RENCHA SE KERRIE SOSATIE

RENCHA SE KERRIE SOSATIE
4 eetlepels medium kerrie
2 eetlepels borrie
1 eetlepel masala
½ koppie olie
½ koppie asyn
½ koppie blatjang
½ koppie appelkooskonfyt
1 eetlepel koekmeel om dik te maak

Meng bogenoemde saam, hou eenkant.
Braai 2 uie fyn gekap tot deurskynend in bietjie olyfolie.
Voeg eerste mengsel by uie, giet ‘n koppie water by en laat prut.
Laat afkoel en skep oor jou sosaties, laat marineer tot benodig.
Resep: Rencha du Preez
Foto: Liezel Van der Merwe
NS: Baie dankie Rencha! Dis ‘n voortreflike resep!




UIE FRIKKADELLE OP DIE KOLE

UIE FRIKKADELLE OP DIE KOLE
Skil ‘n medium grootte ui en sny die bo en onder punte af. Sny dan ‘n keep oor die lengte van die ui deur die buitenste dik ui segment en haal dit versigtig af sodat dit heel en rond bly.
Stop dit met ‘n frikkadel mengsel van jou keuse en draai twee stroke repiespek rondom dit
Braai dit op die kole vir omtrent ‘n driekwart uur tot goudbruin en gaar.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto Gideon Louw




BRAAI HOENDER IN BIERMARINADE

BRAAI HOENDER IN BIERMARINADE
Resep geplaas deur Stien
Foto: Hennie van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
Meng saam:
1 blikkie bier
3 eetlepels bruin suiker
1 fyn knoffelhuisie
100 ml olyf olie
sout en peper

Pak 10 – 12 rou hoenderstukke, gegeur, in glasbak, gooi marinade bo-oor.
Maak toe met tinfoelie en plaas in yskas, oornag, of ten minste 4 ure.
Braai oor matige kole tot goudbruin en gaar.
Eet met slaai van jou keuse en stukke roosterbrood met konfyt.




BASTINGSOUS


BASTINGSOUS
750 ml rooiwyn
750 ml All Gold tamatiesous
250 ml sojasous
500 g bruinsuiker

Meng alles saam. Verhit tot al die suiker opgelos het en kook vir 5 minute. Bottel warm.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld




MARINADE: JOGURT OF SJERRIE

MARINADE: JOGURT OF SJERRIE
Wenk
Baie lekker as dit gebraai word oor die kole en genoeg vir 6 porsies
600 ml joghurt -enige geur
1 medium ui – fyn gekap
1 huisie knoffel – gekneus
25 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak

Plaas alle bestanddele in fles en skud goed tot deurgemeng.
Prik hoender met vurk en plaas in bak en giet marinade oor.
Marineer 8 ure of oornag in yskas – draai gereeld om
Braai oor lae hitte kole of in die oond.
WENK.
As die res van die marinade verhit gaan word om saam met die vleis voorgesit te word,
onthou dat joghurt maklik skif op hoe hitte. Roer 5 ml mielieblom in die mengsel.
Die jogurt marinade kan ook vir bees en skaap gebruik word.

Marinade vir Varktjops
75 ml sojasous
125 ml sjerrie
30 ml bruinsuiker
klein stukkie gerasperde gemmerwortel
OF
2 stukke gekapte gemmerkonfyt
1 knoffelhuisie fyn gedruk
sout
Meng bestanddele.
Marineer vleis oornag.

 




FRANCO SE PESTO EN SOJA MARINADE

FRANCO SE PESTO EN SOJA MARINADE
Neem twee eetlepels basil pesto en meng met halwe koppie light soya sous.
Gebruik as marinade vir enige vleis van jou keuse.
Le ten minste twee uur in marinade voor jy gaan braai.
Jy kan enige pesto van jou keuse gebruik.

RESEP:  Franco Dippenaar




MARINADE VIR WILDSVLEIS STUKKE

MARINADE VIR WILDSVLEIS STUKKE
Resep:  Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie marinade werk perfek vir wildsvleis. Ek het dit al menige kere gebruik vir enige wildstuk met groot sukses.
2 koppies Passata tamatie pasta sous – enige tamatie basis pasta sous sal werk solank dit ‘n dik sous is (jy koop dit in ‘n glasbottel, geen geurmiddels bygevoeg net tamaties wat dik gekook en versap is)
1 koppie rooiwyn
1 koppie Steers Burger Relish (dit was in die yskas toe gebruik ek dit maar!)
½ koppie olyf olie
1 groot gekapte ui
4 huisies knoffel fyn gedruk
1 eetlepel roosmaryn – droog

Meng die sous bestanddele saam en giet oor die vleis in ‘n oondskottel.
Maak goed toe met foelie of sit deksel op en bak by 160ºC vir so 4 ure.
Draai halfpad  die vleis om en skep weer die sous oor die vleis.
Ek het eers heel op die einde sout oor gegooi.
Hierdie resep het ek bymekaar gesit vir ‘n rooibok nek wat so ongelooflik sag was dat jy die vleis met ‘n vurk van die bene kon afkrap, maar dit sal vir enige wildsvleis werk en ek glo jy kan met sukses die vleis oornag in dit marineer in die yskas ook.




TESS SE MARINADE VIR HOENDERBORSIE REPIES

TESS SE MARINADE VIR HOENDERBORSIE REPIES
Resep en foto: Tessie Pretorius
FOOD LOVERS RECIPES
½ koppie mayonnaise
½ koppie olyfolie
½ koppie balsamiese asyn
1 eetlepel heuning
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel peri peri
1 teelepel paprika
1 knoffel huisie, gesny en gekneus

Meng alles saam, marineer oornag.
Bak in konveksie oond volkrag vir 25 – 30 min bedien met roerbraai groente en slaai.
Koud : sny hoeder fyn repe vir hoender slaai of hoender en mayo toebroodjies.




GIDEON SE MARINADE VIR VARKSTERTJIES


GIDEON SE MARINADE VIR VARKSTERTJIES
Resep en foto: Gideon Louw
1 medium ui, geskil en fyn gekerf
1 groot opgehoopte eetlepel blatjang
1 teelepel matige kerriepoeier
1 teelepel sout
¼ teelepel witpeper
3 eetlepels olyfolie
1 eetlepel braaipan frying roast van Freddie Hirsch

Meng alles saam met ‘n klein bietjie water en giet oor die varkstertjies om te marineer.
Braai oor matige kole tot deur gaar.




CECIL SE MARINADE VIR STEAK IN DIE PAN

CECIL SE MARINADE VIR STEAK IN DIE PAN
1/2 koppie balsamic asyn
3 eetlepels worcester sous
2 eetlepels blatjang
3 eetlepels bruinsuiker
1 eetlepel suurlemoensap

Marineer die vleis vir 3 ure
Braai in n warm pan
Bron en foto: Cecil Dunhin