MIELIEMEEL-KAASSTROOITJIES

MIELIEMEEL STRAWS

MIELIEMEEL-KAASSTROOITJIES
120 g spesiale mieliemeel
120 g meelblom
50 g mieliemeel
2 ml sout
5 ml suiker
2 ml rooipeper
7 ml bakpoeier
100 g botter
100 g cheddarkaas gerasper
100 ml melk (ongeveer)
1 eier
Paprika


Stel die oond op 180°C en smeer ‘n bakplaat. Meng al die droe bestandele. Vryf die botter en kaas met die vingerpunte goed in. Klits die melk en eier saam. Meng die vloeistof met die droe bestandele-net genoeg om ‘n redelike stywe deeg te vorm. Knie liggies, rol die deeg dun uit en sny in repies van 7mm breed en 50mmlank. Pak die repies op ‘n gesmeerde bakplaat en strooi ‘n bietjie paprika oor. Bak die repies vir ongeveer 10min in die voorverhitte oond. Laat staan om af te koel, haal uit die bakplaat en bere in ‘n digte houer. Die hoeveelheid deeg is voldoende vir ongeveer 100 kaasstrooitjies.
Resep geplaas deur -Rina Kleinhans

 




MIELIEMEEL ONTBYT POFFERTJIES

2013-06-21-mieliemeelpoffertjiestested

 MIELIEMEEL ONTBYT POFFERTJIES
4 middelslag uie fyn gekerf
70 g koekmeel
120 g mieliemeel
5 ml sout
5 ml mosterdpoeier
7 ml bakpoeier
250 ml melk
250 ml water
EIERS, TAMATIES EN SPEK OM MEE TE BEDIEN
Soteer die uie en hou dit warm. Sif die meel, mieliemeel, sout, bakpoeier en mosterdpoeier saam. Voeg die melk en water stadig by die droë bestanddele en meng dit tot ‘n gladde deeg.
Sit die uie in die mengsel en meng deur.
Laat die beslag ‘n paar minute staan. Verhit ‘n bietjie olie in’n groot braaipan. Braai groot eetlepels vol van die deeg in die olie. Keer die poffertjies om as die blasies bars en die onderkant goudbruin is, braai die anderkant.
Sit voor saam met eiers, tamatie en spek.

*Keur mieliegeregte*-Rina Kleinhans
Foto:  Benhet Niewenhuis

 




MIELIETERT

sweetcorn

MIELIETERT
60 ml suiker
60 ml botter gesmelt
60 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 Blikkies Sweetcorn
4 eiers

Meng alles saam in een bak. Gooi in oondvaste bak. Bak @ 180 grade vir plus/minus 45 minute.
Dit is ‘n baie lekker gereg vir ‘n braai.-

Resep geplaas deur Sarina Cronje




VISKOEKIES MET MIELIEMEEL

VISKOEKIES MET MIELIEMEEL
(8 viskoekies)
300 ml water
2 ml sout
50 ml mieliemeel
400 g stokvisfilette
150 ml water
2 loulierblare
2 peperkorrels
1 klein ui, gekap
3 ml gerasperde suurlemoenskil
10 ml tamatiepuree (opsioneel)
Knippie gemaalde swartpeper
3 ml sout
10 ml gekapte pietersielie
20 ml margarine
Olie vir vlakbraai

Kook die water, 2ml sout en mieliemeel oor lae hitte tot gaar. (ongeveer 30 min.)
Prut die vis in die water waarby lourierblaar, peperkorrels en ui gevoeg is, totdat dit gaar is en maklik met ‘n vurk vlok. Dreineer, maar behou die vloeistof. Verwyder die lourierblaar en peperkorrels. Vlok die vis.
Meng die gaar pap, gevlokte vis, suurlemoenskil, tamatiepuree, peper, sout, pietersielie en margarine. Voeg bietjie van die gaarmaakvloeistof by indien die mengsel te droog is. Laat afkoel.
Vorm 8 viskoekies en plaas in die koelkas vir 30min. Verhit olie in braaipan, en braai viskoekies 3-4min aan albei kante tot goudbruin. Sit warm voor.




SPEK EN MIELIEBROODJIE IN ‘N BLIKKIE

heel mieliestested

SPEK EN MIELIEBROODJIE IN ‘N BLIKKIE
Resep:  Sanchen Grobler
FOOD LOVERS RECIPES
250 g spek, gekap
50 ml suurroom
410 g blik mieliepitte, gedreineer
5 eiers
60 ml pietersielie, gekap
2,5 ml sout
100 ml koekmeel
swartpeper na smaak
5 ml bakpoeier

Braai spek in eie vet tot bros, dreineer op kombuispapier.
Voeg die res van die bestanddele by en meng deur.
Smeer groot konfytblik met botter en voer blik met gesmeerde bakpapier uit.
Maak die blik driekwart vol met beslag.
Bedek met foelie, bak in voorverhitte oond van 180 ºC vir 30 – 45 minute.
Keer die brood uit, sny in dik snye, sit voor met botter en gerasperde kaas van jou keuse.

 




HEELPITMIELIE-EN-BIERBROOD

bierbroodjiestested

HEELPITMIELIE-EN-BIERBROOD
500 g bruismeel
2 eetlepel suiker
1 blik heelpit mielies – gedreineer
2.5 ml sout
1 blikkie bier (enige)
1 eier geklits
Bietjie gerasperde kaas
Bietjie bacon gekap in stukkies (rou)
Stukkie ui, greenpepper, red en yellow pepper (gekap) (opsioneel)

Meng al die bogenoemde bestanddele behalwe die eier.
Sit in swartpot of broodpannetjie.
Skep die geklitste eier oor.
Strooi gerasperde kaas, ui en peppers bo-oor.
Bak vir 1 uur by 180º C.
Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder deksel en bak vir die laaste 40 min sonder deksel. Die foto is ‘n beslag wat ek 2 x aangemaak het, maar ek het slegs 1 blik pitmielies gebruik en nie 2 nie –
Resep en foto:  Rencia Odendaal Pretorius

 




OSSEWA-MIELIEKOEKIES

2015-09-14-ossewa-mieliekoekiestested

OSSEWA-MIELIEKOEKIES
1 koppie meelblom, gesif
1 teelepel sout
1 koppie gekookte rys
1 koppie room soetmielies
1 eier, geklits
3 eetlepel melk
2 teelepels bakpoeier

Sif meelblom, bakpoeier en sout saam
Roer soetmielies, rys en eiers in meng deeglik
Gebruik genoeg olie en braai in braaipan tot die koekies albei kante mooi bruin is
Maak 10 koekies –
FLR PHOTO: Hannetjie Snyman

 




SLAPPAP POFFERTJIES

pap pofferstested

SLAPPAP POFFERTJIES
Baie lekker vir aptyt- wekkers voor braaivleis…
Maak ‘n stywe slap pap
1 koppie mieliemeel
3 koppies water
2 koppies slap pap
2 koppies koekmeel
2 koppies gerasperde kaas
4 teelepel bakpoeier
2 eiers
½ teelepel rooipeper (Cayene peper)
¼ teelepel mosterdpoeier
knippie sout
aromat
olie vir diep braai
Meng alles saam, behalwe aromat in lekker groot mengbak.
Bak lepelsvol in diep warm olie, braai tot goudbruin sit op afkoelrak, sprinkel lekker met aromat.
Geplaas deur Joey Kruger
Variasie en foto:  Alice Meintjies
Net ‘n ui fyngesny en halfpak spek saam gebraai. ‘n goeie skud paprika bygegooi.

 




MAKLIKE BRAAI PAPTERT

paptert met rou meeltested

MAKLIKE BRAAI PAPTERT
|Dit is rou mieliemeel en nie gaar pap nie – dit is wat die tert so maklik maak!
2 koppies braaipap of gewone mieliemeel
2 blikkies sweetcorn
1 blik heel mielies – helfte van water afgegooi
2 teelepels bakpoeier
3 teelepels suiker
2 teelepels sout
rooipeper na smaak
500 ml room
2 koppies gerasperde cheddar kaas

Meng alles goed deur.
Gooi in ‘n oondvaste bak met deksel of sit foelie oor.
Bak vir ongeveer 1 uur by 180º C.
Heerlik die volgende dag as dit koud is met bietjie botter!
Resep:  Heiner Lange
Foto:  Christelle Coetzer

 

 




OUMA MEELBOL

OUMA MEELBOL
Hierdie is g`n grap nie.Heel eerste moet jy die regte blik kry om die meel in te bak. Dit moet n blik wees met n metaal deksel. Ek weet nie of mens nog so `n blik kry nie. Ons het self Ouma Meelbol vir ons kinders gebak toe hulle klein was. Dis eintlik babapap.`n Lactogen of Klim blik was vroeë jare reg. Mens het bakpoeier ook in so n blik gekry.Die pap word gebruik vir babas maar is heerlik. Ek en Babsie het omtrent tou gestaan om die oorskiet van die kinders te kry. Jy meng die gaar meel met warm melk met bietjie suiker. Ek glo die resep vir die poeding of vla sal dieselfde meel gebruik.
Druk koekmeel in die blik van onderaf af vas met n`n lepel. Dit vat `n tydjie. Laag vir laag tot bo. Dit moet baie styf ingepers en vasgedruk word anders bars die blik oop in die oond as die lug uitsit van die hitte. Maak hom vol tot bo en sit die deksel op. Ek het myne met `n draad bo-oor vasgedraai met `n tang sodat hy nie oop kan skiet nie. Bak hom dan in die oond vir `n uur. Laat afkoel. Die meel het dan so `n effe bruin kleur as hy klaar is. Dan is hy gaar. Hy raak dik as jy dit in melk gooi. Dis ongelooflik smaaklik. Glo my

BRON: David Vd Heever

Liesie Nel
Meelbol….Druk koekmeel styf vas in n blikkie en plaas blikdeksel op. Sit blikkie in matige oond totdat die meel n baie ligte karamelkleur het. Meng ‘n paar lepelsvol met melk en roer in by ‘n kastrol met kokende melk en ‘n knypie sout. Die lekkerste pap ooit. Maar ek glo nie daar is enige voedingswaarde in nie… o ja, natuurlik eet jy dit met suiker en ‘n klontjie botter daarby!

Maria Liebenberg
OUMA MEELBOL
Mens druk net meel styf vas in ‘n lee tuna blikkie en bak dan die blikkie in die oond vir ongeveer ‘n uur op 180ºC totdat die meel effens ligbruin bo op verkleur. Skep uit blikkie en kap met vermenger fyn. Gebruik 50 ml en knippie sout wat met ‘n koppie melk gekook word in Mikrogolf tot dik. Dis maar baie soos ‘n dik melkkos.. Heerlik met ‘n klontjie botter . Genoeg vir een porsie pap.

NOTA: My ma se mens plaas eers ‘n bietjie meel in blikkie en druk met ‘n swaarboomglas dit vas en dan weer biki meel en druk vas tot blikkie vol is. Syt sommer ‘n klomp gebak op ‘n slag . Dit bêre baie maklik in lugdigte houer.