WILMA SE KAAS MUFFINS MET BYT

FLR BB with Hearttested

WILMA SE KAAS MUFFINS MET BYT

2 koppies Bruismeel
2 ml sout
10 ml Rissiepitte
Paar draaie swartpeper
15 ml gedroogde pietersielie
2,5 ml bakpoeier
Sif bogenoemde alles saam in ‘n groot bak..
3 lekker groot eiers
125 ml kookolie
250 ml melk
Meng vloeistowwe apart…
Meng die eiermengsel met die droe bestanddele en voeg die volgende by:
250ml sterk cheddarkaas
100ml fyn biltong (kan weggelaat word)
Meng alles goed deur…
Smeer 2 kolwyntjiepanne met 12holtes elk met botter/margarien en bespuit met Spray and Cook… skep lepelsvol deeg in die panne. (Die deeg moet slap wees..indien te styf voeg nog klein bietjie melk en olie by)
Bak in voorverhitte oond van 180 grade C vir 15 min tot lekker goudbruin en gaar… bedien soos verkies…

Bron: Wilma Josey Venter




LOW GI BRAN MUFFINS

2014-04-29-branmuffinstested
LOW GI BRAN MUFFINS

Beat together 2 eggs, 1 cup brown sugar and 4 Tbls Canola oil.
Add 1 cup oat bran pressed down into cup,
1 and a half cups cake flour and 2 cups digestive bran, half a teaspoon salt and 1 tablespoon Bicarbonate of Soda.
Add 1 large grated apple and 1 cup sultanas, 1 tsp ground cinnamon and 2 cups low fat milk a
nd 1 tsp vanilla essence.
Stir till well blended but do not overmix.

This mixture can be kept in the refrigerator for up to 30 days. When ready to bake drop in muffin pans and bake for 20 minutes at 180 deg C preheated oven. Do not freeze the batter but baked muffins freeze very well. These muffins are deliciously moist and do not need to be spread with margerine or butter.

RECIPE AND PHOTO: LEANNE THURSTON COETZER




DEATH BY CHOCOLATE MUFFINS

2014-04-25-deathbychocolatemuffinsmarianvandeventertested
DEATH BY CHOCOLATE MUFFINS

En as jy kom hap dan kry jy die suprise van karamel in die middel
Koop n pakkie snowflake chocolate muffin mix en maak aan soos pakkie se. Skep deeg so kwart vol in pannetjies. Skep n teelepel karamel in middel en skep dan nog deeg bo oor.Ek maak my pannetjies vol soos die mugg and bean se add  so hulle lekker groot. Bak +_20min haal uit en gooi gesmelte sjoklit bo oor.

Pasop net dit is baie warm

BRON- Marian van Deventer

Marian van Deventer Jy kan n rolo of een van daai caramel toffies…die sagtes wat in so lang boksie kom ook binne sit.




ROLO-MILO MUFFINS

2014-04-25-rolo-milomuffintested
ROLO-MILO MUFFINS

Voorverhit oond 200grade.

Bestanddele:
Een en n halwe k Milo-poeier
1 pk Rolo sjokoladetjies
Een en n halwe k bruismeel
Een en n halwe k volroommelk
5 e gesmelte botter
1 groot eier geklits
n halwe k melksjokoladestukkies
n halwe k wit sjokoladestukkies

Sif meel, voeg dan die wit en bruin sjokoladestukkies by. Meng intussen die botter, melk en Milo en voeg by die meelmengsel. voeg die geklitste eier by en roer goed deur. Spuit n muffinpan met Spray n cook en skep lepelsvol deeg in die holtes, plaas dan n Rolo in die degies. Bak vir 20 min.
FOTO- GIDEON LOUW – RINIE LOUW




MUFFIN HOTDOGS

muffin hotdogs amandatested
MUFFIN HOTDOGS

Neem pakkie gekoopte  savoury muffins Mix ( of enige van die waarvan julle hou), maak aan soos op die pakkie, gooi die deeg in die muffin pan en sny worsies, druk in die deeg dat hulle redelik uitsteek bo die deeg, bak soos op die aansywings. Bedien saam met Heerlike tamatiesous of sous van jou keuse.

Idee en Foto: Amanda Swanepoel




RINA SE PIESANG EN NEUTMUFFINS

10154544_10153139702484460_9181591428918549140_ntested
RINA SE PIESANG EN NEUTMUFFINS
350 ml bruismeel ( ek het gluten vrye meel gebruik)
50 ml semels
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
125 ml hawermout
3 ryp piesangs fyngemaak as hulle klein is sit een gerasperde appel by
1 groot eier geklits
75 g fyngekapte neute
50 ml klapper
75 g margarien/botter gesmelt en afgekoel
10 ml asyn
2.5ml sout
Opsioneel – 50 ml suiker of versoeter – proe aan jou deeg

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam, meng met die neute, klapper, suiker en hawermout.
Maak die piesangs fyn, klits die eier en meng die piesang, eier en botter, gooi die asyn daarby.
Gooi nou die twee mengsels bymekaar en meng goed, indien te droog gooi bietjie melk by, maar ek het nie nodig gehad nie.
Sit papiervorms in jou groot muffin pan, en skep die deeg in die 6 vorms, of 12 kleintjies.
Bak vir 25 min of tot gaar.
Hulle is op hulle lekkersrte wanneer hulle warm geeet word.
Met die glutenvrye meel het dit amper die tekstuur van ‘n skon.
Geniet dit
RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans




BOBOTIE MUFFINS


BOBOTIE MUFFINS
Deeg:
1 ½ koppie bruismeel
1 ½ koppie karringmelk
¼ koppie olyf olie
1 teelepel sout
1 eier
Meng als tot ‘n slap tog stewige deeg, skep eetlepels vol in elke muffin holte, en laat staan eenkant. Die deeg is genoeg vir 24 muffin holtes.
Vulsel:
1 ui fyn opgekap
¼ koppie blatjang
¼ kop wit asyn
2 eetlepels bruinsuiker
500 g maalvleis
1 eetlepel Cartright “spicy” kerriepoeier (dis die bruin boksie)
sout na smaak
Braai die ui en maalvleis tot gaar, voeg die res van die bestanddele by, meng deur en braai op lae hitte.
Maak ‘n eetlepel meel aan met ‘n bietjie water en giet dit by die maalvleismengsel om dit te verdik.
Verwyder van die stoof en skep lepelsvol bo-op die deegmengsel.
Rasper kaas en sprinkel op elke muffin.
Bak die bobotiemuffins in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 15 tot 20 min.
Baie belangrik, laat die muffins heeltemal afkoel, voor jy dit uithaal uit die muffinpanne, want dis baie bros terwyl dit warm is en breek dan maklik.
Gewone bobotiemaalvleis kan ook gebruik word, dan pas jy dit net aan na jou eie smaak.

 




KAAS EN MIELIE MUFFINS

2014-04-14-kaasenmieliemuffinstested
KAAS EN MIELIE MUFFINS

250 ml gerasperde kaas
1 blik room mielies
2 jumbo geklitste eiers
150 ml melk
500 ml bruismeel
5 ml mosterd
paprika
90 ml gesmelte botter
5 ml sout

Sif droe bestanddele saam.
Klits eiers, melk, room mielies, gesmelte botter en kaas.
Voeg by en meng liggies.
Skep in gesmeerde muffin pan.
Strooi nog kaas en paprika oor.
Bak vir 15 – 20 minute tot gaar by 180 * C.

BRON: Steph Kirchner

 




VINNIGE KLEIN MUFFINS

2014-04-06-vinnigemuffentjiestested
VINNIGE KLEIN MUFFINS

Ek sommer uit my kop gewerk – so gemaak:
2 koppies koekmeel
2 groot teelepels bakpoeier
sout na smaak
2 eiers
¼ koppie melk
bietjie oorskiet sweetcorn
¾ koppie kaas
gekerfde vars pietersielie
rissies, opgekerf opsioneel
paprika vir kleur bo-oor

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Klits die eiers en melk saam.
Voeg sweetcorn by meel en voeg dan eiermengsel by.
Voeg gerasperde kaas by en vars pietersielie.
Meng alles, as die deeg te styf is voeg nog bietjiie melk by.
Jy kan ook rissies byvoeg.
Skep in gespuite pannetjie (12 gaatjies) en strooi paprika oor – dit gee die mooi kleur. Bak in oond 180°C vir so 40 minute – toets met pen.
Resep en foto: Marietjie Nel




PEGGY SE BROCCOLI EN KAAS MUFFINS

1514334_641722565910620_1600576254_ntested
PEGGY SE BROCCOLI EN KAAS MUFFINS
Lekker vir die kosblik.

2 K selfraising meel
2 K chedder kaas
Half T sout
Half T droe mosterd
Half T rooipepper
( Oorskiet broccoli met kaas sous, melk om mengsel te bind) ± so 1 en n half K melk hangaf hoeveel die kaas sous mengsel. Alles saam moet ± 2 koppies wees.

Meng droee bestanddele met kaas.
Voeg melk gemeng met broccoli mengsel by. Skep in gesmeerde muffin panne.
Bak 20 min of tot gaar

BRON: Peggy Devine