KARRINGMELKBESKUIT IN DIE MIKROGOLFOOND

Mikro Karringmelktested

KARRINGMELKBESKUIT IN DIE MIKROGOLFOOND

500 g margarien
1.5 k bruinsuiker
500 ml karringmelk
2 eiers
1 kg bruismeel
1 ml bakpoeier
knippie sout en
5 weetbix blokkies, fyn gebreek
Smelt margarien en roer die suiker by tot amper opgelos.
Klits karringmelk en eiers saam.
Meng al die droë bestanddele.
Meng nou die margarien-, karringmelkmengsel en droë bestanddele saam.
Spuit 3 x 2lt roomys bakke.
Verdeel die mengsel tussen die drie bakke.
Sit elke bak vir 10 min op hoog in die mikrogolfoond.
NIE LANGER NIE!! Droog uit in gewone oond!
Baie, baie lekker. Moet dit elke week maak vir my gesin!-Esmerilda Hanekom”

Trynie Pretorius:
My GROWWE variasie van die Karringmelkbeskuit in die Mikrogolf-oond:
Ek het die basiese resep gebruik en die volgende bygevoeg:
2 K Semels
125 ml sonneblomsaad
100 ml sesamesaad
50 ml poppysaad
2 t anys
1 eier (dus 3 eiers altesaam)
Die baktyd het ek met een minuut vermeerder na 11 minute.




GRONDBOONTJIE FUDGE IN MIKROGOLF

2014-06-17-grondboontjiefudgetested
GRONDBOONTJIE FUDGE IN MIKROGOLF
2 koppies suiker
½ koppie melk

Meng goed en plaas in mikro vir 2,5 min.
Voeg nou by ¾ koppie grondboontjiebotter en 1 x teelepel vanilla geursel en meng goed.
Skep uit in ‘n gesmeerde pan en maak gelyk.
Laat oornag afkoel.
Pasop vir suikersiekte – hierrie ding is bitter baie soet!

BRON- Chris Agenbag
Foto no 2: Marietjie du Toit‎




EENVOUDIGE SAGOPOEDING

2014-06-01-10440240_10203407290839450_3426252341214452756_ntested
EENVOUDIGE SAGOPOEDING
(by my skoonsuster Estie gekry, sy kan nie onthou waar sy die resep gekry het nie, het dit al vir jare)
Lewer 4 – 6 porsies
“”Dit smaak amper nes my ma se sagopoeding. As ek by hierdie mikrogolfweergawe die nostalgie aan my kinderdae op Rustenburg kan voeg van sagopoeding eet in die koelte van ‘n reusagtige ou doringboom terwyl die son rondom jou neerbak – smaak dit nes my ma s’n.”” – skrywer van die resep
Wanneer jy die poeding opskep skep ‘n bietjie appelkooskonfyt by. Mens kan ook sjokolade-vermelli plek van neutmuskaat oorstrooi. Maak vlasous hierby.

500 ml melk
75 g (100 ml) sago
2 eiers
50 g (60 ml) suiker
2 ml vanilla geursel
knypie sout
15 ml botter of margarine
bietjie gerasperde neutmuskaat

Giet die melk in ‘n diep 2 liter bak.
Voeg die sago by en laat dit ‘n uur week.
Mikrogolf dit eers vir 7 minute teen 100% krag en daarna vir 2 minute teen 50% krag.
Roer elke twee minute.
Klits die eiers, vanilla geursel, sout en suiker saam.
Voeg dit vining by die sagomengsel.
Skep die mengsel in ‘n vlak, reghoekige tertbak 24 x 19.
Plaas die bak op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
Bak die mengsel vir 15 minute by 30% krag.
Roer elke 5 minute.
Stip die poeding met botter/margarine en strooi liggies neutmuskaat oor.
Bak dit nou vir 2-3 minute by 50% krag.
Bedien warm voor met vlasous.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand
2de Foto:  Ronell Visser Gouws




SIX MINUTE CARAMELS

caramel in 6 mintested
SIX MINUTE CARAMELS
1/4 cup butter
1/2 cup white sugar
1/2 cup brown sugar
1/2 cup golden syrup
1/2 cup sweetened condensed milk Combine all ingredients.
Cook 6 minutes on a medium high heat, stirring every minute.
Stir and pour into lightly greased dish.
Let cool.
Cut, wrap in wax paper & store in an air tight container
Time the 6 minutes from when it starts to boil.
Nota:  Nicolene Meyer
Ek doen myne in die mikrogolf. sit in vir 2 min en haal uit en roer, volg dan weer op hoog vir 2 min herhaal totdag dit verkleur en soos fudge lyk. Gooi in glasbak en wat so rukkie tot dit effens gestol is en sny in blokke. Lekker eet. Wees net versigtig wanneer jy dit roer. Dit is gevaarlik warm en kan jou hande lelik verbrand.

Foto 1:  Michelle Joubert
Foto 2: Mari Botha




MICROWAVE CUPCAKES

2014-05-27-microwavecupcakestested

MICROWAVE CUPCAKES

125 ml water
60 ml olie
5 ml vanilla essance (of 30 ml kakao as jy chocolate soek)
2 eiers
190 ml suiker
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Knippue sout

Bespuit ‘n ronde mikrogolf pannetjie of ‘n 2 l roomys bak met spray and cook en voer uit met wakspapier (cupcakes spuit net die cupcake holders)
Mikrogolf die watet en olie (as sjokoladekoek maak voeg die kakao ook by) op hoog vir 1 minuut. Klits die eiers en suiker tot lig van kleur. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dan in by die eier mengsel met yster lepel. Gooi die water mengsel by en meng goed. Gooi in voorbereide pannetjies en bak vir 6 minute en 2:30 minute vir cupcakes.

FOTO- Wiandra Nel




ONGEBAKTE MELKTERT

ongebakte melkterttested
ONGEBAKTE MELKTERT
1 blik kondensmelk
3 blikkies melk
75 ml mielieblom
2 eiers
30 ml botter
1 ml sout
5 ml vanilla

Verhit kondensmelk en 2 ½ blikkies melk in mikro tot kookpunt.
In ‘n ander bak klits ander ½ blikkie melk, eiers en mielieblom saam.
Voeg bietjie van die warm by die koud en voeg dan eiermengsel by melkmengsel.
Mikro vir ongeveer 8 minute en roer elke minuut baie goed.
Voeg nou botter en vanilla by.
Pak koekies in reghoekige tertbak en gooi die mengsel oor. Strooi kaneel oor en verkoel vir ongeveer 3-4 ure.
Myne het binne ‘n halfuur buite die yskas geset en ‘n uur later het ons al geëet!!!
Foto: Liana Barnard Claassen




HETTA SE GLUTENVRYE BROODJIE

tested

HETTA SE GLUTENVRYE BROODJIE

Maklike broodjie om in mikrogolf te maak:
½ koppie amandelmeel
1 eier
knippie sout
½ teelepel bakpoeier

Meng goed saam. Skep in ‘n koppie.
Bak 90 sekondes in doe mikrogolf op hoog.

Baie lekker!!! Voeg bietjie melk by om slapper deeg te maak en bak bietjie in botter in pan vir plaatkoekie.
Kan ook klapper fynmaak vir meel, meng met amandelmeel. Lg baie duur.

Resep: Hetta van der Merwe




MIKROGOLF KARAMEL TOFFIE

mikrogolf toffeetested
MIKROGOLF KARAMEL TOFFIE

1 koppie botter of margerien
1 koppie wit suiker
1 koppie bruin suiker
1 koppie stroop
1 blik kondensmelk
In mikrogolf bak, smelt die botter vir 1 en half minuut op hoog- 100%.
Verwyder en gooi al die ander bestanddele by en mikrogolf vir 5 min op hoog.
Haal uit en roer en sit terug vir nog 5 min op hoog.
Roer en sit terug vir nog 3 min op hoog.
Haal uit roer en gooi in pan! – lekker sagte toffie!

Resep: Riana Du Plessis
Foto:  Heather Strumpher




LEMON MERINGUE IN 2 MINUTES

mikrogolf merinque terttested

LEMON MERINGUE IN 2 MINUTES
[ARGILLA]
1 packet Tennis biscuits, crushed
80 – 100 ml margarine
1 tin condensed milk
3 eggs, separated
2 lemons, juice extracted

Melt butter in the small classic gourmet roaster.
Add the crushed biscuits and line bowl with crust.
Mix condensed milk, yolks and the lemon juice in a large mixing bowl.
Whisk the egg whites until stiff in a small mixing bowl.
Fold the stiff egg whites into the condensed milk-mixture. Pour the mixture onto the biscuit crust.
Microwave for 2 minutes. Cool it and enjoy!
(Hint: To prepare Lemon Meringue for more people – rather prepare 2 smaller tarts using the Small Classic Gourmet Roaster, than doubling the ingredients and baking it in a bigger bowl like the Square Pie Dish.)

Note:  the amount of Tennis biscuits and butter depends on the size of the dish you use.
Photo: Ronel Snyman




KAASSMEER IN DIE MIKROGOLF

2014-03-30-mariesmeerkaastested
KAASSMEER IN DIE MIKROGOLF

Die kaassmeer wat ek maak kom lekker dik uit maar dit kry nie so baie melk in soos julle resep nie.
500  g processed cheese
250 g margarien
125 ml melk

Gooi melk en margarien in mikrogolf bak en verhit tot margarien gesmelt is, dan gooi mens die gerasperde kaas in en mikrogolf so min of meer 5 min lank en dan roer julle nou net so tussen deur die mengsel.
Haal uit mikrogolf en dan klits mens dit met elektriese klitser tot mooi glad.

BRON: Naudéa Visser