

MIELIEKOEKIES MET DILLE EN KOMKOMMERDOOPSOUS
Doopsous:
1 koppie rysasyn
125 ml bruinsuiker
15 ml vissous
7 cm stuk komkommer, geskil en in klein blokkies gesny
45 ml gekapte vars dille (ek het pietersielie gebruik)
15 ml gekapte vars koljander
Plaas die rysasyn en suiker in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die vissous by, verwyder van die hitte en laat afkoel.
Sodrae afgekoel, roer die komkommer en kruie by. Laat oornag in die yskas staan om die geure te laat ontwikkel.
Mieliekoekies:
250 ml heelpitmielies, geblik of vars gaargekook (ek het ‘n blik suikermielies gebruik)
4 e gekapte vars dille (ek het pietersielie gebruik)
5 cm vars gemmer, skoongemaak en fyngerasper
3 knoffelhuisies, fyngemaak
1 koppie koekmeel
80 ml mielieblom (ek het papmeel gebruik)
2,5 ml sout
1 eier, liggies geklits
150 ml melk (ek het die melk uitgelos, want die suikermielies het genoeg vloeistof by)
Kook olie vir diep braai
Sit die mielies, dille, gemmer, knoffel, koekmeel, mielieblom en sout in bak en meng goed. Voeg die eier en melk by en meng totdat dit ‘n deeg vorm wat stadig van ‘n lepel afval. Voeg nog melk by indien nodig.
Diep braai lepels vol in olie.
Dreineer en bedien met doopsous.
Foto: Benhet Nieuwenhuis