ADENDORFF MIELIEBROOD

2014-03-22-mieliebroodtested
ADENDORFF MIELIEBROOD
Resep en foto:  Dirk Adendorff
FOOD LOVERS RECIPES
Regte egte tradisionele Adendorff mieliebrood in ‘n koffieblik soos ons oupas en oumas dit gemaak het.
6 koppies gemaalde mielies (Gebruik groenmielies wat se pitte al so bietjie hard is.)
250 g botter
1 koppie suiker
3 eiers
1½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout

Sny die boonste rand van ‘n koffie blik af met ‘n blikoopmaker. Smeer die koffieblik met botter. Smelt die botter en meng al die bestanddele saam.  Plaas al die bestanddele in die koffieblik tot so driekwart vol. Maak met foelie toe en bind foelie met tou vas. Maak ‘n klein gaatjie met ‘n mes in die foelie vir stoom om uit te kom. Sit die koffieblik in ‘n pot met water. Die blik moet so halfpad in die water staan.
Kook /stoom stadig vir 2½ uur. Keer uit, sny en smeer met botter.
Baie lekker op sy eie of bedien saam met gebraaide lewer of gebraaide boerewors en ertjies. Die gemaalde mielies kan in sakkies gesit word en gevries word dan kan jy lekker mieliebrood in die winter ook geniet.

Dirk Adendorff – Daar kom geen meel in die mieliebrood. Dit is die oorspronklike mieliebrood wat sy oorsprong in Noord-Natal het en al van geslag tot geslag oorgedra is. As jy eers die moeite gedoen het om dit te maak proe al die ander maar 2de klas. Die water moet net-net kook, ek sit my stoofplaat so op no. 4.

 




SUURPAP-MAGOUE

cooking-mieliepap-in-potjiie-traditionalafricanfoodtested
SUURPAP-MAGOUE
20 lt emmer
5 kg Papmeel
Louwater

Gooi louwater by papmeel in emmer tot vol
Sit by die son ..Laat suur word
Dan kook, as klaar gekook gooi 3 k Koekmeel by
Roer en laat staan tot more

*Johanna chef at *Die Grasdak*




STEFAANS SE GEELPAP

2014-02-08-stefaanssegeelpap

GEELPAP SONDER BOTTER is nie GEELPAP NIE!
3 koppies water
1 teelepel sout
2 eetlepels botter

Gooi alles in die water en kook. Wanneer die water kook, stel jy die stoof af na nommer 1 en roer nou 1 koppie geel mielie meel daarin. Sit die deksel op en los vir so 15 minute om te prut.
DAN sit jy NOG 2 eetlepels botter in en roer goed deur en laat vir nog so 10 minute prut. Dan het jy ‘n lekker gladde geel pap, met SMAAK.
Nou skep jy dit op saam met melk en suiker, en nog ‘n stukkie botter, of saam met ‘n lekker uie en tamatie sousie, OF saam met daai VLEIS SOUS.
Resep en foto: Stefaans Blaauw




LEPELBROOD

lepelbrood 2tested
LEPELBROOD
450 ml melk
300 ml mieliemeel
5 ml sout
50 ml margarien, gesmelt
4 eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n diep oondvaste bak van 24cm met margarien. Verhit die melk tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die mieliemeel geleidelik by, roer tot glad. Plaas terug op die hitte en laat kook tot die mengsel verdik het; roer elke nou en dan. Voeg die sout, asook gesmelte margarien by. Verwyder van die hitte en laat heelwat afkoel. Klits die eiergele en vou by die mengsel in . Klits die eierwitte styf en vou ook by die mengsel in. Skep in die voorbereide bak en bak sowat 35-40 min lank of tot gaar. Dien warm op saam met ‘n smeersel botter. Genoeg vir 4-6 mense.

Dankie aan : *my eie* Ouma Nellie
Foto: Noeline Schoeman Vermaak

 




PAP EN FYN KAIINGS

2014-02-02-1779942_229343037251535_477141869_ntested

PAP EN FYN KAIINGS
Vir die Pap (Mieliemeel)
2 koppies (500ml) water
1/2 t (2,5 ml) sout
1 koppie (250ml) mieliemeel (of polenta)
1 Tbls (15 ml) botter

Plaas die water en sout in ‘n kastrol. Bring tot kookpunt.
Draai na ‘n lae hitte sodra kook en onmiddellik voeg die botter en die mieliemeel (of polenta). Moenie wag vir die water om af te koel. Meng om te kombineer.
Eers met ekstra water of mieliemeel
Laat kook gedek op ‘n lae hitte vir sowat 30 minute.
Bedien warm

Kaiings – Bonita Wright
EK gebruik lam lies, laat die slagter dit sommer klaar vir jou fyn maal. Soos maalvleis. Gooi in driepootpot op gasbottel en laat die vetjies begin smelt. Die vleis gedeelte begin dan “deepfry” in die vetjies. Ek loer maar so nou en dan tot dit lekkerbros gebraai is. En roer dat dit nie vas brand nie. Skep die kaiings uit en gooi flippen lekker braaispice oor. Bottel die olie wat lekker is om later weer te gebruik.
Annalie Heymann van Wyk
Baie dankie, gaan dit definitief probeer. As ek reg onthou, het my ma heel skaapstertjies ook bygesit.





EASY SAMP BOBOTIE

stampmieliebobotietested
EASY SAMP BOBOTIE

“The Duchess @ Cornwall” served a lovely, rich dish today….. and easy to prepare as well

Put 5 cups already cooked Samp in a baking dish and smooth it a little.
Dissolve a chicken stock cube in a cup of boiling water. Pour over the samp evenly. In another bowl , prepare 3 eggs and whisk in one and a half cup of cream, 1 teaspoon salt and ½ teaspoon coarse black pepper . (optionally also add half a teaspoon chopped up green chilly). Then pour the mixture over the samp and bake on 200°C for 35 minutes or until set. Scatter parsley over when it comes out of the oven. Serve immediately.
Enjoy

Recipe and photo: Heather Strumpher




SLAP PAP-STYWE PAP-KRUMMEL-PAP

mieliepap in slow cooker

SLAP PAP-STYWE PAP-KRUMMEL-PAP

Die geheim van goeie pap lê in die regte verhouding van water tot meel. Maar hoeveel water vir slappap – en hoe gereeld roer jy krummelpap nou weer? Ons verduidelik jou mooi.

Jy benodig

(genoeg vir 4-6 mense)

Vir stywepap
1½ koppie water en 1 koppie mieliemeel

Vir sagte ontbytpap
2 koppies water en 1 koppie mieliemeel

Vir krummelpap
1 koppie water en 1 koppie mieliemeel

Só maak jy

Stywe- en ontbytpap
Meng die helfte van die koue water met die meel en hou dit eenkant. Giet dan die res van die water in ’n pot, geur dit met sout, en verhit die water tot dit vinnig borrel en kook.
Skep die meelmengsel by en verlaag die hitte. Prut die pap vir 20-30 minute terwyl jy dit aanhoudend roer om ’n gladde dog stywe tekstuur te kry. Stywepap prut omtrent 5 minute langer as ontbytpap.

Krummelpap
Giet die water in ’n pot met ’n deksel, geur dit met sout en verhit dit tot kookpunt. Giet al die meel op een slag by sodat dit op ’n hoop in die middel van die pot lê. Moenie dit roer nie.
Sit die deksel op en kook die meeltoring vir 7 minute.
Krap die pap met ’n vurk los sodat dit fyn krummels maak.
Draai die hitte laer (of verminder die kole) en stoom die pap vir 20-30 minute tot dit sag en gaar is.
Roer ’n klontjie botter in en skep op.
Bron: Wegsleep

Marianne de Beer
Die maklikste manier wat ek my kids geleer het is om 2 koppies water te kook en dan so ½ koppie mieliemeel met koue water te meng tot ‘n gladde pasta en dan by die kookwater in te roer. Jy kan bietjie meer meel gebruik, maar soos hulle dit maak het dit dan nie melk nodig nie, net klontjie botter en suiker.




OORSKIET MIELIEPAPBALLE

2014-01-08-oorskietmieliepapballetested
OORSKIET MIELIEPAPBALLE
In die huis word daar nie gemors met kos nie so daarom word oorskiet omvorm in iets anders.

Dis oorskiet mieliepap van ontbyt(so dis slap pap seker,haha)dan meng jy een eier in en smaakmiddels van jou keuse,2 eetlepels koekmeel en 1 teelepel bakpoeier en jy kan kaas of koue vleis of wat ookal jy van hou ingooi.Vorm die pap(dis maar klouerige storie) en rol in krummels of gebruik soos ek sommer van daai nuwe Kellogs pap wat fyn is en dan braai jy dit in vlak olie tot gaar en mooi bruin.

Dit gaan middagete wees saam met slaaierigheid.

Naudéa Visser
Dit was omtrent net 1 koppie gaar oorskiet pap wat ek gebruik het so daai hoeveelheid eier en meel is vir daai hoeveelheid pap en dis die hoeveelheid “koekies” wat ek uitkry soos jy kan sien op die foto.Dis genoeg vir ons 3 in die huis,jy kan mos maar net verdubbel ens as jy vir baie mense wil maak.

BRON- Naudéa Visser




GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT

pap in die slow cookertested
GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT
2 – 3 koppies mieliemeel
500 ml kookwater
500 ml warm melk
kaas na smaak
heelpit mielies na smaak
5 – 10ml sout na smaak
Meng die mieliemeel, water, melk en die sout in die prutpot (slowcooker)
Ek sit al vroeg middag die pot aan op High, maar as jy wil kan jy al in die oggend dit begin op “High”, en later afdraai na “Low” of “Auto” toe.
Die prut dan heel dag, so roer maar net af en toe, en voeg nog vloeistof by indien nodig.
As pap reg is, voeg die kaas en mielies ook by en roer deeglik.
Laat staan op “Low” om warm te bly tot benodig.

Resep en foto:  Gillian Logan Bredenhann




MILJOENERSPAP


MILJOENERSPAP
Wie van julle ken miljoenerspap?
Vir al die braaiers wat lief is vir n lekker bykos. Probeer gerus die een.
Jy kan dit in ‘n swartpot maak buite of in die huis op die stoof.
Maak eerste vir jou ‘n pot met stywerige pap anders sal hy aan die einde bietjie loperig wees.
Maak soveel pap dat ‘n nommer 2 pot so bietjie oor half is.
Braai 2 groot uie en ‘n pakkie gesnipperde spek tot gaar en voeg ‘n blikkie sampioene by.
Laat bietjie verder braai.
Voeg by die pap.
Voeg ‘n blik pitmielies en ‘n blik roommielies by en roer deur.
Heel laaste voeg jy ‘n blikkie kondensmelk by en roer deur.
Laat nog so 10-15 min baie stadig prut.
Moenie laat brand nie.
Moenie sleg voel as daar braaivleis oor is nie.
Die pappot sal definitief leeg wees na dese