ANDY’S EASY MELKKOS

Melkkostested

ANDY’S EASY MELKKOS

Scald 1 litre milk in microwave for about 7 min on 100%.
Rub a heaped T butter and 2 ml salt into 200 ml flour.
Add flour mix all at once to milk and cook a further 4 to 6 min at 100% .
Stir every minute or so. Serve sprinkled with cinnamon sugar.
Photo: Andy Galloway
Tweede foto: Lisa Pretorius




MELKKOS MET SAGO (GLUTEN VRY)

tested

MELKKOS MET SAGO (GLUTEN VRY)
200 ml sago
300 ml kookwater
1 liter volroom melk
kaneelstokkies
50 ml suiker
Knippie sout
7.5 ml vanilla
40 ml botter
Week die sago in die kookwater vir solank as wat die melk neem om te kook. Roer dit terwyl jy die sago ingooi en maak seker dit vorm nie klonte nie.  Plaas die melk op die stoof en sit die kaneelstokkies in die melk, op ‘n stadige plaat. Sodra die melk begin kook, skep die geweekte sago in die melk en roer goed deur. Roer baie gereeld, want dit brand baie vining vas, hou die plaat laag en kook die sagomengsel tot blink ogie stadium.
Haal die sago van die stoof af en roer die res van die bestanddele by.
As jy van meer botter hou kan jy nog insit. Sit warm voor met kaneelsuiker.
Wenk: gebruik laevet- of vetvrye melk indien verkies, dit werk net so goed.
Ek sit 1 hoogvol teelepel vlapoeier wat met bietjie water aangemaak is by, wanneer die sago gaar is en kook dit net nog so 5 min voor ek afsit en die res bysit… dit maak dit regtig baie lekker.
Nota:   Stukkie lemoen of nartjie skil in die melk is ook baie lekker
Ek het vanaand 125 ml sago gebruik en 750 ml en bietjie minder van die res en dit was net genoeg vir 2 lekker groot porsies..
Heerlike vir die winter koue… Geniet
Resep en foto: Rina Kleinhans




VINNIGE MACARONI MELKKOS

tested
VINNIGE MACARONI MELKKOS
250 ml, Macaroni,
1 Liter Melk,
60 ml Bruinsuiker,
5 ml Sout,
50 ml Vlapoeier
25 ml Botter,
Kaneelsuiker

Kook Macaroni tot sag en dreineer. Verhit 950 ml melk. Voeg suiker en sout by.Meng vla met res van melk en roer vinnig by verhitte melk. Bedek en laat prut n rukkie. Gooi botter by en roer deur.
Sit jou gaar macaroni by en prut net stadig vir ‘n rukkie. Bedien met kaneelsuiker.

RESEP:  Tina Claassen




DUIFIE SE MELKKOS

Duifie se melkkostested
DUIFIE SE MELKKOS
1 liter melk
1 kp koekmeel
1 eier
1 teel. bakpoeier
Sout

Begin die melk te kook.
Meng droe bestanddele en voeg die eier by.
Klits met ‘n groot vurk vinnig dat dit klonkies maak.
As die melk kook,  stel plaat af, voeg meelmengsel by.
Roer goed en laat stadig prut tot dik.
Bedien met klontjies botter en kaneel suiker
Resep en foto: Duifie Miller




MIKROGOLF MELKKOS

12938155_1009889725726606_722053551823762665_ntested
MIKROGOLF MELKKOS
500ml melk
Kook op hoog vir 5 min
3/4 kop meel
Sout na smaak
Bietjie margarien of botter.
Gooi sout by meel en vryf botter/margarien met vingers in meel.
Roer nou meel by kookmelk in.
Kook vir vedere 10min maar na elke 2 min haal jy dit uit en roer.
GENIET.

Resep en foto: Ronel Muller Thoma




OUMA MC DONALD SE MELKKOS

melkkostested

OUMA MC DONALD SE MELKKOS

4k melk,
1e botter/margarien,
1/2t sout,
3/4k meelblom (koekmeel),
40-50ml koue water,
1/2k suiker.
Metode:
Kook melk, botter ensuiker saam. Sif meel en sout saam. Sprinkel water bietjies gewys oor meel en vryf tot growwe krummels vorm. Roer in kokende melk en laat stadig prut vir 7-10 minute. Bedien met kaneelsuiker na smaak. (Hierdie resep het my ouma altyd gemaak en is al deel van ons familie vir amper 100 jaar!!

RESEP:  Bets Lourens




VINNIGE MELKTERT MELKKOS

 

12734244_10153978522350820_6212690643705505714_ntested

VINNIGE MELKTERT MELKKOS
Gisteraand 9uur is ek toe mos lus vir melk kos en ek het nie baie melk nie so vra toe vir my slim moeder Elizabeth Ann Nieuwenhuis raad, briljant! Vat Moirs Baked Milktart ready mix, vat 3/4 van die water en botter en kook saam pakkie inhoud vir twee minute, sit voor met klontjie botter en kaneelsuiker, Siedaar!
Resep en Foto – Lee-Anne Snyman




DONSIE SE SAGO MELKKOS

1sago-melkkos-donsie-1326971920tested
DONSIE SE SAGO MELKKOS

Hierdie is ‘n baie lekker ligte maal vir ‘n koue of reenerige dag. Ek en my ma maak dit al jare lank en omdat dit so lekker lig en donsig is van die eierwit wat agterna ingevou word, het my kinders, toe hulle nog klein was, dit “Donsie” gedoop.

DONSIE:
60 ml sago geweek in 150ml water (vir ongeveer 30 min)
750 ml (3 koppies) melk
2 ml sout
15 ml botter of bak-margarien
10 ml koekmeelblom
5 ml maizina
2 ml bakpoeier
1 ekstra-groot of Jumbo eier, geskei.
kaneel-suiker na smaak.

METODE: Bring 600 ml van die melk tot kookpunt saam met die sout en botter en voeg dan die sago by. Stel hitte op laag en prut terwyl aanhoudend geroer word, om aanbranding te voorkom, totdat sago sag en deurskynend is (ongeveer 5-8 min). Klits eiergeel, meel, maizina en bakpoeier saam met die oorblywende 150ml melk tot gemeng en voeg by kokende mengsel. Kook alles nou goed deur tot gaar vir ongeveer ‘n verdere 3 min. Verwyder pot van stoof, klits eierwit tot styf en vou nou die eierwit liggies in die melkkos in. Skep op in bakkies en strooi kaneel-suiker bo-oor volgens smaak.

Bron: Litta Renney




HENNIE SE LEKKER MELKKOS

HENNIE SE LEKKER MELKKOStested
HENNIE SE LEKKER MELKKOS
Melkkos. Koningskos.
Kook melk, hoeveelheid hang af hoeveel mense jy het. Ek vat n liter.
Een koppie meel,
10 ml bakpoeier en bietjie sout na smaak

Meng dit en frummel botter in. Vat 2 eiers en skei die geel en wit. Roer die geel in die meel in. Bring melk tot kookpunt en meng bietjie melk in die meel mengsel in. Roer dit in die melk in en prut vir 15 minute. Vou die eierwit in en bedien met kaneelsuiker.
BRON – Hennie van Deventer




MAIZENAPAP

2015-07-06-colada-maizenatested

MAIZENAPAP
30 ml maizena (mielieblom)
30 ml koue melk
Sout
250 ml warm melk
Bring die 250 ml melk tot kookpunt. Meng maizina, sout en koue melk saam. Voeg by die warm melk, roer aanhoudend tot die pap ‘n deurskynende kleur het (omtrent 10 minute). Bedien met suiker of kaneelsuiker na smaak. Hierdie resep is genoeg vir 1 persoon, afhangende van die porsiegrootte.
Bron: Dalene Brits