MIELIEPAP IN STREEPSPEK

 

Mieliepap in spektested

Mieliepap in streepspek toegedraai en op die rooster gebraai wow iets besonders probeer dit gerus.
Sny die koue mieliepap in lang blokkies, draai toe met spreetspek, steek vas met stokkies en braai op die kole.

Mens kan ook ‘n strepie kaas in die mieliepap sit voor jy hom toedraai.

Foto en idee:  Johan Coetzee




BACON AND SPINACH MIELIEBREAD

bacon mieliebread ceceliatested
BACON AND SPINACH MIELIEBREAD

6 – 8 bacon rashers, grilled and finely chopped
500 ml self-raising flour OR 500 ml flour and 20 ml baking powder
125 ml cheddar cheese, grated
100 g spinash, finely chopped
1 can corn kernels (not the sweetcorn type), drained
125 ml olive oil
3 large eggs
salt and pepper

Preheat oven to 200ºC. Grease and line a deep loaf pan.
Mix bacon, flour, cheddar, spinach and corn together.
Whisk oil, eggs and seasoning together.
Stir into dry ingredients to make a batter.
Pour into loaf pan and bake for about 30 minutes (start testing to see if the bread is cooked after about 25 minutes).
Leave to cool slightly, in pan.
Remove from tin and serve.
O ja Rina in die savory muffin pannetjie het ek net mooi ses uit die hoeveelheid deeg gekry , die holte tot amper bo gevul.
Oond op 18o°C en gebak vir 25 minute.

Foto:  Cecelia Gouws




PAPTERT ALA KOOS

paptert ala koostested

PAPTERT ALA KOOS
Hierdie spesifieke paptert is so gemaak:
Maak ‘n pot slap pap, tussen heel slap en medium styf. Ons ken dit maar as gewone slap pap maar dit moenie te slap of te styf wees nie.
Braai uie, groen, rooi en geel peppers, tamaties en mushrooms saam.
Voeg sout en peper, ‘n bietjie suiker en tamatiesous by. (Hier kan jy insit net wat jy voor lus is)
Kook vir ‘n rukkie en die belangrikste, maak seker jy het baie gerasperde kaas.
Wanneer die pap halfpad gaar is, skep ‘n laag pap in ‘n oondvaste bak.
Skep van die gekookte mengsel oor die pap.
Gooi baie kaas oor, Bedek heeltemal.
Skep dan die volgende laag pap, en gooi dan die laaste sous oor.
Gooi nou weer ‘n klomp kaas oor.

Hou by die volgorde:
Pap
Sous mengsel
Kaas
Pap
Sous mengsel
Kaas
Sit in die oond en bak teen 160°C vir ‘n uur.
Hou dop dat die kaas nie brand nie.
Bak net van onder met die oond fan aan.

Foto en resep:  Koos van der Merwe

Hilda Harvie:
Ek maak ook ‘n paptert wat mense hul vingers laat afeet. Ek gebruik nie n resep nie, sommer so uit my kop. Ek maak ‘n potjie pap, nie te slap, net amper styf. Roer een blikkie geroomde sweetcorn by die pap. Geheim van lekker pap is genoeg sout en botter (margarien). Braai uie, knoffel liggies met botter of margarien saam met pakkie gekapte bacon. Gooi een blik soet tamaties by gebraaide bacon en geur na smaak. Maak witsous, genoeg om lae te pak. Rasper lekker baie kaas. Pak nou in lae. Eers ‘n lagie pap, dan die bacon mengsel, dan die witsous en gooi kaas oor. Pak nog so laag en gooi genoeg kaas bo-oor. Bak nou in oond tot mooi bruin bo. Dit is vingerleklekker!! Eintlik kan jy speel met bestandele. Greenpeppers,sampioene ens… kan ook by die baconmengsel gevoeg word. Hierdie kan regtig ‘n ete op sy eie ook wees vir die papliefhebbers… SOOS EK!!




DIRK SE MIELIETERT

tested
DIRK SE MIELIETERT
Hierdie is lekker saam met braaivleis
4 eiers
2 groot blikke roommielies
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
15 ml bakpoeier
Meng alles met ‘n hand klitser en gooi in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180 ºC tot goudbruin.

FOTO:  Eileen Zeelie Ackermann en Marie Rheeder Troskie

Anne Snyman
Ek het dit vannaand gemaak by ons braaivleis, gebraaide uie bygevoeg en dit was heerlik. O ja, en ek het geen suiker bygevoeg nie, aangesien die sweetcorn self soet is. Ek het ook kaas ingesit. Dit was heerlik.

Veronica Kern
Hierdie is die lekkerste resep. Regtig nie room nodig nie. Ek gebruik altyd 1 blik geroomde mielies en 1 blik heelpit mielies.


Meisie Van Der Colff
Gisteraand het my dogter die mielietert gebak vir ‘n braai vanaand. Sy het 1 blikkie ekstra mielies bygesit om groter tert te maak so die bestanddele was 3 blikkies, 6 eiers en die res 100ml bakpoeier 20 ml gemaak.




MIELIE PAP TART

mieliepap tert elsabietested

MIELIE PAP TART
25 ml olive oil or butter
250 g rindless smoked bacon, chopped
3 large onions, chopped
2 cloves garlic, crushed
250 g mushrooms, sliced
100 ml dry white wine
5 ml dried herbs (basil or origanum), or 15ml fresh herbs
2 x 425 g cans chopped tomatoes
750 ml mealie meal
1 x 410 g can sweet corn
300 ml grated Cheddar cheese
250 g rindless streaky bacon

Heat the oil in a pot or saucepan and fry the chopped bacon over a medium heat. Remove from the pan. Add the onions and garlic and fry until golden. Add the mushrooms and cook for a minute. Return the bacon to the pot or saucepan and increase the heat.

Add the wine along with the dried herbs. (If you are using fresh herbs, only add them once the sauce is cooked.) Bring to the boil and simmer for about five minutes. Add the tomatoes and cook over a high heat until the mixture thickens. Keep stirring to prevent it from burning. Remove from the heat and set aside.

Pap Pour 1 750ml water into another pot, and stir in the mealie meal and 15ml salt. Cook over a low heat, stirring until it starts to boil. Continue to stir over a low heat for eight to 10 minutes, then add the sweet corn and remove from the heat.

Oil an ovenproof dish or flat-bottomed black pot if you’re going to cook it over the fire. Spoon a 3cm layer of pap onto the base and cover with a layer of sauce. Continue in this way, ending with a layer of sauce. Cover with cheese and top with twists of streaky bacon in a crisscross pattern.

Bake in a preheated oven for between 40 minutes and an hour. To cook the tart on the fire, place a few coals under the pot and cook slowly for one hour, then put some coals on the lid for 15 minutes. Check regularly to make sure it doesn’t burn.
Post and Photo Elsabie Templeton
Note:  I added wilted baby spinach and fried brown mushrooms
om die “wilted” spinasie te kry sit ek sommer my blare in ‘n metaal kolander in die wasbak en gooi stadig kookwater oor dit totdat dit alles verlep het (een ketel is genoeg), dreineer en druk al die water uit en gebruik- Elsabie Templeton




RENE SE STAMPMIELIEGEREG

tested

RENE SE STAMPMIELIE GEREG
Ek maak my stampmielies gaar, so lekker souserig.
En dan sit ek by wat daardie dag in die huis is.
Spek, uie, sampioene, pepers ens. wat ek gebraai het en goeie skoot cheddar kaas,

So ongeveer 250 ml melk
3 GROOT geklitsde eiers
0ngeveer 45 g koekmeel saam geklits.

Meng die stampmielies, gebraaide uie ens. en kaas. Sit in bakskottel en giet melkmengsel oor.
In die swartpot op die vuur, matige kole , so 45 minute tot ‘n uur. Oond 180 ºC 45 minute

Resep: Rene Truter Wessels




VINNIGE MIKROGOLF PAP

vinnige mikrogolf paptested

VINNIGE MIKROGOLF PAP

My suster se dogter het hier by ons in die Kaap kom kuier en die vinnige mikrogolf pap gemaak. Ek was vanaand lus vir pap en het nie ‘n uur tyd om krummelpap te maak nie, toe onthou ek die resep. Dis regtig lekker.

1 koppie braaipap
1 koppie melk
2 eiers
1 blik soetmielies
1 eetlepel olie
1 eetlepel botter of margarien
1 teelepel sout

Meng als saam in glasbak met vurk.
Mikrogolf vir 16 minute op vol krag.
Roer elke 2 minute.

Geniet

Foto en resep:  Anita Steyn




MICROWAVE MEALIE MEAL IN RICE MAKER

MICROWAVE MEALIE MEAL IN RICE MAKER

500 ml mealie meal
5 ml salt
250 ml cold water
750 ml boiling water

Combine the mealie meal and salt with 250 ml cold water in the microwave rice maker bowl, mix with a paddle scraper.
Add 500 ml boiling water to the mixture and stir. Cover with the microwave rice maker inner and outer and place in the microwave. Cook on high for 5 minutes.
Remove from microwave and stir the mixture to break it up.
Add 250 ml boiling water android stir, place in microwave for 5 minutes.
Remove from microwave and serve.
Cooking time may vary microwave.
Add less water for stiffer texture.

Posted by Dennis en Liefie Meyer




MEALIE PAP IN THE MICROWAVE USING A RICE COOKER

MEALIE PAP IN THE MICROWAVE USING A RICE COOKER
500 ml mealie meal
5 ml salt
250 ml cold water
750 ml boiling water

Combine the mealie meal and salt with 250ml cold water in the microwave rice maker bowl, mix with a paddle scraper.
Add 500ml boiling water to the mixture and stir. Cover with the microwave rice maker inner and outer and place in the microwave. Cook on high for 5 minutes.

Remove from microwave and stir the mixture to break it up.
Add 250 ml boiling water and stir, place in microwave for 5 minutes.
Remove from microwave and serve.
Cooking time may vary microwave.
Add less water for stiffer texture.
Recipe placed by: Denis en Liefie Meyer
Photo:  Rina Kleinhans




CHAKALAKA MIELIEKOEKIES

chakalaka koekiestested

CHAKALAKA MIELIEKOEKIES
Ek het my vrou gou gehelp met die bykosse vir die braai en besluit toe om Chakalaka koekies te bak om saam te geniet met die braaivleis.

2 blikkies Chakalaka met sweetcorn
4 eiers in gemeng saam met die Chakalaka
Moenie vra hoeveel nie, maar koekmeel tot amper styf maar nog loperig seker  ongeveer 2 koppies.
Voeg 2 teelepels bakpoeier by, en meng goed en braai in warm olie
En so lyk die brousul en proe nogal heerlik. Sal dit netnou geniet saam met die braaivleis.

Resep en foto:  Koos van der Merwe