CARROT CAKE

carrot caketested

CARROT CAKE
(Micro or Oven bake)
Ek maak myne in die mikrogolf en dit bly ‘n wenner in ons huis! Ek gebruik my diep silicon ring pan.
1½ cups cake flour
10 ml cinnamon
8 ml bicarbonate of soda
5 ml nutmeg
3 ml salt
3 cups grated carrot
1 ½ cups sugar
¾ cup oil
100 g walnuts, chopped
3 eggs, beaten

Sift together flour, cinnamon, bicarbonate of soda, nutmeg & salt.
Set aside.
Combine grated carrot, sugar, oil, walnuts and egg, mixing well.
Add dry ingredients and mix well.
Turn mixture into a deep, greased 25 cm microwave ring pan.
Place pan on an inverted plate and microwave on full power for 10 – 11 min.
The cake should shrink away slightly from edges of pan.
Turn pan during baking if the cake looks as if it is cooking unevently.
Cool slightly before inverting onto a serving plate.

CARROT CAKE ICING
250 ml smooth cream cheese
350 g icing sugar
½ t vanilla essence
100 g butter
Beat cheese until smooth.
Add butter and beat well.
Add vanilla and mix thoroughly.
Gradually add icing sugar, beating well to the desired consistency.
Spread over cake (Ek hou gewoonlik bietjie van die neute oor om bo-oor die icing ook te strooi)
IN A CONVENTIONAL OVEN: Bake at 180°C for 35 – 40 min.
Recipe and photo:  Willemien Windell




KERRIEKOOL IN DIE MIKROGOLF

2015-12-19-kerriekooltested

KERRIEKOOL IN DIE MIKROGOLF
Lewer 1,6 lt.

1 kg kopkool
2 middelslag uie
250 ml water
600 ml witasyn
500 -600 ml witsuiker
100 ml koekmeel
15 ml kerriepoeier
15 ml mosterdpoeier
5 ml sout

Verwyder die harde buiteblare van die kopkool.
Halveer en sny die stronk uit en snipper die kool mooi fyn.
Skil en kap die uie fyn.
Plaas die kool en uie in ‘n diep 3,5 lt bak.
Voeg water by en bedek die bak.
Mikrogolf vir 20 minute by volle krag en roer na die eerste 10 minute.
Laat dit goed dreineer.
Meng die asyn, suiker, meel, kerriepoeier, mosterdpoeier en sout in dieselfde bak.
Mikrogolf vir 10 minute op volle krag tot dik en roer gereeld.
Meng die koolmengsel met die kerriesous.
Mikrogolf vir 5 minute oop op volle krag en roer dit een of twee keer.
Skep die warm kerriekool dadelik in gesteriliseerde flesse en verseel.

FOTO:  Lorett Brittnell
My resep is basies dieselfde behalwe dat ek dit op die stoof kook en ek gebruik omtrent dubbeld die hoeveelheid kool want dit kook baie weg. Ek pas maar net die sout agterna bietjie aan.




PIESANGKONFYT IN DIE MIKROGOLF

PIESANGKONFYT IN DIE MIKROGOLF
Lewer ongeveer 1,2 liter.
Jy kan hierdie vir baie goed gebruik in tertdoppies, vulsel vir laagkoek ens.
Skil die piesangs eers voordat jy dit weeg.

1 kg geskilde piesangs
800 ml witsuiker
75 ml suurlemoensap

Sny die piesangs in skyfies en plaas in diep 3,5 liter bak.
Mikrogolf vir ongeveer 22 minute oop by volle krag tot taamlik dik en roer dit gereeld.
Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse, vol  tot teenaan die rand.
Plaas ‘n stukkie waspapier bo-op en draai die deksels styf vas.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




PORTUGUESE CHOCOLATE MICROWAVE CAKE

portuguese chocolate cake flrtestedmw
PORTUGUESE CHOCOLATE MICROWAVE CAKE
Recipe tested and photos: Wanda van der Merwe and Denise Kaltenbrunn
Beat in a blender:
3 eggs
1 tin of condensed milk
1 can cream
1 tablespoon coffee or vanilla extract
1 tablespoon unsalted butter or margarine
½ cup cocoa powder

Place in a greased microwave bowl (plastic or glass form suitable for microwave) for 8 (*see note) minutes at full power.
Let cool for 5 minutes, unmold and garnish with chocolate sprinkles or grated chocolate
For 1650 w microwave oven 6 minutes only or ’till the sides come loose.
*Note from ADMIN: 8 minutes might be too long – we suggest you try 6 min depending on your microwave

 




LEWER IN DIE MIKROGOLF

MIKROGOLFOONDtested

LEWER IN DIE MIKROGOLF
Hierdie is ‘n smelt-in-die-mond lewer resep. Hoeveelheid van die bestanddele is na eie keuse.
lewer (skaap of hoender), skoongemaak, buise verwyder en in blokkies gesny
3 eetlepels botter
± 3 eetlepels meel
voeg by na eie keuse:
sout en peper
blatjang
tamatiesous
Worcestersous
mosterdsous of poeier

Plaas die lewer en botter in ‘n mikrogolfbestande bak en mikrogolf dit vir 3 min op hoog, roer af en toe.
Meng die meel, sout, peper, blatjang, tamatiesous, Worcestersous en mosterd tot ‘n pasta en voeg die mengsel by die lewer.
Mikrogolf die mengsel vir 4 minute, roer elke minuut.
Mikrogolf vir ‘n verder 3 minute en verwyder die gereg uit die mikrogolf.
Bedien die lewer met kapokaartappels, spaghetti, bruinrys, of couscous.
Resep: Hannalie Kitshoff




MIKROGOLF FUDGE

mikrogolf fudge friedatested

MIKROGOLF FUDGE

125 gr botter of margarien
500 ml strooisuiker
1 blik kondensmelk
25 ml vanielje geursel
15 ml asyn
knypie sout

Mikrogolf botter 1 minuut by 100% krag
Roer deeglik met houtlepel
Voeg strooisuiker en Kondensmelk by moenie roer nie en mikrogolf oop by 100% krag
Roer dit deeglik met houtlepel
Mikrogolf die fudge 10 min oop by 100% krag en roer elke 3 minute goed.
Voeg die vanielje geursel, asyn en sout by en klop die fudge met houtlepel tot dit begin styf word
Skep dit dadelik in pan en maak dit bo-op gelyk
Laat dit bietjie afkoel
Sny die fudge in blokkies en laat heeltemal koud word.

Foto:  Frieda Greyling




TAMATIE EN RISSIEKONFYT IN DIE MIKROGOLF


TAMATIE EN RISSIEKONFYT IN DIE MIKROGOLF
In ‘n groot, diep mikrogolf oondbak:
1 kg gekapte konfyt tamaties en 1 gekapte brandrissie
Plaas in mikrogolf oond op hoog vir 10 minute.
Dit sal nou sag wees.
Voeg volgende bestanddele by:
¾ kg suiker, (ongeveer 3.75 koppies)
1 teelepel fyn gemmer
½ teelepel sout

Roer deur en plaas terug in mikrogolf.
Kook vir 30 minute op hoog, maar roer elke 10 minute.
Skep in gesteriliseerde botteltjies en merk.
Resep geplaas deur Martha de Lange




GEMENGDE GROENTE MET N VERSKIL

gemengde groente adamtested
GEMENGDE GROENTE MET N VERSKIL
500 g gemengde groente (met broccoli en blomkool ens)
1½ koppies mayonnaise
1 koppie melk
1 pakkie wit uiesoppoeier

Meng alles saam en sit in oondvaste bak.
Mikrogolf vir 15 minute.
Roer elke 5 minute.
Laat staan vir 5 minute.
Bedien warm.
HEERLIK!

Bron: Elmien Claassen Downey
Foto: Adam Cloete
Nota:  Dit is baie lekker en romerig en die mikrogolf tyd is net genoeg om die groente gaar, maar nog stewig en krisp te kry. Die mayonnaise is bietjie skerp vir my smaak en ek sal dit verminder en met helfte yogurt meng. Bietjie kaas ingemeng kan dit ook net lekkerder maak.