SPAGHETTI EN FRIKKADELLE


SPAGHETTI EN FRIKKADELLE
500 g maalvleis
1 medium ui, fyngekap
1 eetlepel oats
sout na smaak
spice for mince na smaak
½ teelepel crushed garlic
1 eier

Meng al die bestanddele saam en maak balletjies. Ek het dit in die wok pan gepak en so bruin gebraai. Geen olie nodig nie, want die non stick wok en die bietjie vet in die maalvleis braai die balletjies mooi bruin.
Ek het ‘n bottel pasta sous gevat en oor die maalvleis balletjies gegooi en stadig geprut totdat die maalvleis balletjies gaar is.
Kook spaghetti tot gaar. Haal die maalvleis balletjies uit die sous uit. Gooi die spaghetti in die sous in en meng goed deur sodat die pasta goed bedek is met die sous. Skep die pasta op en rangskik die balletjies bo-op. Rasper kaas oor en bedien.
Foto: Juanita Vermeulen




FRIKKADEL GEREG


FRIKKADEL GEREG
aartappels
1 ui
1 teelepel pietersielie
1 pakkie maalvleis (± 500 g of pas aan by hoeveelheid mense)
sout en peper na smaak
kaasskywe/gerasperde kaas vir bo-oor

Sous:
5 eetlepels botter
4 eetlepels koekmeel
4 koppies melk
2 teelepels sout
½ teelepel neutmuskaat

Kook aartappels met skil tot sag. Skil af en sny in skywe en pak dit rondom in pan en op die bodem. (hou ‘n paar uit)
Gooi maalvleis, uie en pietersielie in ‘n bak en meng met ‘n bietjie sout en peper.
Maak bolletjies en pak dit bo-op die aartappels.
Vat van die aartappelskywe en sit dit tussen die bolletjies.
Maak die sous aan en gooi bo-oor en sit kaas skywe/gerasperde kaas bo-op.
Sit dit in die oond en bak dit omtrent ‘n halfuur op 180°C.
Foto: Jolene Smith
Resep geplaas deur Jolene Smith




SUNELLE SE BURGERS


SUNELLE SE BURGERS
500-600 g maalvleis
2 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels braai sous
2 eetlepels blatjang
sout, pepper en kruie na smaak

Meng alles saam en maak patties. Plaas in yskas vir 3 ure. Maak gaar na keuse. Ons het die op die waterbraaier gebraai. Maak seker die patties is geseël voor dit omgedraai word.
Bou burgers na smaak. Ek het gekaramiliseerde uie en piekel gemmer op.
Foto: Sunell Liebenberg




CREAMY BEEF AND SHELLS

CREAMY BEEF AND SHELLS
yield: 4 servings
230 g  medium pasta shells
1 tablespoon olive oil
450 – 500 g ground beef
½ medium sweet onion, diced
2 cloves garlic, minced
1 ½ teaspoons Italian seasoning
2 tablespoons all-purpose flour
2 cups beef stock
425 g can tomato sauce
3/4 cup heavy cream
Kosher salt and freshly ground black pepper, to taste
½ cup  shredded extra-sharp cheddar cheese

In a large pot of boiling salted water, cook pasta according to package instructions; drain well.
Heat olive oil in a large skillet over medium high heat. Add ground beef and cook until browned, about 3-5 minutes, making sure to crumble the beef as it cooks; drain excess fat. Set aside.
Add onion, and cook, stirring frequently, until translucent, about 2-3 minutes. Stir in garlic and Italian seasoning until fragrant, about 1 minute.
Whisk in flour until lightly browned, about 1 minute.
Gradually whisk in beef stock and tomato sauce. Bring to a boil; reduce heat and simmer, stirring occasionally, until reduced and slightly thickened, about 6-8 minutes.
Stir in pasta, beef and heavy cream until heated through, about 1-2 minutes; season with salt and pepper, to taste. Stir in cheese until melted, about 2 minutes.
Serve immediately.
Photo: Benita Rodrigues
Comment:
Ek het ander pasta gebruik, nie dieselfde as in die resep nie, maar dit is een van die lekkerste wat ek in ‘n lank tyd geproe het en verskriklik maklik.




RONELL SE MAALVLEIS PASTA GEBAK


RONELL SE MAALVLEIS PASTA GEBAK
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
700 g maalvleis
2 koppies gerasperde cheddar kaas
1 groot ui, opgekap
1 stuk elk groen en rooi soetrissie, opgekap
1 eetlepel fyn knoffel, Italian herbs, vleis speserye, sout en peper
1 pakkie cream of mushroom sop
4 koppies volroom melk, klits daarin 4 eiers
1 blikkie boere relish (reeds suiker in)
¾ pak pasta, gekook en afgespoel

Braai die ui, groen en rooi soetrissie stukke tot ligbruin.
Voeg knoffel by en roer deur.
Voeg jou maalvleis by met speserye en kruie en braai tot bruin. Roer deur.
Voeg die relish by roer en prut so 3 min.
Meng 1 koppie melk met die pakkie sop en voeg by die melk en eier mengsel van die 3 koppies wat oor is. Meng goed.
Skep pasta in oondbak en dan die maalvleis mengsel. Meng deur.
Gooi die melk mengsel eweredig oor die pasta maalvleis en meng liggies.
Strooi die kaas bo oor. Jy kan meer ook gebruik as 2 koppies.
Bak vir 30 min tot lekker bruin.
Neem ‘n vurk en toets in die middel deur die pasta weg te trek dit moet geset wees.




SKAAPMAALVLEIS OP OOP PITA BROOD


SKAAPMAALVLEIS OP OOP PITA BROOD
‘n Pita brood wat oopgesny is en gestop is met skaap maalvleis wat gegeur is na jou keuse en ‘n paar rooi spinasie blare is sommer baaaaie lekker!
Ek het by 500 g gaar maalvleis gevoeg:
2 eetlepels chutney
1 teelepel sout
1 teelepel swartpeper
2 eetlepel Worcestersous
1 teelepel Italian herbs
1 ui gekerf en vooraf gekarameliseer
1 eetlepel suiker

Braai die mengsel lekker deur met bietjie olie in ‘n pan op die stoof,  en bedien op lekker vars Pita Brood.
Foto en resep: Gideon Louw




TANNIE KAREN SE HEERLIKE BOBOTIE GEREG


TANNIE KAREN SE HEERLIKE BOBOTIE GEREG
1 dik sny witbrood
250 ml melk
1 groot ui, fyn gekap
1 eetlepel appelkooskonfyt
25 ml kookolie
37.5 ml witasyn
15 ml warm kerriepoeier
15 ml suiker
5 ml sout
bietjie borrie (tumeric)
knypie peper
500 g maalvleis
2 eiers
12.5 ml blatjang
3 vars suurlemoenblare (opsioneel)

Week brood in melk.
Braai ui in kookolkie tot effens bruin.
Meng asyn, kerrie poeier, borrie, appelkooskonfyt, suiker, sout en peper en roer dit by ui.
Druk meeste melk uit brood (hou melk) maak brood fyn en voeg by uie. voeg dan gou maalvleis en 1 eier by, roer en voeg dan al die melk by. Meng goed.
Voeg blatjang by en laat mengsel ‘n rukkie kook – roer gereeld.
Voorverhit oond tot 180°C.
Spuit oondbak met spray and cook (bak moet 1.5 l water kan vat en die water moet bak amper vol maak anders is die oondbak te groot).
Skep vleismengsel in bak.
Plaas vir paar min in die oond.
Klits oorblywende eier en 100 ml melk saam. Giet oor bobotie. Sit suurlemoenblare by.
Bak bobotie vir half uur (30 min).
Sit warm voor saam rys van jou keuse.
Resep en foto: Elidese Strydom




MAALVLEIS PATTIES VIR ‘N BRAAI


MAALVLEIS PATTIES VIR ‘N BRAAI
1 kg maalvleis
2 teelepel Worcestersous
2 teelepel soyasous
1 ui, fyn opgesny
2 koppies kaas van jou keuse
knoffelvlokkies, na smaak
1 eier
1 teelepel gemengde kruie (mixed herbs)
sout en peper
1 teelepel braaivleis speserye

Meng alles saam, vorm patties.
Braai patties so medium gaar.

Is ‘n baie lekker sappige pattie. Ek het ronde tee sakkie bakkie wat ek uitle met kleef plastiek, sit dan maalvleis binne in en weer kleef plastiek bo-oor.
Gebruik dan ‘n piering om die pattie saam te pers.
Sit dan die pattie net so in die kleef palstiek in die vrieskas.
Vries patties vir so uur of twee voor jy dit braai. Help dat patties nie uitmekaar val nie.
Resep: Coetzee Neethling




HEERLIKE ROMERIGE FRIKKADELLE


HEERLIKE ROMERIGE FRIKKADELLE
1 kg maer maalvleis
250 ml room
1 pakkie bruinuiesoppoeier
1 pakkie sampioene

Meng alles goed saam en vorm balle. Mikrogolf op hoog vir ongeveer 20 min. Haal uit bak en hou eenkant
Kerf een pakkie sampioene en gooi in bak en mikrogolf so twee min. ‘n Blik gekapte sampioene kan ook gebruik word. Voeg so 2 eetlepels bruinsous poeier by en meng goed met kookwater (ongeveer 150 ml) en meng saam.
Mikrogolf vir 2 min. Voeg nog water in die bak as die sous te dik is.
Plaas frikkadelle terug in bak en mikrogolf 2 min tot goed warm.
Bedien saam met fyn aartappels en groente van keuse
Resep geplaas deur Francis Schoeman




HERDERSPASTEI MET TAMATIE EN UIE


HERDERSPASTEI MET TAMATIE EN UIE
Resep is genoeg vir een medium oond-glasbak.
5 meduim aartappels
1 kg meduim tamaties
3 groot uie
¼ koppie olie
1 kg beesmaalvleis
vars gekapte knoffel
rooipeper na smaak (ek hou van so bietjie brand)
sout na smaak

Kook  aartappels tot sag (genoeg om bak se bokant te kan bedek). Maak fyn, geur met aromat en lepel botter.

Verhit jou oond tot 180 ºC.
Sny tamaties (skille verwyder) en uie mooi fyn en hou eenkant.

Braai die volgende in ‘n pan met die olie:
beesmaalvleis
vars gekapte knoffel na smaak
rooipeper na smaak (ek hou van so bietjie brand)
sout na smaak
Meng goed deur en braai tot half gaar.
Voeg die tamatie en uie mengsel by en braai tot alles gaar is (moenie olie bygooi nie, die tamaties maak sap)

Smeer ‘n medium plat glasbak met cook & spray.
Sit die maalvleis mengsel onder in en maak gelyk. Maak ‘n laag met aartappels bo-oor die maalvleis. Klits een eier en smeer oor die aartappels. Bak in vooraf verhitte oond tot mooi goudbruin bo. Bedien saam met gemengde groente, ens. van jou keuse.

Nota: Ek het nie my maalvleis se sousie afgeskep voor dit oond toe is nie. Indien jy ‘n droër variasie vleis onder die aartappellaag soek, skep af voor in bak skep. Die dis proe die volgende dag selfs lekkerder na die geure bietjie ingetrek het.
Foto en resep:  Christelle van Rooyen