HOENDERTREFFER

MIKROGOLFOOND

HOENDERTREFFER
(Mikrogolf)

1.5 kg hoenderstukke
125 ml sagte bruinsuiker
25 ml kerriepoeier
geuropwekker
sousmengsel
10 ml botter
150 g uie gekap
SOUS
250 ml tamatiesous
37,5 ml Worcestersous
skeutjie tabascosous
375 ml kookwater
70 ml suurlemoensap
125 ml blatjang
37,5 ml sojasous
1 blik sampioenroomsop of 1 pk sampioensoppoeier

Droog die hoender met kombuispapier af. Strooi bruinsuiker, kerriepoeier en geuropwekker oor. Rol in bietjie van die sousmengsel om vogtigheid te absorbeer
Mikrogolf 5 ml botter 1 min op hoog in ‘n plastiek beker. Voeg die uie by en mikrogolf 5 min op hoog. Voeg sousbestandele by uie. Meng deeglik. Mikrogolf 8 min op hoog -roer 2 keer -totdat sous net-net begin kook. Voeg klein bietjie van die kookwater by indien sous te dik is. Verhit bruineerbak 8 min op hoog. Voeg orige botter by en mikrogolf nog 3 min op hoog. Plaas hoenderstukke in bruineerbak, mikrogolf 10 min op hoog. Draai hoender om en giet warm sous oor. Bedek en mikrogolf 14 min op hoog.

 




SEWE MINUTE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK

Image008tested2015-07-19-seweminutesjokolademikrogolfkoek

SEWE MINUTE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
3 eetlepels kakao
1 koppie lou water
1 teelepel vanilla
4 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
2 eiers
¼ koppie olie

Sif meel, sout, kakao, suiker en bakpoeier saam.
Meng geklitste eiers met lou water en olie en voeg vanilla by.
Voeg droë bestanddele by eier mengsel en meng baie goed.
Gooi in gesmeerde bak, en bak vir 7min op hoog in mikrogolf.
Los in die oond vir 1 minute voor jy uithaal, laat bietjie afkoel tot los, en dop uit bak uit.

Versiering:
1 blik Ideal melk
¼ koppie suiker
200 g heelneut sjokolade

Smelt ¾ blik Ideal melk en suiker oor lae hitte en gooi oor warm koek.
Laat die koek heeltemal afkoel.
Smelt die res van die Ideal melk en sjokolade op lae hitte.
Gooi bo-oor koek en smeer tot dit teen die kante afloop.
Genoeg vir meduim koek.

Resep en foto: RINA KLEINHANS

PHOTO: Pam Saal‎
Bak drie van die koek en sit op mekaar vir ‘n wonderlike koek soos op die tweede foto
Rina Carstens
Wil net se hoe groot sukses is die blog se Mikrogolf 7min sokolade koek. Ek het altwee gebak en toe soos Hilda sou se n bietjie skop ingesit. Ek het dit nou al in lemoen en ook koffie/speserye gemaak dit is nou n ware resep om mee te speel. Dankie vir al die lekker resepte.

Linette White
ek het een mengsel sonder cocoa en een mengsel wit gemaak,met n groot lepel eers chocolate mengsel in middel van bak, dan weer wit in die middel van choc mengsel dan weer choc in middel van wit mengsel gevou en so aangegaan tot my mengsels op is en toe gebak. Bedien met lekker vla
7 min koek in poeding




SONDE IN ‘N BEKER – KOPPIEKOEK

sjokolade koppiekoektested

SONDE IN ‘N BEKER – KOPPIEKOEK
1-2 porsies
60 ml bruismeel
60 ml suiker (diabete opsie – gebruik 8 stokkies versoeter)
30 ml kakao
knippie sout
1 eier
45 ml melk
45 ml olie

Optioneel – gooi gekapte sjokolade in/ diabete sjokolade indien verkies

Smeer of spuit ‘n groot koffie beker (400ml of twee kleiner bekers) goed.
Gooi meel, suiker (versoeter), kakao en sout daarin.
Meng goed met vurk.
Voeg eier by en meng goed.
Voeg melk en olie by en meng goed.
Sit beker in mikrogolf op 100% krag vir 3 min (of as in die kleiner bekers, een beker op ‘n slag vir so 1min 15sek).
Die koek rys redelik hoog – dis reg so.
Laat staan vir ‘n paar min voordat jy dit uitkeer op ‘n bord.
Bedien met room of roomys.
Foto: Wilma Josey Venter

Witkoek variasie
Vanessa Bailey
dag se vinigge mikrogolf koek .
2 teelepels olie
4 teelepels koekmeel
1.5 teelepels vla
3 teelepels strooisuiker
1.5 teelepel bakpoeier en ‘n halwe koppie water .
Plaas in mikrogolf oond vir 2 tot 3 minute lekker en vinnig !!!

2014-11-12-koekie

Yvette Cilliers
Ek het ook sondag dit gemaak en macedemianeute fyn gerasper en in die plek vd meel gebruik…dit was heerlik
Foto:  Andriette Koegelenberg – gebak met Zylitol

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




PAP IN DIE MIKROGOLF

mikrogolf paptested

PAP IN DIE MIKROGOLF

MIELIEMEEL PAP
(Mikrogolf)
Gewone slap ontbyt mieliemeelpap:
2 Koppies water , 1 Eeetlepel margarien en1 teel. sout
Mikrogolf 4-minute op hoog, tot kookpunt.
Roer 1 koppie mieliemeel in, gebruik draadklitser i.p.v. vurk.
8 Minute op hoog (Deksel op vir stoom).
-Rina Kleinhans

Krummelpap:
Soos resep bo, maar meel en water verhouding is as volg:
2 Koppies water + 2 koppies mieliemeel
10 Minute op hoog, dan 10-minute medium-low (Deksel op vir stoom).
Roer met draadklitser of vurk.

Hawermoutpap
(Oats):
Gewone meel + water verhoudings (soos op pakkie aangedui), maar kook tot gaar sonder
deksel, plaas deksel terug vir staantyd, roer voor bediening.

-Sanchen

Foto en Idee:
Geraldine Chantel Combrink
Baie dankie vir die mikrogolf pap resep dit het heerlik uitgekom
1 lagie pap dan bacon en kaas toe nog n lagie pap en kaas oor en in oond gesit tot kaas gesmelt was heerlik heerlik

Ben Loraine Olivier
My resep vir pap in mikrogolf ek maak sommer vir my vir die hele week
4 koppies mielie meel
Sout na smaak
6koppies water
Sit in vir7 min haal uit en roer sit weer in vir 7 min roer weer sit terug vir 5 min pap gaar moet maar eksperimenteer hoe styf of slap die pap moet wees

 




BEESSTERTBREDIE IN DIE MIKROGOLF

MIKROGOLFOOND

BEESSTERTBREDIE IN DIE MIKROGOLF

(4-6 porsies)
1 kg beestert
kookwater
5 ml botter
250 g uie gekap (2 groot uie)
1 lourierblaar
3 heel naeltjies
swartpeper
witpeper
10 ml sout
30 ml hoenderaftrekselpoeier
1kg aartappels, geskil en in kwarte gesny (6 groot)
200g geelwortels, geskil en in ringe gesny (3-4 middelslag)
Sousmengsel
250g bevrore ertjie (opsioneel)
Plaas beesstert in ‘n diep oondbak en bedek heeltemal met water. Bedek bak met kleefplastiek en mikrogolf vir 30min op hoog. Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiekbeker. Voeg uie by botter en mikrogolf vir 5min op hoog. Voeg uie, lourierblaar, naeltjies, swartpeper, witpeper, sout en aftrekselpoeier by vleis in oondbak. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 60min op laag. Voeg aartappels en geelwortels by, bedek en mikrogolf vir 30min op hoog. Verdik met sousmengsel en mikrogolf 5min op hoog. – roer af en toe. Die ertjies kan saam met die sousmengsel bygevoeg word. Dien saam met rys op.
SOUSMENGSEL
Die volgende resep is ‘n ware staatmaker om oor wors, tjops, frikkadelle, hoender en groot vleissnitte te strooi, asook om stowe geregte te verdik en vleissous te geur.
Meng 250g koekmeel, 250g souspoeier (Bisto), 1 pk bruinuiesoppoeier, 1 pk sampioensoppoeier en 1 pk tamatiesoppoeier. Bere in lugdigte houe, dit hou baie lank.




MIKROGOLF 30 DAE MUFFINS

tested
MIKROGOLF 30 DAE MUFFINS
Hierdie een werk goed as mens net een of ‘n paar muffins wil maak, bêre die res van die deeg in die yskas en gebruik soos nodig. Die deeg hou tot 30 dae in die yskas.

2 eiers
300 g bruinsuiker
80 ml olie
300 g koekmeel
2 ml sout
8 ml koeksoda
500 ml semels
500 ml melk
5 ml vanilla
250 g koekmengsel/neute/rosyne

Meng eiers, suiker en olie goed. Meng droe bestanddele saam in aparte bak en voeg beurtelings met melk by eerste mengsel. Meng baie goed. Voeg geursel en koekmengsel by, meng baie goed deur.
Skep ‘n lepel hoog vol in klein houertjie en mikrogolf vir 3- 4 min by 70% krag. Pas tyd aan indien meer muffins op ‘n slag gemaak word. Plaas res van mengsel in plastiek houer wat dig seel en bere in die yskas. Gebruik soos benodig.
Foto:  Zelda Snyman de Villiers
Dankie Rina Kleinhans vir Al jou hulp.  Die muffins is bietjie droog maar baie lekker en Ek dink baie gesond ook –  Rina antwoord, dalk moet jy hulle bietjie korter bak in in die mikrogolf laat staan vir ‘n minuut of twee. – Zelda Snyman de Villiers  – Ek het nou vir 3 min gemaak ipv 4 en dis perfect. Baie lekker. Sal nooit n ander resep gebruik nie.

 




MIKROGOLF KORSLOSE MELKTERT

mikrogolf melkterttested

MIKROGOLF KORSLOSE MELKTERT

1/2 kp suiker
1/2 k meel
2 eiers
2 k koue melk
1 t bakpoeier
1 hoogvol eetl botter
sout
Room botter, suiker en eiergele. Voeg droe bestandele om die beurt met die melk by.
Klits eierwitte styf en voeg by. Gooi in gesmeerde tertbak. Plaas in mikrogolf op omgekeerde piering. Bak vir 8-10 min op hoog. Strooi kaneel oor wanneer gaar.
Hierdie Mikrogolf melktert is baie lekker, maar verdubbel die beslag vir ‘n groot tertbak, of gebruik ‘n klein tertbakkie –

Resep: Rina Kleinhans
Foto: Adam Cloete




SOET-EN-SUUR FRIKKADELLE


SOET-EN-SUUR FRIKKADELLE
10 groot rou voorbereide frikkadelle van die volgende berei:
1 kg maalvleis
1 pakkie bruin uiesoppoeier
¼ koppie blatjang
2 eetlepels mayonnaise

Meng alles met ‘n vurk, vorm balle.
Plaas die frikadelle in Argilla Medium Classic Roaster.
Meng bruin uiesoppoeier, blatjang en mayonnaise.
Giet oor frikkadelle en maak gaar in mikrogolfoond met deksel op teen 75% krag vir ongeveer 7 – 10 minute.
Draai frikkadelle om en plaas terug in mikrogolfoond vir 7-10 minute teen 75% krag.
Heerlik saam met kapokaartappels

 




EILEEN SE SAGOMELKKOS-MIKROGOLF

melkkostested
EILEEN SE SAGOMELKKOS-MIKROGOLF

100 ml (70 g) sago
1 L melk
30 ml (25 g) botter of margarien
2 eiers
75 ml (40 g) volkoring of gewone koekmeel
20 ml vlapoeier
2 ml sout
125 ml water
kaneelsuiker
Voeg die sago by 250 ml van die melk in `n diep 3,5 L bak.
Mikrogolf dit 2½ minute oop by 100% krag.
Roer die mengsel goed en laat dit ‘n rukkie staan.
Voeg die oorblywende 750 ml melk en die botter of margarien by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 15 minute oop by 100% krag en roer dit na elke 5 minute
Skei die eiers en klits die eiergele, meel, vlapoeier, sout en water saam tot gemeng.
Roer dit by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 6 minute oop by 100% krag en roer dit na die eerste 3 minute goed.
Klits die eierwitte tot styf en vou dit liggies by die sagomengsel in.
Sit die melkkos warm met kaneelsuiker voor.

Resep:  Eileen Geldenhuys
Foto:  Rina Kleinhans




MARMALADE IN THE MICROWAVE

tested
MARMALADE IN THE MICROWAVE
3 large lemons (or mixture of citrus fruit)
1 ½ cups of water
2 cups sugar

Squeeze lemons and discard pips.
Chop lemon shells with juice in food processor or blender.
Place into deep, heat proof dish.
Add water and cook on high for approximate 15 -18 min.
Test for setting. (on cool saucer)
Cook longer if necessary.
Pour into hot sterile jars.
Allow to cool then store in the fridge.
Photo and recipe: Marie Dumas Jennings