KOUE STAMPMIELIE GEREG




KOUE STAMPMIELIE GEREG
500 g gaar stampmielies
1 blikkie pitmielies
250 g gebraaide spek in blokkies
1 groenpeper in blokkies
½ koppie sweet chilli sous OF 1 koppie griekse of franse slaaisous
1 koppie mayonnaise
¼ koppie roomkaas
2 eetlepels kondensmelk
4 feta wiele in blokkies
1 koppie cheddarkaas in blokkies
sprietuie opgesny
sout en gemaalde swartpeper
20 ml country garlic and herb spice (Robertsons) of mixed herbs
3 gekookte eiers opgesny in ringe – opsioneel vir bo op
Meng souse deeglik met spices.
Meng pitmielies, stampmielies en groenpeper saam met spek, kase en sprietuie goed saam.
Roer die sous by en meng goed.
Garneer met gekookte eiers en sprinkel paprika bo op vir kleur.
BRON: Maralize van Winsen










