LEMON POSSET


LEMON POSSET
500 ml fresh cream
170 g castor sugar
60 ml fresh lemon juice
finely grated zest from 1 small lemon

Pour the cream, castor sugar and lemon zest into pot and bring to boiling point while stirring. Simmer for 5 minutes. Add the lemon juice, stir through and simmer another minute.
Take off the heat and allow to cool down a bit. Pour into heat proof ramekins or pretty cups. You can cool it down a bit more and then pour into martini glasses. Put into fridge overnight or until completely cold. Serve garnished with fresh berries of choice, mint leaves and shortbread.

This is a traditional British dessert which I only discovered while in Cornwall UK.
* depending on the size of your portion, this would make two generous or 4 small portions. It’s a very rich dessert so small portions are perfect. The bowl in my photo is a large portion which two can share… think Valentine’s Day 💕
Recipe and photo:  Elsabie Templeton




STEWED GUAVAS


STEWED GUAVAS
20 guavas peeled and cut in halve
1 cup sugar
3 cinnamon sticks
½ cup lemon juice
½ cup water

Place all the ingredients in a pot, simmer for about 20-30 mins.
Let it cool and enjoy it with melted vanilla ice-cream.
Recipe placed by:  Alta Gibson Boshoff




RONI SE JAPTRAP SJOKOLADE NAGEREG


RONI SE JAPTRAP SJOKOLADE NAGEREG
So ‘n vinnige nagereg:
sjokoladekoek, in blokkies gesny
bietjie lemoensap, om blokkies in te doop
sjokolade kitspoeding, aangemaak en laat gestol
room, styf geklits, hang af van die hoeveelheid porsies wat jy wil bedien
Wanneer poeding klaar gestol is meng met helfte van die styfgeklitste room.
Neem ‘n mooi glas waarin jy gaan bedien en pak lae soos volg:
Begin met sjokoladekoek blokkies wat met lemoensap nat gemaak is,  pak onder in die glas.
Breek skuimpies oor die koekblokkies.
Skep van die sjokoladepoedingmengsel oor.
Herhaal  tot die glas vol is en sit ekstra room bo-op en versier.
Vrek eenvoudig, vrek lekker.
Resep en foto – Roni Van Der Walt




PETRE SE PIESANG EN TENNISBESKUITJIEROL


PETRE SE PIESANG EN TENNISBESKUITJIEROL
Vanmiddag se nagereg.
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 blikkie Peppermint Caramel Treat
1 piesang in dun skyfies gesny en in suurlemoensap gedoop
Sjokolade om te smelt

Smeer tennisbeskuitjies weerskante met peppermint caramel treat.
Sit tussen elke koekie 2 skyfies piesang. Pak weer diee koekies opmekaar om ‘n rol te kry.
Smeer res van peppermint caramel treat oor koekies nadat hulle aan mekaar geplak is.
Draai styf toe in kleefplastiek, en sit in vrieskas oornag of vir ‘n paar uur.
Smelt sjokolade en ‘n klein bietjie melk. Meng goed en laat effens afkoel..
Haal koekies uit kleefplastiek, smeer bodem van bord met ‘n bietjie gesmelte sjokolade.
Plaas koekierol bo op en smeer kante en bo-op met gesmelte sjokolade, versier soos verkies.
Sit in yskas… laat rus tot jy wil bedien, begin dan op ‘n skuinshoek sny soos op die prentjie.

Resep en foto:  Petré Van Jaarsveld




KLEIN APPELTJIE NAGEREG


KLEIN APPELTJIE NAGEREG
Ek’t nou ‘n dankbare stukkie brood geëet en tooooeee skep vroulief vir ons die lekkerte!
5 klein geskilde en ontpitte en gehalveerde appeltjies
125 ml water
125 ml suiker
½ teelepel kaneel

Bring die water en suiker tot kookpunt, voeg dan die appels by en kook 30 min stadig of tot sag en die sous effens dik is.
Sprinkel die kaneel oor 5 min voor afgehaal word van die hitte.
Laat afkoel tot koud en bedien saam met vla of roomys.
Jy kan dit warm ook opskep en is netso lekker.
Ons het sommer ‘n bietjie boksvla gebruik.
Maar dis heerlik maklik en gou.
Foto en resep:  Gideon Louw




TIRAMISU


TIRAMISU
250 g tub Macarpone
80 ml Frangelico Liqueur (I used Brandy)
80 ml sugar
250 ml cream
200 g dark chocolate (used cocoa powder)
200 g packet Boudoir biscuits
250 ml coffee

Mix together the Mascarpone, Frangelico and sugar.
Beat cream until soft peaks form and gently fold through the Mascarpone mixture.
Spoon a layer into a serving dish. Grate 1/3 of the chocolate over.
Dip some of the biscuits quickly into the coffee and arrange on top of the chocolate layer. Repeat layers ending with a layer of Mascarpone and chocolate sprinkled over.
Cover and refrigerate for at least 15 minutes or overnight.
Recipe posted by Melissa Ann Vermeulen
Photo: Melissa Ann Vermeulen




SJOKOLADE MOUSSE MET NUTELLA


SJOKOLADE MOUSSE MET NUTELLA
Kersdag nagereg!
300 g donker sjokolade (ek het 150 g sjokolade en 150 nutella gebruik)
30 g botter
6 eetlepels strooisuiker
2 eiers (liggies geklits)
4 eierwitte
500 ml room

Smelt sjokolade oor ‘n pot met water. Voeg die botter by en meng goed. Laat effens afkoel. Klits die 2 eiers liggies. Voeg by sjokolade mengsel. Klits die eierwitte tot sagte punt en voeg suiker bietjies bietjies by.
Voeg ‘n 1/3 van die eierwitte by die sjokolademengsel om dit los te maak en vou dan die res van die eierwitte in. Klits die room styf en vou dit by.
Skep in individuele bakkies of in ‘n bak. Dit maak ontrent 10 porsies.
Bedien met klein skuimpies (ANDRIE SE SKUIMPIES) en aarbeie.
http://www.foodloversrecipes.com/2018/05/andrie-se-skuimpies/
Resep en foto: Andrie Grimsell




JELLIERING


JELLIERING
Verskillende soorte/kleure jellie aangemaak met net die helfte van die water.
Sny jellie in blokkies. Plaas in ringvorm wat liggies bespuit is.
Los 24 g gelatien in 250 ml lou warm water op.
Meng/klits die volgende saam:
300 ml kondensmelk
300 ml dubbel room
15 ml vanilla geursel
Meng water met gelatien by.
Giet in ringvorm oor jellie blokkies en laat stol.
Keer uit op ‘n mooi bord.
BRON: Edie Janse van Rensburg
Foto:  Hannetjie Snyman




VERKLEURMANNETJIE TERT


VERKLEURMANNETJIE TERT
1 blik karamelkondensmelk
1 blik vrugte
1 pakkie jellie
1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 eetlepel botter (gesmelt)

Maak die koekies fyn en meng met die gesmelte botter. Druk die koekiemengsel in tertbak se bodem vas. Dreineer die sap van die vrugte en maak die vrugte fyn. Verhit die sap van die vrugte en vul dit aan met water tot 1 koppie vloeistof. Maak die jellie aan met die sap en water.
Meng die jellie, vrugte en karamelkondensmelk en plaas ditop die tertkors.
Plaas in die yskas vir minstens 1 uur. Garneer met vars vrugte en room.
Voorstelle van jellie en vrugte:
pienk jellie en aarbeie
groen jellie en kiwi of appel
geel jellie en pynappel
oranje jellie en perskes
pienk jellie en koejawels
geel jellie en piesangs of suurlemoene
blou / pers jellie en bloubessies
Resep: Babsie Basson
Foto: Annetjie van Huyssteen




JELLY GLASS PUDDING


JELLY GLASS PUDDING
3 different colours of jelly (prepare previous day)
The Next day:
15 ml gelatine, disolved in 80 ml boiled water, stir until melted
150 ml condensed milk
150 ml fresh cream

Mix the gelatine into the boiling water until melted and add another 160 ml cold water.
Cut the jelly in different sizes and shapes and mix in the condensed milk mixture and pour in your mould (s).
Set very well in freezer before serving with custard.
Photo and recipe:  Susanna Kruger