AVOKADO, PIESANG EN PYNAPPEL MUFFINS

tested
AVOKADO, PIESANG EN PYNAPPEL MUFFINS
My eie resep – HEERLIK!!! 12 Muffins
½ koppie fyngedrukte piesang
½ kpoppie fyn pynappel (sonder stroop)
½ koppie gemengde neute gekap
60 ml gedroogte cranberries (opsioneel)
½ koppie sagte botter
2 eiers geklits
1 koppie bruinsuiker
2 koppies Bruismeel
1 koppie Nutty wheat
60 ml semels
1 teelepel bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels vanilla geursel
2 ml sout
Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei medium groot muffin pan met 12 gate voor.
Maak al die vrugte fyn en meng saam. Sit eenkant neer.
Meng die meel, nutty wheat, semels, bakpoeier, koeksoda, en sout saam en sit eenkant.
Room die botter en suiker goed saam en voeg geklitste eiers by. Meng goed. Voeg die vrugte mengsel by, meng goed.
Voeg die meelmengsel geleidelik by en meng goed. Skep in muffinpan en bak vir 30-35min tot gaar en toetspen skoon uitkom.
LEKKER KLAM EN BROS!!!!
RESEPen FOTO : Rina Kleinhans




CAPPUCCINO CHOCOLATE CHIP MUFFINS

cappuccino muffins - regina
CAPPUCCINO CHOCOLATE CHIP MUFFINS
2 cups flour
½ cup sugar
2 ½ teaspoons baking powder
½ teaspoon cinnamon
½ teaspoon salt
1 large egg (room temp)
1 cup milk (room temp)
½ cup butter, melted and cooled
3 heaped teaspoons good quality coffee powder, dissolved in 50 ml boiling water, cooled
1 teaspoon vanilla essence
¾ cup chocolate chips
Preheat oven to 200 ºC. Spray a 12 cup muffin tin with cooking spray. For bigger muffins, spray 8 of the cups.
In a large bowl, whisk together the flour, sugar, baking powder, cinnamon and salt.
In a medium bowl, whisk egg lightly. Whisk in milk, melted butter, coffee mixture and vanilla essence.
Make a well in centre of dry ingredients and pour in milk mixture. Stir just until evenly blended. Stir in chocolate chips.
Divide batter among 12 or 8 greased muffin cups. Bake18 – 20 minutes, or until a cake tester inserted in centre of muffin comes out clean.
Makes 8-12 muffins.
Nota:
* Ek het 100 g slab donker choc gebruik, opgekap, i.p.v. choc chips
* Ek het Nescafè koffie gebruik-

Resep:  Louise Groenewald
Foto:  Regina Strydom




RIANA SE SAVORY MUFFINS

SAVOURY MUFFINS RIANA
RIANA SE SAVORY MUFFINS
Resep en foto: Riana Du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml rooi peper
10 ml ‘mixed herbs’
10 ml gedroogde pietersielie
60 ml botter, gesmelt
1 ½ koppie karringmelk
1 eier
1 koppie kaas, gerasper
3 viennas, gerasper (spek sal ook werk)

Sif al die droë bestanddele saam, kaas en viannas ook.
Meng karringmelk, botter en geklitste eier en meng saam met meelmengsel.
Roer deur en skep in muffin pannetjies (ek sprinkel bietjie paprika bo-oor).
Bak vir 15 – 20 min by 220°C.




VOLGRAAN MUFFINS

2013-07-03-kaasenuiemuffins
VOLGRAAN MUFFINS
250 ml volkoringmeel
250 ml semels
2,5. ml sout
17,5 ml bakpoeier
125. ml pekanneute grofgekap
125 ml dadels stukkies gesny
25 ml bruinsuiker OF heuning
1 eier
250 ml melk
40 ml botter, gesmelt

Meng meel, semels, sout, bakpoeier, neute, dadels en suiker saam.
Klits eier en melk saam en voeg die afgekoelde botter by.
Voeg eiermengsel by droë bestanddele en meng goed
Skep in gesmeerde muffinpannetjies.
Bak 20 min in ‘n voorverhitte oond 220°C.

Foto en resep:  Elda Lombard




BILTONG EN KAAS QUICHE

biltong en kaas quichetested
BILTONG EN KAAS QUICHE
Resep:  Henriette Janse van Vuuren
Foto en aanpassing vir muffins:  Adriaan De Ridder
FOOD LOVERS RECIPES
1 x 400 g vel broskorsdeeg
100 g sterk cheddarkaas – grofgerasper
160 g gesnyde beesbiltong
2 eiers
250 ml room
varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 ° C.
Rol broskorsdeeg op ‘n meelbestrooide oppervlak dunner uit.
Voer ‘n gesmeerde tertbord van sowat 18 cm uit met deeg.
Sprinkel kaas onderin tertbak en rangskik biltong bo op.
Klits eiers en room saam.
Giet oor kaas en biltong en geur met peper.
Bak vir sowat 35 minute in warm oond.
Die eiermengsel moet gestol wees.
Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.
WENK
Klam biltong werk die beste.xx –

NOTA: Adriaan De Ridder
Ek het toe julle Biltong en Kaas Quiche gemaak vanoggend en dit het briljant uitgekom dink ek. Ek het net bietjie ekstra pietersielie ingegooi vir kleur. So individueel in muffin panne bak sit dan vir 24 minute.
Met een vel broskors het ek 26 uitgekry. Ekt 500 ml room en 4 eiers gebruik met bietjie pietersielie en sout en peper. En dan het ek 300g biltong en omtrent net 100g kaas gebruik. En soos ek sê, bak hulle net vir 24min teen 180ºC

 

 




MELKTERT MUFFINS MET KARRINGMELK

melktert muffins riana
MELKTERT MUFFINS MET KARRINGMELK
210 g (310 ml) koekmeel
2 teelepels (10 ml) bakpoeier
½ teelepel (2.5 ml) koeksoda
75 g (90 ml) suiker
5 ml kaneel
½ teelepel sout
1 eier
45 g margarien, gesmelt
250 ml karringmelk of 175 g jogurt en 75 ml melk

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 12 muffinhouers of holtes met kleefwerende sproei.
Meng al die droë bestanddele in ‘n mengbak.
Klits dan die eier, gesmelte margarien en karringmelk saam in ‘n mengbak en voeg dit by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng.
Skep eetlepelsvol deeg in elke holte.
Skep ‘n hoogvol teelepel melktertvulsel in die middel van elkeen. Druk dit effens in die deeg in.
Verdeel die res van die deeg tussen die muffins om die melktertvulsel te bedek.
Bak vir 15 minute.

* Vir die melktertvulsel:
250 ml melk
25 ml margarien
1 eier
60 ml suiker
25 ml meel
25 ml mielieblom
5 ml vlapoeier
2.5 ml vanieljegeursel

Verhit die melk en margarien in ‘n klein kastrol oor lae hitte.
Klits die eier en suiker saam met ‘n vurk.
Meng die meel, mielieblom en vlapoeier saam en voeg dit by die eier-suikermengsel.
Giet stadig die warm melk by hierdie mengsel terwyl jy voortdurend roer. Sit dit terug in die kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir 2 minute terwyl jy roer.
Plaas dan die kastrol se deksel op, skakel die hitte af en laat dit vir een minuut staan.
Voeg dan die vanieljegeursel by-
Resep: Rene Wessels
Foto: Riana Du Plessis




KAAS MUFFINS

KAASMUFFINS
KAAS MUFFINS
2 koppies koekmeel
1 koppie kaas, gerasper
1 koppie bottter, gerasper
15 ml bakpoeier
2 ml sout
1 koppie koue water
2 eiers, geklits

Meng alles met vurk liggies tot net gemeng.
Skep in bespuite muffin pannetjies en bak by 200ºC vir 30 minute.
Resep geplaas deur Ancoise Strydom
Foto: Ancoise Strydom




HEERLIKE MUFFIN OF SKONS

tested
HEERLIKE MUFFIN OF SKONS
625 ml koekmeel
250 ml fyngerasperde kaas
62,5 ml kookolie
250 ml melk
4 groot eiers
4 teelepels bakpoeier
klein bietjie sout (nie te veel nie anders gee dit die muffins/skons ‘n frank smaak)

Klits die olie, melk, eiers en kaas saam.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die olie-mengsel. (dit is ‘n slap deeg)
Skep in groot (12) kolwyntjie-pannetjies en bak vir 15 min by 200°C.
ONS HET GESMUL!
Bron en foto: Hannah Langhout
Plasing: Wilma Josey Venter




APPELTERTJIES-KLEIN APPELTJIES

appeltertjies Roneltested

APPELTERTJIES-KLEIN APPELTJIES
4 eiers
180 ml strooisuiker (¾ koppie)
310 ml koekmeel (1 ¼ koppie)
10 ml bakpoeier (2 teelepels)
180 ml margarien gesmelt ¾ koppie)
1 blik appels(baba)400 g gedreineer

Voor verhit oond tot 180 ºC.
Spuit muffin pan met kossproei.
Klits eiers, strooisuiker vinnig met elektriese klitser tot liggeel.
Sif die meel en bakpoeier saam en vou in.
Giet die gesmelte margarien by en klits tot gemeng.
Vul elke muffinholte halfvol met die beslag en plaas baba appeltjies in die middel van elk.
Bak vir 8 – 12 min..
Laat afkoel!
Resep en foto: Ronel Snyman