MICROWAVE MIELIE BREAD

mieliebrood 2

MICROWAVE MIELIE BREAD
Source: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
This recipe is enough for one but you might aswell make 2, freezes well so there you go use other half of whole kernel corn for 2 nd batch.- heerlik !!
1 cup mieliemeel
1 cup cake flour
1 tin creamed mielies
½ tin whole kernel corn
½ cup milk
¼ cup sugar
3 teaspoons baking powder
3 eggs
¼ cup oil
1 teaspoon salt

Mix all together in single bowl. Spray microwaveable bread pan/ ring pan with spray and cook. Pour mixture in bowl. Place in microwave and bake for 14-15 min on high.
Turn out and smeer with real butter / or Butro while hot.
Enjoy , serve with real butter and golden syrup , tastes just as Grandma used to make it !
Ek het 2 x aangemaak vir hierdie hoor- geniet !

 

 

 




WORTELKOEK (mikrogolf)

mikrogolf wortelkoek
WORTELKOEK (mikrogolf)
Klits die volgende saam:
2 eiers
125 ml gerasperde appel of pynappel
170 ml kookolie
250 ml gerasperde wortel
200 ml bruinsuiker
Voeg die volgende by:
300 ml koekmeel
250 ml neute, gekap
5 ml bakpoeier
5 ml vanilla geursel
5 ml kaneel
5 ml koeksoda(met bietjie melk gemeng)
2 ml sout

Skep in ‘n ringkoekpan wat met Spray and Cook gespuit is. Bak 12 minute, Med High (70%).
Versiersuiker:
160 ml maaskaas
60 ml margarien
500 ml versiersuiker
5 ml vanilla geursel
Klits bogenoemde goed en skep oor koek wanneer dit afgekoel is.

Resep en foto:  Veronica Roux  – Hi julle, ek’t hierdie resep by ‘n vriendin gekry. Dis baie lekker!!




KOOK KONDENSMELK IN DIE MIKROGOLF

mikrogolf kondensmelktested

KOOK KONDENSMELK IN DIE MIKROGOLF
Die dae van kondensmelk lank kook is verby (vir my altans) ….
Vat jou blikkie kondensmelk, gooi dit uit in ‘n groterige mikrogolf vaste bak en kook op medium hitte vir 2 minute, roer en sit terug vir nog 2 minute op medium.
Stel dan die mikrogolf oond op medium-low (so 30% krag) vir 8 tot 10 minute. Roer maar kort kort tot jy die kleur en dikte kry waarna jy soek. Ek het dit self getoets en dis hemels en maklik en spaar krag.
****TIP, duur les geleer, moenie dit op vol krag doen nie, dit brand, ek wou slim wees

Resep:  Petra Pretorius
Foto:  Alta West
hier is my mikrogolf sjokoladekoek met karamel gemaak in die mikrogolfoond. Koop nooit weer blikkies karamel nie.lol




FANIE SE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK PORSIES


FANIE SE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK PORSIES
Ek gooi gewoonlik net goed bymekaar en hoop vir die beste maar die volgende was so ‘n groot sukses dat ek dit toe maar herhaal het om die regte mates te kan gee. Dit is ‘n resep wat vier indivuele porsies lewer. Voorbereiding: Spuit 4 x 10 cm ramekins met kleefwerende middel.
1 jumbo eier
80 ml suiker
5 ml vanilla
125 ml koekmeel
60 ml kakao
5 ml bakpoeier
1,25 ml sout
60 ml melk
80 ml choc chips

Meng eier, suiker en vanilla tot goed gemeng. Gooi meel, kakao, bakpoeier en sout by en meng deur. Gooi die melk by en meng goed. Gooi laaste die choc chips by indien verkies en deel die beslag tussen die 4 ramekins. Plaas uiteen op die draaitafel van die mikrogolf en bak vir 3 minute op hoog (900W mikrogolf gebruik vir toets).
Indien verkies kan styfgeklopte room of botterversiersel bo-op gesmeer word wanneer afgekoel, maar by my staan dit nooit lank genoeg daarvoor nie!

Resep en Foto: Fanie du Toit




ROMERIGE MACARONI-MELKKOS

macaroni melkkostested
ROMERIGE MACARONI-MELKKOS
250 ml macaroni-stukkies
1 l melk
25 ml botter
2 eiers
50 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
kaneelsuiker

Mikrogolf macaroni stukkies, 500 ml van die melk en die botter saam vir 15 min oop by 100% krag in ‘n diep 3,5 l bak en roer die mengsel elke 5 min goed om.
Skep die macaroni-stukkies met ‘n gleuflepel uit en kap dit in ‘n voedselverwerker of met ‘n mes fyner(ek gebruik sommer aartappeldrukker) . Voeg dit weer by die melk waarin dit gemikrogolf is.
Skei die eiers en klits die eiergele saam met 125 ml van die oorblywende melk, die koekmeel, bakpoeier en sout. Voeg dit saam met die oorblywende 375 ml melk by die macaroni mengsel. Mikrogolf dit 6-7 min oop by 100% krag en roer dit af en toe.
Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies by die macaroni-mengsel in.
Strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.
Geniet dit

Resep:  Tiana Botes
Foto:  Cola Roos




2-MINUTE CHOCOLATE CHIP COOKIE

2 min choc chi cookie

2-MINUTE CHOCOLATE CHIP COOKIE

2 tbsp unsalted butter, softened
1 ½ tbsp white granulated sugar
1 ½ tbsp brown sugar
2 tbsp beaten egg
¼ tsp vanilla extract
5 tbsp all purpose-flour
¼ tsp baking soda
¼ cup chocolate chips
Ice-cream/ melted chocolate (optional)Place the sugars and butter in a small bowl and mix them well with a fork.
Add the vanilla and two tablespoons of a beaten egg to the mixture and stir.
Add the baking soda, the flour and a pinch of salt and stir again.
Add the chocolate chips and mix for the very last time.
Pop the mixture in your microwave oven and bake for approx. 2 minutes.
Top with ice cream and/or drizzle with some melted chocolate if desired.
Enjoy your Chocolate Chip Cookie!
Brineel Du Toit



HOE OM RESEPTE TE VERANDER NA MIKROGOLF RESEPTE TOE

MIKROGOLFOOND
HOE OM RESEPTE TE VERANDER NA MIKROGOLF RESEPTE TOE

Marietjie Swart
Ek verstaan nie die punt van om die vloeistof so baie te verminder nie, maar ek weet nie of dit is wat jy aan dink nie Rina, maar ek haal hier aan uit ‘n boek van Ilze Bunting, Boerekos uit die Mikrogolfoond:

Sy se “ek het ‘n National mikrogolfoond en 250 ml water teen kamerteperatuur neem 2 minute en 14 sekondes op volle krag om te kook – gebruik dus die gegewe tye as riglyn want dit is tye wat in my oond gebruik is”
Maak eerder geregte minder gaar as oorgaar, die staantyd aangedui is baie belangrik
Wanneer kleefpastiek gebruik word moet die plastiek geprik word
Alle kossoorte wat ‘n skil het moet geprik word – aartappels in die skil, lemoenpampoentjies, eiergele. Gebruik ‘n naald of tandestokkie
Ronde koeke is geneig om in die middel minder gaar te wees as die baktyd om is. (Ekself weet dat ‘n plastiek tuitpan dikwels baie goed werk)
Om ‘n resep aan te pas vir die miikrogolfoond: Verminder die hoeveelheid vloeistof met die helfte omdat die gaarmaaktyd baie korter is. Verminder die gaarmaaktyd met 25%
Beskou die tye wat aangegee is as ‘n riglyn
Hou altyd ingedagte dat dit ‘n ander manier van voedsel gaarmaak is en dat jy moet eksperimenteer met jou oond
Gebruik geurmiddels en sout versigtig

Luka:
Rina ek verander niks behalwe die gaarmaak tyd. Die resep maak en presies dieselfde maar vat die baktyd en deel dit deur 4. Bv. Iets wat in die oond 40 min moet bak kom dan 10 min in mikrogolf bo op ‘n omgekeerde piering




MIKROGOLF KOLWYNTJIES

2015-10-06-kolwyntjiestested

MIKROGOLF KOLWYNTJIES
Sif die volgende saam:
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout
Klits die volgende baie goed saam tot romerig:
2 eiers
250 ml strooisuiker
Smelt die volgende saam:
250 ml melk
115 g margarine

Voeg  die meelmengsel en melkmengsel beurteliks by eiermengsel.
Skep in ‘n mikrogolf pannetjie.
Bak  vir 1 min 10 sek in mikrogolf
(Vries heerlik)-

Resep en foto: Ansie Goosen




MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK – IN ROOMYS BAK

roomys bak koekroomysbak-vla-variasietested

MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK – IN ROOMYS BAK
375 ml strooisuiker
500 ml koekmeel
125 ml kakao
‘n knippie sout
15 ml bakpoeier
4 ekstra groot eiers (geskei en wit styf geklits)
125 ml sonneblomolie
5ml vanilla of karamel geursel
250 ml warm water

Sif meel, strooisuiker, kakao, sout en bakpoeier goed saam.
Meng die eiergeel, olie en geursel en voeg 250 ml warm water by.
Voeg die meelmengsel bietjie vir bietjie by die vloeistof.
Klop dit met ‘n klitser op sy laagste spoed, vou dan die eierwit by.
VERDEEL DIE MENGSEL TUSSEN TWEE ROOMYSBAKKE WAT BAIE GOED MET OLIE GESMEER IS EN SIT DIT IN DIE MIKROGOLF VIR 12 TOT 14 MIN TEEN 70% KRAG.
Versier soos verkies!!!

Foto:  Linda Venter – beslag verdubbel

2de foto en variasie:  Elize Venter
Ek het vandag die sjokolade koek wat op die blad is wat in 2 liter roomys bak gebak word, so bietjie verander na ‘n vlakoek toe. Ek het net die kakao vervang met vla en toe koek koud is, middeldeur gesny en ‘n vlavulsel ingesit met klapper oor, dit smaak heerlik.

 




SINGLE SERVE MICROWAVE COOKIE

MIKROGOLFOOND

SINGLE SERVE MICROWAVE COOKIE
1 tablespoon butter melted
1 tablespoon white sugar
1 tablespoon Brown sugar
3 drops vanilla essence
Pinch of salt
1 egg yolk
2 tablespoon Chocolate chip
¼ cup cake flour

Microwave 40-60 seconds in a cup or ramekin, serve!!!-

Recipe: Alma Liebenberg