ONWEERSTAANBARE TIRAMISU

 

2015-06-23-onweerstaanbaretiramisutested

ONWEERSTAANBARE TIRAMISU

Koffieslawe sal dol wees oor hierdie maklike weergawe van die Italiaanse gunsteling. En mense wat nie koffie drink nie, sal waarskynlik van plan verander.

Genoeg vir 9 mense
Bereiding: 15 min.
Verkoel: oornag

375 ml (1½ k) sterk koffie, afgekoel
250 ml (1 k) Cape Velvet-likeur
300 g vingerkoekies
2 eiers, geskei
125 ml (½ k) strooisuiker
500 g mascarpone-kaas
10 ml (2 t) kakaopoeier

Meng die koffie met 180 ml (¾ k) van die likeur in ’n vlak bak. Doop die koekies in die vloeistof tot alkante klam, maar nie pap nie. Voer ’n bakpan van 18 x 30 cm met ’n laag koekies uit.
Klits die eiergele en strooisuiker tot vaal. Vou die oorblywende likeur en die mascarpone-kaas in om ’n mousseagtige konsistensie te vorm.
Klits 1 eierwit tot sagtepiek-stadium. Vou by die mascarpone-mengsel in en smeer die helfte van die mengsel oor die koekies.
Herhaal met nog ’n laag klam vingerkoekies en bedek met die oorblywende kaasmengsel.
Bedek en verkoel oornag. Sif die kakaopoeier bo-oor net voor jy dit voorsit.

Foto:  Ingé Vermaak Potas




PERE IN ROOIWYN MET PYNAPPEL SORBET

peer in rooiwyn mariantested
PERE IN ROOIWYN MET PYNAPPEL SORBET
1 ½ koppie Shiraz rooiwyn
¾ koppie suiker
2 eetlepels suurlemoensap
2 teelepels vanilla geursel
2 teelepels kaneel
6 stewige pere geskil maar los stingel

Plaas al die bestanddele bymekaar in pot en kook dit.
Draai plaat laer en sit die pere op hul sy in stroop. Laat prut tot pere sag is.
Ek het dit elke 10 min omgedraai. Sodat elke kant kan stroop trek.
Myne het so 30 min gevat. Maar ek dink dit hang van hoe hard die pere is. So toets dit maar. As pere sag is haal uit en laat afkoel.
Reduce stroop tot helfde.

Die pynappel en rissie sorbet
1 pynappel
1 koppie suiker
1 koppie water
1 rissie
Sny pynappel en rissie op en plaas alles in pot. Kook tot pynappel sag is. Maak fyn in blender en vries dit.  Bedien saam met die pere.

Resep en foto: Marian van Deventer




PERE IN ROOIWYN

peer nagereg martietested
PERE IN ROOIWYN
4 ferm pere geskil
1 koppie suiker
1 koppie droë rooiwyn
1 koppie water
1 kaneel stok
1 ster anys
4 heel naeltjies
Verhit water, wyn, suiker, kaneel, naeltjie en anys. Skil pere en haal pitte uit. Stowe in stroop stadig tot pere sag is en ‘n dik stroop gevorm het. Bedien met vla, roomys of dik room.

Resep en foto: Martie Fourie Moolman




GRANADILLA SNEEUPOEDING

 

2014-06-08-grenadellasneeupoedingtested

GRANADILLA SNEEUPOEDING
My 4 bestanddele resep.
1 glasie vars room
1 pakkie suurlemoenjellie
300 ml kookwater
pulp van 3 granadillas of een blikkie granadillamoes
175 ml (een houer) Griekse jogurt
Los jellie op in die kookwater, laat dit buite die yskas afkoel. Dit moenie stol nie, maar moet heeltemal afgekoel wees.
Klits die room styf, voeg die jellie, granadilla (hou ‘n klein bietjie moes eenkant vir versiering) en jogurt by die room en roer goed deur.
Giet die mengsel in individuele glasies of in een groot tertbak en giet die granadilla moes oor die tert en verkoel in die yskas.
Nota-Soms plaas ek Tennis beskuitjies onder in die tertbak en giet die mengsel daaroor. Die resep is genoeg vir 6 mense. Tyd in die yskas is ongeveer 4 ure.
Resep en foto: At Horn‎




3 BESTANDDELE NAGEREG /TERT


3 BESTANDDELE NAGEREG /TERT
3 Pakkies Instant pudding (aangemaak soos aangedui op pakkie)
1 tot 2 pakkies tennisbeskuitjies, -cream crackers – of vingerkoekies
250ml room, styfgeklop

MAAK DAN SO:
Pak tennisbeskuitjies onder in bak.
Smeer jou 1ste laag poeding.
Pak weer beskuitjies.
Smeer 2de laag poeding.
Gaan so aan tot al die beskuitjies en poeding klaar is.
Jy kan soveel lae pak soos jy wil.
Sit in yskas vir tenminste 6 ure of oornag.

VOOR OPDIENING:
Smeer styfgeklopte room bo-op
Strooi sjokolade stukkies oor, stukkies kersies, neute, klapper -of sjokolade sous.
Wenk:
Jy kan 3 verskillende kleure poeding gebruik bv. vanilla, butter-scotch en piesang.
Dit sal die nagereg mooi laat vertoon.
Gooi bietjie Old brown sherry oor die koekies ook indien verkies.
Foto: Nelie Booyens – OE EK HET DIE TERT GEMAAK !!!! WAT N WENNER!!!!




JELLY SHOTS

 

jelly shotstested2014-05-30-jellyshots

JELLY SHOTS

INGREDIENTS
85g cherry gelatin dessert
85g lime gelatin dessert
3 packets unflavored gelatin (7-10g each)
1 can sweetened condensed milk
1 1/2 cups vanilla vodka
36 dollops whipped cream (for garnish)
36 mint leaves (for garnish)
72 small red candies (or 36 if using just one for garnish)
DIRECTIONS
Lightly coat a square dish with cooking spray, and then using a paper towel, wipe out the dish. It will leave a light residue to help unmold your shots, but it won’t affect the taste.
For red layer, sprinkle half of a packet of gelatin over ¼ cup of water. Allow it to soak in a minute or two. Add one box of the cherry gelatin, along with 1 cup boiling water. Stir until everything has dissolved. Add 3/4 cup of vodka. Repeat the same process to make the green layer.
To make the white layer, sprinkle two packets of gelatin over ½ cup of water. Allow it to soak in a minute or two. Pour in 1 cup of boiling water and one can of sweetened condensed milk. Stir until everything is thoroughly mixed and gelatin is dissolved. You’ll have approximately 3 cups of liquid. Allow to cool to room temperature.
Pour half of the red mixture into the prepared pan. Place pan in refrigerator to set, about 20 minutes or so. Once set, add 1/3 of the white mixture to the top of the red mixture. Pop any air bubbles and return to fridge to set for about 20 minutes. Repeat with half of the green mixture. Then white, then red, then white again, then green. Allow finished pan to set another 2-3 hours, or overnight.
When you’re ready to serve, gently pull the edges away from the pan, and invert onto a cutting board. Slice into even squares. (Alternately, you can just cut in the pan itself, but it might be harder to remove the first few squares).
Place on serving platter and top with whipped cream, using a piping bag or can. Top with a small mint leaf and a red candy (or two) to simulate a holly leaf.

Photo from Ezelda (Martie Fourie Moolman




GEWONE TRIFLE – KOEKSTRUIF

2014-05-08-trifletested
GEWONE TRIFLE – KOEKSTRUIF

3 verskillende kleure Jellie aangemaak soos op die pakkie, laat stol en sny in blokkies met ‘n skerp mes
1-2 Sponskoek2 gesny in skywe
1-2 blikkies Fruit cocktail
Genoeg vla (1 liter)
1 houerjie room (250ml) room styf geklits
Bou die lagies op in die bak waarin jy gaan bedien,begin met koek, vla, jellie blokkies en dan fruit cocktail. Eindig met een lagie koek, en styf geklopte room  -bo-op.
Breek ń flake  op en sprinkel dit bo
BRON- Nicolette Abrahams




DANIE SE LEKKER TERT

 lekker terttested
DANIE SE LEKKER TERT

1 pakkie sjokolade kitspoeding
1 pakkie vanielje kitspoeding
1 pakkie aarbei kitspoeding
Maak elke pakkie aan soos op die aanwysings op die pakkies.
Maak 1 pakkie aarbeijellie met 1 koppie kookwater aan. Dit moenie stol nie.
Vat nou ‘n redelik diep glasbak.

Pak nou ‘n laag Tennisbiscuits om die beurt met die kitspoedings.
Gebruik ‘n omgekeerde lepel en gooi die aarbeijellie bo-oor.
Klop 1 pakkie Orley Whip-room styf en vou bo-oor die jellie.
Laastens Peppermint Crisp wat gekrummel is.
Sit in yskas vir so 2 ure voordat jy begin eet.

BRON: Danie Brits




RABARBER NAGEREG

tested
RABARBER NAGEREG
1 blikkie Ideal melk (oornag verkoel)
1 pakkie pynappeljellie (aangemaak met 1 koppie kookwater en effens afgekoel)
6 meringes in stukkies gebreek of ‘n klein pakkie marshmellows gesnipper
1 bossie rabarber afgehaar, in stukkies gesny en gekook tot sag. Gooi water af en versoet na smaak nie meer as ¾ koppie suiker en knippie sout. Dit moenie te soet wees nie.
1 koppie fyn pynappel (die in ‘n blikkie werk goed)
groen en rooi glanskersies vir afronding
1 klein Flake sjokolade

Kook die rabarber, sit onder in ‘n tert bak.
Klits die Ideal melk tot styf en gooi die koue jellie stadig by terwyl jy aanhou klits. Klits die pynappel in en roer marshmellows by. Verkoel oornag is yskas. Versier met kersies en krummel Flake oor. Bedien met onversoete room (ek gebruik Orley Whip).

Rhona Richards Peens




SJOKOLADEKOEK NAGEREG

sjokoladekoek nageregtested

SJOKOLADEKOEK NAGEREG

Hier is die nagereg met die oorskiet sjololade koek.
Het so gemaak:
sjokolade koek gekrummel en in ‘n laag vasgedruk.
Ideal melk gesmelt met bietjie suiker in en koffie poeier. Bo oor gegooi.
Lagie Karamel kondensmelk gesmeer.
Laag styfgeklopte room en sjokolade oor gerasper.
Dan het ek weer die lae herhaal.
Dit is baie ryk vir my, ek eet gewoonlik nie poedings nie.
Ek sal volgende keer die suiker in die ideal melk uit laat en minder room gebruik. Dit kan doen met bietjie brandewyn ook, ek het net nie gehad nie. My man sê dit is lekker.

Annelore Von Solms Joubert