MOKKA MALVAKOEK


MOKKA MALVAKOEK
(10 minute om the maak)
Beslag
125 ml water
60 ml olie
30 ml kakao
15 ml kitskoffiepoeier
150 g suiker
2 eiers
140 g koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
Versiersel
12-14 Malvalekkers – gehalveer (ek sny dit in derdes)
130 g versiersuiker
15 ml kakao
5 ml kitskoffiepoeier
15 ml melk
15 ml botter
Spuit ‘n 20×20 cm bak met kossproei.
Mikrogolf water, olie, kakao in koffie 1 minuut op 100% krag in meng goed.
Klits suiker en eiers tot sponsagtig dik.
Sif droë bestandele saam in vou by eiermengsel.
Voeg kakaomengsel by in vou in.
Giet beslag in bak in plaas in mikrogolfoond op omgekeerde piering.
Mikrogolf beslag ongeveer 6 minute by 100% krag net tot gaar.
Verwyder en rangskik malvalekkers op die warm koek. (Dit sal effens smelt).
Sif versiersuiker, kakao en koffie saam.
Voeg melk en botter by.
Mikrogolf mengsel 1 minuut op 100% krag.
Klop tot ‘n gladde mengsel en skep oor koek.
Laat afkoel.
Lewer 16 stukkies.
FOTO- Suneth van Rensburg












