DUBBEL-SJOKOLADE MUFFINS

sjokolade muffin
DUBBEL-SJOKOLADE MUFFINS
Heerlik klam
1 1/3 koppie koekmeel
2 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel koeksoda
2 eetlepel kakao
3/4 koppie strooisuiker
3/4 koppie choc chips plus 1/4 kop om oor te strooi
1 koppie melk
1/3 koppie plus 2 teelepel olie
1 eier
1 teelepel vanilla
Oond 200 ºC
Meng droë en nat bestandele, moenie nie te veel roer nie.
Bak +- 20 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Foto:  Elba Groenewald‎
Resep geplaas deur Elba Groenewald‎

 




RIANA SE APPELTERTJIES

appelmuffinstested
RIANA SE APPELTERTJIES
Resep: Riana Le Roux
Foto: Wynand Chantelle Van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my appeltertresep, ek bak dit nou al 12 jaar en was ‘n goeie verkoper in die tuisbedryf wat ek gehad het.
220 ml margarien
500 ml suiker
6 eiers
100 ml melk
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 groot blik tertappels, opgesny

Sous:
200 ml Cremora melkpoeier
400 ml kookwater
250 ml suiker
10 ml karamelgeursel

Klits die magarien, suiker, eiers en melk goed saam, voeg die gesifte droë bestanddele by en klits tot goed gemeng.
Skep die beslag in voorbereide muffinpannetjies of tertbak.
Plaas die appelstukkies op die tertbeslag.
Bak die tertjies in ‘n verhitte oond by 180ºC vir 20 min vir klein tertjies of 45 min vir ‘n groot tert.
Terwyl die tert bak, maak die sous aan.
Kook al die bestanddele in ‘n potjie saam tot die melkpoeier goed opgelos is.
Giet die warm sous oor die tertjies as dit uit die oond kom.
Laat bietjie afkoel en haal die tertjies uit die pannetjies.




MUFFIN MIX MUFFINS MET KOELDRANK

2014-01-26-muffinmixtested
MUFFIN MIX MUFFINS MET KOELDRANK

Jy vat n gewone vanilla muffin mix vir 12 muffins en dan meng jy jou kind se gunsteling koeldrank by 330 ml. (1 blikkie) en dan skep jy in jou muffin pan en bak vir 15 – 20 min by 180°c. En siedaar. Baie lekker!

BRON- Elmari van der Merwe




CHEESY BACON AND CORN MUFFINS

CHEESY BACON AND CORN MUFFINStested
CHEESY BACON AND CORN MUFFINS
Cheesy Bacon & Corn Muffins
125g shortcut bacon, diced
1¾ cups self-raising flour
2 cups grated cheese
1½ cups milk
1 egg
60g butter, melted
125g can corn kernels, drained

Preheat oven to 200°C. Grease a medium 12-hole muffin tray.
Fry bacon in a nonstick frying pan for 3 mins until crisp. Cool.
Sift flour into a bowl, add cheese and stir to combine.
Whisk milk, egg and butter together.
Add to flour with corn and bacon and mix quickly and lightly together.
Divide mixture between muffin holes.
Bake for 20 mins until golden.
Cool on wire rack.

RECIPE tested by Adri Poultney (I just left the corn out)




SOUR MILK OATMEAL MUFFINS

oatmeal muffinstested

SOUR MILK OATMEAL MUFFINS
Soak 1 cup oatmeal and 1 cup buttermilk or sour milk for 10 to 15 minutes.
Add 1 egg and ½ cup brown sugar and mix well.
Prepare flour mixture of
1 cup cake flour
½ teaspoon salt
1 teaspoon baking powder
½ teaspoon baking soda
Add to oatmeal mixture and mix until flour is wet.
Mix in 1/3 cup oil.
Spray 12 muffin cups with Pam/Spray and Cook.
Fill with batter.
Bake at 200ºC for 20 minutes.
Picture:  Jolinda Jones




MAYONNAISE MUFFINS

tested
MAYONNAISE MUFFINS

2 koppies Bruismeel
4 eetlepels mayonnaise
1 koppie melk
1 teelepel suiker
1 eier
½ teelepel sout [As jy nie suiker gebruik nie]
Meng al die bestanddele en skep in gesmeerde muffin pannetjies. Bak by 190°C vir 10 -12 min.

RESEP: Helena Elizabeth Louw Fourie




NATALIE SE MIELIEPAP MUFFINS

2013-12-27-mieliepapmuffinsnathaliejessicakoekemoer-groot

NATALIE SE MIELIEPAP MUFFINS
10 koppies water
5 koppies grof mieliepap
1 groot knoffelhuissie fyn gedruk
2 blokkies chicken  stock

Kook die water met chicken stock en knoffel gooi die pap in en kook tot net net gaar 10-15min. Laat dit afkoel.
Meng in n groot mengbak.
2 tlps mosterd poeier
1 groot blik heel pit mielies
150ml olie
10 eiers
4 koppies gerasperde mature cheddar
3 tlps rooipeper
5 tlps paprika poeier
Genoeg vars of droe pietersielie
5 eetlepels sweet chili sause
5 tlps cheese Aromat
2 koppies broodmeel met sonnebloemsaad, of gemengde sade meel
En 3 tlps bakpoeier
N pakkie van die driehoek roomkaas blokkies

Meng nou alles saam en skep tot 2/3 van die gesmeerde pannetjies vol. Druk in die middel n stukkie roomkaas, maak hom mooi toe. )Ek het hulle in drie gesny. Bak teen 180*grade vir so 25min of tot n stokkie droog uitkom, maak seker jy druk nie die stokkie in die roomkaas nie

BRON- Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

 




HOENDER EN BROCCOLI FRITTATA

2013-12-03-chickenbroccolifrittatatested
HOENDER EN BROCCOLI FRITTATA
Dis vir so 48 muffins!
3 hoenderborsies, opgekook en versnipper
1 hele broccoli, gestoom en versnipper
Meng dié 2 goed saam en geur met sout en peper. (en smoked paprika as jy wil)

Meng saam:
5 eiers,
1 koppie mozzarella kaas, gerasper
½ koppie melk
3 eetlepels chunky maaskaas
gedroogte speserye, opsioneel
Skep die broccoli en hoender mengsel in muffin pannetjies. Gooi dan die eiermengsel bo-oor (gebruik ‘n lepel sodat jy kaas ook op elke muffin kan skep uit die eiermengsel).

Bak teen 180°C vir 20 – 25 minute of tot goudbruin.

Resep geplaas deur Nina Vermeulen-Viljoen
Foto: Jan Viljoen




PIESANGBROOD MET OLIE

tested
PIESANGBROOD MET OLIE
Die brood bly ‘n week lank lekker omdat hy olie in kry in plaas van botter.
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
1 koppie suiker
½ teelepel sout
4 fyngedrukte piesangs
½ koppie olie
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie melk + ¾ teelepele koeksoda – nie afgeskraap

Voorverhit oond tot 150°C.
Klits eiers en suiker saam.
Voeg olie, vanilla geursel en sout by.
Voeg koekmeel en bakpoeier by.
Meng melk en koeksoda, en voeg bietjie-vir-bietjie by die mengsel.
Voeg piesangs by en meng goed.
Gooi in gesmeerde broodpan.
Bak vir ’n uur.
Foto 1: Marina Van Wyk,  Desiré Watkins,  Cerelia Jackson

Suurlemoenversiersel
30 ml botter/margarien
1 ½ koppie versiersuiker
1 teelepel gerasperde suurlemoenskil
15 ml suurlemoensap

Verroom botter, versiersuiker en suurlemoenskil.
Voeg suurlemoensap by en klits tot romerig.
Resep en Foto: Petre Van Jaarsveld




GLUTENVRYE HAM EN KAAS MUFFINS

ham en kaas muffins glutenvry
GLUTENVRYE HAM EN KAAS MUFFINS
Dit is ‘n resep van Enterprise Promosies wat ek al jare gebruik en het hom net hier en daar aangepas.
15 ml botter
125 g Enterprise klaar gesnipperde spek
250 ml glutenvrye bruismeel
3 ml sout
10 ml bakpoeier ( het nog nie glutenvry bakpoeier nie)
1 eier
225 ml melk
50 ml gesmelte botter
250 ml gerasperde ham
250 ml gesrasperde Cheddarkaas.
Smelt 15 ml botter in pan en braai die spek daarin tot bruin amper bros. Sif bruismeel, bakpoeie en sout in mengbak. Klits eier en melk saam.
Smelt 50 ml botter in mikrogolf en maak seker dit is regte hoeveelheid. Voeg eier en melkmengsel saam met die gesmelte botter by ham – en spek mengsel. Voeg gerasperke kaas by en roer deur . Plaas in gesmeerde muffinpanne en bak by voorafverhitte oond van 180’C vir 20minute.
Foto: Rina Burger