA VERRASSINGS POEDING

vla verrassing
VLA VERRASSINGS POEDING
1 x 400 g rol blaardeeg
1 x 250 g Moirs kits vla
1 x 250 ml Orley Whip
versiersuiker
gesmelte sjokolade

Rol uit die blaardeeg en sny in driehoek vorms. Bak in oond tot ligbruin teen 200°C.
Maak die kits vla effens dikker aan as aangewys (gebruik net ⅔ water m.a.w. 350 ml).
Klop die Orley Whip styf. Neem die gebakte driehoek blaardeeg en smeer vla oor.
Skep ‘n lepel vol Orley Whip bo op die vla. Strooi bietjie versiersuiker, asook ‘n bietjie gesmelte sjokolade oor. Alternatief kan daar ook perskes/enige vruge bygevoeg word. Geniet!!

Foto en Resep: Ingé Vermaak Potas




MARSHMALLOW- EN KARAMELTERT

 marshmellow caramel terttested
MARSHMALLOW- EN KARAMELTERT
1 pakkie Vanilla Kitspoeding en
1 pakkie Caramel kitspoeding,
klits dit saam met 750ml melk.
Klits nou 1 blikkie caramel treat by en
250ml houertjie room wat styfegeklits is by.
Sny marshmallows in en gooi oor ‘n tennis beskuitjie kors.
Sit in die yskas om te verkoel.RESEP EN FOTO: Leanne Thurston Coetzer




ROOMYS VAN 2 BESTANDELE

 

2 best roomys 2tested

ROOMYS VAN 2 BESTANDELE

geen suiwel

Soms kruis n gereg jou pad wat jou wereld verander. Die piesangroomys is een van die lekkerste nageregte wat ek in my lewe geeet het. Dis ongelooflik! Dis sag en romerig!

BENODIG:

6 piesangs
125 ml grondboontjiebotter
NOU:

Sny die piesangs in dun ringetjies. piesangroomys
Plaas dit op n bakplaat en bedek met kleefplastiek.
Vries dit.
Sit dit in jou voedselverwerker en kap fyn.
Meng die grondboontjiebotter by.
Dis die lekkerste lekker in LekkerLand!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Bron: Marinda Kook

Foto: Leonard Eric Abdol




AMARETTO KOFFIE PEPPERMINT KARAMEL KAASKOEK

2014-03-04-amarettokoffiepeppermintcaramelkaaskoek
AMARETTO KOFFIE PEPPERMINT KARAMEL KAASKOEK

1 pakkie Lotus koffie koekies of enige koekie wat jou lekker lyk
200g roomkaas
150g wit sjokolade
1/2 peppermint crisp sjokolade
1/2 blik carameltreat
250g versiersuiker
1 koppie sterk koffie met n goeie skoot Amaretto liqueur

Pak n laag koekies in n broodpannetjie uit gelyn met foelie.
Maak koffie aan en voeg Amaretto by, smeer met voedsel kwas ‘n goeie laag oor die koekies.
Klits die roomkaas en versiersuiker saam tot glad, smelt die sjokolade in mikrogolf en meng gou saam voor dit weer stol.
Meng in aparte bak die caramel en rasper die peppermint crisp daar in.
Smeer ‘n laag van die roomkaasmengsel oor koekies en bak weer ‘n laag koekies en smeer met Amaretto koffie,  herhaal laag roomkaas en koekies die derde laag sit die caramel in die middel van die roomkaas en pak weer koekies gesmeer met koffie en herhaal weer die laag roomkaas strooi bietjie gekrummelde koekies of flake sjokolade as laaste bo oor en sprinkel die laaste bietjie koffie oor as daar oor is. Sit in vrieskas oornag of vir 6 ure om goed te stol. Sny stukkie af en laat effens ontdooi voor jy dit voor sit maar jy moet hom sny as hy gevries is anders is hy te sag!

***Amaretto kan vervang word met Kahlua of Amaroela

RESEP EN FOTO: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

 




VINNIGE KAMMA TIRAMISU


VINNIGE KAMMA TIRAMISU

Neem 4 bakkies– en breek 2 tot 3 sponsvingerkoekies daarin.
Neem lekker sterk koffie – afgekoel – en gooi oor die koekies.
Wend jou tot die vanilla roomys wat 15 minute vroeër uit die vrieskas gehaal het sodat dit makliker hanteerbaar is, en skep ‘n lagie roomys in sodat die roomys ‘n ysberg in die middel vorm.
As jy Amarula of enige lekker room likeur in die kas het, drup dit in.
Klits ‘n houertjie room styf en skep dit bo-op die roomys.
Sprinkel gekrummelde Flake tjoklit bo-oor, en ‘n siffie met bietjie kakao poeier in, bo-oor gesprinkel

BRON- Carol Elliott Claassen