KLAPPERSKUIM

KLAPPERSKUIM
Resep: Peter Felix
FOOD LOVERS RECIPES
1 ⅓ koppie klapper
1 eierwit
½ teelepel suurlemoenskil
1 ½ teelepel suurlemoensap
2 eetlepel suiker
knippie sout
1 eetlepel stroop van ingelegde pere of perskes
Voeg alles saam in ‘n dubbele kastrol. Klits oor kookwater tot dik, voeg suurlemoenskil en klapper by. Laat afkoel en plaas lepelsvol in halwe pere of perskes. Versier met glanskersies.




ITALIAANSE ROOMPOEDING


ITALIAANSE ROOMPOEDING
2½ koppies melk
4 eiers geskei
1 koppie kookwater
1 koppie suiker
1 pakkie rooi jellie
Los die jellie op in die kookwater en laat afkoel.
Verhit die melk en voeg dit stadig by die geklitste eiergele en suiker.
Verhit die mengsel oor kookwater tot dit gaar is.
Voeg die vla by die jellie en meng goed. Laat dit afkoel.
Klits die eierwitte styf en vou in jelliemengsel in.
Skep in ‘n vorm en plaas in die yskas op te stol.




MELANI SE SJOKOLADEPOEDING


MELANI SE SJOKOLADEPOEDING
2 peppermint crisp sjokolade
3 pakkies sjokolade kitspoeding
3 pakkies tennisbeskuitjies
1 blikkie Carmel treat mintgeur
2 liter melk.
Pak die beskuitjies in ‘n tert bak. Klits die melk, kitspoeding en caramel treat saam. Rasper 1 sjokolade in die mengsel in. Giet die mengsel oor die beskuitjies, krummel res van die beskuitjies bo-oor en rasper die die ander sjokolade  bo oor. Laat in yskas staan oor nag.
Resep geplaas deur Melanie Herbst Duvenhage




WENNER SWARTWOUDNAGEREG


WENNER SWARTWOUDNAGEREG
1 sjokolade rolkoek
2 houers gladde roomkaas
1 teelepel vanilla geursel
1 koppie suiker
1 groot blik swart kersies, gedreineer
3 groot sjokolade Flakes
fyn neute
kersie liqueur of sjerrie
1 houertjie room, styf geklitste

Sny die sjokolade rolkoek in skywe en voer die bodem en kante / rante van ‘n mooi ronde nagereg glasbak tot bo uit. Sprinkel die koek mildelik met liquer. Klits in ‘n bak die roomkaas, suiker en vanilla. Hou ‘n paar van die kersies eenkant en vou die res van die kersies by die roomkaasmengsel in. Skep die mengsel versigtig bo-op die rolkoek en maak mooi gelyk tot bo by die rante van die bak.
Plaas die oorblywende kersies bo-op vir versiering en sprinkel ‘n laag fyn neute bo-oor.
Spuit ‘n paar room rossette met die styf geklitsde room al om die rand van die nagereg.
Sprinkle die Flake sjokolade in die middel van die nagereg. Plaas in yskas tot bedien.
Resep: Yvonne Jones




FILO ROLLETJIES VIR NAGEREG


FILO ROLLETJIES VIR NAGEREG
Verdeel filo-velle in die helfte. Plaas op elke vel 4 blokkies sjokolade en bo-op dit 2 malvalekkers. Rol dit dan op vanaf die een kant, dat dit op die ou end soos n sigaar lyk. Bak in diep olie tot mooi goudbruin. Strooi kaneelsuiker oor. Bedien warm. Kan ook met roomys bedien word.
Idee geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




KONFETTIPOEDING


KONFETTIPOEDING
4 pakkies jelliepoeier van verskillende kleure (rooi, geel, oranje en groen)
125 ml kookwater vir elke pakkie jellie
125 ml koue water vir elke pakkie jellie
Maak aan en laat jellie stol, sodra jellie gestol het, sny in blokkies.

Maak 1 pakkie suurlemoenjellie aan met 100 ml kookwater en 100 ml koue water. Laat goed afkoel en meng met 1 blikkie kondensmelk. Spoel bak uit met koue water, voeg blokkiesjellie in bak en meng met suurlemoenjellie en kondensmelkmengsel wat goed afgekoel het. Dit moet nie warm wees nie, want dan gaan blokkies jellie smelt. Laat stol en versier na smaak met room en kersies.
Resep geplaas deur Stompie Theron Borman
Foto: Stompie Theron Borman




DESSERT MERINGUES


DESSERT MERINGUES
4 egg whites
125 g castor sugar
100 g icing sugar
Filling:
250 ml double cream
raspberries and blueberries
icing sugar, to dust

Preheat the oven to 160ºC. Line a large baking tray with non-stick baking parchment.
Place the egg whites in a clean bowl and whisk with an electric whisk until they form stiff peaks when the whisk is removed from the bowl. Continue whisking as you add the sugar, one spoonful at a time, until all the sugar is incorporated. The meringue will then become shiny and will hold stiff peaks when the whisk is lifted from the bowl.
Pipe the meringue into rectangle shapes on the paper, then pipe little blobs along the long sides on top to make a rim.
Bake for 1 – 1 1/2 hours, or until the meringue can be lifted easily off the paper without sticking. Turn off the oven, leave the door open and leave until the meringues are cold.
Just before serving, whip the cream in a bowl until it just holds its shape. Spread the cream mixture onto the meringues and top with raspberries and blueberries or any fruit of preference. Dust with icing sugar.
I used mulberries, fresh nectarines and topped with granadilla pulp.
Recipe posted by Reneé Van Blerk Cupido
Photo: Reneé Van Blerk Cupido




EASY 3 MINUTE MICROWAVE CHOCOLATE PUDDING


EASY 3 MINUTE MICROWAVE CHOCOLATE PUDDING
(hot or cold)
2-3 tablespoons Maizena
1 cup chocolate Nesquick (or hot chocolate powder, any brand)
2 cups full cream milk, you can use cream instead of milk as well
Half – full slab chocolate (any flavour)
sugar to taste, optional
vanilla essence

Mix the Nesquick and Maizena together in a microwaveable bowl.
Slowly add milk and whisk together.
Microwave for 2 minutes, add sugar and vanilla essence and mix into the pudding.
Microwave further for 1 minute.
Add shaved or finely chopped chocolate of your choice and mix until melted and evenly mixed.
Serve hot or chill for a few hours and enjoy!
Photo: Suzelle Badenhorst
Recipe posted by Suzelle Badenhorst




MARLENE SE KOUE SJOKOLADE POEDING


MARLENE SE KOUE SJOKOLADE POEDING
Het gisteraand weer my pa se koue sjokolade poeding gemaak vir vandag. (Resep kom van my ouma af – Porterville)
(Ek het poeding 3 x aangemaak- mates in hakkies)
1 liter melk (3 liter)
3 opskeplepels maizena (300 ml) (900 ml = 9 Lepels maizena)
2 opskeplepels kakao (200 ml)  (600 ml = 6 Lepels kakao)
1½ koppies suiker (4½ koppies suiker)
5 ml – doppie vanilla (2 doppies)

(My opskeplepel is ± 100 ml)

Kook ¾ van melk. Meng alles saam met res van die melk. Roer by en kook tot dik. Roer maar gereeld vir klonte.
Laat afkoel en bedien met room, vla, roomys, ideal melk.
Nota:  Maak dit die vorige dag vir môre.
As jy agterkom dat dit die 1 ste keer te dik is na jou sin, verminder net volgende keer die maizena.
Foto en resep:  Marlene Mouton Carstens

Arina En Andre Wagener  – My ma het dit ook altyd gemaak. Sy het die kakao uitgelos en dan kon die kleinkinders sê watter kleur hulle wil hê, dan het sy kleursel ingegooi. Dan het jy blou of groen of rooi poeding gekry.

Zonia Visser –  Ek gebruik dit vir versiersel oor ‘n pan koek, dis heerlik. As dit koud is, stol dit heeltemal, soos melktert, so as jy dit vir versiersel wil gebruik, gooi dit oor koek terwyl dit warm is.




JAPANESE “TIRAMISU SOUFFLE” PANNEKOEK


JAPANESE “TIRAMISU SOUFFLE” PANNEKOEK
My weergawe van ‘n “Japanese Tiramisu Soufflé Pancake”
6 eetlepels koekmeel
2 ½ eetlepels melk
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel vanilla ekstrak
½ eetlepel mayonnaise
3 eetlepels wit suiker
2 groote eiers, geskei (wit van eier verkoel in yskas)
1 teelepel suurlemoen sap

In ‘n bak, meng melk, bakpoeier, suurlemoen, vanilla, mayonnaise en eiergele. Sif koekmeel oor en meng met eier klitser tot goed gemeng en ligte geel kleur.
In aparte bak, meng eierwitte tot amper styf, gooi 1/3 van die suiker by  en meng verder, herhaal totdat al die suiker in eierwitte is en meng goed totdat eierwitte styf is en nie van klitser afval nie.
Jy behoort op die stadium die bak om te draai en eierwit sal nie uitval nie.

Gebruik ‘n spatula en meng 1/3 van eierwit op ‘n slag in die eiergele, mengsel in totdat al die eierwitte gemeng is. Vou versigtig in om nie al die lugborrels te verloor nie en meng goed daar moet geen wit stroke sigbaar wees nie.

Verhit ‘n “non stick” pan of lig gesmeerde pan met olie op lae hitte.
Gebruik ‘n lepel en plaas lepels vol van die mengsel in die pan, so 4 verskillend hopies, plaas weer nog ‘n lepelvol op elke hopie, en dan ‘n 3de lepelvol op elke hopie, maw sit een hopie op die ander een dat dit ‘n drie laag hopie is.
Plaas deksel op en laat bak vir so 5-8 minute.
Draai elke pannekoek om en bak dan vir ‘n verdere 5 minute. Die gebakte kant behoort lig gebraaide kleur te wees. Die pannekoek sal rys. Haal uit sodra gaar en volg die proses tot al die deeg op is.

Sit voor met gesprinkelde versiersuiker, heuning en kakao en plaas geklitse room of roomys oor.
Vars vrugte kan ook opgesny word en saam bedien word.
Heeeerlik
Resep en foto:  Walter Bender