MIELIEPAP IN DIE MIKROGOLF
Elsie Opperman
Makliker nog, ek maak myne ook in die mikrogolf.
So 600 ml kookwater en half koppie mieliemeel vir slap pap. Klits die mieliemeel met ‘n draadklitser by die kookwater, en bedek met clingwrap. Maak ‘n gaatjie in die wrap en mikrogolf op high vir so 6 minute. Tip spuit jou bak met kossproei, is dan makliker. En onthou die sout. Vat bietjie meer meel vir stywe pap. Ek roer myne so
Louise Lombard
Vat ‘n glasbak met ‘n deksel! Gooi meel net so droog in! Ek gooi 3/4 meel koppie in! Voeg sout by! Sit deksel op en sit vir 2 min in mikro! Haal uit voeg kookwater by tot hoe slap/styf jy dit wil he! Sit deksel op, terug in mikto vir 4 min, roer weer deur! Terug vir 4 minute en klaar is dit! Baie maklik en baie lekker!!
Meyer Combrinck
Ja Louise Lombard, ek maak ook eers my meel ‘gaar’ voor ek water bygooi. Dit gee daai effense aangebrand-smaak wat mieliepap so lekker maak!
Hou net jou oog op die droë meel. Ek sit myne 1 min op ‘n slag en roer na elke keer. Dit kan in ‘n japtrap verbrand. Maar sodra jy daai ‘magical’ punt van perfeksie bereik het voor jy die water bygooi, proe dit baie lekker.
Suneth van Rensburg
1 koppie mieliemeel
3 koppies kookwater
Sout
2 eetl botter
Plaas pap in glasbak en milrogolf droog vir 90 sekondes. Haal uit en voeg water en sout by. Roer goed deur. Mikrogolf oop op hoog vir 10 minute. Roer botter by warm pap. Jy kan ook blikkie mielies inroer – heelpit of geroom.












