DIARY FREE, EGG FREE AND NUT FREE SWEETCORN FRITTERS

DIARY FREE, EGG FREE AND NUT FREE SWEETCORN FRITTERS

serves 3-4

80 g plain flour
a pinch of salt
1 tbsp baking powder
105 ml water (7 tbsps)
1 small can of sweetcorn
– Sift the dry ingredients into a bowl, stir in the water to make a smooth but thick paste

Stir in the sweetcorn
Fry spoonfuls in hot sunflower oil, until golden on both sides.
Serve (How easy was that!)

 




GOUE MIELIEBROOD

2015-04-22-gouemieliebroodtested

GOUE MIELIEBROOD
Resep: Golden Cornbread (Art of Cooking – Carolie de Koster)
Foto’s en notas: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml mieliemeel (ek verkies polenta omdat dit ‘n dieper goue kleur gee)
375 ml koekmeel
375 ml gaar mieliepitte van die stronk afgesny, geblikte of gevriesde mieliepitte (ek het *geroomde mielies gebruik en 1 gaar mielie van die stronk afgesny.
20 ml bakpoeier
15 ml suiker
5 ml sout
350 ml melk
50 ml sonneblom olie
2 eiers

Meng die droë bestandele en mielie pitte in ‘n mengbak. (*As jy die geroomde mielies gebruik meng dit eerder saam met die melk & eiers.)
Klits die eiers, melk olie saam en voeg by die droee bestanDdele en meng goed.
Skep in goed gesmeerde broodpan (omtrent 280 x 110 x 65 mm of 225 x 125 x 80 mm). Ek skud altyd my panne uit met meel om te verhoed dat enigiets vassit.
Bak teen 180°C vir 50-60 minute of totdat goud bruin en deurgebak. Toets met metaal pen om seker te maak dis ferm en geen klammigheid in die middel nie. Met die geroomde mielies gaan dit effens klammer wees as wanneer jy net mieliepitte gebruik.
Laat vir paar minute afkoel in die pan, maak seker die broodjie se kante is los van die pan en keer uit op ‘n afkoel rakkie.
Bedien warm of afgekoel en selfs geroosterde snytjies. Dis ‘n baie bros broodjie so dit sny makliker as dit afgekoel het. Jy kan gerasperde kaas, gekapte spriet uitjies, gebraaide spek stukkies bysit vir ekstra geur. Ek het gedroogde chillie vlokkies bygesit vir bietjie zing!!!

1 Broodjie gee 16-20 snytjies

Ek het die resep verdubbel en twee brode gebak. Dit vries perfek. Nadat dit ontdooi is kan dit in die oond by 160°C weer warm gemaak word vir 8-10 minute.

Nota:
Die hoeveelheid beslag pas perfek in hierdie 3 pannetjies met 6 individuele broodjies elk. Ek bak dit weer vandag as Klein broodjies vir ‘n braai met gesnipperde sprietuitjies en gesprinkel met gerookte paprika en kaas voor dit in die oond gaan. Dit bak Dan ongeveer 25-30 minute in my gasoond.

 




GERALDINE SE STAMPMIELIE-GEREG

stampmielie geregtested
GERALDINE SE STAMPMIELIE-GEREG
Hier is n lekker by kos saam met braaivleis.
3 koppies stampmielies
1 koppie mayonnaise
1 pakkie wit uiesop
250 ml room
250 gr spek gesnipper
1 ui gekerf
kaas om bo-oor te rasper
1 pakkie sampioene opgesny
aromat na smaak.
Week mielies oornag. Kook volgede dag. Dreineer en spoel met koue water af. Braai ui, sampioene en spek gaar. Meng alles saam. Skep in gesmeerde bak, strooi gerasperde kaas oor en bak by 180 ºC tot goudbruin.

Resep: Hester Vrey
Foto: Geraldine Chantel Combrink
Nota:  dis vrek lekker bietjie knoffel bygegooi, het my stampmielies vanoggend is water geweek en so 4 uur vir 1 uur in mikrogolf gekook,sag sag sag




ALTA SE MIELIETERT

2015-11-06-lekkerstemielietertmetbacontested

ALTA SE MIELIETERT
1 blik suikermielies
1 blik pitmielies
1 koppie mieliemeel
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
100 ml suiker
knippie sout
3 eiers
2 eetlepels olie
125 ml melk
125 ml room
Meng alles saam. Skep in voorbereide  glasbak. Mikrogolf op hoog vir 15 – 18 min.
Dit was absoluut heerlik!!!!

Resep deur Alta Lubbe
Foto:  Janka Nagel – spek bygesit
Ek deel die lekkerste Mielietert resep wat ek op fb gesien en gemaak het!
Mielietert met spek:
2 blikkies Creamy Sweetcorn
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier
1 pakkie spek gesnipper
60 ml koekmeel
Meng alles saam en bak vir 40 min teen 180 ºC en geniet!




PAPSTAPELTJIES

 

papstapeltjiestested
PAPSTAPELTJIES

Vanaand die interresante pap met vorm en smaak probeer saam met T-been. Het die plan onlangs raakgeloop. Het die resep aangepas sonder sampione (by tydelike gebrek daarvan)en het geel meel gebruik. Nog steeds lekker gewerk en baie posetiewe kommentaar uitgelok.
50 ml fyn gesynde biltong per persoon.
50 ml gerasperde cheddar kaas per persoon.
Mieliepap ( tussen slap en styf met minder sout as gewoonlik) volgens die aantal persone.
Een swart sampioen per persoon
Knoffelbotter
Sout & peper na smaak
1 skoongemaakte kondensmelk blikkie ( bo en onderkant oopgesny) per persoon.
Tamatie en uie smoor na smaak.
30 ml geroomde spinasie per persoon
Voorverhit die oond tot 120 grade
Roer biltong & kaas by gaar pap
Braai sampioen in riffelpan, smeer met knoffelbotter, geur met sout & peper.
Plaas blikkies in oondpan, spuit met kleefwerende kossproei.
Plaas skeppie pap in elkeen gevolg deur 15ml tamatie mengsel gevolg deur nog n’ skeppie pap, spinasie, sampioen, en laaste weer tamatie mengsel.
Bedek met aluminumfoelie en Plaas in voorverhitte oond tot steak gereed is.
Bron. “Toptien-Tuiskokke ” Leserskring
Foto:  Christina En LP Louw




SOUTHERN FRIED CORNBREAD

 

2015-03-09-cornbread
SOUTHERN FRIED CORNBREAD
2/3 cup cornmeal
1/3 cup self rising flour
1/3 cup low fat buttermilk
1 large egg
oil for frying (I used about 3 tbsps coconut oil, but you can use whatever you like)
Combine first 4 ingredients together in a bowl, mixing well. Mixture should be very moist but not soupy. Heat oil in skillet and drop by spoonfuls into oil. Cook til brown on one side and flip (it cooks kind of like a pancake) to brown on the other side. Place on plate with paper towels and blot any excess oil.
Source: Courtney Luper.




BAKED SAVOURY SAMP

Baked Savoury Samp

BAKED SAVOURY SAMP
500 ml Samp (2 cups soaked overnight in water)
250 ml Fresh cream
250 ml Mayonnaise (only use Crosse & Blackwell tangy mayonnaise)
60 g Thick white onion soup
125 g Mature cheddar cheese (grated)
250 g Bacon (diced)
250 g Mushrooms (sliced)
2 Onions (diced)
2 Garlic cloves (crushed)
1/2 Green pepper (diced)
1/2 Red pepper (diced)

Pre-heat oven to 180ºC
Boil the Samp, until soft, rinse and set aside to cool.
Put some butter in a large frying pan and fry the bacon, onions and
mushrooms until done. Add the garlic, red and green peppers. Fry for a further two minutes.
Mix the cream, mayonnaise and soup together.
Add the cheddar cheese to the cold Samp, then mix in the bacon, mushrooms, onion, garlic and red and green peppers.
Lastly mix in the cream, mayonnaise and soup mixture.
Place the mixture in an ovenproof dish, grate some cheese over, sprinkle with a little paprika.
Bake in pre-heated oven for 30 minutes at 180º C

Also a great side dish for a braai. Serve warm !
BRON – Hennie Botha

Hennie Botha – Rina jy sal my nie glo hoe mense wat nie stampmielies eet hierdie gereg eet nie As jy maak bere bietjie vir more dis nog beter die volgende dag. Geniet dit. by ons is dit ‘n moet vir ‘n braai. dit was my hoof voorgereg op ‘Braai dag’ met ons braai




MICROWAVE PHUTU-PAP

 

2014-05-24-krummelpaptested
MICROWAVE PHUTU-PAP

2 Cups boiling water
1 Cup mieliemeel
1 t salt

Mix all ingredients together in a plastic bowl
Microwave on high power for 1 minute, then stir
Microwave for 4 minutes then stir with fork
Microwave for 5 minutes then loosen crumbs will fork
When cooked, add a blob of butter and mix through with a fork.
Serve with tomato and onion bredie
(optional) At 3 minutes add ½ tin Cream-style Sweet Corn
BRON – Joyce Koen




ADAM SE MIKROGOLF MIELIEBROOD

mieliebrood adamtested
ADAM SE MIKROGOLF MIELIEBROOD
Resep en foto:  Adam Cloete
2de foto: Hettie Theunissen:
FOOD LOVERS RECIPES
1 blik room mielies of heel mielies
2 eiers
3 ml sout
20 ml suiker
125 ml melk
250 ml meel
250 ml mieliemeel
15 ml bakpoeier
½ k kaas gerasper Spuit n ring pan.
Sprinkel paprika onder op bodem.
Meng al die bestanddele.
Mikro op volle krag vir 9 min.

Hettie Theunissen:
Suiker uitgelaat – Smaak lekker sonder die suiker. Dit is nie so soet nie.
Ek het dit in ‘n glas pan gebak ipv in ‘n jelring. Hy het nie aan die onderkant mooi gaar gebak nie toe keer ek dit om en bak weer vir ‘n paar minute.




PAPPEDELLE

pappedellatested
PAPPEDELLE
500 ml mielierys
1,5 liter kookwater
500 ml growwe mieliemeel
10 ml sout
1 blik (410 g) heelpitmielies
60 ml botter of margarien
gerasperde Cheddarkaas
braaisous van eie keuse
Bedek die mielierys met water en laat dit vir ‘n paar uur of verkieslik oornag week.
Dreineer die mielierys. Giet dit saam met die kookwater, mieliemeel en sout in ‘n groot swaarboomkastrol, meng deur en verhit dit tot kookpunt. Draai die hitte laer en laat dit vir omtrent 1 uur kook. Roer die pap een of twee keer goed deur terwyl dit prut.
Dreineer die heelpitmielies en roer dit saam met die botter by die pap. Meng deur en laat dit dan afkoel.
Gebruik ‘n roomyslepel en skep bolle pap in ‘n gesmeerde oondvaste bak of in die oond se braaipan.
Giet ‘n dik laag braaisous van gesmoorde tamatie en uie of sampioensous met gebraaide spekstukkies oor.
Strooi die kaas oor die sous en plaas die gereg vir ongeveer 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC totdat die kaas gesmelt is. Sit dit voor saam met braaivleis.
Nota – Elise Alberts: Ek het dit ook al gevries en net voor jy dit voorsit, giet die sous en kaas oor en verhit dit sommer in die mikrogolf.
Resep getoets en foto:  Bennie Geustyn