ROMERIGE TAMATIE, FRIKKADELLE EN RYS GEBAK


ROMERIGE TAMATIE, FRIKKADELLE EN RYS GEBAK
Jy kan jou eie frikkadelle resep gebruik, maar hier is hoe ek myne gemaak het.
500 g maalvleis
¼ koppie fyngekapte ui
1 pakkie bruin uie sop poeier
2 eetlepels mayonnaise
sout en peper na smaak
¾ koppie ongekookte lang korrel rys
1 koppie melk
1 blikkie room van tamatiesop of 1 pakkie room van tamatiesop poeier gemeng in 300 ml water
1 blikkie gekapte tamaties

Meng die maalvleis, uie, bruin uie sop poeier, mayonnaise, sout en peper goed en vorm ongeveer 12 frikkadelle. (Hou in gedagte dat die soppoeier reeds sout in het) Rangskik die frikkadelle in ‘n oondbak wat met ‘n nie-kleefmiddel gespuit is. Meng al die ander bestanddele en giet dit oor die frikkadelle. Geur met sout en peper, maar hou weer in gedagte dat die sop reeds gegeur is. Maak styf toe met foelie of plaas die bak se deksel op. Bak by 180ºC vir 1 ½ uur of tot die rys sag is. Laat staan 10 minute voor opdiening.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




ITALIAANSE KRUIE FRIKKADELLE


ITALIAANSE KRUIE FRIKKADELLE
“ITALIAN SPICY MEATBALLS”
My man het weer vanaand kos gemaak.
½ ui, opgesny
2 knoffelhuisies, gekap
olyf olie
1 blik heel geskilde tamaties
1 boksie tamatie met chillie en kruie
1 teelepel sout
1 teelepel swart peper
1 teelepel suiker
1 bay leave
2 eetlepels tamatie puree
maalvleis vir frikadelle (het klaar gemaakte rou frikadelle gekoop en gebruik)
Diep kastrol

Braai uie en knoffel saam tot glaserig, en gooi dan alles behalwe tamatie puree by.
Laat prut op lae hitte vir ‘n uur.
Gooi nou 2 eetlepels tamatie puree in en roer deur.
Sit rou frikadelle in sous, deksel op pot en prut oor lae hitte vir +- 40 minute.
Bedien saam met pasta van jou keuse.
Foto en resep: Anna-Marie Beukes




BOBOTIE WITH MINCE


BOBOTIE WITH MINCE
2 large onions
1 tablespoon of sunflower oil
1 thick slice of brown bread
1 cup milk
2 ½ tablespoons strong curry powder
1 teaspoon turmeric
1 teaspoon ginger
1 tablespoon brown sugar
2 tablespoons apricot jam
2 almonds, quartered
¼ cup lemon juice (or vinegar)
2 teaspoons salt
½ teaspoon white pepper
¼ cup seedless raisins
1 green apple, grated
10 dried apricots, soaked and cut up (or a tin of apricots)
1 kg mutton (minced beef can be used as substitute)
4 lemon leaves or dried bay leaves
2 eggs

Pre-heat the oven to 180°C. Lightly fry the onions in the oil.
Soak the bread in half the milk and mash with a fork. Add to the onion.
Add the curry, turmeric, ginger, sugar, jam, almonds, lemon juice, salt, pepper and raisins. Mix well.
Add the apple, apricots, mince and 1 cup of water. Let simmer for 15 minutes.
Place in an ovenproof dish. Push the lemon/bay leaves in on the top.
Beat the eggs and milk together and pour over the meat. Slightly lift it to allow the egg to run into the bobotie. Bake until brown on top (about 20 – 30 minutes).
SERVE with yellow rice/raisins and a carrot salad, Mrs Balls and sliced banana.
Recipe posted by Faith Metzler




GIDEON SE MINI FRIKKADELLE


GIDEON SE MINI FRIKKADELLE
Resepte en foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Ek’t die minidelletjies aanmekaar geslat vir vannaand oppie kole in my pannetjie.
Ek’t ook ‘n dippie aangemaak om saam met dit te geniet.
500 g lamsmaalvleis (selfgemaak)
1 eier
1 eetlepel droë pietersielie
1 teelepel sout
1 teelepel peper
½ koppie broodkrummels (selfgemaak)
2 eetlepels Sriracha sous
3 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels sweet chillie sous
½ medium groot ui, fyn gekap
bietjie fyngekapte tiemie
bietjie vars fyngekapte pietersielie
bietjie olie om in te bak

Meng alles saam, behalwe die olie en maak klein balletjies omtrent so groot soos ‘n groterige albaster.
Ek het 65 gemaak en gaan dit oppie kole in my pannetjie bak.

DIPSOUS:
3 eetlepels sweet chillie sous
3 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels Sriracha sous
1 eetlepels chutney

Meng alles saam.
Ons gaan tandestokkies gebruik om die minidelletjies in die sous mee te dip.




“AIRFRYER” FRIKKADELLE


“AIRFRYER” FRIKKADELLE
Vanaand lekker Airfry Frikkedelle gemaak met mash en railway gravy en soet wortels.
Frikkadelle so ± 20 min in Airfryer.
500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
1 eier
2 snye brood sonder korsies, in melk gedoop
bietjie droë pietersielie
bietjie Jimmy’s seasoning

Alles saam gemeng en bolle gerol.
Dan so ± 20 min in Airfryer.

RAILWAY SOUS:
http://www.foodloversrecipes.com/2015/11/destydse-parkstasie-restaurant-bruinsous/
Soetwortels is net ‘n klein bietjie water en ¼ koppie bruin suiker, kook sag, dan sonder deksel dat hy kan droog kook, dit word dan lekker tammeletjie.
Resep en foto: Johan Westenberg




QUESADILLA PAN GEREG MET PITTIGE MAALVLEIS EN MIELIES


QUESADILLA PAN GEREG MET PITTIGE MAALVLEIS EN MIELIES
750 g maer bees maalvleis
4 eetlepels Taco speserye (of na smaak) *Cape Herb and Spice se eksotiese reeks
1 blikkie mieliepitte
2 groot knoffeltoontjies, fyn gerasper
2 uie, grof gekap
1 groot groen peper, in blokkies gesny
8 tortillas
1 koppie gerasperde Mozzarella kaas
2 koppies gerasperde Cheddar kaas
gerookte paprika

Berei twee oondpanne van dieselfde groote as volg:
Spuit een pan aan binnekant met kleefvrye sproei. Spuit die ander pan se bodem en kante aan die buitekant. Ek het die pan wat bo-op die gereg kom met foelie oorgetrek en dit gespuit. Die rede vir die boonste pan is sodat die gereg eweredig gelyk is en ook bo bruin bak met die hitte van die pan.

Sit oond op 230°C. Braai die uie en groen peper in min olie tot sag. Skep uit en hou eenkant. Braai die maalvleis tot mooi bruin en los. Indien daar enige vloeistof in die pan is gooi dit uit. Sit mieliepitte, knoffel en die taco speserye by en braai nog 5 minute. Geen ekstra sout is nodig want die taco speserye het reeds sout by.

Pak die 8 tortillas uit soos per foto in die oondpan wat aan binnekant gespuit is. Skep die vleis mengsel oor die hele bodem van die pan bo-op die tortillas. Sprinkel die uie en groen peper bo-oor. Strooi 1 koppie van die Cheddar kaas oor. Vou die tortillas bo-oor die vulsel en sit die pan wat aan onderkant gespuit is (of met die foelie oorgetrek en gespuit is) bo-op neer en druk liggies af.

Sit die gereg met albei panne so in die voorverhitte oond vir 20-25 minute. Haal uit en verwyder die boonste pan en strooi die Cheddar en mozzarella oor die hele bokant. Sit terug in die warm oond tot die kaas gesmelt het (jy kan dit ook onder die rooster doen vir paar minute). Strooi nou gerookte paprika bo-oor en bedien met suurroom, tamatie salsa, jalapēno en koljander (cilantro) salsa of enige salsa na smaak.

Sny met ‘n skerp gladde lem mes in blokkies en bedien onmiddelik.
Foto: Elsabie Templeton




MARTIN’S COTTAGE PIE


MARTIN’S COTTAGE PIE
U need for filling
4 tablespoons flour
500 g lean mince
1 onion, chopped
2 carrot, chopped
250 ml beef stock
2 fresh tomatoes, chopped
1 teaspoon English mustard
Worcestersauce, salt and pepper to taste
500 g frozen peas

For topping
About 1 kg potatoes
250 ml strong cheddar cheese
2 large eggs
2 table spoons butter/margarine
80 ml milk
salt and pepper

Brown mince in a little oil.
Put two spoons flour in mince keep stirring untill u don’t see flour anymore.
Put in diced up tomatoes, onion and carrot and stir for few minutes.
Put in mustard  and stir.
Put in stock and stir, while putting in the rest of flour.
When it is nice and thick, put in frozen peas switch off, stir in peas and leave aside.

Cut potatoes up in small quarters and steam, not boil. There is big difference in texture.
After soft,  crush all potatoes put in butter, milk, salt and pepper and cheese, while still hot and mix.
Now let it cool a bit. You have to be able to stick your finger in, and not burning.
Now put both eggs in and mix.
You will see everything will be soft and creamy.
In baking tin or baking glas bowl, spray cook and spray.
Put mince at bottom.
Put mash over, make smooth with butter knife. Take fork make small rake marks.
In oven 180 degrees C fan assistant for 30 min.
This is important let it stand for 30 min. Don’t worry will stay warm, believe me it makes a difference.
Enjoy the meal.
Photo and recipe:  Martin van Vuuren
2de Foto:  Hettie Gouws Stoltz
Martin’s Cottage Pie vir Sondag middag ete.
Het hom gemaak met kekker eland maalvleis.




BURGER PATTIES


BURGER PATTIES
Tuisgemaak bly die lekkerste!
Spek en kaas burgers met al die trimmings, beef patties, blaarslaai, tamatie, gebraaide gherkins, kaas, bacon en burgersous met mayonnaise en tamatiesous. Hier kom ‘n morsige storie.
30 Patties van so 80g kry jy uit hierdie resep (maar ek het my patties so 150g gemaak).

2 kg maalvleis met skaap vetjies as jy wil!
2 pakkies bruin uiesoppoeier
2 eetlepels pietersielie
2 eetlepels gelatien
1 teelepel sout
1 koppie koue yswater

Strooi droë bestanddele oor vleis, giet die yswater oor en knie deur.
Laat staan so 2 ure en maak patties.
Ek het ‘n patty drukker so dit gaan vinnig. Ek vries en haal uit wanneer nodig.
Bron: Elize Venter
Foto: Arushka Bothma




KEFTEDES – GRIEKSE FRIKKADELLE


KEFTEDES – GRIEKSE FRIKKADELLE
1 kg maalvleis
2 baie fyngekapte of gerasperde medium grootte uie
2 fyngemaakte knoffeltoontjies
¼ koppie gekapte vars pietersielie
1 eetlepel gedroogte kruisement
1 ½ eetlepel oregano
1 koppie broodkrummels
½ koppie melk
1 lig geklitste eier
2 eetlepels gerasperde kaas
sout en swart peper na smaak

Voeg al die bestanddele bymekaar in ‘n groot mengbak en meng baie deeglik. Bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas vir ten minste 1 uur. Hoe langer hoe beter vir die geure om behoorlik bymekaar te kom. Rol die mengsel in nie te groot balletjies en plaas dit in ‘n oondbak wat met olyfolie gesmeer is of met ‘n kleefwerende middel gespuit is. Bak by 190ºC vir ongeveer 40 minute en draai die frikkadelle halfpad deur die baktyd om. Laat effens afkoel voor dit bedien word. Die frikkadelle kan ook koud bedien word.
Wenk: Vir ‘n baie unieke Griekse smaak, kan ‘n eetlepel Ouzo by die mengsel gevoeg word.

Notas:
Die frikkadelle maak nie ‘n eie sous in die oondbak nie. Afhangende van die bykos sal dit nodig wees om ‘n aparte sous daarby te bedien indien dit vir ‘n hoofgereg gebruik word. Tradisioneel word dit met Tzatziki bedien.
Jy kan dit ook op die meer tradisionele manier in vlak olie op die stoof in vlak olie bak. Dan kan jy net die frikkadelle eers in meel rol, die oortollige meel afskud en dan normaalweg tot goed verbruin aan alle kante, in die olie bak.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




BUKS SE BERE FRIKKADELLE


BUKS SE BERE FRIKKADELLE
Party aande het ‘n mens nie tyd of lus om kos te maak nie en ook nie lus vir ‘n groot maaltyd nie. Dan is twee plat frikkadelle uit die vrieskas net die antwoord. Party naweke (soos vandag) voel jy lus om ‘n bietjie in die kombuis te spook sonder om te werk, dan is dit die tyd om jou voorraad plat frikkadelle te maak:

Meng bymekaar:
2 kg binneboudmaalvleis
4 groterige gerasperde wortels
1 groot, fyngekapte ui
braaivleisspeserye, pietersielie, roosmaryn en sout
(Asseblief geen broodkrummels, hoendereiers, meel of ander goed wat ‘n frikkadel kan bederf nie.)

Vorm met die hand plat frikkadelle en druk hulle goed en ferm vas.
Uit 2 kg gemaalde vleis behoort ‘n mens so 24 aanvaarbare frikkadelle te kry.

Knyp die frikkadelle in ‘n toeknyprooster vas en braai dit buite oor ‘n kwota-wag-‘n-bietjievuurtjie se kole.

Eet maar een of twee of vier terwyl jy wag dat hulle koud genoeg word om te verpak en te vries. Pak hulle twee-twee of meer langs mekaar (na gelang van jou verwagte eetlus) in plastieksakkies en vries om hulle anderdag net te ontdooi en warm te maak vir ‘n voortreflike versnapering of ete.

Die lewe is eintlik baie lekker as ‘n mens net die regte resep ken, en ware rykdom is ‘n voorraadjie plat frikkadelle in jou vrieskas.
Resep:  Buks Barnard