ANNE’S PAPTERT

Anne s Papterttested

ANNE’S PAPTERT
Serves 8
1 can chopped tomatoes
1 can corn – 200g frozen corn
250 chopped bacon
1 pkt mushrooms, chopped I used 200g
1 chopped onion
125 ml oil
375 ml milk
1 Cup Braaipap
Salt and pepper to taste
1 Cup grated cheese for the top

Put oven on 180 º Celsius
In a mixing bowl, mix all the above ingredients together except the cheese!
Bake in the oven for 1 hour
Sprinkle cheese on top and grill untill melted
Recipe submitted and photo by: Anne Jackson Majoor




SOMARIE SE PAPTERT

somarie se papterttested

SOMARIE SE PAPTERT

1 pakkie sampioene, in skyfies gesny
2 tamaties, in blokkies gesny
½ pakkie gesnipperde spek (hele pakkie kan ook gebruik word)
1 ui, gekap
1 blik suikermielies
1 250 ml room
Maak lekker krummel of stywepap en plaas in ‘n oondvaste bak.
Braai uie, bacon en sampioene saam tot gaar.
Voeg tamaties en mielies by en prut vir so rukkie.
Gooi houer room oor en geur met sout peper en aromat.
Gooi kaas oor en laat prut op ‘n lae hitte.
Gooi dan oor die pap, meng die sous bietjie deur die pap en plaas dan in ‘n 100°C oond tot opdiening.

Resep en foto: Somarié Muller




GESTOOMDE MIELIEBROOD

gestoomde mieliebroodgestoomde mieliebrood 2tested

GESTOOMDE MIELIEBROOD
Bron en foto: Mathilda van Tonder Leslie
2de foto:  Tanya Rossouw
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie sweetcorn, roomsoort
1 koppie mieliemeel
1 koppie koekmeel
3 eiers
1 eetlepel botter
3 teelp bakpoeier
half koppie suiker
knippie sout

Meng alles saam en stoom vir 1 uur in gesmeerde skottel.
Ek gebruik enamel ronde kastrol, jy kan 2 leë groot konfytblikke ook botter smeer en skep hul half vol en maak toe met foelie, sit in kastrol wat half gevul is met kookwater, deksel op en stoom vir 1 uur..

Nota:  Brenda Bouwer  – jy kan hom bak ook. Myne wat ek bak is dieselfde resep as die ene. Bak ook vir ‘n uur by 180 ºC

 




STAMPMIELIE- EN 4 BOONTJIESLAAI

STAMPMIELIE- EN 4 BOONTJIESLAAItested

STAMPMIELIE- EN 4 BOONTJIESLAAI
1 blikkie stampmielies en bone (samp and beans)
1 blikkie 4 bone mengsel in water, gedreineer. (4 bean mix in brine)
25 ml olyfolie
25 ml wit wynasyn
30 ml suurlemoensap
1 teelepel cumin poeier
Halwe teelepel kaneelpoeier
2 eetlepels fyngekapte kruisementblare
1 teelepel fyn knoffel
Sout en peper na smaak ( min sout aangesien die blikkies reeds sout bevat.)
Meng die boontjies en mielies. (Die geblikte stampmielies het ‘n soort van jellielaag om die mielies. Ek het dit eers met bietjie water in ‘n kastrol gemeng en warm gemaak op die stoof en toe gedreineer. Meng al die ander bestanddele in ‘n botteltjie met ‘n delsel, skud goed en laat vir ten minste ‘n halfuur in die yskas vir die geure om goed te meng. Net voor bediening, skud goed en giet oor die boontjies en mielies. Roer goed deur.
Wenk.
1. Dit is ideaal om oorskiet stampmielies vir hierdie gereg te gebruik.
2. Saggekookte droë perskes of appelkose, fyngesny kan daardeur gemeng word om ‘n soet smaak by te voeg.
Bron en foto: Adam Cloete.




MIELIEPAP EN ROOMMIELIES GEBAK

Mieliepap en roommielies gebaktested

MIELIEPAP EN ROOMMIELIES GEBAK
Lewer 4 – 6 porsies
’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit.
360 g (750 ml) growwe mieliemeel
250 ml (1 k) melk
500 ml (2 k) water
60 ml (¼ k)olyfolie
2 x 410 g-blikke suikermielies
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
½ klein ui, in dun wiggies gesny
6 – 8 knopiesampioene, in dik wiggies gesny
10 – 12 takkies vars tiemie

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n vlak oondvaste bak liggies met olyfolie.
Roer meel, melk, water, olie en suikermielies in oondbak saam en geur na smaak. Roer weer deur.
Strooi ui en sampioene oral oor mengsel, maar moenie weer roer nie. Sprinkel tiemie oral oor.
Bak vir 1 uur of tot meel gaar en gereg goudbruin bo-op is.
Wenk:
Laat ui en sampioene uit en skep ’n dik tamatiesmoor bo-op, sprinkel met ’n bietjie kaas en bak soos beskryf. Stukkies gebraaide spek kan ook bygevoeg word.
Bron en foto: Ina Vd Hyde-van Bosch




PAP EN VLA TERT

PAP EN VLA TERT
PAP
1 liter Water (4 koppies)
2,5 ml Sout (1/2 teelepel)
125 ml Suiker (1/2 koppie)
250 ml Mieliemeel (1 koppie)

VLA
3 Eiers
10 ml Vanielje (2 teelepels)
60 ml Strooisuiker (1/4 koppie)
180 ml Melk (3/4 koppie) warm gemaak
Neutmuskaat (1 knippie)

PAP
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Gooi 750 ml (3 k) water, die sout en die suiker in ’n pot en bring tot kookpunt. Meng die oorblywende water met die mieliemeel tot glad en voeg in die pot.
Bedek en kook oor lae hitte 20 min. terwyl jy roer. Verwyder die pap van die hitte en laat afkoel.

VLA
Klits die eiers, vanieljegeursel, strooisuiker en melk saam. Voer die bodem en kante van 4 ramekins (oondbestande poedingbak) met die afgekoelde pap uit en giet die vla-mengsel liggies oor.
Strooi die neutmuskaat oor elke gevulde ramekin. Bak 30 min. of tot net geset. Laat heeltemal afkoel, garneer en sit voor.

 




SAVOURY MINCE WITH SOFT POLENTA

Savoury Mince with Soft Polenta
SAVOURY MINCE WITH SOFT POLENTA

Ingredients
2 tablespoons olive oil
1 brown onion, finely chopped
2 garlic cloves, crushed
600g beef mince
1 large carrot, peeled, finely chopped
2 tablespoons tomato paste
3 x 400g cans crushed tomatoes
Polenta
2 cups milk
3/4 cup instant polenta
20g butter
1/3 cup grated parmesan cheese
1/4 cup basil leaves, to serve

Method
Step 1
Heat oil in a large saucepan over medium heat. Add onion and garlic. Cook, stirring occasionally, for 5 minutes or until onion is soft. Add mince. Cook, stirring with a wooden spoon to break up mince, for 15 minutes or until browned.
Step 2
Add carrot. Cook, stirring, for 5 minutes. Add tomato paste. Cook, stirring, for 2 to 4 minutes. Add crushed tomatoes. Increase heat to high. Bring to the boil.
Step 3
Reduce heat to medium-low. Simmer, uncovered, for 20 to 30 minutes or until sauce thickens. Season with salt and pepper.
Step 4
Meanwhile, bring milk and 2 cups of cold water to the boil in a large saucepan over high heat. Add polenta in a thin, steady stream, stirring constantly until combined. Reduce heat to low. Cook, stirring, for 4 to 5 minutes or until thick. Remove from heat. Stir in butter and 1/4 cup of parmesan.
Step 5
Spoon polenta onto plates. Top with the savoury mince. Sprinkle with remaining parmesan and basil. Serve.

Source: taste




RAGIELA SE GELAAIDE PAPTERT

paptert adamtested
RAGIELA SE GELAAIDE PAPTERT
Oorskiet mieliepap weer fyngedruk en in bietjie kookwater weer gekook tot “fluffy”,
1 pakkie sampioene, gaargemaak
½ soet rooi rissie, saam met sampioene gebraai
1 blik uie en tamatiesmoor
witsous
1 eiervrug skyfies, gesny en gebraai in olie
2 hoenderfilette, in repies gesny en in pan gebraai
i.p.v. sout het ek Aromat gebruik
Cheddar kaas, gerasper
Lagie pap onder in bak, stapel die res op in lae met witsous en kaas op elke lagie. Eindig met kaas.
Bak in oond tot deurwarm en kaas gesmelt. Siedaar, ‘n hele eenskottel ete!
Bron: Ragiela Cloete
Foto: Adam Cloete




DENVER SE STAMPMIELIE EN SOUSVLEIS GEREG

denver se samp potjietested

DENVER SE STAMPMIELIE EN SOUSVLEIS GEREG

As jy nie die stampmielies geweek het deur die nag nie kan  jy ook die samp afwas, kook dit vir vyf minute in water genoeg bo die samp. Laat staan dit dan vir ‘n uur. Spoel met skoon water en kook gaar binne ‘n uur.
Moet geen sout by voeg, wag tot laaste as die samp gaar is.
RESEP:
Pakkie Samp/stampmielies
Blokkies gekapte patat/aartappel en gekapte Blokkies wortel.
Sout en Peper
-Kook samp tot net sag, gooi dan gekapte patat en wortel in.
-season net met sout en peper en laat kook tot dit bind, groente weg kook.
– daar sal bietjie sous bo op wees, maar sit net deksel op en laat staan sonder hitte
-roer af en toe, en dit sal nie meer waterig lyk nie.

Lam stukkies
Sopbene
Bietjie sojasous as jy het
Swart en wit pepper en sout
Nutmeg
Bietjie suiker
Enige groente of mixed veg werk goed
-maak pot warm
-braai vetterige stukkies eerste.
-voeg vleis en bene bietjie vir bietjie by en braai in pot
-moenie water gooi, jou vleis moet heeltemal bruin lyk.
-sit n bay leave, rof gekapte wortel en ui in kwarte by.
-moenie water gooi
-geur met sojasous en pepper. Moenie. Haastig wees met sout. Proe eers voor sout gooi. Gooi bietjie suikertjies ook.
-laat die pot so sonder water steam, sit die deksel op.
-as als mooi bruin lyk, gooi ‘n ketel kook water oor tot verby die vleis.
-laat dit sag kook. Gooi gekapte ui by om lekker sous te maak en rasper bietjie nutmeg in.
-hou die pot dop want die water kook weg, en sal n lekker bruin sous maak.
-gooi groente laaste by.
-bedien jou bruin vleis sous oor die samp.
-jy kan afwissel en tamatie stew ook maak met dieselfde vleis.
Moenie lol met ander spices nie, net sout en pepper vir jou samp!!!!!
Nota:  Ek maak die samp verskillende maniere soos bv, samp met blokkies patat in, of snipper kool, bruin mushrooms. Wissel dit af. Die groente moet so “insmelt” in die samp.

FOTO EN RESEP:  Denver Petersen




SAMP BAKE-STAMPMIELIE GEBAK

SAMP BAKE-STAMPMIELIE GEBAKtested
SAMP BAKE-STAMPMIELIE GEBAK
500 ml samp -stampmielies
7 ml sout
10 ml olie
250 gr spek gesnipper
250 gr sampioene opgesny
375 ml mayonnaise
1 houer room
1 koppie melk
1 pakkie wit/bruin uiesop
250 ml kaas gerasper
gemaalde swartpeper
Week samp oornag en kook baie sag. In die olie braai spek en sampioene tot bruin. Meng mayonnaise, room, melk, soppoeier, kaas in ‘n groot mengbak.
Voeg spek, sampioene en die stampmielies by.
Meng goed deur plaas in ‘n oondbak en bak vir 45 min tot 1 uur op 180ºC.
Mense moenie se ek het julle nie gewaarsku nie.
‘n mens kan bietjie ander spices ook insit as julle wil soos veggie spice van robertson en aromat.
Dis ontsettend lekker.
Resep: Karin Hurn