PETRO SE “BRINING”

briningtested
PETRO SE “BRINING”

Ek gebruik amper elke keer wat ek hoender of vark maak die ‘brining’ proses. Die hoeveelheid sout teenoor water is nie genoeg om dit ‘n sout smaak te gee nie. Ek gebruik bv vir een heel hoender 60 ml sout, 60 ml suiker opgelos in 125 ml asyn en so 1 liter water. Ek sit die vleis (en enige kruie, knoffel, chilli) en ‘n ziplock sak, druk al die lug uit en los die vleis vir minstens 3 ure daarin in die yskas. Gooi die hele lot af en vat dit van daar af.

Resep van Petro Borchard




WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)

tested
WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)
10 ml fyn koljander
10 ml swartpeper
5 ml fyn naeltjies
5 ml mosterdpoeier
2,5 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat
sout
Repies varkspek
5 knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier
75 ml asyn of 125ml suurlemoensap
75 ml worcestersous
125 ml olie

Vryf boud in met droë kruie. Kombineer sous bestanddele en marineer 24 uur of langer.
Bak 4-5 ure in stadige oond (150 grade C) IN DIE MARINADE.
Kan oornag gebak word teen 120 grade C.
Bak onder grill tot lekker bros indien verkies. Op sy beste as hy so sag is dat hy uitmekaar getrek word met twee vurke in die sous.
Resep en foto:  Kiti de Jager
Kiti Citi –  Ek moet julle se, die smaak is uitmuntend. Ek het die resep tot op die letter gevolg, tot op die ml. Selfs gemmer ingesit al hou ek nie van dit nie. Die smaak is eenvoudig orgasmic. Ek het die sous net dikgemaak. Hy was 5 ure in die oondjie.




MUSTARD AND CHIVE MARINADE

mustard and chive marinade
MUSTARD AND CHIVE MARINADE
1 cup (250 ml) sour cream
¼ cup (60 ml) chives, finely chopped
¼ cup (60 ml) wholegrain mustard
20 ml green peppercorns in brine
4 matured Sparta steaks
(250 – 300 g each)
Salt and ground black pepper to taste

Blend the sour cream with the chives, mustard and green peppercorns.
Arrange the steaks in a glass or ceramic platter and pour the marinade mixture over the steaks.
Marinate for about 4 hours in the fridge, turning frequently.
Season steaks with salt and pepper.
Braai to taste on the fire, basting frequently with the marinade mixture.




CURRY MARINADE FOR MEAT

Curry marinade for meattested
CURRY MARINADE FOR MEAT

Vandag kerrietjops gebraai! Die sous se resep het ek op die blad gekry (net nie seker wie s’n nie!) en is baie veelsydig! Vleis, sosaties ens.

4 large onions, sliced thickly
2 cups of white vinegar
4 cups of water
3 tablespoons mild curry powder
1 tablespoon salt
1 tablespoon turmeric
3 tablespoons ground coriander
4 cloves
4 bay leaves
1 large tin apricot jam (900 g)
750 ml peach chutney
½ cup brown sugar

Add all ingredients to a thick base casserole.
Bring to boil on low/medium heat.
Boil for 15 minutes.
Remove from heat and let sit until room temperature.
Spice meat as required, add some Worcestershire sauce.
Pour mixture over meat/kebabs and let sit for 3 days in refrigerator.
Can be frozen thereafter.
O ja, ek het ook al vleis in die sous gevries nadat ek dit vir 3 dae in die yskas gelaat het.
Resep en foto:  Pieta Van Der Walt‎




CARAMILIZED BAKED CHICKEN WINGS

tested

CARAMILIZED BAKED CHICKEN WINGS
Love this recipe, best chicken wings or legs ever. I also would recommend adding a tsp of thyme and oregano and if you do that use 1/4 cup Worcestershire sauce
Ingredients
1 kg chicken wings (or legs)
1 2/3 tablespoons olive oil ( to help it stop sticking to the pan)
1/2 cup soy sauce
1 2/3 tablespoons ketchup/Tomato Sauce
3/4 cup honey
2 -3 garlic cloves, minced
salt and pepper
Preheat oven to 180°C
Place chicken in a 9 x 13 inch baking dish. Mix together the oil, soy sauce, ketchup, honey, garlic, salt and pepper.
Pour over the chicken.
Bake in preheated oven for one hour, or until sauce is caramelized.
Recipe from Louw Coetzee





KALAHARI SOSATIES

kalahari sosatiestested

KALAHARI SOSATIES
1.5 kg blokkies vleis (skaap of bees)
1 groot ui, gekerf
4 koppies asyn
2 koppies suiker
½ koppie appelkooskonfyt
20 ml kerriepoeier
20 ml borrie
10 ml sout

Kook al die bestanddele saam tot uie sag is en laat afkoel.
Marineer sosaties vir 5 dae.
Marineer skaaprib vir 3 dae. Braai die rib versigtig, dit brand baie maklik (simpatieke hitte).
Ek marineer die sosaties in 75 mikron seël sakkies en vries dit netso tot gebruik.
Resep en Foto:  Johan Coetzee




RAAD VIR TAAI VLEIS

STEAK MARINADEtested

RAAD VIR TAAI VLEIS
Hallo julle, iemand het gevra oor hoe om met taai vleis te maak…uit ervaring en kennis as voedselkundige hier is die verduideliking oor die oorsake en hoe jy dit kan versag….
‘n Baie belangrike beginsel as dit kom by taaivleis is tyd en die suur wat jy byvoeg om die bindweefsel af te breek. Daar is ‘n paar redes waarom die vleis mag taai wees…(en ons hoop dit is skaap). 1, die dier is baie oud of 2, die dier was onder stress toe hy geslag was en 3, die dier het nie lank genoeg gehang sodat die melksuur in die spiere kon weggaan sodat die bindweefsel kan ontspan. Mense wat sulke taaivleis verkoop se name moet geplaas word, omdat hulle nie die dier en die klient in ag neem nie….geld geld geld.
As jy na sure gaan kyk soos vleis versagter dan is die hoof bestanddeel papaien…’n suur wat in papaja voorkom en dit breek proteine op…maar deesdae word dit chemies of kunsmatig vervaardig. Dit is net te sterk. Maar as jy iets soos yoghurt of Karringmelk gebruik is die suur wat teenwoordig is eintlik ‘n Lakto basillis (Bakterie, lewende organisme) wat spesefieke smake gee en ook proteine gebruik om te kan opbreek. DIT is dus ‘n natuurlike proses nie chemies soos met vleisversagters. Jy sal dus nie ‘n melerige tekstuur kry.
Moenie tydens die marineer proses enige soute byvoeg omdat dit die protein se afbreek belemmer en vog uit die vleis trek sodoende word die vleis droog en bly taai…sout word eers bygevoeg as die vleis gaargemaak gaan word.
Hier kan jy ook ‘n kombinasie van gaarmaak metodes gebruik. Jy kan die vleis eers in kaserol gaarmaak en dan oor die kole lekker braai om smaak te gee en ook dan ‘n soetsous oorsit vir daardie ekstra lekkerrrr! Hierdie marinade gebruike ek ook om alle taai vleis snitte te behandel soos bolo vir sosaties….bolo (skof gedeelte van bees) is kenmerkend taai maar dit is baie geurig. Selfs hoender kom ongelooflik heerlik met die marinade uit. Ek marineer alle nuwe vleis so en bevries dit marinadesous en al…So speel lekker.
Ek hoop nie die inligting is grieks nie, maar dit so basies as moontlik gehou.
Hier volg die resep wat ek altyd gebruik:

Marinade vir die eerste sag maak proses:
250 ml karringmelk
10 ml suurlemoensap
20 ml olyfolie
kruie van keuse: skaap – roosmaryn, salie, ment, komyn, fennegriek, knoffel.
Hoender – dill tippies, marjoram, origanum, fennel saadjies, mosterdsaadjie (geel en swart)

Meng al die bestanddele met mekaar en vryf in die vleis in. Die resep is genoeg vir 1 hoender of halwe boud. Laat die vleis verkieslik oornag in die marinade staan of 4 ure. Moenie die marinade weggooi, want dit word by die volgende marinade gevoeg.

Marinade vir gaarmaak:
125 ml appelkooskonfyt of blatjang
50 ml olyfolie
50 ml balsamiese asyn
50 ml sagte bruinsuiker
50 ml heuning
15 ml knoffel
50 ml vars roosmaryn, gekap, stingels verwyder,
sout en peper na smaak

Meng al die bg bestanddele saam (behalwe sout), voeg die karringmelk marinade by en vryf oor die vleis.
Bak volgens die gewig van die vleis in ‘n baksakkie of in ‘n toe kasserol.
Plaas die vleis onder die rooster element of oop vlamme vir kleur en smaak.
Indien die vleis oornag gemarineer het kan jy dit dadelik op die kole gooi.
Voeg laaste die sout oor.
Seen wense
Geskryf en geplaas deur Annelien Pienaar




HEERLIKE SOSATIE KERRIE MARINADE

2014-09-11-lamsosatiestested
HEERLIKE SOSATIE KERRIE MARINADE
1 klein skaapboud, blokkies gesny
2 uie, gerasper
4 eetlepels botter, gesmelt
1 eetlepel mielieblom
1 koppie asyn
1 eetlepel suiker
3 eetlepels kerriepoeier
3 eetlepels blatjang
ı koppie melk
2 eetlepels sout
½ teelepel peper

Meng al die bestanddele behalwe die vleis. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Laat 3 minute lank prut. Laat afkoel, gooi oor die vleis en marineer oornag.

Resep geplaas deur Yolande Erasmus
Foto van Martie Fourie Moolman




SOSATIE MARINADE

Sosatie Marinadetested
SOSATIE MARINADE
10 groot uie in ringe gesny
60 ml kerrie
60 ml borrie
360 ml suiker
60 ml maizina
1.5 liter asyn
5 ml sout
2.5 ml peper
250 ml heuning
Een fyn gekapte steranys kan ook bygevoeg word
Ekstra
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 eetlepel bladjang

Giet water op uie en kook vir 1 minuut.
Giet water af en braai in olie tot glanserig.
Giet 1 koppie water in en kook tot sag.
Meng alle bestanddele saam, skep by uie en kook 10 minuute. Haal af en voeg die appelkooskonfyt en bladjang by.
Marineer vleis blokkies vir 24 uur en ryg op stokkies.
Resep: Johan Du Preez Snr




HEUNING KNOFFEL MARINADE

FLR BB with Heart
HEUNING KNOFFEL MARINADE
¼ koppie appelasyn
2 eetlepels heuning
1 eetlepel sojasous
4 knoffelhuisies

Meng. Marineer hoendervleis  tot 4 ure of vis 30 minute.
Resep: Petro Calitz