SAMPIOENTERT BY BRAAIVLEIS


SAMPIOENTERT BY BRAAIVLEIS
[HEMELS LEKKER!]
Vir 6 mense
Die rand raak lekker bros endie pap absorbeer die sampioene se sous.
2 koppies water
½ teelepel sout
225 g braaipap, of ‘n mengsel van polenta en mieliemeel
2 koppies Gruyerekaas, gerasper
1 klein ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
750 g (3 pakkies) gemengde bruin en portobellosampioene, in skyfies gesny
olyfolie of botter
¼ koppie balsamiese asyn
2 eetlepels bruinsuiker
4 eetlepels sojasous
¼ koppie pietersielie, gekap
2 eetlepels vars tiemie of roosmaryn, gekap

Verhit die water en sout tot kookpunt. Roer die meel by en laat dit vir 20 minute prut tot dit gaar is.
Roer ‘n hand vol kaas by die pap in.
Spoel ‘n vlak bak (20 x 30cm) met koue water uit (dit keer dat die pap vassit) en keer die pap daarin uit. Sprei dit eweredig uit. Bedek dit met foelie en laat die pap oornag afkoel.
Braai die ui, knoffel en sampioene in ‘n bietjie botter of olyfolie in ‘n pan. Gooi die asyn, suiker, sojasous en gekapte kruie na 5minute by. Laat die helfte van die vloeistof wegkook. Proe en voeg nog sojasous, asyn of suiker na smaak by, en laat prut. Verwyder dit van die hitte en voeg 2 eetlepels botter by.
Keer die koue pap op ‘n werkoppervlak uit en sny dit in twee ewe groot blokke. Sit die een blok op ‘n oondpan of ‘n pan waarin hy net mooi pas, dit help dat die twee lae op mekaar bly, wat met botter of olyfolie gesmeer is. Skep driekwart van die sampioenmengsel op die pap en strooi ‘n hand vol kaas bo-oor. Sit die ander blok pap soos ‘n kors bo-op. Strooi die res van die kaas bo-oor en besprinkel met ‘n klein bietjie olyfolie.
Bak dit vir 30 minute by 180°C tot die bokant bros is. Sny die tert in skywe en sit dit saam met die res van die sampioensous bo-oor voor.
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: en so werk alles nie altyd soos dit moet nie!
Gelukkig is floppies die lekkerste!!!!!!!!! myne wou nie opmekaar bly toe hy begin bak nie maar die smaak was lekker!!!!!!!! ekt net minder tiemie in.

 




CHAKALAKA EN PAPVINGERS

CHAKALAKA EN PAPVINGERS
chakalaka:
250 ml canola olie
3-4 knoffelhuisies gekap
1 groot ui gekap
5 ml kerrie poeier of paar kerrieblare
2 rooi brandrissies ontpit en gekap
3 cm stuk gemmerwortel gerasper
5 tamaties grof gekap
1 groen en rooi soetrissie ontpit en in stukke gesny
2 groot wortels skoongeskraap en gerasper
1 blik (400 g) gebakte bone
Sout en peper na smaak
45 ml vars koljanderblare gekap

Verhit die olie en braai die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg die kerrie by en verhit nog 2-3 min. Voeg brandrissies, gemmerwortel en tamaties by en verhit sowat 10 min tot dit begin stukkend kook. Voeg die soetrissies en wortels by en verhit nog 10 min. Roer die gebakte bone by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot goed warm. Sprinkel die koljander oor. Skep in ‘n fles en bere minstens ‘n dag in die yskas sodat die geur kan ontwikkel.
Maak lekker stywe pap, druk vas in ‘n bakplaat en laat koud word, sny in vingers. Diep braai die papvingers in warm olie en bedien saam met die chakalaka sous.
Indien verkies kan jy die vingers in eier en krummels doop, laat staan in die yskas tot lekker koud en braai dan in diep olie.




MIELIEGEREG

GEBAKTE SUIKERMIELIE GEREGtested

MIELIEGEREG
Heerlik by braaivleis
1 blik room suikermielies
3 eetlepels suiker
3 eiers
½ teelepel sout
2 eetlepel koekmeel
¾ koppie melk
1 teelepel bakpoeier
margarine

Meng die meelblom, sout, bakpoeier en suiker saam. Klits die eiers en voeg die mielies en melk by. Voeg die mieliemengsel by die meelmengsel en meng baie goed.

Sit in gesmeerde oond bak en sit klontjies margarine bo-op. Bak by 180°C vir ongeveer 1 uur, tot toetspen skoon uitkom en gereg gestol het. Probeer om die gereg gereed te hê wanneer jy gaan bedien, want dit lyk soos ‘n souffle, maar indien nie moontlik nie, verhit in mikrogolf voor bediening vir paar minute.
Bron: Rina Kleinhans




MIELIEPAPBOLLETJIES

MIELIEPAPBOLLETJIES
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
Om bolletjies in te rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai

Braai spekvleis tot bros.
Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag.
Voeg by mieliepap en meng goed.
Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed.
Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute.
Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot goudbruin.
Bron: Izette Pretorius Smit

 




MIELIEPAP BOLLE

mieliepap balle Jorina

MIELIEPAP BOLLE
vir Braaivleis
Maak lekker stywe mieliepap, laat effens afkoel, rol bolle so groot soos frikkadelle, pak in oond skottel.
Braai ui, tamatie, sampioen en spek saam.

Maak lekker groot gat in elke bal met jou duim en skep die mengsel daarin.
Gooi een houertjie room bo-oor en sommer genoeg gerasperde kaas, en bak in die oond, 180ºC vir so ongeveer ‘n uur.
Maak seker die room gaan tussen die balle in.
As jy baie balle maak gebruik meer room, alles gebruik mens na gelang van die hoeveelheid balle jy gaan maak.
Bedien warm.

VARIASIE
Kan ook suikermielies in die mieliepap gooi vir variasie
Jy kan ook drie kleure peppers insit en die room meng met potato bake –
Rina Kleinhans – eie resep
Foto: Jorina Claassen

 




HEERLIKE STAMPMIELIE GEREG

tested

HEERLIKE STAMPMIELIE GEREG
Heerlike alternatief in die plek van pap.
500 ml stampmielies
7 ml sout
10 ml botter
1 pakkie spek, gesnipper
250 g sampioene, in skyfies gesny
250 ml mayonnaise
125 ml room
1 pakkies wituiesop
250 ml gerasperde cheddarkaas
vars gemaalde swartpeper na smaak

Week die stampmielies oornag in water. Dreineer en giet die mielies in ‘n kastrol.
Voeg genoeg water by om dit te bedek en voeg ook die sout by. Kook tot gaar en dreineer.
Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ‘n oondvaste bak.
Verhit die botter in ‘n pan en braai die spek en sampioene tot bruin.
Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in ‘n groot mengbak.
Voeg die stampmielies, spek en sampioene by en geur met peper.
Skep die mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op

RESEP:  Karien Coetzee
1st FOTO:  Helvi Aisha Jiyane
2de Foto:  Jacqueline Walker  – I added green pepper and onions. My soup was mushroom soup and it was really divine




HEERLIKE PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS

HEERLIKE PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS
Die resep is genoeg vir 6 – 8 person
Vir die stywepap
4 koppies water
2 teelepels sout
2 eetlepels botter
2 ½ koppies mieliemeel

Giet water in ‘n potjie, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt
Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm maar moenie roer nie.
Verminder hitte plaas deksel op potjie en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.
250 g spekvleis, fyngekap
300 g sampioene, gekap
½ koppie room
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik heelpitsuikermielies
varsgemaalde swartpeper
ekstra gerasperde kaas

Maak stywepap en laat afkoel.
Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan.
Voeg sampioene by en braai liggies.
Roer dan room, kaas, mielies en peper in.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op.
Strooi ekstra kaas oor.
Bak so 30 minute teen 180 ºC.
Resep gepos deur Linda Venter




SUIDWES PAP

tested

SUIDWES PAP
Heerlik en maklik saam met braaivleis….
1 Blik roommielies (Sweetcorn)
4 eiers
4 eetlepels suiker
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels margarine
½ koppie mieliemeel
1 blikkie water
2 pakkies spek – blokkies gesny en bietjie gebraai
2 teelepels sout
1 bakkie room

Meng alles goed saam in groot ysterkastrol. Sit deksel op en bak 1 uur by 180ºC
Maak lekker sous by en geniet.
Bron:  Elza Jamneck
Foto:  Gideon Louw

 

 




CORN FRITTERS

tested
CORN FRITTERS
100 g Sasko Self Raising Flour
5 ml salt
1 x 410 g can whole kernel corn, drained
2.5 ml cayenne pepper
4 spring onions, finely sliced
1 extra large egg
100 ml milk
oil for frying
In a large mixing bowl sift the flour and salt together, add the corn, cayenne pepper and spring onions.
In a jug combine the egg and the milk. Add to dry ingredients and mix till you have a batter.
Preheat oil in pan enough to shallow fry the fritters.
Drop spoonfuls of mixture into pan and cook until golden brown on one side, turn and fry on the other side.
Drain on absorbent paper towel.
Good for breakfast, brunch or served as a side dish for dinner.

Source: Sasko Recipe




MARIA SE MIELIERYS-PAPBALLE

mieliepap balle met veggie bake

MARIA SE MIELIERYS-PAPBALLE
2 koppie Mielierys
1.5 liter kookwater
2 koppie mieliemeel
2 teelepel sout
1 blik mieliepitte
60 ml margarien
Braaisous (1.4 liter sous)
2 groot uie
2 knoffelhuisies
Olie
1 blik (410 g) tamatiepuree
1 pakkie beesstersoppoeier

2 koppies kookwater
1 bottel (470 g) blatjang
30 ml suiker
Cheddar kaas

Kap uie en knoffel fyn , braai in olie. Meng tamatiepuree en beesstertsoppoier by die uiemengsel. Roer kookwater by. Roer en verhit tot kookpunt. Voeg blatjang en suiker by en laat opkook.
Bedek mielierys oornag met water. Dreineer en verhit mielierys, kookwater, mieliemeel en sout tot kookpunt. Prut vir ‘n uur en roer 2 keer baie goed.
Dreineer mieliepitte en roer saam met margarien by die pap. Laat afkoel en skep balle vol in bak. Giet braaisous oor en kaas. Bak 20min 180ºC
Resep geplaas deur Maria Liebenberg
Foto: Maria Liebenberg