CREME BRULEE IN 5 MINUTE

CREME BRULEE IN 5 MINUTE
125 ml room
250 ml winkel vla (kan jou eie ook maak)
15 ml bruinsuiker

Klits die room styf en vou vla by room in.
Gooi in ramekin bakkies.
Sprinkel die bruinsuiker bo-op.
Gebruik ‘n blaasvlam en brand die suiker tot dit gekaramelliseer het.
Laat staan sowat 1 minute tot die karamel afgekoel het en sit dadelik voor.

Foto: Petro Van Genderen




PIESANG GAATJIE POEDING-KOEK

PIESANG GAATJIE POEDING
Foto: Franco Dippenaar and the country cook
FOOD LOVERS RECIPES

1 pakkie tennis beskuitjies, fyn gedruk
2 pakkies piesang instant pudding, aangemaak met 4 koppies melk
1 pakkie vanilla koek mengsel, voorberei en gebak in ‘n 20 cm x 20 cm diep pirex bak
1 x 125 ml room, styf geklop

Laat koek ‘n paar minute afkoel in die bak en steek dan gate so 1 cm uitmekaar met die agterkant van ‘n houtlepel regoor die koek oppervlak.
Maak die poeding aan en laat 2 min rus. Giet dit stadig oor die koek sodat dit in die gate inloop en smeer dan egalig oor die koek. Bedek met die room en tennis beskuitjies. Laat oornag of paar uur in die yskas afkoel. Bedien netso of met vars piesang skywe bo-op.




HEERLIKE LINDT PANNACOTTA

HEERLIKE LINDT PANNACOTTA
250 ml room
75g 70% Lindt donker sjokolade
20 g wit suiker
2 velletjies gelatien
Verhit die room en suiker oor ‘n lae hitte tot room warm is ( moenie kook nie )
Week die twee gelatien velletjies in koue water.
Haal die room van die plaat af , meng sjokolade in.
Druk water uit gelatien uit en meng die gelatien by die room mengsel, gooi in mooi bakkies of glase en los in yskas tot gestol.
FOTO:  Lindie Furstenburg




MIELIEBLOM SNEEUPOEDING

MAIZENA SNEEUPOEDING
2 kop kookwater
5 ½ eetl Maizena / mielieblom
¾ kop suiker
1 kop koue water
¼ kop suurlemoensap
2 eierwitte
¼ tl sout
Meng droë bestanddele, maak aan met koue water en roer dit dan by kookwater.
Roer gedurig en kook saam vir sowat 5 minute tot glad en blink. Haal van hitte af en roer suurlemoensap by, vou laastens styfgeklopte eierwitte in. Giet in vorm en laat koud word. Bedien met vla.




RIETS SE BAKLAVA ROLLETJIES

RIETS SE BAKLAVA ROLLETJIES

Stroop:
200 ml witsuiker
200 ml water
100 ml heuning
2 heel naeltjies
1 kaneelstokkie
60 ml vars suurlemoensap

Vulsel:
150 g gemengde neute
100 ml witsuiker
150 ml vars broodkrummels (ek het bruinbrood gebruik)10 ml fyn kaneel
80 ml gesmelte botter
6 velle filodeeg
125 g gesmelte botter om die filo te smeer

Plaas bestanddele vir stroop in kastol en bring tot kookpunt. Kook vir 12 tot 15 min tot stoop verdik. Laat heeltemal afkoel.
Meng alles saam vir die vulsel. Dit moet effe aanmekaar klou. Indien nodig gebruik nog bietjie gesmelte botter.
Sny elk filovel in 3 stroke. Hou res van die fillovelle onder klam vadoek.
Smeer filovelle goed met gesmelte botter.
Plaas so teelepel of bietjie meer vulsel op een strook.
Vou so 1 cm aan beide kante oor en begin oprol soos sigaret. Smeer weer met gesmelte botter.
Plaas klaar rolletjies op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 18 tot 20 min by 180°C.
Dompel warm rolletjies vir so 1 min in afgekoelde stroop. (myne was in die yskas want ek het alles die vorige dagcgemaak)
Bere in verseëlde houer in yskas en geniet.

Resep en foto: Riets Pienaar




LOUISE SE EENVOUDIGE TRIFLE


LOUISE SE EENVOUDIGE TRIFLE
Rolkoek, Tennis beskuitjies en sponsvingers met sherry besprinkel (ok dit was meer ‘n donderstorm as sprinkel)
Dik tuisgemaakte vla (120ml vlapoeier op een liter melk)
Verskillende kleure jellie, gestol en in blokkies gesny (gebruik net een koppie kookwater op elke pakkie)
Blikkie Geelperskses gesnipper of fruit cocktail (ek het perskes gekook)
Pak lae met geklitste room bo-op. Versier soos verkies, bv. met cherries, neute, gerasperde sjokolade, peppermint crisp, of wat jy ookal voor lief is.
FOTO EN RESEP:  Louise Groenewald




SABRINA’S BANOFFEE PIE


SABRINA’S BANOFFEE PIE
Base
250gr Tennis Biscuits crushed
150g Melted Butter
Mix together and press into pie dish..place in fridge for 2 hours.
Filling
2 Tins Caramel treat.
100ml beaten fresh cream
Stir together and place on top of biscuit base.
3 Bananas sliced on top of Caramel filling.
500ml Fresh beaten cream stiff.
Place cream on top of caramel
Sprinkle with toasted almonds and drizzled melted chocolate. Place in fridge until just before serving.
RECIPE AND PHOTO:  Sabrina Merli




MARIANNE SE HEERLIKE KOEKSTRUIF

MARIANNE SE HEERLIKE KOEKSTRUIF
Ek maak n awesome ene wat ek by my skoonsussie geleer het!
Tennisbeskuitjies
Treat karamel
vrugte kelkie (groot blik)
ultra-mel vla
Jellie (so 4 bokse aangemaak)
room
neute en kersies vir versiering (opsioneel)

Maak ‘toebroodjies’ met die tennisbeskuitjies en karamel.
Maak lae in ‘n bak.
tenniebeskuitjie/karamel toebroodjies, jellie (wat jy met n vurk ‘ge-smoosh het’,) vrugte, vla, herhaal tot bak vol is.
Sit styf geklitste room bo-op
Versier (of nie).
Resep: Marianne Rousseau Mare (skoonsussie se resep)




ADRI SE PYNAPPEL-EN-MALVALEKKER-CREMORATERT


ADRI SE PYNAPPEL-EN-MALVALEKKER-CREMORATERT
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk en gemeng met 100 g gesmelte botter.
Druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min.
Dreineer solank 1 blikkie “crushed pynappel” Druk die sap goed uit.
½ of hele pak malvalekkers gesnipper (of koop die mini malvalekkers)
Meng:
2 koppies cremora met ¼ koppie warm water en klits tot glad.
Meng in 1 blikkie kondensmelk.
Voeg ½ na ¾ koppie suurlemoensap by en meng tot dik.
Meng die pynappel en gesnipperde / klein malvalekkers by.
Skep oor koekiekors.
Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening.
Bewaar in die yskas.

Resep en foto: Adri Van Zyl




DIABETIESE BESSIE TRIFLE


DIABETIESE BESSIE TRIFLE
Dit is die heel eerste keer in my lewe dat ek ‘n triffle maak wat VERSLIND was
Hierdie een is sommer uit my kop uit gemaak en was verfrissend lekker
Diabetiese “Very Berry” triffle
2 pakkies Simply Delish Diabetiese Aarbei Jellie
2 pakkies van 10g elk gelatien
2 bakkies vars bloubessies
2 bakkies vars aarbeie in skyfies gesny
2 bakkies vars “gooseberries”
2 bakkies vars raspberries
3 kiwi vrugte opgesny in skyfies
2 koppies vla
250ml room styf geklits
10 volgraan Provita beskuitjies fyngemaak
150 ml selati versoetter
50 ml gesmelte botter
Neute vir versiering

Meng die botter en beskuitjies goed saam en druk op die boom van tertbak met ‘n volume van 2liter vas. Sit in die yskas tot benodig.
Was die bessies en aarbeie onder lopende water af en sit in ‘n groot bak. Strooi die Versoetter oor, meng deur en hou eenkant. Meng die jellie en gelatien goed saam. Los die mengsel nou op in 150ml warm water. Voeg 50ml koue water by en hou eenkant. Pak Kiwivrug-skyfies in die rondte van die tertbak. Strooi die bessies oor die tertkors. Gooi die gelatien en jelliemengsel oor die bessies. Sit in die yskas tot gestol. (Verkieslik oornag)
Bedek die vrugte met vla, strooi neute oor sit terug in die yskas tot benodig. Klop room styf en bedien apart.
Geniet
FOTO EN RESEP:  Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.