WINTER MUFFINS MET KERSFEES GEURE


WINTER MUFFINS MET KERSFEES GEURE
Winkel pakkie muffin mengsel bietjie opgedollie met vrugtekoek mengsel, sitrus skil, Lady Grey tee, amandel fondant en ekstra speserye (kaneel, neutmuskaat, naeltjies en gemmer).
2 pakkies veselryke muffin mengsels (500 g elk)
1 koppie vrugtekoek mengsel in 1 koppie kookwater met Lady Grey* teesakkie in (laat week vir so 30 min)
¼ koppie sitrus skil
½ koppie amandel fondant in klein balletjies gerol
½ teelepel elk van fyn kaneel, neutmuskaat, balletjies en gemmer gemeng
Maak die 2 pakkies aan soos per aanwysings maar vervang 1 koppie melk met die koppie swart tee waarin die vrugtekoek mengsel geweek het.
Gooi ook die speserye by die droë meelmengsel en meng goed voor die nat bestanddele bykom. Strooi die vrugtekoek mengsel en sitrus skil by en meng liggies.
Skep met roomys lepel in muffin papiertjies wat met kleefvrye sproei gespuit is. Skep so 3/4 vol en druk ‘n paar fondant balletjies in die mengsel. Bak in voorverhitte oond by 180°C (Thermofan 160°C) vir 20 min.
*nie maklik om hierdie tee te kry in SA so gebruik heuning rooibos of gewone rooibos.
Resep en fotos: Elasbie Templeton











