PANNEKOEK MUFFINS

PANNEKOEK MUFFINS
1 koppie melk
6 eiers
1 koppie meel
½ teelepel sout
1 teelepel vanielje
¼ koppie botter, gesmelt
Verhit die oond tot 200°C.
Meng eerste vyf bestanddele in ‘n voedselverwerker tot ‘n gladde mengsel.
Meng die botter nou bietjies gewys by en meng goed deur.
Spuit muffin pannetjies goed met spray en cook.
Vul die pannetjie net net tot onderkant halfpad vol.
Bak vir 15 minute of tot pofferig en goud bruin bo-op.
Die krater (gaatjie) sal vanself vorm.
Vul met vulsel waarvoor jy lus voel.
As jy soet vulsel gebruik, versier met gesifte versiersuiker bo-oor.










