1

MIELIEBROOD MET MIELIEMEEL


MIELIEBROOD MET MIELIEMEEL
150 ml mieliemeel
550 ml koekmeel
25 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 ml sout
450 ml melk
80 ml olie
3 eiers
410 g blik mieliepitte, gedreineer

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ’n broodpan uit.
Sif die droë bestanddele saam.
Klits die melk, eiers en olie saam.
Voeg die melkmengsel en mieliepitte by en meng liggies.
Giet die mieliemengsel in die broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.
Resep geplaas deur Johnny Steyn
Foto:  Nicolette Van Jaarsveld




TIEN MINUTE MIKROGOLF MIELIEBROOD


TIEN MINUTE MIKROGOLF MIELIEBROOD
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
2 eetlepels olie
2 eetlepels suiker
2 eiers
1 blikkie roommielies

Die geheim is om ‘n ring pan te gebruik, dit kom rou uit in die middel in ‘n gewone pan.
Meng alles saam, as beslag baie styf is, gooi bietjie melk by.
Spuit ring pan met spray and cook en voeg paprika binne en teen kante.
Skep beslag in, plaas op omgekeerde piering in mikrogolf en bak vir 10 min teen 100% krag.
Heerlik saam met ontbyt of braaivleis (soet of sout).
Foto en resep: Ina Stevens
2de Foto: Benhet Nieuwenhuis




EASY “KRUMMELPAP”


EASY “KRUMMELPAP”
2 cups of water
1 teaspoon salt
3 cups maize meal

Boil water then simultaneously throw meal in. Close the lid and let it boil for 5 min. over very low heat –  Don’t stir.
After 5 min, stir a bit with a fork.
Simmer on low heat and every 10 min stir with a fork until nicely formed and fine.
Recipe posted by Iza Hanekom Loubser




MICHELLE SE KRUMMELPAP


MICHELLE SE KRUMMELPAP
Ek kon nooit krummelpap maak nie, maar kry toe hierdie wen resep!
1 ½ koppies water (tot op kookpunt)
gooi sout by.
3 koppies mieliemeel
Gooi die mieliemeel op ‘n hopie in die middel van die water.
MOENIE roer nie. Vat ‘n vleisvurk of die agterkant van jou houtlepel en begin die water in die meel in te meng. MOENIE roer nie.
Ek trek sommer sulke reguit strepe op en af.
Sit deksel op, sit plaat op baie lae hitte en laat stoom.
Roer so kort kort met jou vleisvurk deur.
As dit onder ‘n harde kors begin vorm, is dit reg.
Roer nou klontjies bottel en suiker by! njam
Resep: Michelle Joubert
Foto:  Rina Kleinhans
Nota:  Ek het gevind die water is bietjie min en omdat ek dit op die gasstoof maak, was die hitte vir my ook bietjie hoog.  Ek het toe ‘n ekstra 125 ml kookwater op die kante om gegooi, nie geroer nie en nog so 15 min op die plaat gelos, toe die hele pot met deksel op in die oond gesit teen 130ºC vir ongeveer 1 uur, en die pap is perfek…




EASY MAIZE MEAL MICROWAVE PORRIDGE


EASY MAIZE MEAL MICROWAVE PORRIDGE
Came across this recipe! Really easy and now no more rice cooker or needing to use the stove top! 🥣
2 cups boiling water
½ cup maize meal – I use Woolworth’s Super Maize Meal
Pinch salt

Pouring boiling water into a microwaveable bowl.
Add a pinch of salt and stir.
Next, with a fork ready in the opposite hand, pour / sprinkle the maize into the water, stirring vigorously to incorporate.
Microwave on high for 5 minutes and 30 seconds.
After 4 minutes, remove from the microwave and stir before returning for the final minute and a half.
Serve immediately, either as is, or with a dash of plant milk and your sweetener of choice. Top with your favourite nuts and/or seeds for an energy rich filling breakfast. Enjoy!
Photo:Kristie Townsend




MIKROGOLF KRUMMELPAP MET DROë MIELIEMEEL


MIKROGOLF KRUMMELPAP MET DROë MIELIEMEEL
Krummelpap (mikrogolf, dis fantasties vinnig, my eerste probeerslag en nie die laaste) en sous, Karan se Porterhouse steak (heerlik sappig), vark rashers en boerewors. Net betyds klaar gebraai voor dit begin reën het😁 Midrand
Meng in glasbak (ene wat ‘n deksel het):
1 koppie droë mieliemeel
1 teelepel sout

Kook op hoog sonder die deksel vir so 4 minute terwyl jy elke minuut die droë mieliemeel met vurk roer.
Gooi dan 1 koppie kookwater by die baie warm mieliemeel (dit borrel sommer, so wees versigtig) en roer deur met vurk. Sit die glasdeksel op en kook vir 4 minute terwyl jy elke minuut met die vurk roer. Jy kan dit bietjie langer kook (ek het want ek het 3 koppies mieliemeel met 3 koppies kookwater gedoen).

Onthou krummelpap vries perfek in ‘n plastieksakkie as jy te veel gemaak het. Wanneer jy dit later opwarm na gevries, dan is dit lieflik los en krummelrig.
Foto: Elsabie Templeton
Resep geplaas deur Elsabie Templeton




SUE SE MIELIEMEEL POFFERTJIES


SUE SE MIELIEMEEL POFFERTJIES
Vandag was dit Mieliemeel Poffertjies! Ek het groot geword met dit, my kinders vandag is mal daaroor. Dit is heerlik net so of as ‘n peuselhappie saam braaivleis, vinger ete en die lys gaan aan. Ek wissel dit so bietjie, partykeer net gewoon, partykeer met chillie of bacon, basies enige iets.
2 koppies gaar slappap
2 koppies koekmeel
2 koppies gerasperde kaas
2 eiers
4 teelepels bakpoeier
knippie sout

Laat pap eers bietjie afkoel.
Meng alles goed saam, maak seker die pap is nie te warm nie anders gaan die eiers soos roer eiers lyk.
Skep lepels vol in warm olie en braai tot goudbruin.
Sprinkel met Aromat.
Hoop julle geniet dit.
Foto en resep: Sue Pretorius




MARTIN’S CORNBREAD


MARTIN’S CORNBREAD
250 ml polenta
250 ml cake flour
1 tablespoon baking powder
1/4 cup sugar
1 teaspoon salt
250 ml milk
2/4 cup oil
1 large egg
Golden Syrup to drizzle over

Mix the dry ingredients, then add the milk.
Side bowl, mix oil and egg and slightly beat.
Mix the oil- and flour mixture and lightly beat all.
Spray, spray and cook in bread pan
Pour in batter. Shake a bit to get bubbles out.
In oven 180 grade C for 25-30 min.
Take the bread out the oven and pour  hot golden syrup over. Let it cool off with syrup.
Cut and enjoy.
Recipe and Photo: Martin van Vuuren




LIZA’S SE LEKKER SES MINUTE KRUMMELPAP

LIZA’S SE LEKKER SES MINUTE KRUMMELPAP
1 koppie braaipap mieliemeel
bietjie sout

Plaas in mikrogolf bak net meel.
Mikrogolf vir 1 minuut.
Haal uit roer met vurk.
Sit terug vir nog ‘n minuut.
Haal weer uit roer weer.
Sit weer terug vir minuut.
Haal uit en roer weer.
Gooi nou eers 1 koppie kook water in en roer.
Herhaal 1 minuut mikrogolf.
Roer.
Weer 1 minuut mikrogolf.
Roer.
Weer 1 minuut mikrogolf.
En lekker eet.
Resep en foto: Liza Botes




PEGGY SE MIELIEKOEKIES

PEGGY SE MIELIEKOEKIES
Ons hou van dit met goue stroop oor.
2 koppies meel
2 blikke heelpit mielies of 750 ml gevriesdes
2 teelepel bakpoeier
2 eiers in maatbeker en vul aan tot 300 ml met water (+ 150 ml indien nodig )
1 teelepel sout
2 en ‘n half teelepel suiker

Meng alles.
Skep lepels vol in warm olie, bak tot gaar. ( my eie ) tot lekker saam met braai vleis.
Resep: Peggy Devine
Foto: Sharon Viljoen