KARIN SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

tested

KARIN SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK
Ek het ‘n maklike een wat my meisiekind omtrent daagliks bak:
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
1 koppie kookwater
2 eetlepels kakao
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
2 eiers
1 gelykvol eetlepel mayonnaise
Meng alles bymekaar met ‘n vurk of whisk.
Sit in ringpan vir mikrogolfoond.
Bak vir 6 min op hoog.
Laat staan 5 min in oond.
Haal uit en sit op net wat jy wil.
Bron: Karen Glintenkamp




JAMES SE 9 MINUTE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

james se 9 minute mikrogolf sjokoladekoektestedJAMES SE 9 MIN KOEK

JAMES SE 9 MINUTE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK
250 ml koekmeel
45 ml kakao
250 ml kookwater
2 eiers
12 ml bakpoeier
250 ml suiker
50 ml kookolie
2 ml sout
5 ml vanilla geursel
Sif droë bestanddele saam.
Voeg suiker by.
Meng eiers, kookwater en kookolie saam.
Voeg vanilla by.
Meng met meelmengsel.
Skep in gesmeerde mikrogolfoond-pan en bak.
Bak 9 min by 100% krag.
SOUS:
110 ml suiker
30 ml kakao
250 ml water
5 ml vanilla geursel
15 ml koffie poeier of brandewyn of donker rum.
Voeg alles bymekaar en kook.
Wanneer koek uit mikrogolfoond kom, giet die sous oor.
Wag tot afgekoel.
Meng een blik Karamel treat met styf geklitste room of orleywhip. Smeer oor koek en breek ‘n flake oor.

9 MINUTE MICROWAVE CHOCOLATE CAKE:
250 ml flour
45 ml cocoa
250 ml boiling water
2 eggs
12 ml baking powder
250ml sugar
50 ml oil
2 ml salt
5 ml vanilla essence
Sift together all dry ingredients.
Add sugar.
Mix eggs, boiling water and oil then add the vanilla.
Mix into dry ingredients.
Pour mixture in a prepared microwave dish and bake for 9 minutes at 100% power.
Sauce:
110 ml sugar
30 ml cacao
250 ml water
5 ml vanilla
15 ml coffee powder or granules or brandy or dark rum.
Add all ingriedients to a pot and bring to a boil.
When cake comes out the microwave pour boiling sauce over cake and let cool down completely.
Mix one tin caramel treat with 250 ml whipped cream or orleywhip spread over the cake and top with broken flake
Bron en foto: James Gillespie.
2DE FOTO:  Magdaleen Matthee‎




4 MINUTE CHEESE CAKE

4 MINUTE CHEESE CAKEtested
4 MINUTE CHEESE CAKE

1 packet of Tennis biscuits
1 litre of yoghurt in your desired flavor
1 tin of condensed milk

Crush the biscuits and mix with softened butter to create the base.
Mix the condensed milk and yoghurt together and microwave for 4 minutes.
Pour the mixture on top of the biscuit base and allow to set in the fridge.

RECIPE AND PHOTO: Tina Barresi




BAR ONE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK

bar one mikrogolf koektested

BAR ONE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK
My man vrek oor bar one ….Bar one mikrogolf koek gebak vir poeding.
Versiersel
2 bar one in stukke gesny
100 g donker chocolate
60 ml room
45 ml botter
Smelt alles saam en koel af.

Koek
45 ml kakao
39 ml kookwater
80 ml olie
150 g botter
250 ml bruin suiker
3 eiers
2 koppies koekmeel
15 ml bakpoeier
3 ml koeksoda
2 ml sout
1 koppie karringmelk

Meng kakao met kookwater en koel af. Room botter en suiker en voeg eiers en olie by en klits. Voeg kakao by en klits goed.
Sif droë bestanddele en voeg by kakaomengsel en meng. Voeg karringmelk by en klits goed.
Skep die beslag in ‘n gespuite mikrogolf pan.
Bak in mikrogolf vir 9 min en laat af koel.
Skep die bar one stroop oor en laat koud word in yskas.
Een woord vir beskrywing: HEERLIK

Resep en foto:  Elsa du Plessis




MIKROGOLF MELKKOS

12938155_1009889725726606_722053551823762665_ntested
MIKROGOLF MELKKOS
500ml melk
Kook op hoog vir 5 min
3/4 kop meel
Sout na smaak
Bietjie margarien of botter.
Gooi sout by meel en vryf botter/margarien met vingers in meel.
Roer nou meel by kookmelk in.
Kook vir vedere 10min maar na elke 2 min haal jy dit uit en roer.
GENIET.

Resep en foto: Ronel Muller Thoma




MILKY BAR FUDGE


MILKY BAR FUDGE

Gooi 1 blik kondensmelk in pot, en kook vir so 3 minute op die stoof,
gooi 4 x groot slabs milky bar in en
3 eetlepels suurlemoensap
Gooi in gespuite bak, laat afkoel!
Dis dood lekker
Kondensmelk en Milky bar fudge IN DIE MIKROGOLF
Gooi in n glasbak.
1 blik kondensmelk
4 slabs milky bar. (90gr elk) in blokkies gebreek
Mikrogolf op Hoog vir 4 min en roer tot die die sjokolade gesmelt is
Mikrogolf verder vir 1 tot 2 min tot alles gesmelt en glad is
Ek het 3 druppels vanilla bygesit
Gooi dit in n fudge pan uit wat met bak papier uitgevoer was
Maar jy kan Jou pan of glasbak met spray n cook spuit
Sny voor dit heeltemal koud is
Heerlik heerlik😳 maar steek maar weg vir Jouself as Jy n soet tand is
Deur: Samantha Duncan
Foto:  Lelane Van Der Walt




LISA SE MIKROGOLF KONDENSMELK-MELKTERT

LISA SE KONDENSMELK-MELKTERTtested
LISA SE MIKROGOLF KONDENSMELK-MELKTERT
1 blik kondensemelk
2 blikke warm water
1 blik melk (ek gebruik sommer longlife melk)
2 eetlepels botter gesmelt
4 eiers
6 eetlepels mielieblom
knippie sout
1 pakkie Tennisbeskuitjies (ek gebruik die caramel geur )

Meng alles saam behalwe tennisbeskuitjies.
Mikrogolf vir 7 min en klits gereeld.
Mikrogolf tot dit lekker dik is en klits tot glad.
Spray en Cook ‘n bak, breek tennisbeskuitjies grof op en plaas in bak.
Skep melktert mengsel bo oor.
Sprinkel met kaneel en suiker.

Resep en foto: Lisa Wright




GOUE VEER LEMOENPOEDING VIR DIABETE

goue veer lemoenpoeding vir diabetetested

GOUE VEER LEMOENPOEDING VIR DIABETE
Stroop:
250 ml water
250 ml lemoensap, gebruik 100% suiwer sap
10 Selati versoetter sakkies
knippie sout
Deeg:
10 Selati versoetter sakkies
80 ml margarien by kamer temperatuur
1 eier
250 ml bruismeel
125 ml lemoensap
knippie sout

Gebruik ‘n mikrogolf vaste poeding bak met ‘n Volume van 2 liter
Gooi stroop bestanddele daarin, meng en mikrogolf op hoog (100%) vir 5-7 min tot kookpunt.
Meng die versoetter en margarien. Voeg die eier by en klits goed.
Voeg die bruismeel, lemoensap en sout by en meng goed.
Skep die deeg in die kokende stroop en mikrogolf vir 5 min by 90% krag.
Ek het lemoenskil fyn gerasper en bo-op gestrooi.
Bedien met ‘n skyfie lemoen en roomys.
Bron en foto: Wilma Josey Venter (aangepas uit Elda Lombard se resep)

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




MIKROGOLF GESONDHEIDSBROOD

MIKROGOLF GESONDHEIDSBROOD
Hierdie wonderlike broodjie word in ‘n mikrogolfoond gemaak en bak perfek elke keer.
250 ml semels
500 ml volkoringmeel
250 ml gerolde koring
125 ml sonneblomsaad
50 ml pitlose rosyntjies
5 ml bakpoeier
5 ml sout
500 ml karringmelk
5 ml koeksoda
25 ml sagte bruinsuiker
25 ml olyfolie
Smeer ´n 1,5 liter mikrogolf-broodpan van 25 x 10 x 7,5 cm uit met botter. Voer die boom met ´n papierhanddoek uit.
Strooi semels om die kante en bedek die bodem daarmee.
Gooi die res van die semels in ‘n mengbak.
Meng die meel, koring, saad, rosyntjies, bakpoeier en sout met die semels in die mengbak.
Meng die karringmelk en koeksoda saam in ‘n aparte bak.
Roer nou die suiker en olie by die melkmengsel.
Voeg die melk-mengsel by die semelmengsel en meng goed.
Skep die deeg in die pan en maak die bokant effens rond.
trooi bietjie gerolde koring oor.
Plaas die pan op ‘n onderstebo piering in die mikrogolfoond en mikrogolf vir 17 minute by 70% krag. (850 watt oond)
Jy sal nooit weer ander brood wil eet nie.




MIKROGOLF ROERBROOD

MIKROGOLF ROERBROOD
1 middelslagbrood
750 ml volkoringmeel
250 ml bruismeel
25 ml sagte bruinsuiker
7 ml sout
5 ml kremetart
350 ml melk
50 ml sonneblomolie
12,5 ml asyn
5 ml koeksoda
1 eier
bietjie semels
Meng die volkoringmeel, bruismeel, sagte bruinsuiker, sout en kremetart goed saam.
Klits melk, sonneblomolie, asyn, koeksoda en eier saam.
Voeg dit by die meelmengsel en meng goed.
Fatsoeneer die deeg in ‘n bal.
Bestrooi die boom van ‘n tertbord met semels.
Plaas die bal deeg daarop en druk dit effens plat.
Sny dit met ‘n skerp mes in 8 wiggies.
Plaas die bord op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
Mikrogolf die brood 12 minute by 70% [MED. HOOG] krag en [draai elke 3 minute ‘n kwart na regs as die mikrogolf nie ‘n draaitafel het nie.]
Mikrogolf dit daarna 1 minuut by 100% krag. [HOOG]
Breek die wiggies los en sit dit voor.