HEERLIKE VARKRIB IDEES OP DIE KOLE


HEERLIKE VARKRIB IDEES OP DIE KOLE

Deon Reynolds
Geur dit met sous van jou keuse. Draai dit toe met aluminium foelie. Twee lae. Braai dit oor die kole vir ongeveer 45 minute. Draai ongeveer elke 10 minute om. Verwyder die foelie en verbruin op die rooster na smaak. Heerlik sag.

Martin Van Rooyen
Ek kook myne altyd vir so 30 min met groot chunks uie en wortels met sout en heel swart peper, dan lê ek die in ‘n marinade vir so 2, a 3 ure… reg vir kole en glo my hy is sag en terwyl hy op die kole is, verf die marinade oor… sag en sappig

Amanda Struwig
My seun doen dit op ‘n baie maklike manier en ek, wat ‘n rib aanhanger is 🙂 kan nie genoeg kry nie. Hy braai dit bloot op die vuur, smeer dan die sousie mildelik oor, braai nog so tjirtsie, en sit in oondpan bo-op die vuur, gooi nog so bietjie sousie en sit deksel op. Gee so paar minute kans om lekker sag te “stoom” en hy is heerlik!

Bobby Le Roux
Maak ‘n sous van die volgende op die stoof:
1 koppie tamatie sous
200 g suiker
½ koppie asyn
¼ koppie soya sous
Marineer piggy in oond glasbak vir 2 uur met sous. Stel oond op 180ºC. Sit bak met gemarineerde vleis in oond
Laat loop vir 1 uur bedek met deksel of foelie. Haal uit + braai oor kole. Smeer met sous tot dit op is.
Bedek en laat loop vir 1 uur

Elize Barth
Ek maak myne dieselfde as Bobby Le Roux ook eers in die oond ek vind met kook verloor ‘n mens van die geur en ek sit ook klein biejie oester sous en gemaalde gemmer in my sousie en as ky lus is vir bietjie brand so bietjie chillie of cayen peper.

Pork rib marinade
This is a classic pork rib marinade that is pretty close to what a lot of butchers use. You can add more golden syrup if you like them a little sweeter. Use this as a base to perfect your own sauce.

Before we get started, to get the meat tender and falling from the bone, boil the raw ribs in salted water for about 20 minutes and then let them cool before you marinate them.

150 ml tomato sauce
75 ml chutney
75 ml honey or golden syrup
Good pinch of paprika
1/2 teaspoon of salt and pepper
1 tablespoon Worcester sauce
1 tablespoon Soya sauce
2 teaspoons granular mustard
50 ml vinegar
50 ml apricot jam
4 tablespoons brown sugar
1 chili chopped fine

Put everything into a sauce pan over a low heat and and stir until steams comes off the top.
Remove from the heat and allow to cool, place 1kg of the cooled ribs into a plastic bag with the marinade 1 onion which has been quartered, 3 bay leaves and a pinch of peppercorns. (This marinade will do 2kg of ribs, so 2 bags)
Leave the ribs to marinade for at least 2 hours, then braai or grill them until the edges begin to blacken and the meat is pulling away from the bone.
You can baste while they are cooking but not necessary.

Foto: Gideon Louw




SONJA SE LEKKER KERRIE SOSATIE-SOUS

sonja-se-lekker-kerrie-sosatie-soustested
SONJA SE LEKKER KERRIE SOSATIE-SOUS
uie sny in ringe
2 eetlepels kerriepoeier
1 eetlepel borrie
4 eetlepels suiker
2 eetlepels Maizena
2 koppies asyn
2 koppies water
1 koppie blatjang
1 koppie appelkooskonfyt

MAAK SO:
Braai die uie, voeg kerrie, borrie, suiker en asyn by, Meng die Maizena en water. Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg blatjang en appelkooskonfyt by. Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer.

BRON EN FOTO: Sonja Müller De Wit




HEERLIKSTE SOSATIES

tested

HEERLIKSTE SOSATIES
Bestanddele A:
2 koppies bruin asyn
125 ml kookolie
1 koppie water
1 koppie bruin suiker
4 – 5 teelepels sout
45 ml fyn appelkooskonfyt
125 ml worcestersous
125 ml blatjang
60 ml heuning
15 ml fyn gemmer
15 ml grof gemaalde koljander
2 groot uie (ek sny myne in kwarte sodat ek dit kan inryg)
6 gekneusker suurlemoen blare

Bestanddele B:
30 ml maizena
60 ml matige Kerrie
30 ml borrie
15 ml mosterdpoeier

Braai eers die uit in ‘n diep kastrol in kookolie tot sag en gooi die res van die A bestaddele by. Bring die mengsel stadig tot kookpunt. Meng nou die B bestanddele met ‘n bietjie water tot glad en gooi by die kokende bestanddele van A en kook nog 1 minuut lank. Laat afkoel tot kamertemp.
Geplaas deur:  Wilma Odendaal




SHAN’S GRILLED SHRIMPS MARINADE

prons_ntested
SHAN’S GRILLED SHRIMPS MARINADE:
5 crushed garlic
Half cup or more of olive oil
Seasalt
Dried hot chilli
Half lemon juice

Mix everything together then add the shrimps
Store in fridge for at least 15 minutes
Make skewers
Then grill on each side about 3 minutes, also add the rest of the marinade with a brush on the shrimp skewers

(Optional)
Before serve garnish with a squeeze of lemon juice and fresh coriander
Receipe: Shan T Russ




FRIKKIE SE STEAK MARINADE

Steak pictested

FRIKKIE SE STEAK MARINADE

Meng alles saam:
5 g braaivleis spesery
5 g rissievlokkies
20 g vleissagmaakmiddel
20 g knoffelpoeier
370 ml water
75 ml blatjang
75 ml tamatiesous
50 ml olie
15 g sout
Laat die vleis 2 dae lank marineer in die yskas.
Braai na voorkeur.

Resep:  Frikkie Jones




TROMPIE SE ONTBEENDE RIBBETJIE

trompie se ontbeende ribontbeende ribbetjieontbeende rib trompietestedtrompie se rib gaar
TROMPIE SE ONTBEENDE RIBBETJIE
1 ontbeende ribbetjie
1 koppie olyf olie
1 koppie room
2 teelepel rooi peper
sout
spices

Ontbeen die ribbetjie of vra jou slagter om dit te doen.
Meng die bestanddele bo saam, geur die rib daarmee en laat een week in yskas rus.
Plaas eers op kole om rook te vang, net tot goed gerook.
Draai toe in foelie en braai tot gaar, haal uit foelie.
Plaas weer op kole om kleur te kry.
Lekker eet!

Bron: Trompie Hayward




HENDRIK SE BRAAI HOENDER MARINADE

hendrik se braai hoender marinadetestedbraai hoender marinade

HENDRIK SE BRAAI HOENDER MARINADE
Bron en foto: Hendrik Markgraff
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie asyn
1 koppie olie
3 teelepels worchestershire sous
3 teelepels tamatiesous
1 groot ui, gekap
2 ½ teelepels paprika
6 teelepels sout
½ teelepels droë mosterd
2 knoffelhuisies, gekap

Meng al die bestanddele saam en marineer die hoender vir 3 tot 4 dae.
Braai oor matige kole.

Niel Meyer
Gebruik dieselfde sous, kook (prut) die hoender daarin vir 20 minute en braai dan. Bedrup dan met die sous. Heerlik.




SWEET CHILLI AND LIME PORK RIBS

marinade rinatested

SWEET CHILLI AND LIME PORK RIBS
1 kg free-range pork ribs
For the marinade:
200 g sweet chilli sauce
150 g tomato sauce
zest and juice of 3 limes, plus lime wedges, to serve
5 garlic cloves, crushed
5 tablespoons soy sauce

For the marinade, mix the ingredients with 150 ml (¼ pt) water to make a smooth sauce.
Coat the ribs in the sauce and leave to marinate for 30 minutes or overnight.
Heat the oven to 220°C – 200°C, gas 7.
Place the ribs on a rack in a roasting tray lined with foil.
Cook for 30 minutes, turning halfway.
Or cook on the barbecue – start in a hot spot then move to the edges.
Serve with lime wedges.

Photo:  Rina Kleinhans
Ek het hierdie marinade probeer en sommer lams tjoppies daarin gesit gisteraand.. ek het hom in die oond sommer so in die marinade gebak by 180 ºC en dit is vingerlek lekker.

 




SEAN SE VARKTJOP MARINADE

sean se varktjop marindatested

SEAN SE VARKTJOP MARINADE
Heerlike marinade vir ‘n varktjoppie op die kole of selfs in die oond. Vir laasgenoemde bak net so in al die sous in die oond. Vir braai, skep bietjie sous op elke keer as jy omdraai, as jy die laaste keer omgedraai het, sit die res van die sous bo-op en laat rus in braaibak:
Plaas die volgende in ‘n liquidiser en verwerk saam (hoeveelheid vir een groot tjop):
2 x geblikte pynappelringe met bietjie van die stroop ( jy kan ook ‘n kwart vars pynappel gebruik)
Sout en witpeper na smaak
Robbertson BBQ Speserye na smaak
¼ koppie Spur Durky Sous (of dan enige sous waarvan jy hou)
2 of 3 rooirissies
1 huisieknoffel
2 eetlepels heuning.
Bron en foto: Sean O’Brien




BONANZA BRAAISOUS

Bonanza Braaisous

BONANZA BRAAISOUS
Hoekom bonanza? Want hierdie sous kan gebruik word vir omtrent enige vleis, wild of pluimvee op die braai.
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 ui, fyngekap
125 mℓ olie
60 mℓ fyngekapte olywe
250 mℓ fyngekapte geskilde tamaties
80 mℓ droë witwyn
Die sap en gerasperde skil van ’n lemoen
80 mℓ suurlemoensap
30 mℓ Worcestershire-sous
80 mℓ bruinsuiker
10 mℓ meel
Sout en varsgemaalde swartpeper
’n skeut Tabasco

Braai die knoffel en ui in die olie tot dit begin verkleur.
Voeg die olywe, tamaties, wyn, lemoen, suurlemoensap, Worcestershire-sous en bruinsuiker by.
Verhit tot kookpunt, draai die hitte dan af en prut oor lae hitte vir 30 minute.
Verdik die sous deur die meel by te roer.
Geur met sout, peper en Tabasco.
Gooi die sous deur ’n sif en gebruik.
Verf oor jou vleis terwyl jy braai