STAMPMIELIE BRAAIGEREG

STAMPMIELIE BRAAIGEREG
250 g spek gekap en liggies gebraai
1 ui, gekap en braai
250 g sampioene, in skywe gesny en braai
2 koppies gaar stampmielies
sout en peper
175 ml room
500 ml mayonnaise
gerasperde Cheddarkaas

Verhit oond 180°C
Smeer oondbak.
Braai alles.
Voeg al die bestandele saam.
Skep in gesmeerde bak.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond 20 min.
Ek het gaar rys en stampmielies gemeng.
Resep geplaas deur Emma Beetge
Foto: Emma Beetge




“KROKKEDIL” VARK FILLET MET SPEK TOEGEDRAAI EN IN HOISIN GEMARINEER MIELIEMEEL CHIPS

“KROKKEDIL” VARK FILLET MET SPEK TOEGEDRAAI EN IN HOISIN GEMARINEER MIELIEMEEL CHIPS
Tuisgemaakte Hoisin sous
1 koppie braaisous soos Jimmy’s
3 eetlepels molasse
4 teelepels sojasous
3 teelepels Chinese Five Spice poeier
2 eetlepels gladde grondboontjiebotter
2 ml rooipeper
5 ml gerookte paprika
Meng alles saam tot glad en gebruik om vleis te marineer die ten minste 2 ure.
Ek het die “krokkedil” in my glas oondjie gaargemaak soos volg:
Sit die lae rakkie onder in glas oondjie en maak die oondjie warm “pre-heat”.
Sit die vleis direk op die rakkie. Stel oondjie op 1 uur, 205°C en waaier op medium.
Ek het die vleis halfpad omgedraai.
Laat die vleis rus vir 5 minute voor dit gesny word.
***
Hollandaise sous vir aspersies
Hollandaise sous (die maklikste manier met stick blender)
Perfekte klassieke Hollandaise sonder dubbelkoker en sonder dat die sous skif of split.
3 eier gele
¼ teelepel Dijon mosterd
1 eetlepel suurlemoensap
1 druppel warm pepersous soos Tabasco
½ koppie botter
Metode:
Sit die eiergele, mosterd, suurlemoensap en Tabasco in ‘n maatbeker. Pols met stick blender vir 5 sekondes.
Maak botter in mikrogolf warm tot gesmelt. Druk die stick blender in die eiergele en sit aan op hoogste spoed terwyl die gesmelte warm botter stadig in dun stroom bygegooi word. Dit sal onmiddelik dik word. Hou die sousie warm deur in bak met warm kraanwater te sit tot opdiening.
Gebruik saam met Eggs Benedict, gerookte salm en gestoomde vars aspersies.
***
Oranje soetpatats met gemmerstroop is net patats in water gekook tot gaar en dan word botter en gemmerstroop (van my ingelegde gemmerstukke vir vrugtekoeke) daarby gegooi en geprut tot sousie begin karameliseer.
***
Mieliepap “chips”
Slap gaar mieliepap word in plat reghoekige bak gegooi tot gestol en koud.
Sny in vingers en braai al die kante in riffelpan met olie tot krakerig en effens verkleur.
Sprinkel met sout of fyn Parmesan. Bedien met enige vleis of hoender.
Foto: Elsabie Templeton




MIELIEMEEL KLEINKOEKIES


MIELIEMEEL KLEINKOEKIES
Sif saam in aparte bak:
190 g Bruismeel
125 g mieliemeel
½ teelepel sout
Klits saam:
180 g botter
180 g suiker
Voeg by:
1 groot eier
1 teelepel vanilla
bietjie bruinsuiker om bo-op te strooi

Voorverhit die oond tot 180°C.
Klits die botter en suiker baie goed tot lig van kleur.
Voeg die eier en vanilla by en meng goed.
Sif die meel, mieliemeel en sout saam en meng bietjie bietjie by die botter mengsel in. Meng goed.
Skep lepels vol op ‘n voorbereide bakplaat en sprinkel bietjie bruin suiker bo-oor.
Bak vir 12 – 15 min
Resep geplaas deur Rina Kleinhans.
Foto:  Rosie Goosen Dalton – Ek het 50 koekies gekry met die half teelepel maatlepeltjie….afgeskraap.
2de Foto: Deolette Scheepers-Malan

Kommentaar Bets Lourens: Ek wil net laat weet dat ek toe vandag met die Maltabella meel gebak het. Ek het die Mieliemeel koekies wat op die blog is gemaak, maar die mieliemeel toe net met maltabella meel vervang.
Foto: Bets Lourens




PAP EN WORS GEREG MET CHAKALAKA

PAP EN WORS GEREG MET CHAKALAKA
Resep en foto:  Leandri Potgieter
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg wors van jou keuse
4 medium uie, in halfringe gekap
15 ml olyfolie
5 ml knoffel
peper na smaak
Worcestersous na smaak
1 bees aftrekselblokkie
15 ml mosterd
15 ml sweet chilie sous
15 ml blatjang
1 blik chakalaka
1 blik tamaties
1 koppie gerasperde kaas
stywe pap
Braai uie en knoffel in olyfolie tot uie verkleur.
Braai wors bo op uie tot al die water uitgekook is.
Haal wors uit en voeg res van die bestanddele behalwe die kaas en pap by.
Smeer ‘n oondvaste bak en skep ‘n laag pap onderin, stip met botter.
Kook die sous tot dik en gaar, sit wors terug en laat prut vir so 10 min.
Skep sous, wors en nog sous bo-oor, strooi kaas oor en bak tot gesmelt!




SAVOURY SAMP

SAVOURY SAMP
500 ml samp
7 ml salt
10 ml oil or butter
250 g bacon chopped
250 g mushrooms
250 ml mayonnaise
125 ml cream (I use milk instead – about 2 cups – 3 cups)
1 packet white onion soup powder
1 packet mushroom soup powder
250 ml cheddar cheese
Pepper to taste
Boil samp with salt until cooked.
Heat oil in a pan and fry bacon and mushrooms until brown
Mix mayonnaise, cream, soup powder and cheese in large mixing bowl
Add the samp, bacon and mushrooms and season with pepper
Spoon mixture into dish and bake for about 60 minutes or until brown on top.
Recipe and photo by Zelda Ellis




CHAKALAKA BULLY BEEF MIELIEMEEL BROOD

CHAKALAKA BULLY BEEF MIELIEMEEL BROOD
4 eiers
150 ml melk
1 eetlepel suiker
knippie sout
250 ml mieliemeel
30 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
1 blikkie bullybeef (chakalaka/plain)
Meng eiers, melk,bakpoeier, suiker, sout saam.
Meng mieliemeel, koekmeel saam.
Maak bullybeef fyn.
Meng al die bestanddele stelselmatig by.
En meng goed.
Spray ‘n mikrogolfvaste bak met spray&cook.
Gooi mengsel in bak plaas in mikrogolfoond op high 15 min.
Laat afkoel en gooi uit op ‘n bord.
Foto en resep: Leanca Van Staden




PAPTERT MET N KINKEL


PAPTERT MET N KINKEL
Ek het Elsabie Templeton se Mieliepaptert met spinasie se vulsel gebruik. Ek het nie my pap voor die tyd gaargemaak nie. Hier volg die resep soos ek dit gemaak het.

Papmengsel:
2 koppies mieliemeel
250 ml melk
1 eier
2 blikkies tamatie en knoffel
Meng alles saam.

Braai die volgende saam:
1 groot ui, gekap
2 x 250 g sampioene, gekap
1 kg spinasie, gekap
500 ml gerasperde kaas

Gooi die helfte van mieliemeel mengsel in ‘n bak.
Strooi van die kaas oor.
Gooi die uie, sampioene en spinasie mengsel oor.
En die res van die mieliemeel mengsel oor.
Strooi res van die kaas oor.
Bedek met tinfoelie en bak vir 60 min @ 180° grade.

Foto en resep: Elna Erasmus




LORRAINE SE PAP VORMPIES

LORRAINE SE PAP VORMPIES
Maak genoeg slap mieliepap vir die hoeveelheid mense wat jy gaan bedien.
Meng gewone slappap met:
1 koppie gemengde gevriesde groente (ontvries)
Pakkie potato bake – sour cream and chives
250ml room
Meng bogenoemde bestandele saam en roer dit in die pap, laat prut vir 10-15 min tot heel gaar. Skep in bak en laat stol tot skep tyd of skep in aparte ramekins vir indiviuele porsies. Keer mooi uit op die bord voor bediening
Ek het ‘n ramekin gebruik om pap vormpies te maak.
Bron en foto: Lorraine van Rooyen




BRAAI PAP WITH A TWIST

BRAAI PAP WITH A TWIST
180 g Mealie Meal
10 ml Robertsons Spice For Rice
5 ml Robertsons Crushed Chillies
375 ml Water
85 ml Milk
15 ml Oil
½ Small Onion finely chopped
2 Eggs beaten
250 ml
Self Raising Flour
Cooking Oil for frying
In a pot, cook mealie meal, Robertsons Spice for Rice, Crushed Chillies and water, stirring until mixture becomes still and begins to form a ball.
Remove from heat and add milk, oil and onion and mix well. Allow to cool slightly before stirring the eggs into the mixture.
Add the flour and mix to form a fairly stiff mixture.
Pour oil for frying into a deep pan or skottle braai and drop spoonful’s of batter into hot oil and fry until golden brown on all sides.

Photo: Gideon Louw




GEGEURDE PAP EN WORS

GEGEURDE PAP EN WORS
rESEP: Linda Barkley
Foto: Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
2 uie, gekerf
1 rooi soetrissie, gekerf
1 geel soetrissie gekerf
1 pakkie sampioene, gekerf
1 blikkie heelpit mielies
1 kg mieliemeel
1 kg boerewors
1 pakkie Royco Beef Goulash sous
250 ml room
Bietjie melk½ koppie water
Braai uie tot sag in pan.
Voeg dan rooi en groen soetrissie by.
Voeg sampioene en heelpit mielies by.
Braai vir so 10 min.
Kook water vir pap.
Voeg nou jou gebraaide uiemengsel by jou pap water.
Voeg bietjies papmeel op ‘n slag by tot jy ‘n lekker stywe pap het.
Kook tot gaar op stadigehitte.
Braai wors in pan net tot dit ‘n bruin kleur kry, nie gaar nie.
Meng ‘n pakkie Royco beef goulash sous met die room, bietjie melk en ½ koppie water.
Skep pap in oondvaste bak in bolletjies. Plaas wors bo op pap en skep die sous oor.
Bak in die oond by 180ºC tot sous lekker dik is en wors bruin !
Dis heerlik!!! Thank you Linda Barkley