AARTAPPELS EN KOOL GEREG IN MIKROGOLF


AARTAPPELS EN KOOL GEREG IN MIKROGOLF
Kerf kool in fyn repies en gooi kookwater oor en laat staan paar uur met deksel.
Ongeveer 2k fyngekerfde kool
1 soetrissie in repies gesny
1 grt uie in ringe gesny
1 groterige babymarrow in julienne repe gesny
1 pakkie veggie bake van keuse
So paar klein aartappeltjies met skil en al
Dreineer die kool goed en meng babymarrow en pepper by, strooi bietjie sout oor. Skep in vuurvaste bak en sy aartappels in dun skyfies bo-oor tot die koolmengsel goed bedek is. Maak veggie bake volgens aanwysings op die pakkie aan en giet oor die mengsel. Bedek en mikrogolf 20min by 70 persent krag. Dit sal afhang van hu dik jou aartappels gesny is. Kook langer indien die aartappels na 20min nog nie sag is nie. Na die eerste 10 min het ek die bak effe geskud om seker te maak niks sit onder vas.
Bron / Foto Marianne De Beer








