MEYER SE GRANADILLA YSKASTERT


MEYER SE GRANADILLA YSKASTERT
Resep getoets en foto: Meyer Combrinck
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie jellie, aangemaak met 250 ml kookwater, effens afkoel
1 blikkie granadilla pulp
1 blik kondensmelk
1 pak Tennis beskuitjies (ek het kaneel geur gebruik)
Opsioneel bygevoeg:
sap van 1 ½ suurlemoen
100 ml klapper
3 repe suurlemoenskil (afgeskil met aartappelskiller) en in fyn repies gesny
Meng al die bestanddele saam behalwe die beskuitjies, en laat staan so ongeveer 15 – 20 min.
Pak die beskuitjies onder in ‘n tertbak en giet die helfte van die vulsel oor die koekies.
Pak weer ‘n laag koekies en giet die 2de helfte vulsel oor die koekies.
Garneer met ‘n paar repies suurlemoenskil bo-op die vulsel.
Plaas die tert in die yskas totdat dit gestol is.












