TYRON SE PASTA MELKKOS

TYRON SE PASTA MELKKOS
Vandag met die koue weer in Pretoria was die perfekte verskoning vir lekker melkkos. Ek het op die FLR blog gaan loer vir ‘n paar resepte. Daar is heelwat om van te kies, maar opgeeindig met my eie konkoksie.
Gooi 1.5 liter melk in ‘n pot en voeg ‘n blikkie kondensmelk by.
Voeg by:
5 kardemon pitte en ‘n stuk kaneel
1 teelepel vanilla geursel
2 geklitste eiers
1 eetlepel margarien
Bring dan tot kookpunt.
Ek voeg geen suiker by nie, maar julle kan byvoeg volgens smaak.
Volgens die FLR blog kan jy kortpad vat en macaroni byvoeg, maar ek het sommer ‘n pak Tagliatelle pasta bygevoeg.(die een wat gemaak is in die vorm van ‘n nessie)

Bring die hitte af en kook tot die pasta lekker sag is.
Roer gereeld om te verhoed dat dit vas brand.
As jy dit wil dunner hê, voeg bietjie melk by.
Hierdie dis is genoeg vir 8 mense, met gewone eetlus.
Geniet dit!
Foto en resep: Tyron Smith




MELKSNYSELS

MELKSNYSELS
430 ml koekmeel
3 eiers geklits
varsgemaalde seesout
2 liter melk
60 ml botter
5 ml vanieljegeursel
1 kaneelstokkie
kaneelsuiker
10 gemmerkoekies vir voorsit

Meng meel, eiers en knippie sout in ‘n mengbak tot ‘n stywe deeg vorm. Knie vir 5-8 min.
Laat deeg rus vir 10 min op warm plek
Strooi ekstra meel op die werksoppervlak en rol die deeg sowat 2mm dik uit.
Sprinkel meel oor die deeg en rol op ‘n stewige ronde wors. Gebruik ‘n skep mes en sny die deegwors in skywe van sowat 5mm dik.
Verhit die melk en botter tot kookpunt in ‘n groot kastrol en voeg die vanielje en kaneelstokkie by.
Rol die deegskuwe af in lang pastarepie en plaas in die warm melkmengsel.
Laat alles stadig 12-15 min lank kook tot ‘n romerige mengsel.
Skep in opdienbakkies en skep kaneelsuiker oor.
Versier met gekrummelde koekie.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




VEERLIGTE MELKKOS

VEERLIGTE MELKKOS
120 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
3 eiers geskei
50 ml witsuiker
7 koppies melk
50 ml gesmelte margerien
vanilla geursel (opsioneel)

Sif meel bakpoeier en sout saam.
Maak aan met melk tot ‘n pasta.
Voeg gesmelte margerien by die meelmengsel.
Klits 3 eiergele met ‘n klitser tot lig en donsig.
Voeg 5 ml Vanilla geursel by die eiergeel en suiker.
Voeg die eiergeelmengsel by die meelmengsel.
Klits die eierwitte styf laat staan eenkant.
Bring die res van die melk tot kookpunt.
Sodra dit kook, voeg van die kookmelk by die koue meelmengsel en roer goed.
Giet alles terug in die pot saam met die res van die kookmelk en roer met ‘n draadklitser oor lae hitte vir so 3 min.
Verwyder van die hitte en vou die stywe eierwitte in.
Bedien met kaneelsuiker na smaak!!
Genoeg vir 4 tot 6 mense.
Foto: Thelma En Wessel DuPreez




DELENE SE SNYSELS MELKKOS

DELENE SE SNYSELS MELKKOS
Dit reën in die Kaap en is koud. Maak die innerlike lekker warm met melkkos.
Vir snysels:
1 groot eier
100 g koekmeel
knippie sout (tradisioneel kry pasta nie sout in nie)
Meng tot die deeg ‘n bal vorm. Ek knie nie so baie soos vir pasta nie. Rol uit met pasta maker tot op 7 stelling en sit dan deur spaghetti snyer. Of rol papier dun uit en sny dun repies met ‘n pizza-snyer.
Dit is genoeg vir 2 keer se maak. Skud goed met meel, sny in kleiner stukkies. Ek gebruik pizza-snyer en sny sommer kruis en dwars.
Vir helfte van snysels:
1 liter volroom melk
½ teelepel sout
Bring die melk en sout tot kookpunt. Voeg die snysels bietjie vir bietjie by terwyl geroer word.
Kook vir 5 min en maak bietjie dikker met 2 eetlepels Maizena gemeng met water. Kook goed deur.
Stip met botter en kaneelsuiker en jy is reg om te geniet.
Resep en foto: Delene Breytenbach




MARIE SE MELKPAP


MARIE SE MELKPAP
250 ml meel
2 ml bakpoeier
2-3 ml sout
15 ml margarine
40-50 ml koue water
1 liter melk tot net onder kookpunt
2 ekstra groot eiers
25 ml suiker
15 ml kaneel
Sif meel, sout en bakpoeier saam. Vryf botter in meel. Voeg net genoeg water by om deegfrummels te maak. Strooi die deegfrummels stadig oor die verhitte melk terwyl aanhoudend roer met ń vurk. Verlaag hitte en prut tot mengsel duk en gaar is. Roer elke nou en dan dat nie aanbrand nie. Skei die eiergele. Klits die eiergele met die suiker en kaneel en roer by mengsel. Kilts die eierwit tot styf en vou by die mengsel in. Prut so 5 minute en geniet!
(Ek maak die resep dubbel behalwe melk so 1.5 liter)
FOTO EB RESEP: Marié Fourie




LEKKER MELKKOS

LEKKER MELKKOS
1 blik kondensmelk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 eetlepels botter
1 teelepel sout

Sif al die droë bestanddele saam en vryf die botter in.
Kook die kondensmelk en nog 4 blikke kookwater.
Gooi die meel mengsel by die melk en roer aanhoudend.
Laat dit vir so 5 min prut en bedien met kaneelsuiker.




TESSIE SE KONINGS MELK KOS

TESSIE SE KONINGS MELK KOS

250gram sago
2 liter volroom melk
5 ml vanilla essens
80-100 gram margarien
4 groot eiers of 6 klein eiers goed geklits met so n koppie water
1/4 tee lepel sout
1/2 koppie suiker dan kan elke gas versoet soos dit hulle smaak pas
kaneel suiker vir bediening of appelkooskonfyt
metode
Bring melk ,suiker, margarien, sout en vanilla tot kookpunt roer sago by en kook op lae hitte tot sago deurskyn. ( dis redelik staan want jy moet pot se boom heeltyd skoon hou sodat sago nie afsak en vasbrand… seker 30 min of meer) sodra sago deursigtig is, is die sago gaar. Voeg eier mengsel by terwyl jy bly roer – so vir n 5min na eier mengsel bygevoeg is – bedien met kaneel suiker of appelkooskonfyt stroop of gewone appelkooskonfyt.
Appelkoos konfyt stroop:
50 ml appelkooskonfyt
50 ml rum
meng goed en verhit effe in mikrogolf oond ( neem in ag hoe suiker produkte word gou warm)
jy kan rum vervang met kookwater en rum essens
ek hou daarvan as melk kos so n halfuur gerus het. dan is dit bietjie dikker in dien te dik voeg ek melk by en verhit weer. ek gebruik my rubber lepels as n gereg baie geroer moet word
Bron en Foto: Tessie Pretorius




MELKPAP


MELKPAP
Foto: Ronel Muller Thoma
Bron: Ronel Muller Thoma se ouma se resepie
FOOD LOVERS RECIPES
Ek is nou al van wanneer af lus vir melktert 🍰🍮. Maar kom nie sover om te bak nie. 😀. Nou ja vannaand het ek besluit om melktert pap te maak en te eet soos melkpap.
1.25 liter melk
¾ koppie koekmeel
¾ koppie maizena
Knippie sout
9 eiers geskei
5 ml vanilla geursel
1½ koppies suiker

Kook 1 liter melk.
Meng suiker, sout, maizena en koekmeel met die 250 ml melk.
Wanneer melk kook voeg meelmengsel by en kook tot pap verdik.
Haal van plaat af en voeg eiergele by en klits goed.
Kook tot pap gaar is. Haal af en voeg nou styf geklitste eierwitte en vanilla geursel by.
Bedien soos melkkos met kaneelsuiker.
Indien jy melktert wil maak – Skep in voorbereide kors en bak op 180ºC totdat melktert geset het. So 45 -55 min.

 

 




SAGO MELKKOS


SAGO MELKKOS
250 ml Sago
2.5 litres milk
2 eggs
60 ml water
30ml custard powder
30ml flour
2 ml (½ tsp) salt
25g (30ml) butter
Cinnamon sugar
Method:
Soak the sago 1 hour in the milk.
Heat the mixture in a large heavy-based saucepan and bring to a boil, stirring it all the time.
Separate the eggs. Beat the egg yolks, water, custard powder, flour and salt.
Stir the egg mixture into the sago and milk mixture, and cook until it thickens.
Stir in the butter.
Beat the egg whites until stiff and fold in the Melkkos mixture. Keep it light and fluffy.
Serve with cinnamon sugar.
ENJOY / GENIET!
Posted by Marilyn Gombert




KRISTIE SE MELKKOS SOOS MA SIN


KRISTIE SE MELKKOS SOOS MA SIN
💛My ma het my geleer om melkkos te maak, ek onthou altyd hoe sy in groot potte altyd vir ons melkkos gemaak het. Ek het my eie resep aan mekaar geslaan van onthou van sien van hoe sy dit gemaak het! Ek dink sy kan trots op my wees. 😊 Hier is my resep met my foto:
Melkkos:
Bestandele:
250ml Botter
250ml Meel
1 L Melk
Knippie Sout
Suiker en Kaneel vir na die tyd wat per bediening bygevoeg kan word.
Metode:
1. Voeg die knippie sout by die meel, vryf dan die botter in die meel met jou vingers.
2. Nou plaas die melk op die stoof op hoog en wag totdat die melk kook.
3. As die melk kook voeg die botter en meel mengsel by en sit op laë hitte.
4. Meng goed deur en laat prut vir so drie minute en roer met ‘n draadklitser deur om klonte te vermy. Meer melk kan bygevoeg word as dit te styf is.
5. Haal van die plaat af en bedien saam met bietjie suiker en kaneel.
6. Bedien dis absoluut heerlik!
FOTO EN RESEP: Kristie Townsend

2de foto en kommentaar:  Marie Rheeder Troskie
Ek het die melkkos vanaand gemaak maar die hoeveelheid botter was te veel, teenoor die hoeveelheid koekmeel, ek het die helfte botter gebruik, en het mooi klontjies gemaak.