FRIKKADEL-PASTEI

frikkadelle pasteitested

FRIKKADEL-PASTEI

FRIKKADELLE
750 g gemaalde beesvleis
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap (opsioneel)
1 groot geelwortel, geskil en fyn gerasper
1 koppie vars broodkrummels
1 teelepel tamatiesous
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel Worcestersous
1 teelepel mosterdpoeier
sout en varsgemaalde swartpeper
2 teelepel droë gemengde kruie
DEEG
½ koppie koekmeel
½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
4 eiers
½ koppie melk
3 eetlepel gesmelte botter

Meng al die bestanddele vir die frikkadelle in ‘n groot bak. Gebruik jou hande om te sorg dat al die bestanddele goed deurgewerk is. Vorm frikkadelletjies so groot soos tafeltennisballetjies en rangskik styf teen mekaar in ‘n gesmeerde oondbak.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers en meng met die melk en gesmelte botter. Voeg dit by die meelmengsel en meng goed tot glad en sonder klonte.
Giet die deegmengsel oor die frikkadelle en bak in ‘n voorverhitte oond van 180ºC vir 50 tot 60 minute.
WENK
Bedien saam met ‘n slaai of gestoomde groente of ‘n lekker tamatie- en uiesmoorsous.

Resep: Kuier 5 Junie 2013
Foto:  Benhet Niewenhuis




DRIES SE VLEISBROODJIE

dries se vleisbroodjietested

DRIES SE VLEISBROODJIE
In my pan het 3 gekookte eiers in ‘n ry gepas.
En dan 1 eier om maalvleis te bind .
Genoeg spek om pan mee uittelê
1 kg maalvleis gegeur en voorberei soos vir frikkadelle
1 ui opgekap
1 koppie broodkrummels
3 eetlepels Worcestersous
sout en peper na smaak

Gebruik broodpan as vorm. Eers die spek ingelê.
Geur en berei die maalvleis soos vir bolletjies, voeg die uie, broodkrummels en worcestersous by.  Voeg sout en peper by nasmaak.
Skep die helfte van die rou maalvleis in die spek en plaas die gekookte eiers in ‘n ry in die middel van die maalvleis en spep die res van die maalvleis oor die eiers. Vou die spek toe oor die maalvleis.
Bak in die oond op 200 ºC tot maalvleis ferm en gaar is, ongeveer 45 min.
Laat staan ‘n rukkie voor dit uitgekeer word.  Sny in skywe om te bedien.
Resep: Dries Von Weidtz



TAMATIE BRAAI WORS

wors
TAMATIE BRAAI WORS

Bederf die familie met die dis. Dis maklik om voor te berei en dit smaak heerlik. Die resep kan as wors of as frikkadelle voorgesit word.
500 g wildsvleis
250 g varkvleis
100 g spek
½ teelepel sout
½ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel fyn neutmuskaat
½ teelepel gedroogde basil
2 knoffel huisies
1 groot ui fyn gesny
3 ryp ontvelde tamaties in skywe gesny
1 eetlepel bruinsuiker
2 eetlepel suurlemoensap.
½ koppie koue water
½ teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie droë broodkrummels

Meng bestanddele saam en maal.
Meng en maal ‘n tweede keer.
Stop in derms of vetderm.
Plaas in ‘n broodpan en maak maalvleis brood of frikkadelle.




RIVERSIDE SE MOUSAKA

mousaka renetested

RIVERSIDE SE MOUSAKA
Riverside se manier
750 g bees maalvleis
3 eiervrug [so gemiddelde grootte]
6 middel/groot aartappels
2 uie baie fyn gekap
2 fyn gekapte huisies knoffel
125 ml goeie rooiwyn
¼ koppie vars gekapte pietersielie
1 koppie tamatie puree / of fyn gesnipperde tamaties [ se die resep] ek het my tamatiesous resep gebruik wat ek vir krummelpap maak,gebruik]
2 eetlepels tamatie paste
1 eetlepel fyn kaneel

1 teelepel all spice
1 eetlepel bruin suiker
Sout en peper na smaak
2 koppies broodkrummels
6 eierwit, geklits [ gebruik geel by Bechamel sous]1 koppie kefalotyri of parmesan kaas[wat jy nie op die dorp kry nie, cheddar gebruik]
Bechamel sous
1 koppie gesoute botter [ dis omtrent 250 g]
1 koppie koekmeelblom
4 koppies warm melk
6 eiergele
Knippie nutmeg

Met groenteskiller skil eiervrug, los strepies skil aan vir mooigeid- sny die eiervrug in skywe van omtrent 5cm dik. Plaas op n bakplaat en strooi beide kante sout – nie minder 20 minute, verkieslik n uur, die sout help om die bitter vd eiervrug minder te maak en onttrek die vog.
Skil die aartappels en kook tot amper gaar, moet nog ferm wees. Dreineer en laat afkoel. Sny in 5cm dik skywe
Klits die eierwit met n klein bietjie water tot lig
Spoel die eiervrug af met water en maak droog met papierhanddoekie. Dip in die eierwit en dan in die broodkrummels. Pak op n bakplaat en bak tot gaar[ die AGA het nie Celsius stelling nie, in redelike matige oond gebak]
Vleisvulsel
Roerbraai die beesmaalvleis tot pienk, voeg uie by en roerbraai tot uie deurskynend is ± 5 minute.
Voeg die knoffel by en braai 1 minuut lank.
Voeg die wyn by en prut tot die vloeistof effens afgekook is, voeg dan eers die pietersielie, kaneel en all spice by. Dan die tamatiepaste en die fyn gaar tamatiesen suiker. Prut vir 15 minute sonder deksel, moet redelik droog wees, nie te souserig nie.
Maak die béchamel sous
Smelt botter oor lae temperatuur. Met n balklitser voeg die meel by om n sagte paste te verkry- moenie laat bruin word nie
Voeg die warm melk by en klits voortdurend. Prut oor lae hitte tot sous verdik.
Verwyder van die hitte af en voeg die eiergeel een vir een by, klits aanhoudend, voeg nutmeg by.
Sit terug op die plaat en kook tot sous dik is.
Samestelling.
Smeer in lasagne oondpan liggies; strooi liggies broodkrummels
Pak nou die lae, begin met die aartappelskywe, laat n effense opening vd rand, sodat sous later kan inloop
Lae: aartappel; eiervrug; beesmaalvleis; kaas; béchamel sous en dan die res van die kaas.
In die Aga se boonste oond gebak vir 30 minute [ sterk warm] toe vir verdure 15 minute in die koeler onderste oond. [Elektrise stoof 180°C]
Rus vir 15-20 minute voor jy bedien. Dan sien jy die lae mooi. Maar as jy honger is eet maar dadelik, hehe.
Sit voor saam met n mengelslaai en die res van die goeie rooiwyn.

Bron: Rene Truter Wessels

 




COCKTAIL FRIKKADELLETJIES

COCKTAIL FRIKKADELLETJIES
Geplaas deur Heiner Lange Uit ‘Afrikanerkos’
FOOD LOVERS RECIPES
2 eiers
250 ml vars broodkrummels
1 ml peper
400 g gemaalde beesvleis
125 g gerasperde mozzarellakaas
125 ml water
5 ml sout
1 knoffelhuisie, gekap
100 g varkmaalvleis
olie vir diepbraai

Klits die eiers en water saam.
Voeg die krummels, sout, peper en knoffel by en meng dit goed.
Laat staan dit vir 5 minute.
Voeg die vleis en kaas by en meng alles goed saam.
Vorm klein frikkadelletjies en braai in warm olie tot bruin en gaar.



OUMA JOHANNA SE HERDERSPASTEI

tested

OUMA JOHANNA SE HERDERSPASTEI
20 ml olyfolie
800 g maalvleis
2 medium ui, gekap
1 groot wortel, grof gerasper
2 selderyestingel, gekap
10 ml origanum
koppie beesvleisaftreksel
2 teelepel Worcestersous
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Bolaag:
2 groot aartappels, geskil opgesny
1 botterskorsie, geskil , opgesny
50 ml botter
40 ml melk
½ koppie broodkrummels
knypie origanum
So gemaak:
Verhit olie in swaarboomkastrol. Voeg maalvleis by en braai tot kleur verander.
Voeg ui by en soteer tot sag.
Voeg wortel, seldery, origanum, aftreksel, Worcestersous en geurmiddels by.
Prut vir 20 minute tot wortels sag is.
Skep in oondvaste bak.
Maak aartappels gaar in ‘n bietjie soutwater.
Dreineer en druk fyn. Voeg botter en melk by om ‘n sagte tekstuur te kry.
Kook of stoom botterskorsie tot sag. Dreineer en druk fyn en voeg die fyn aartappels by.
Skep die fyn aartappel-en-botterskorsiemengsel oor die maalvleis.
Besprinkel met broodkrummels.
Bak vir +-30 minute teen 180ºC tot bruin.
Foto: Benhet Nieuwenhuis



JEANETTE SE BOBOTIE

bobotie jeanettetested
JEANETTE SE BOBOTIE
500 g maalvleis
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
¼ pakkie fyn spek
1 ui, gekap
1 handvol rosyne
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 piesang in ringetjies gesny
1 appel, in blokkies gesny
½ pakkie sampioensop, droog
1 koekie vleisaftreksel
2 eiers
1 koppie melk

Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in vleismengsel, voeg die res van die bestanddele by. Roer tot rooi van vleis weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk en giet bo-oor.
Bak ± 30 minute tot bruin.

Resep en foto:  Jeanette Martins




MAALVLEISVULSEL VIR VETKOEK / PANNEKOEK

VETKOEK MET MINCE
MAALVLEISVULSEL VIR VETKOEK / PANNEKOEK
Resep: Dalene Brits
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui, baie fyn gekap
30 ml olie
5 ml koljander
5 ml komyn
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
500 g maer maalvleis
30 ml worcesterous
30 ml tamatiepasta
1 blik gekapte tamaties
15 ml bruin uiesop
Bietjie kookwater
Braai ui in die olie tot sag. Voeg koljander. komyn en knoffel by en braai liggies. Voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg worcestersous en tamatiepasta by en braai 1 minuut.
Voeg tamaties, uiesoppoeier en bietjie water by en prut vir 30 min tot dik. Geur met sout en peper.

 




SAUCY MEATBALLS IN THE SLOW COOKER


SAUCY MEATBALLS IN THE SLOW COOKER

Saucy meatballs cooked in a rich ketchup mustard wine sauce slow cooker style. Let the ingredients simmer and all is ready by the time you come home from work.
1 cup ketchup
1 teaspoon prepared mustard
½ teaspoon Worcestershire sauce
1 tablespoon vinegar
2/3 cup red or white wine
2 eggs, beaten½ cup milk
1 cup soft bread crumbs
450 g lean ground beef
1 teaspoon salt
¼ teaspoon seasoned pepper
3 tablespoons minced parsley
2 tablespoons grated onion
½ teaspoon extra Worcestershire sauce
2 tablespoons butter or margarine

Put ketchup, mustard, ½ teaspoon Worcestershire sauce, vinegar, and wine into an electric cooker. Mix.Cover and cook on Low while preparing meatballs. Mix eggs, milk, and bread crumbs in a bowl. Add meat, salt, seasoned pepper, parsley, onion, and remaining Worcestershire sauce, mix lightly. Shape into small balls.Heat butter in a skillet, add meatballs and brown on all sides. Add browned meatballs to sauce in cooker, mix.Cover and cook on Low 4-6 hours.
About 6 servings.




VRUGTE BOBOTIE

bobotie - driestested

VRUGTE BOBOTIE
500 g maalvleis
1 ui gekap
¼ pakkie fyn spek
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
½ pakkie sampioensoppoeier – droog
1 blokkie vleisaftreksel
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
handvol rosyne
1 piesang, opgsny
1 appel in blokkies gesny
2 eiers
1 koppie melk

Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk die brood in die vleismengsel en voeg die res van die bestandele by. Roer tot die rooi van vleis weg is. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak. Meng die 2 eiers met melk en giet bo-oor die vleismengsel. Bak in voorverhitte oond by 180ºC vir ± 30 minute tot bruin.
Om te vries – Bak volgens die resep voor jy dit gaan vries. Laat net afkoel en bedek met plastiek of ‘n deksel, merk die bobotie en vries dan. Wanneer jy dit wil gebruik, ontvries en herverhit in die oond by 120ºC vir so 30 min. of in die mikrogolf tot deurwarm.
Resep en foto: Linda Venter