FRIKKADELLE TOEGEDRAAI IN KOOL BLARE

frikkies in koolblaretested

FRIKKADELLE TOEGEDRAAI IN KOOL BLARE
Foto: Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
500 g beesmaalvleis
500 g varkmaalvleis
250 ml sagte broodkrummels
10 ml fyn koljander
1 ml fyn naeltjies
1 ml fyn neut
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
25 ml asyn
6 groot vars koolblare

Verhit jou oond tot 150 °C. Meng die twee soorte maalvleis. Voeg broodkrummels by en meng.
Voeg res van die bestanddele (behalwe die koolblare) by en meng goed. Vorm 6 frikkadelle en hou eenkant.
Plaas koolblare in ‘n groot bak en gooi kookwater oor. Maak seker blare is bedek met kookwater.
Laat staan vir sowat 5 minute totdat die blare sag is. Haal uit en dreineer op kombuispapier.
Sny die harde stronkgedeelte uit die koolblare. Plaas ‘n frikkadel in die middel van ‘n koolblaar en maak soos ‘n pakkie toe.
Plaas frikkadelle in ‘n oondbak, toegevoude deel na onder. Gooi 125 ml kookwater in die oondbak en maak bak toe met tinfoelie.
Sit in oond vir 1 uur. Van die water en sous sal uitkook.
Haal uit en skep frikkadelle op ‘n opdienbord.
Sit voor saam met kapokaartappels

 




VLEISROL MET SAMPIOENE EN KAAS

vleisrol
VLEISROL MET SAMPIOENE EN KAAS
454 g maalvleis
½ teelepel sout
¼ teelepel peper
1 gekapte ui
1 eier
1 blik sampioene of vars sampioene – 283 gram
3 repies spek
1 koppie broodkrummels
1 koppie Cheddar kaas
1 eetlepel botter of margarien

Meng vleis, sout, peper, ui en geklitste eier.
Smeer  die vleismengsel 2 cm dik op ‘n vel bakpapier. Snipper die sampioene en spek op en voeg broodkrummels kaas en botter by.
Skep mengsel op vleis en rol op soos rolkoek.
Druk kante goed vas en verwyder waspapier en plaas in bakskottel en bak in matige oond 180°C vir ongeveer ‘n uur.
Sny in skywe en bedien met ‘n lekker groen slaai.

Foto en plasing: Sophia Pohl