


ANNEMARIE SE BLOUBESSIE KOLWYNTJIES
Kolwyntjies:
1 ½ koppie gesifte koekmeel
¾ koppie suiker
½ teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
½ koppie olie
1 eier
½ koppie melk
1 koppie bloubessie
Kors Bolaag:
½ koppie suiker
1⁄3 koppie koekmeel
¼ koppie botter – blokkies
Voorverhit oond – 200ºC.
Sit kolwyntjie papiertjies in muffin pan of spuit die pan met “Cooking spray”.
Kolwyntjies:
Meng koekmeel, suiker, sout en bakpoeier in ‘n bak, sit eenkant.
Meng olie, eier en melk in ‘n ander bak.
Voeg die oliemengsel by die meelmengsel en meng saam.
Vou die bloubessies in die deeg in.
Gooi die mengsel in die muffin pan – Ongeveer ¾ vol.
KORS BOLAAG
Meng suiker, koekmeel en botter saam met ‘n vurk of vryf met jou vingers sodat dit lyk soos broodkrummels.
Gooi die krummels bo-op die muffin mengsels in die kolwyntjiepan.
Bak teen 200ºC in die oond vir ongeveer 20-25 minute of tot gaar.
Resep en foto: Annemarie Fourie
2de foto: Lauren Matjan – My bloubessie koek!🙈 Ek het die bloubessie cupcake resep gebruik!