LEKKER MELKPAP

2015-06-24-lekkermelkpaptested
LEKKER MELKPAP
1 ½ liter melk
½ teelepel sout en bring dit tot kookpunt.

Dan neem ek 1½ koppie koekmeel en gooi bietjie vir bietjie water by die meel en werk dit met my hande in. Voeg by melk wat kook en roer totdat dit gaar is. Bedien met kaneelsuiker.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma




GLUTEN FREE MELKKOS

sago melkkos met lemoentested
GLUTEN FREE MELKKOS
Traditional South African recipe for
Ingredients
1 litre full cream milk
50 ml sugar
2 sticks of cinnamon
(Opsional) 2 strips orange peel (Dried is better but, if you don’t have, two strips of fresh orange peel would be fine. Use your veggie peeler, super easy.)
250 ml sago
7 – 10 ml salt
25 ml butter (NOT margarine)
butter for serving
cinnamon sugar for serving

Method:
Place sago in a bowl and cover generously with water. Allow to stand for 30 minutes.
Place milk, sugar, orange peel and cinnamon sticks in a heavy-based saucepan and heat. (HINT: I love this just as is to drink before bedtime on a cold winter night. Sweet warm milk heady with the perfume of orange and cinnamon, what could be better!)
Drain the sago and add to the warm milk. Cook over a low heat while stirring. As the sago cooks, it will thicken the milk. (If the melkkos is too thick for your liking once cooked, simply stir in another half to full cup of warm milk.) Once the sago is cooked – i.e. the beads are transparent (it takes about 20 minutes), add the butter and salt and stir through.
Remove from the heat and remove the orange peel and cinnamon. Serve immediately in soup bowls with tonnes of cinnamon sugar and (if the devil is sitting on your shoulder) a small knob of butter too. If you really want to push out the boat, melt some apricot jam in the micro and give it a small drizzle of that as well.
Recipe by Lizet Hartley
Photo:  Sabrina Merli –  Note:  I just added 2 beaten egg yolks to give it a richer custard.




LORRAINE SE MELKKOS

melkkostested
LORRAINE SE MELKKOS
Resep is al 30+ jaar in ons familiegebruik.
Kook 1 liter melk tot kookpunt. Voeg 1 teelepel vanilla geursel by.
1 koppie koekmeel (ek gebruik sommer selfraising flour)
1 teelepel mazeina
4 eetlepels margarien
1 teelepel sout

Meng meel, margarien  en sout tot krummels.
Voeg by kookmelk en roer tot dit verdik.
Kook oor stadige hitte vir so 5 minute.
Roer gereeld.
Bedien met suiker en kaneel.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand




VOLKORINGMEEL MELKKOS

melkkostested
VOLKORINGMEEL MELKKOS

130g (250ml) volkoringmeel
2ml bakpoeier
2-3 ml sout
15ml margarien
40-50 ml koue water
1liter melk, verhit tot net onder kookpunt
2 ekstra groot eiers, geskei
15 ml suiker
15 ml fyn kaneel

Sif meel, bakpoeier en sout saam in mengbak.
Voeg semels wat in sif agtergebly het weer by.
Vryf die margarien in met jou vingerpunte tot goed gemeng.
Voeg net genoeg koue water by om die meel frummelrig te maak (pas op vir te veel water).
Strooi die deeg frummels stadig oor die verhitte melk in die kastrol terwyl aanhoudend met vurk geroer word.
Verlaag hitte en prut tot mengsel dik en gaar is. Roer elke nou en dan.
Klits die eiergele saam met die suiker en fyn kaneel tot lig en romerig.
Meng bietjie van die melk mengsel met eiergele en voeg dit dan stadig by die orige melk.
Roer goed en prut vir paar minute sodat eiergeel net gaar kan word.
Klits intussen die eierwitte tot sagte punte vorm.
Laat die melkmengsel effens afkoel en vou die eierwitte daarin.
Dien op met ekstra kaneel suiker indien verkies.

Bron en Foto: Elsabé Mulder Barnard




MELKKLUITJIES

MELKKLUITJIES
MELKKLUITJIES
3 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
genoeg water om met meel te meng
2 liter melk
homp botter

Meng die meel, bakpoeier en sout en voeg water bietjies gewys by tot ‘n deeg vorm net dikker as ‘n koekbeslag.
Voeg die botter by die melk in ‘n kastrol en bring stadig tot kookpunt.
Skep teelepels vol van die deegbeslag in die kokende melk tot alle deeg op is, verlaag die hitte.
Prut vir ongeveer 15 minute, roer af en toe dat dit nie onder brand.
Toets die kluitjies deur een middeldeur te druk om te sien of dit binne gaar is.
Skep die kluitjies in ‘n opdienbak en strooi kaneelsuiker oor.
Bron: onbekend

 




JEANETTE SE MELKKOS

melkkos
JEANETTE SE MELKKOS

Kook saam: 1 liter melk
1 teelepel sout

Frummel 1 koppie koekmeel en 2 groot eetlepels botter of margarien tot dit soos broodkrummels lyk.
As die melk kook, roer die meel by en kook goed tot gaar. (So 10-15 min).
Bedien met kaneelsuiker.

BRON: Jeanette Martins




MELKKOS SNYSELS


MELKKOSSNYSELS

3 eiers
2.5 ml sout
250 ml koekmeelblom
Water
Kokende melk 2 stukke heel kaneel (opsioneel)
Kaneelsuiker
Metode:
Klits eiers en sout effens. Voeg koekmeelblom by en meng goed. Voeg genoeg water by om ‘n stywe deeg te vorm. Knie deeg lank en goed tot dit elasties is. Rol sowat 6 mm uit op ‘n meel bestrooide oppervlak uit. Sny met ‘n skerp mes in dun repies. Kook die snysels sowat 15 – 30 minute lank in kokende melk (gebruik 250 ml melk per persoon) tot dit gaar is. Voeg 2 stukke heel kaneel by indien verkies. Skep in diep borde en strooi kaneelsuiker oor .

RESEP: Nellie van den berg
FOTO:  Johan Röntgen




BOEBER

boeber

BOEBER
Boeber is ‘n tradisionele Maleise gereg wat veral heerlik is op ‘n koue aand. Nes melkkos kan dit as nagereg geeet word, of sommer ook as hoofmaaltyd omdat dit so ryk is.
(vir 6 porsies):
½ koppie botter
1 koppie rou lokshen-pasta
2 kaneelstokkies
2 kardemomsade
1 liter volroom-langlewemelk
½ koppie sago, vooraf vir ‘n uur geweek in
1 koppie melk
½ koppie witsuiker
1 koppie sultanas
1 koppie amandel-vlokkies
fyn kaneel (opsioneel)

Smelt die botter in ‘n kastrol.
Voeg die pasta, kaneelstokkies en kardemomsade by.
Roer dit vir 2 minute oor lae hitte.
Voeg die melk by en laat dit opkook (wees versigtig dat dit nie aanbrand nie).
Voeg die sago (en die melk waarin dit geweek het) by en kook tot die pasta sag is.
Voeg die suiker, sultanas en amandelvlokkies by en roer tot die suiker gesmelt het.
Verwyder die kardemomsade en kaneelstokkies sodra die suiker gesmelt is.
Giet die boeber in ‘n opdienbak, strooi fyn kaneel oor as jy
wil en sit warm voor.
WENK: Lokshen-pasta is ‘n dun, fyn pasta en word ook engelhaarpasta genoem. Dis beskikbaar by die meeste supermarkte, maar as jy sukkel om dit in die hande te kry, kan jy ook vermicelli gebruik.
Geplaas deur Zelda Fouche




VINNIGE MELKKOS

melkkos 2tested
VINNIGE MELKKOS

Gooi 1 liter melk in kastrol en bring tot kookpunt.
Neem 125 ml koekmeel, 1 E mielieblom, halwe t sout en vryf 2 E sagte botter in die droë bestandele  in, roer by kokende melk.
Pasop vir oorkook, draai die hitte laer. Kook so 3 minute terwyl jy roer.
Bedien met kaneelsuiker.
Dit is genoeg vir 2 groot porsies .
bron namakwaland

BRON: Marie Rheeder Troskie




ROMERIGE MACARONI-MELKKOS

macaroni melkkostested
ROMERIGE MACARONI-MELKKOS
250 ml macaroni-stukkies
1 l melk
25 ml botter
2 eiers
50 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
kaneelsuiker

Mikrogolf macaroni stukkies, 500 ml van die melk en die botter saam vir 15 min oop by 100% krag in ‘n diep 3,5 l bak en roer die mengsel elke 5 min goed om.
Skep die macaroni-stukkies met ‘n gleuflepel uit en kap dit in ‘n voedselverwerker of met ‘n mes fyner(ek gebruik sommer aartappeldrukker) . Voeg dit weer by die melk waarin dit gemikrogolf is.
Skei die eiers en klits die eiergele saam met 125 ml van die oorblywende melk, die koekmeel, bakpoeier en sout. Voeg dit saam met die oorblywende 375 ml melk by die macaroni mengsel. Mikrogolf dit 6-7 min oop by 100% krag en roer dit af en toe.
Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies by die macaroni-mengsel in.
Strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.
Geniet dit

Resep:  Tiana Botes
Foto:  Cola Roos