RIANA SE MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT

riana se mikrogolf konfyttested

RIANA SE MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT

Hierdied appelkooskonfyt kook pragtig .. probeer gerus

1 kg appelkose.  Breek die appelkose oop en haal die pitte uit.
Gebruik groot genoeg glas bak sit die appelkose daarin.
Sprinkel suurlemoensap oor en mikrogolf vir 8 minute.
Voeg 1 kg suiker by en roer goed deur.
Met bak oop, mikrogolf (100% krag) vir 30 minute.
Roer weer goed deur. Mikrogolf vir nog 10 minute.
Bottel warm.
Oja, ek gooi altyd paar pitte in. As konfyt koud is, is dit erg lekker om af te suig!
BRON – Riana Heyns
FOTO:  Petre Van Jaarsveld




VINNIGE AARTAPPEL-PASTA GEBAK IN DIE MIKROGOLF

2014-12-17-aartappelworsiestested

VINNIGE AARTAPPEL-PASTA GEBAK IN DIE MIKROGOLF

3 medium aartappels in skywe gesny
‘n paar gerookte viennas in ringetjies gesny
2 koppies gaar noodles
1 pakkie Potato bake
400 ml melk
1 eier
bietjie cheddar kaas
Mikrogolf die aartappels tot net sag en kook die noodles tot gaar. Pak die aartappels onder in ‘n gesmeerde mikrogolf bak en bedek met die noodles en worsies. Maak die Potato bake aan volgens die instruksies op die pakkie maar klits een eier daarby in. Giet oor die inhoud van die bak en strooi bietjie kaas bo-oor. Bedek die bak en mikrogolf op hoog vir 10 minute. Gebruik die mikrogolf en rooster kombinasie vir ‘n verdere 10 minute sonder bedekking.

Foto en resep deur Adam Cloete




ALTA SE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK MET VARIASIES

7 min mikrogolf koek alta westtestedsuurlemoen mikrogolf koek alta

ALTA SE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK MET VARIASIES

1 koppie koekmeel
1 koppie strooisuiker
3 eetlepels kakao
1 koppie lou water
1 teelepel vanilla
4 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
2 eiers
¼ koppie olie

Sif meel, sout, kakao, suiker en bakpoeier saam Meng geklitste eiers met lou water en olie en voeg vanilla by.
Voeg droê bestandele by eiermengsel en meng baie goed.
Skep in gesmeerde bak, en bak vir 7 min op hoog in mikrogolf.
Los in die oond vir 1 minute voor jy uithaal, laat bietjie afkoel tot los, en dop uit bak uit.

Versiering:
1 blik ideal melk
¼ koppie suiker
200 g heelneut sjokolade.
Of soos verkies, sien foto met karamel

Smelt ¾ blik ideal melk en suiker oor lae hitte en skep oor warm koek.
Laat die koek heeltemal afkoel.
Smelt die res van die ideal melk en sjokolade op lae hitte en skep oor koek tot bo-op bedek en teen die kante afloop.
Genoeg vir meduim koek

Vir suurlemoen koek, vervang kakao met koekmeel, vanilje geursel met suurlemoen geursel. Ek maak gewone botterversiering en voeg suurlemoen geursel, klein bietjie suurlemoensap en fyn gerasperde suurlemoenskil na smaak by.

Vir koffiekoek gebruik ek net 1 eetlepel kakao net vir kleur. Gebruik koffie geursel of koffie ekstrak. Gewone botterversiersel maar gebruik sterk koffie in die plek van melk of koffie ekstrak weereens na smaak. Die hoeveelhede is maar moeilik ek lek en proe maar lol.

Foto en resep aanpassing deur Alta West




VINNIGE MIKROGOLF PAP

vinnige mikrogolf paptested

VINNIGE MIKROGOLF PAP

My suster se dogter het hier by ons in die Kaap kom kuier en die vinnige mikrogolf pap gemaak. Ek was vanaand lus vir pap en het nie ‘n uur tyd om krummelpap te maak nie, toe onthou ek die resep. Dis regtig lekker.

1 koppie braaipap
1 koppie melk
2 eiers
1 blik soetmielies
1 eetlepel olie
1 eetlepel botter of margarien
1 teelepel sout

Meng als saam in glasbak met vurk.
Mikrogolf vir 16 minute op vol krag.
Roer elke 2 minute.

Geniet

Foto en resep:  Anita Steyn




STEPH SE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK

 

steph se mikro ssjok koektested

STEPH SE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK
275 g (500 ml) bruismeel
1 ml bakpoeier
knypie sout
250 g margarien by kamer temperatuur
420 g (500 ml) strooisuiker
50 g (125 ml) kakao
5 ml vanielje geursel
125 ml karringmelk
2 eiers, effens geklits
250 ml kookwater

Spuit en voer dan die boom en sye van ‘n groot, diep mikrogolfvaste tuitpan (ringpan) met papierhanddoek uit vir ‘n ringkoek of die bodem en wand van ‘n 24 cm ronde bak vir ‘n laag koek. Ek gebruik twee ronde mikrogolf koekpanne. As jy net een ronde pan het het, knip die papierhandoek dubbel vir die laagkoek, want die helfte van die beslag word eers gemikrogolf en dan word die bak weer uitgevoer vir die volgende koek laag.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Verroom die margarien, strooisuiker, kakao en vanieljegeursel saam.
Roer die karringmelk en eiers by.
Voeg die gesifte bestanddele by en meng.
Voeg laaste die kookwater by en meng deur.

Vir die ringkoek:
Giet al die beslag in die ringvorm plaas dit op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf dit 13 tot 14 minute oop by 100% krag (ek het gevind 13 minute is genoeg).
Laat dit ‘n rukkie in die pan afkoel, dit is baie belangrik, en keer dit dan versigtig op ‘n stuk papierhandoek op ‘n draadrakkie uit.
Laagkoek:
Giet die helfte van die beslag in die bak, plaas dit op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf dit 7 minute oop by 100% krag.
Laat die koek ‘n rukkie in die pan afkoel voordat die versigtig uitgekeer word op ‘n stuk papierhandoek op ‘n draadrakkie soos vir die ringkoek hier bo.
Voer weer die pan uit en doen dieselfde met die res van die beslag.
Versier soos verkies.

Foto en resep:  Steph Kirchner




MICROWAVE MEALIE MEAL IN RICE MAKER

MICROWAVE MEALIE MEAL IN RICE MAKER

500 ml mealie meal
5 ml salt
250 ml cold water
750 ml boiling water

Combine the mealie meal and salt with 250 ml cold water in the microwave rice maker bowl, mix with a paddle scraper.
Add 500 ml boiling water to the mixture and stir. Cover with the microwave rice maker inner and outer and place in the microwave. Cook on high for 5 minutes.
Remove from microwave and stir the mixture to break it up.
Add 250 ml boiling water android stir, place in microwave for 5 minutes.
Remove from microwave and serve.
Cooking time may vary microwave.
Add less water for stiffer texture.

Posted by Dennis en Liefie Meyer




MEALIE PAP IN THE MICROWAVE USING A RICE COOKER

MEALIE PAP IN THE MICROWAVE USING A RICE COOKER
500 ml mealie meal
5 ml salt
250 ml cold water
750 ml boiling water

Combine the mealie meal and salt with 250ml cold water in the microwave rice maker bowl, mix with a paddle scraper.
Add 500ml boiling water to the mixture and stir. Cover with the microwave rice maker inner and outer and place in the microwave. Cook on high for 5 minutes.

Remove from microwave and stir the mixture to break it up.
Add 250 ml boiling water and stir, place in microwave for 5 minutes.
Remove from microwave and serve.
Cooking time may vary microwave.
Add less water for stiffer texture.
Recipe placed by: Denis en Liefie Meyer
Photo:  Rina Kleinhans




MIELIEPAP IN DIE MIKROGOLF

tested

MIELIEPAP IN DIE MIKROGOLF
As jy dit eenkeer in die mikrogolf gemaak het is dit forever. Niks sit vas in die pot nie.
1 koppie meel en bietjie sout in ‘n bak, voeg by 3 koppies kookwater terwyl jy vinnig roer. (ek gebruik ‘n draad whisk)
3 min op hoog…roer….3 min op hoog roer….3 min op hoog roer en eet…
Resep:Gerda Potgieter

Elsie Opperman
Makliker nog, ek maak myne ook in die mikrogolf.
So 600 ml kookwater en half koppie mieliemeel vir slap pap. Klits die mieliemeel met ‘n draadklitser by die kookwater, en bedek met clingwrap. Maak ‘n gaatjie in die wrap en mikrogolf op high vir so 6 minute. Tip spuit jou bak met kossproei, is dan makliker. En onthou die sout. Vat bietjie meer meel vir stywe pap. Ek roer myne so

Louise Lombard
Vat ‘n glasbak met ‘n deksel! Gooi meel net so droog in! Ek gooi 3/4 meel koppie in! Voeg sout by! Sit deksel op en sit vir 2 min in mikro! Haal uit voeg kookwater by tot hoe slap/styf jy dit wil he! Sit deksel op, terug in mikto vir 4 min, roer weer deur! Terug vir 4 minute en klaar is dit! Baie maklik en baie lekker!!

Meyer Combrinck
Ja Louise Lombard, ek maak ook eers my meel ‘gaar’ voor ek water bygooi. Dit gee daai effense aangebrand-smaak wat mieliepap so lekker maak!
Hou net jou oog op die droë meel. Ek sit myne 1 min op ‘n slag  en roer na elke keer. Dit kan in ‘n japtrap verbrand. Maar sodra jy daai ‘magical’ punt van perfeksie bereik het voor jy die water bygooi, proe dit baie lekker.

Suneth van Rensburg
1 koppie mieliemeel
3 koppies kookwater
Sout
2 eetl botter
Plaas pap in glasbak en milrogolf droog vir 90 sekondes. Haal uit en voeg water en sout by. Roer goed deur. Mikrogolf oop op hoog vir 10 minute. Roer botter by warm pap. Jy kan ook blikkie mielies inroer – heelpit of geroom.




WENKE VIR SUUR PYNAPPEL

pynappel
WENKE VIR SUUR PYNAPPEL

Marietjie Nel:
Wie van jul slim fl’s kan help – ek het die pynappel – hy het so mooi gelyk – so lekker geruik en mooi kleur gehad maar toe ek hom oopsny vanaand toe is hy so suur!! Wat kan ek nou met hom doen???? Net nie pynappelbier nie, want ons gaan dit nie drink nie – enige voorstelle laat dit beter kan smaak in enige gereg? Dankie julle!

Nicolize Valsangiacomo:
Gebruik dit in iets soos sweet ‘n sour pork of ‘n lekker hawaiin stir fry.
Elzanne Huisamen:
Gooi bietjie sout op suur pynappel, dit bring die soetheid van die pynappel uit.
Beatrice Bellingan:
Sny in blokkies, vries en gebruik op pizza.
Iana le Roux:
Kook konfyt of blatjang. Gebruik in smoothie. Kook in stroop (water en suiker volgens suurheid) en gebruik soos geblikte pynappel.
Annelie van der Merwe-Kruger:
Pynappel chutney?
Adelia Voges:
Pynappels met gladde blare is vir konfyt of kook doeleindes.

Hermanus Kriel:
Sny in dun skywe, pak in lae met suiker tussen in. Vries vir later. Jy sal dink dit is geblikte pynappel.
Adri Kleynhans:
Sny in repies of skywe en strooi kerrie poeier oor dis lekker. Altyd gemaak.
Hester Maritz:
Skil, sny skywe, pak in pan met vark tjops bo-op, bak in oond.
Natalie Nadia Cona:
Jy kan poeding maak.
Janine Waldeck:
Seker nie nou van toepassing nie, maar pynappelringe op skaaptjops vir ‘n paar minute indien die vleis bietjie taai is, maak dit lekker sag en sappig.
Hermanus Kriel:
Sny in dun skywe, pak in lae met suiker tussen in. Vries vir later. Jy sal dink dit is geblikte pynappel.

Marie Rheeder Troskie:
skil mooi af sny in ring haal die binneste stronkies uit kook 1 deel suiker met twee dele water en sit pynappelring daarin en kook vir 40 minute bottel warm.
Rolene Van Loggerenberg:
Sny die sagte vrug van die stronk af. Versap dit en sit in sakkies – so 3 gelyke dele gedeel, vries dit en gebruik ontvries by kamer temp as marinade vir taai vleis.
Marietjie van der Merwe:
Hahahahaha dis ‘n stekelrige kwessie. Ek ruik aan die pynappel, as dit na niks ruik nie, los ek dit. Was nog min kere verkeerd.
Petro Borchard:
Ja, die geheim is glo dat die blare maklik moet los kom as jy daaraan trek. Ek dink egter die meeste wat ons hier bo in Gauteng kry, is so groen gepluk dat dit nie heeltemal dieselfde reageer nie, al is die vrug al pap ryp.

Doreen Loots:
Tel hom op aan die blaar as blaar afbreek is hy lekker ryp.
Rolene Van Loggerenberg:
Sny die sagte vrug van die stronk af. Versap dit en sit in sakkies, so 3 gelyke dele gedeel, vries dit en gebruik ontvries by kamer temp as marinade vir taai vleis.
Valencia Deysel:
My ma het altyd ‘n pynappel en wortelslaai gemaak, rasper ‘n paar wortels en snipper die pynappel, gooi net ‘n titsel sout en gooi suiker na smaak by.
Petro Borchard:
Ek maak ‘n soet suur piekel met gedroogte cranberries wat ek eers in lemoensap week tot dit sag is. Sny die pynappel in skywe en dan blokkies, meng met die geweekte cranberries + oorblywende lemoensap waarin dit geweek is en kook dan met dieselfde soet-suur piekel sous hieronder tot die vloeistof effens ingedamp is. Bottel. Dit is heerlik saam met braaivleis, kouevleis of sommer net so uit die bottel.

Wendy Jagers Jagers:
Rasper pynappel,voeg water en suiker by en kook tot sag. Voeg bietjie Maizena in water opgelos by om te stol. Laat afkoel en skep in tertkors. Geklitste vars room op pynappel en jy’t die lekkerste pynappel tert. (het nie hoevellhede nie en voeg ma suiker na smaak by.)
Ria Van Der Merwe:
Sny stukkies, kerf piesang by, roer 1 eetlepel appelkooskonfyt, 1 teelepel kerrie poeier in 1 koppie mayo, roer deur walla leka pynappelslaai.
Zuri Roos Wenk:
1) ‘n pynappel met ‘n kleinerige spul blare is soeter as een met ‘n bos blare, en 2) as jy die Cayenne-pynappel kan kry, koop dit eerder as die Queen. Cayenne lyk groenerig, veral aan die onderkant, maar is sappig en soet.




MIKROGOLF BESKUIT

tested

MIKROGOLF BESKUIT
Meng die volgende saam en sit eenkant:
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
750 ml Muesli met sultanas, neute en vrugteblokkies
500 ml semels
250 ml sonneblomsaad
250 ml rosyntjies
Meng die volgende en mikrogolf tot margarine gesmelt is:
500 gm Stork Bake
500 ml sagte bruin suiker
Meng by:
1 liter Maas
2 ekstra groot eiers geklits

Meng die maasmengsel by die droë bestanddele in tot goed gemeng.
Verdeel in 4 x 2 liter roomys bakke vooraf gespuit.
Plaas elke bak op ‘n karton eierhouer in die mikrogolf vir 14 min op 70% krag.
Koel af in houers, sny oor breedte jou beskuite.
Pak op rakkie in die oond en droog.
Droog by 100°C in oond.
Dis regtig baie lekker.

Nota:
Die lekker van die Mikrogolf beskuit is dat die sultanas nie hard bak nie, ook die ander vrugte blokkies in die muesli bly sag en koubaar.

Resep: – Rita Mouton
Foto: Meyer Combrinck‎