FRESH HERB MARINADE

1463950_181137602091520_1456585500_n

FRESH HERB MARINADE

180ml olive oil
2 tablespoons finely chopped rosemary
4 tablespoons finely chopped thyme
4 finely chopped parsley
2 small chillies chopped
3 cloves of garlic peeled and chopped
50ml red wine
20ml balsamic vinegar
1 tablespoon ground paprika
Freshly grounded black pepper and salt
Add rosemary, thyme, parsley, garlic, salt, pepper and paprika to a glass bowel or jug. Heat the olive oil till the smell is very prominent and the oil is extremely hot. Carefully, pour the hot oil over the herb mixture. Be careful as this will bubble profusely. Wait 2 minutes and add the wine and balsamic vinegar. Leave to cool. Use just enough to marinade steak or chicken. Wrap meat in cling film and refrigerate for about 3 hours. Discard the used marinade. Once meat has been fried, use un-used marinade to baste / drizzle cooked meat

Text and photo by Freddie Kritzinger – The Bald Chef

 




PAPRIKA MARINADE

paprika

PAPRIKA MARINADE
Recipe by Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my reseppie vir marinade met die gerookte paprika, geskik vir hoender of vleis:
MARINADE:
2 small onions, finely chopped
2 teaspoons ground cumin
½ teaspoon ground ginger
8 cloves garlic, crushed
2 teaspoons grated lemon peel
250 ml natural yoghurt
1 teaspoon freshly ground black pepper
125 ml olive oil
1 teaspoon smoked paprika

Mix ingredients in a bowl.
Marinate lamb or beef for 2 hours, turning occasionally.




SKAAPRIBBETJIE MARINADE

SKAAPRIBBETJIE MARINADE
Hierdie resep behoort aan tannie Jo Calitz van Swakopmund. Dis heerlik
Die resep as volg:
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 koppie blatjang
1 koppie mayonnaise
Heuning na smaak
1 koppie kookwater
Gekapte knoffel na smaak

Ek “pre cook” die ribbetjie altyd en dan marineer ek dit.
Meng die bogenoemde bestanddele saam en marineer die ribbetjie daarin ongeveer 3-4 ure tot gebruik.
Sit foelie oor die pan waarin jy bak. Bak dan in die oond teen 180ºC vir 1-2 ure.
Haal foelie af en bak vir nog so 30 min of tot goudbruin en krakerig.
BRON- Barbara Bullock
Foto: Lizel Taljaard Wessels




KERRIE MARINADE VIR SKAAPTJOPS

KERRIE MARINADE VIR SKAAPTJOPS
Resep: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
Kan ook hoender hiermee marineer.
1 ui, in skyfies gesny
15 ml olie
100 ml suiker
10 ml sout
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
125 ml asyn
125 ml water

Braai die ui in die olie tot sag en ligbruin.
Voeg die suiker by en braai vir nog ‘n minuut of twee.
Voeg die sout en speserye by, braai vir nog ‘n minuut en voeg dan die asyn en water by.
Kook vir twee minute.
Laat eenkant om af te koel.
Giet die marinade oor jou vleis en marineer vir 2 – 4 ure.




MARINADE VIR SPITBRAAI

2013-08-23-marinadevirspitbraai

MARINADE VIR SPITBRAAI

Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20 kg skaap/of lam.

1 bottel olie
1 bottel wit asyn
1 bottel bruin asyn
200 ml sout
1 refill pakkie swart peper
1 refill pakkie “pickling spices”
1 bottel Worcestersous
2 eetlepels garlic
200 ml bruin suiker
3 tot 4 groot uie, gerasper

Laat staan oornag vir gebruik die volgende oggend.
Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit.
Bedruip skaap die heeltyd met die sous.
Ek smeer ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai.




BESTE VLEIS MARINADE

marinade1
BESTE VLEIS MARINADE

250 ml Tamatiesous
250 ml Blatjang
50 ml Olie
30 ml Stroop
5 ml Tobasco
5 ml Worcestorsous
5 ml Suurlemoensap
5 ml Sout
5 ml Aromat
5 ml Paprika
5 ml Peper
Metode:
Meng al die bestanddele saam. Marineer vleis (hoender, sosaties of steak) oornag. Braai vleis en geur na smaak

Bron- Food Lovers




HEERLIKE HEUNING RIBBETJIE

rib met heuning rina
HEERLIKE HEUNING RIBBETJIE

Strooi jou gewone braai speserye oor, baste die ribbetjie met heuning, blatjang en tamatiesous gemeng en bak in die oond op 180 ºC.
Pasop net want die heuning laat dit nogal vinning brand. Moenie die oondrakkie te Hoog sit nie. So in die middle van die oond is reg. Ek bak dit vir so 35 tot 40 minute dan is dit lekker crispy.

OF braai op die kole nadat jy dit ‘n rukkie in die gemengde sous gemarineer het.

Nota: ek het dit gebak op 160 ºC vir 1 ½ uur en elke keer weer gesmeer wanneer ek dit omdraai… Heerlike

Resep:  Amanda Verster Vd Merwe
Foto: Rina Kleinhans




KERRIESOUS-MARINADE

KERRIESOUS
KERRIESOUS-MARINADE
90 ml kookolie
90 ml asyn
120 ml tamatiesous
7 ml mosterd
7 ml borrie
10 ml kerriepoeier
2 uie fyn gekerf
5 ml knoffelvlokkies
70 ml appelkooskonfyt
5 ml sout
3 ml peper
Meng alles saam, giet oor die vleis en laat oornag marineer.
Jy kan die sous vir twee weke in potte in jou yskas hou.

BRON: Michelle Nel




PYNAPPEL-KERRIE VIR VLEIS


PYNAPPEL-KERRIE VIR VLEIS
BRON: Santie Breyl
FOOD LOVERS RECIPES
Mens kan hierdie resep gebruik vir hoenderstukke, varktjops en taai steak. Jy sit in die oond en vergeet daarvan. Maak dit net ten minste so uur of twee voor jy dit wil bedien.
2 groot uie, grof gekap
½ koppie water (kan nog klein bietjie byvoeg as jy voel die sous is te dik)
1 blikke pynappelstukke met sous
½ blikkie tamatiepasta of 1 pakkie tamatiepasta
3 eetlepels druiwe asyn
2 eetlepels sojasous
1½ eetlepels bruinsuiker
1 eetlepel Rajah kerriepoeier (mild and spicy)
sout en peper

Voorverhit oond tot 160 ºC.
Pak die vleis in ‘n bakskottel.
Braai uie tot mooi goudbruin.
Voeg al die ander bestanddele by en prut vir so 5 minute.
Sit foelie oor en stoom gaar.
Net voor opdiening kan jy die vleis onder die grill sit dat dit net mooi bruin braai.




HEKSIE SE KERRIE-SLEEPSOUS

tested
HEKSIE SE KERRIE-SLEEPSOUS
BRON: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie sous is genoeg vir 8 tot tien mense.
8 tot 10 groot uie, opgesny in ringe
300 ml mayonaise
300 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
150 ml blatjang
knippie gemmer, opsioneel
50 ml asyn
50 ml appelkoos konfyt
kerrie
borrie
sout na smaak

Smoor die uie tot halfgaar, gooi al bogenoemde bestanddele by die uie en laat dit stadig prut tot die sous lekker dik word.
Spice jou ontdooide tjops of hoender klaar.
Laat die sous afkoel en pak jou vleis en die wors in die braaikasserol – laag vir laag met die sous tussenin en bo-oor.
Hoe langer die vleis in hierdie sousie staan, hoe lekkerder is dit. Laat dit vir ten minste 12 ure staan.
Bak nou vir jou ‘n potbrood en sny dit in dik hompe. Wanneer die vleis klaar gebraai is sit jy dit terug in die sous en hou dit warm oor matige hitte. Oppas, moenie die kerrie laat aanbrand nie.
Hou jou tjops eenkant vir later.
Nou begin die sports!
Skep daai kerrie uiesous oor die brood en geniet dit. Sorg dat jy staan, want daai sous GAAN drup! Geniet dit!