MAKLIKE MIELIEKOEKIES

1536737_195669437303678_1443905842_ntested

MAKLIKE MIELIEKOEKIES
Hierdie mieliekoekies is maklik en heerlik saam met braaivleis.
Blikkie sweetcorn (suikermielies)
1 koppie bruismeel
sout en peper na smaak
1 eier

Meng alles saam en braai lepelsvol in vlak olie.
Maklike en heerlike mieliekoekies net soos ouma dit gemaak het.
Resep en Foto: Tina De Welzim-Wewege




HEERLIKE STAMPMIELIES

 slow cooker stampmielies
HEERLIKE STAMPMIELIES
Lizelle De Jager
Ek sit my mielies in die stoompot en stoom tot gaar, dis baie vinnig, dan sit ek n 250 g blok botter in…laat die botter lekker deurkook en so 10 minute voor opdiening so koppie room, dan”mash” jy dit net voor jy wil eet….glo my….dis heerlik
Letisia Van Dyk Davis
Ek stoom myne ook tot gaar. Sit ook die botter in en suurroom. Dan roer ek ook gebraaide spek en sampioene in. Heel laaste ‘n hele paar koppies gerasperde kaas wat smelt in die warm bestanddele. Dit is ‘n hele maaltyd op sy eie. Geniet dit

 




NATALIE SE MIELIEPAP MUFFINS

2013-12-27-mieliepapmuffinsnathaliejessicakoekemoer-groot

NATALIE SE MIELIEPAP MUFFINS
10 koppies water
5 koppies grof mieliepap
1 groot knoffelhuissie fyn gedruk
2 blokkies chicken  stock

Kook die water met chicken stock en knoffel gooi die pap in en kook tot net net gaar 10-15min. Laat dit afkoel.
Meng in n groot mengbak.
2 tlps mosterd poeier
1 groot blik heel pit mielies
150ml olie
10 eiers
4 koppies gerasperde mature cheddar
3 tlps rooipeper
5 tlps paprika poeier
Genoeg vars of droe pietersielie
5 eetlepels sweet chili sause
5 tlps cheese Aromat
2 koppies broodmeel met sonnebloemsaad, of gemengde sade meel
En 3 tlps bakpoeier
N pakkie van die driehoek roomkaas blokkies

Meng nou alles saam en skep tot 2/3 van die gesmeerde pannetjies vol. Druk in die middel n stukkie roomkaas, maak hom mooi toe. )Ek het hulle in drie gesny. Bak teen 180*grade vir so 25min of tot n stokkie droog uitkom, maak seker jy druk nie die stokkie in die roomkaas nie

BRON- Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

 




KITS MIELIEBROODJIE

 

KITS MIELIEBROODJIE
Resep en foto: Marlene Mouton Carstens
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak bruismeel (500 g)
5 ml sout (1 teelepel)
1 blik geroomde suikermielies (410 g)
2 eiers
60 ml melk (¼ koppie)
25 ml kookolie (2 eetlepels)

Stel oond op 190°C.
Smeer ‘n kleinerige broodpannetjie.
Sif bruismeel en sout saam.
Voeg die suikermielies by.
Klits eiers, melk en kookolie saam en voeg dit ook by.
Sny mielies en vloeistof met ‘n mes in tot goed gemeng.
Skep deeg in pan, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 min of tot deurgebak.
Gesny en met botter gesmeer is die broodjie baie lekker saam met braaivleis.

(Bak jou broodjies in klein blombakkies, gee dan vir elke gas sy/haar eie broodjie)




MAGOU


MAGOU
Gelyke dele mieliemeel, mielie malt en sorghum malt.
Meng met 4 gelyke dele water maw as jou droë bestanddele 500 gr is gebruik jy 2 Liter warm water. Gooi in swart pot.
Laat staan oornag  ‘n Klein bietjie van die mengsel word uitgeskep en eenkant gehou, die res word gekook tot al deur sag is. Dit word afgekoel en vir ‘n volle dag laat staan.
Die mengsel gooi hulle dan gewoonlik in ‘n groot plastiese emmer[20L] en die bere bietjie word nou bygevoeg.
Soms gooi hulle nog ‘n handvol van die mielie en sorghum malt by. Die emmer word ongeveer driekwart gevul met ekstra water.
Word goed deur geroer en op ‘n warm plek[selfs bedek met komberse] vir die gistings proses oornag gelaat.
Die volgende dag word die mengsel gesif. Soms word bruin suiker en suurmelk nou bygevoeg. Hoe langer die mengsel staan voor dit gesif word bepaal hoe sterk die bier is. As hulle haastig is word 40 gr brouersgis bygevoeg.
Resep: Rene Truter Wessels

Recipe posted by Andre Viljoen
Mageu
1 litre water
salt to taste
500 ml maize meal
125 ml creamed sweetcorn
125 ml sugar

Bring water to the boil.
Add salt, maize meal and sweetcorn, mix well and cook for 15 to 20 minutes, stirring occasionally.
Remove from heat and add sugar.
Pour into a container with a tight-fitting lid and keep in a cool place for two days.
Taste to see whether the mixture is sour. If not, leave to stand for a further day.
Dilute with water before serving, if necessary.

Sannie Van Rooyen
In swaziland het hulle so gemaak. Neem n vles me sterk warm water.( nie brand warm nie) rooe jou meel daar in en laat staan 2- 3 dae om suur te word. Gooi dan die water in jou kastrolletjie af en kook roer dan jou meel in tot dit n lekker slap pap is. Kook tot gaar en bedien met suiker. Dit is baie gesond en lekker. Magouw. Kook n baie dun pap( let wel amper soos 1 koppie meel op 1 lt. Water) kook tot gaar. Laat afkoel soos bloed hitte en voeg +-. 1/2 kp koek of broodmeel by ( jy kan dit ook eers met dun pap meng om klonte te voor kom. Plaas in houer laat gis 2 -3 dae. Lw. Geen gis word bygevoeg nie ook geen sout nie net die dunpap en fouer(koekmeel nie bruin nie. ) dit is die ware jakop. Ek by my ousie geleer om dit te maak.




MIELIEPAP CUPCAKES

mieliepap cupcakestested

MIELIEPAP CUPCAKES
Ek spuit ‘n kolwyntjie pannetjie dan sit ek ‘n skeppie pap in en druk dit teen die kante vas
Sit my vulsel wat ook al bo op met kaas dan bak ek dit so 30 min op 190ºC en sit dit voor soos ‘n pap cupcake saam met braaivleis.  Ly te mooi.

Nota van Hanta:  Ek het geroomde sampioene, mozarella kaas en feta kaas ingesit as vulsel en cheddarkaas bo-oor gerasper.
Resep:  Yuanita du Toit
Foto: Hanta Henning




KRUMMELPAP OP DIE KOLE

tested
KRUMMELPAP OP DIE KOLE
3 koppies mieliemeel
2 koppies water
1 teelepel sout
Dit is heel normaal vir die pap om ’n kors onderin die pot te maak.
As jy lus het, kan jy die pot selfs verhit net voordat jy die kors uit- haal en dit dan saam met ’n klontjie botter eet.
Kole Medium tot koel.
Kry die water aan die kook en voeg die sout by.
Haal die pot van die vuur af.
Mik vir die middel van die pot en gooi al die mieliemeel in ’n hoop in die water. Jy behoort nou ’n ‘mieliemeel-ys-berg’ in die pot te hê.
Die basis is onder water en die boonste deel steek in die middel van die pot bo die water uit.
Sit die deksel op en skuif ’n paar kole onder die pot in.
Jy wil hê die water moet effens borrel, maar eintlik moet die res van die water in die mieliemeel in stoom.
Jy kan een of twee keer kyk of daar genoeg hitte is en die water darem in stoom verander, maar moenie te dikwels kyk nie, want stoom gaan verlore elke keer as jy die deksel oplig – stoom wat veronderstel is om in die meel (en nie die blou lug nie) in te trek.
Ná 20 minute haal jy die deksel af en gebruik ’n tweetandvurk om die ysberg te breek.
Roer die pap met mening saam met enige water wat nog in die pot oor is totdat die inhoud soos krummelpap lyk.
As jy dink sake lyk ’n bietjie droog (jy behoort so te dink), voeg ’n koppie water (koud of warm) by en roer die pap met ’n tweetandvurk.
Sit weer die deksel op en laat aanhou stoom oor matige hitte vir nog so 20 minute.
Bedien warm.

 




PAPBOLLE MET SPEK

998583_3467849550906_1572982759_n
PAPBOLLE MET SPEK
Stywe pap gemaak.
Uie en groen soetrissies, sampioene en spek saam gebraai.
Maak pap in ronde bolle en pak in gesmeerde pirex bak.
Druk ‘n gat in elke papbol, skep die spekmengsel in die pap bolle se gate en regoor die paptert.
Giet die room oor die hele paptert.
Rasper die kaas bo-oor die paptert, sit in oond op 180 ºC tot bruin.

Resep en foto: Marie Rheeder Troskie

 




MIELIEPAPKOEK

mieliepaptested

MIELIEPAPKOEK

Gebruik oorskietmieliepap wat nie te styf is nie en skep dit in ‘n gesmeerde randkoekpan. Sit die pap in die yskas tot dit koud is. Keer dit uit. Berei ‘n sous van gebraaie uie en tamaties voor en skep dit in die holte. Laat die papkoek afkoel en bedien saam met braaivleis.
Hierdie papkoek kan ook gevries word. Haal dit uit die vrieskas en laat ontdooi wanneer nodig. Draai dit in foelie toe en verhit in die oond. Sny dit in skywe en bedien. Jy kan ook enige vleismengsel in die holte sit.
*Keur mieliegeregte*-Rina Kleinhans.

Nota:

Floraine Wasserman Venter
Ek sit by tamatiesmoor ook sampioene, peppadews en gekerfte biltong, strooi gerasperde kaas en ekstra fyn biltong en gekapte pietersielie oor net voor opdiening




MIELIEKOEKIES

Mieliekoekies brineel

MIELIEKOEKIES
100 g meel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
1 eier, geklits
150 ml laevet melk
1 blik pitmielies, gedreineer
3 sprietuie, gesny

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Klits die eier en melk saam en voeg by die droë bestanddele. Klits goed om klonte te verhinder. Voeg die mielies en sprietuie by en meng goed. Verhit ’n kleefvrye pan en spuit goed met nie-kleefmiddel. Die beslag is effens loperig – gebruik dus ’n metaalkoekiedrukker in die pan om die koekies rond te hou. Spuit die koekiedrukker ook met die nie-kleefmiddel en plaas in die warm pan. Skep ’n groot lepelvol van die mengsel in die middel van die uitdrukker. Laat staan tot effens gestol en lig dan die uitdrukker af. Braai die koekie tot jy dit kan omdraai en braai dan aan die ander kant tot gaar. Hou warm en herhaal met die res van die mengsel. Sit voor saam met tamatie-rissiekonfyt.
Foto:  Brineel du Toit