KRAKERIGE ROOMYSSKYWE


KRAKERIGE ROOMYSSKYWE
600 ml dik room
1 blik kondensmelk
3 crunchies (of enige lekkers van keuse)
1 – 2 pakkies tennisbeskuitjies
Voer vierkantige plastiek bak uit met waspapier / foelie / kleefplastiek en pak ‘n laag koekies onder in die bak.
Klits die room en kondensmelk styf en vou die gebreekte lekkers of sjokolade van eie keuse daarby in.
Giet die roommengsel oor die laag koekies en pak ‘n laag weer ‘n koekies bo-op die roommengsel.
Plaas die bak in die vrieskas totdat dit heeeltemal gevries is, verkieslik oornag.
Nota:
Ek hou nie by die hoeveelheid lekkers en sjokolade van die resep nie. Ek gebruik enige tipe wat ek verkies en ook die hoeveelheid soos ek verkies, hierdie een het “Crunchies” en “Astros” in.
Ek het die resep dubbel aangemaak, 5 x “Crunchies” en 2 x boksies “Astros” ingeroer. Ek het al ander lekkers ook gebruik, maar vir my persoonlik vind ek hierdie werk die beste.
Resep en foto 1: Tanya Smith
Marietjie Nel: Ek het daardie roomystert gemaak en het die lekkers en sjokolade vervang met rosyne wat in rumgeursel geweek is en ook kersies bygevoeg. Die tert het nie so lekker gevries soos die oorspronklike resep nie, ek dink die geursel het dit bietjie “soggy” gemaak, maar steeds baie lekker.
BASAAR POEDING/SKUIMPOEDING
Anna du Toit
Ek maak myne in ‘n groot bak by die huis.
Sit onder in bak ‘n laag beskuitjies, ‘n bietjie appelkoos konfyt op elke beskuitjie, dan warm vla bo oor en as verkies strooi ‘n bietjie klapper tussenin.
Dan ‘n laag jellie afgekoel met vrugte na jou keuse in.
Gebruik minder water in jellie as vrugte baie sap in het.
Laat stol en voeg weer vla of tussenin beskuitjiekrummels en weer ‘n lagie jelly as verkies met kondensmelk of idealmelk in jellie geklits.
Heel bo op versier met koekiekrummels en room. Die room wat jy in spuitvorm koop of varsroom of styfgeklopte room.
DRONK JELLIES (JELLY SHOTS)
DRONK JELLIE (JELLY SHOTS)
My dronk jellies vir Nuwe Jaar!
Maak gewone jellie aan volgens die aanwysings op die pakkie.
Meng vodka met kondensmelk en opgeloste gelatien.
Hoeveelhede is na smaak, maar die volgende aanwysings aan gebruik word en dan aangepas word na smaak
1 kaartjie gelatine (2 teelepels)
3/4 koppie vodka
½ blikkie kondensmelk
Spuit ‘n vierkantige glasbak met spray and Cook.
Giet ‘n dun lagie jellie, laat stol en giet die vodkalagie tussen elke volgende jellielaag tot al die bestanddele opgebruik is. Laat stol na elke lagie voor die volgende lagie opgesit word.
Plaas in die yskas om heeltemal te stol na die laaste lagie en sny in blokkies.
Resep en foto: Marietjie van der Merwe
HOE MAAK MENS SPONS JELLIE
HOE MAAK MENS SPONS JELLIE
Of wil jy dit spons klits? Dan meng jy jelliepoeier in bietjie kookwater tot gesmelt, voeg ysblokkies een vir een by en klits met elektriese klitser na elke blokkie tot jellie sponsagtig is, rofweg 125 ml kookwater en 8 tot 10 ysblokkies
Floraine Wasserman Venter
FROZEN PEPERMINT TART
FROZEN PEPERMINT TART
1 packet of tennis biscuits
1 tin of caramel
300ml cream
2 × 49g peppermint crisp bars
Line a small loaf pan with tin foil. Line the bottom of the tin with biscuits. Tin should be 19×8 – 3 cookies will fit.
Whip cream till stiff and gently mix in the caramel. Chop the peppermint crisps and fold into the mixture.
Spoon 1/3 of the mixture over the biscuits. Add another layer of biscuits. Repeat until you have 4 biscuit layers and 3 cream layers.
Place in freezer overnight.
Remove from tin and slice!
Enjoy – it is really delicious!!!
Photo and recipe: Jackie De Klerk
REENBOOGJELLIE
4 pakkies verskillende kleure jellie
375 ml kookwater ( 1 1/ 2 k )
32.5 ml gelatien ( 2 1/ 2 E )
1 blik kondensmelk
125 ml koue water ( 1/ 2 k )
METODE
Maak die jellie die vorige aand aan, maar gebruik net minder as die gewone 500 ml ( 2 k ) kookwater per pakkie.
Maak in afsonderlike bakkies aan.
Wanneer gestol sny kruis en dwars repe.
Meng alles in een groot bak ( die vier verskillende kleure ).
Los gelatien op in koue water, meng met die kookwater.
Roer kondensmelk in.
Laat afkoel. Gooi oor die kleure jellie en laat dit in `n vorm stol.
N.S Skep die kleure jellie in klein wynglassies of groot shooter glasse
en gooi dan jou gelatien en kondensmelk mengsel oor en plaas almal in
die yskas om te stol. Versier net voor jy bedien met n rosie room en n
groen kruisement blaartjie
Resep van Helena Kruger
JELLIEPOEDING

OROS POEDING


MITZI’S PAVLOVA
Preheat oven 120ºC.
Draw dinner plate size circle on greased baking paper/foil.
Whisk egg whites in dry bowl (not plastic) until soft peaks form. Add castor sugar 1 tablespoon at a time to eggs. Beating well after each addition. Must be thick and glossy in appearance. Add cornflour, vinegar and essence. Whisk through. Spoon onto paper using circle as guide. Make side a bit higher.
Bake for 1 ½ hrs in 120ºC oven. Must be dry to touch. Leave to cool in oven with door ajar.
Filling:
caramel
whipped cream
fruit of choice
I used lemon curd instead of caramel and mango, kiwi and strawberries.
Picture and recipe: Mitzi Clarke Witbooi








