RENDIL EN POPPIE SE MAALVLEISBROODJIE

rendil-se-vleisbroodjie

RENDIL EN POPPIE SE MAALVLEISBROODJIE
6 Porsies
100 ml olyfolie
250 g spek
1 kg bees maalvleis
5 ml naeltjies
5 ml rooipeper
5 ml swartpeper
4 knoffelhuisies
20 ml vars tiemie
20 vars koljander
20 ml vars basilliekruid
8 saggekookte eiers
375 ml gerasperde mozzarella

Voorverhit oond tot 180ºC
Meng al die droë bestanddele en voeg by die maalvleis. Sny die ui en knoffel op in klein blokkies en meng dit ook met die vleis.
Voer ‘n broodpannetjie uit met tinfoelie, en voer dan ook uit met die spek.
Meng die olyfolie met die maalvleis en pak ‘n dun lagie vleis bo-op die spek.
Kook die eiers net vir drie minute en gooi dit dan in yskoue water en laat staan vir 5 minute. Dop dit af en plaas dit bo-op die maalvleis in die middel van die pannetjie. Plaas die res van die maalvleis bo-op die eiers.
Bak vir 30 minute en gooi dan die mozzarellakaas oor die broodjie en bak vir ‘n verdere 10 minute

BRON- KYKNET




NIGELLA’S MEATLOAF

meat loaf
NIGELLA’S MEATLOAF
Resep en foto geplaas deur Marisza Olivier
Foto:  Amber-Lee
FOOD LOVERS RECIPES
Syt die reseppie op Nigella vanoggend gesien……toe maak sy dit……. sys eerlikwaar my little amazing chef.
900 g fresh made mince (pre minced tends to be a touch drier)
1 large onion roughly chopped
duck fat or a mix of butter and oil
100 g soft bread crumbs
1 egg
worcester sauce
1 Packet of streaky rindless bacon
3 eggs lightly hard boiled

Gently fry onions in duck fat or a mix of butter and oil, add a pinch of salt to prevent crisping.
Mix egg, worcester sauce & breadcrumbs to mince & mix well before adding the onions. The breadcrumbs bulk up the mixture and soak up the juices.
Place half the mix on tray, make into an oval shape, place hard boiled eggs along centre then place other half on top. Wrap the loaf with the bacon rashers and bake for 40 mins.

Serve with baked potatoes with a blue cheese dressing. Add a dash or worcester sauce, a blob of brown sauce, a splash of cider vinegar and buttermilk to the cheese. Mash together. Add milk to make the dressing the right consistency.

 




RIAAN CRUYWAGEN FRIKKADELLE

RIAAN CRUYWAGEN FRIKKADELLE
30 ml olyfolie
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, gekap
600 g maalvleis
2 eiers, geklits
30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap
worcestersous na smaak
sout en vars gemaalde swartpeper

Tamatiesous
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml (2 e) olyfolie
1 blik (410 g) gekapte tamaties
15 ml (1 e) tamatiepuree
5 ml (1 t) suiker
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
sout en vars gemaalde swartpeper
vars pietersielie vir garnering

Frikkadelle:
Verhit ’n bietjie olyfolie en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg by die maalvleis, gevolg deur die eiers, pietersielie, worcestersous, sout en peper. Meng goed en deel in ewe groot porsies. Rol die frikkadelle met jou hande (maak jou hande klam, dan rol dit makliker). Verhit die res van die olie en braai die frikkadelle oor matige hitte tot goudbruin. Skep uit.

Sous:
Braai die knoffel in verhitte olyfolie in ’n groot pan tot sag en deurskynend. Voeg tamatie en tamatiepuree by en laat prut tot sous verdik. Voeg die suiker, pietersielie, sout en peper by. Skep frikkadelle in die sous en verhit oor matige hitte tot geurig. Garneer met vars pietersielie en sit voor saam met romerige kapokaartappels of rys.

GEPLAAS DEUR: Marie Rheeder Troskie




DINE SE BOBOTIE


DINE SE BOBOTIE
3 groot uie
4 teelepels kookolie
1 kg maalvleis
2 ml koljander
½ teelepel swartpeper
4 teelepels kerriepoeier
2 teelepels borrie
4 teelepels bruinsuiker
4 teelepels appelkooskonfyt
4 teelepels asyn
2 snye witbrood geweek in 1 koppie melk
½ koppie rosyne
2 suurlemoenblare
2 eiers
Bo-oor:
1 koppie melk
2 eiers
2 suurlemoenblare
Verhit die olie in ‘n pan op die stoof en braai die uie tot deurskynend, voeg die speserye by en braai tot die geure ontwikkel het. Skep die mengsel uit en plaas eenkant.
Voeg die vleis in dieselfde pan en braai die vleis tot gaar.
Voeg die uiemengsel by die vleis en voeg die bruinsuiker, appelkooskonfyt, asyn en witbrood wat in melk geweek is, by die vleismengsel, roer goed deur en kook deur. Roer die rosyntjies by en meng.
Skep die bobotiemengsel in ‘n oondskottel.
Meng die melk en eiers vir die bo-laag en giet dit oor die vleis, druk die suurlemoenblare in die gereg.
Bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 20 minute.
Dine se notas:
Mens kan natuurlik wildsvleis ook vir bobotie gebruik. Dit gee net ‘n losser tekstuur aan die maalvleis.
In argiewe kan mens gaan oplees dat Van Riebeeck ‘n “bobotiepot” bestel. Mens kan dus aflei dat hulle bobotie geken het.  ‘n Teelepel borrie by die rys is wat die rys so geel gekleur. Hierby kom hanepootrosyntjie en ‘n groot klont botter. Suurlemoenblare word opgerol en in die bobotie gedruk vir die lekker en die mooi.
Saam met die bobotie bedien ons altyd blatjang, atjar en tamatiesambal.
Resep geplaas deur: Rene Truter Wessels




MAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPEL KOLWYNTJIES

MINCE EN MASH CUPCAKES - MARYKEtested
MAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPEL KOLWYNTJIES
Ek het nou die dag iets probeer en my man sê ek moet die resep op die blad sit. Die hoeveelhede is na eie keuse, afhangende van die hoeveel vleiskolwyntjies jy wil maak.
500 g maalvleis
2 snye witbrood, in water geweek
speserye na smaak (bv vir frikkadelle)
aartappels, geskil en opgesny
botter
melk
kaas
1 eier
sout en peper na smaak
Meng die maalvleis, gedreineerde brood en speserye saam, en vorm frikkadelle so groot soos verkies.
Druk die maalvleis in ‘n kolwyntjiepannetjie se holtes vas teen die bodem en kante, soos wanneer jy deegdoppies sal maak, met ‘n holte in die middel.
Kook die aartappels tot gaar en dreineer. Voeg botter, melk, kaas, sout en peper na smaak en een eier by die gaar aartappels en maak dit fyn soos vir kapokaartappels. Skep die kapokaartappels binne in die vleisbakkies in die kolwyntjiepannetjie. Bak die gevulde vleiskolwyntjies in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir ongeveer 1 uur.
Nota – Ek het die resep weer gemaak en die maalvleis is byna dieselfde, ek het wel ‘n pakkie bruin uiesoppoeier, 80 ml water en 1 gerasperde ui bygevoeg. Vir ‘n extra lekkerte, voeg ek ook kaas en bietjie blatjang by die maalvleismengsel. Dit is regtig baie lekker, mense vra altyd vir my die resep. Is nooit presies dieselfde nie, want dit is sommer so uit die kop uit.
Resep en foto: Maryke Nel McCaig




MACARONI AND CHEESE WITH MINCE

mac and cheese with mince dianetested
MACARONI AND CHEESE WITH MINCE
I cooked my macaroni in salt water till soft, drained it and kept one side.
Fried onions lightly and added mince to it and fried till nice and brown.
Added a tin of Tomato and Onion mix and let cook for round 15-20 mins.
Added a tin of Mushrooms, stired it through the mince mix.
If it needs to be thickened, I then thicken with a little maizena and bristo. (Just a little)
I made a nice cheese sauce, using milk and maizena.
I mixed my macaroni into the cheese sauce.
In a dish, I put a layer of macaroni mixed in the cheese sauce.
Layer of mince mixture
Layer of grated cheddar cheese.
Repeat again ending with the mince mixture.
Nice layer of grated cheddar cheese.
Bake in preheated oven 170°C till cheese melted through and on top.
Enjoy

Source:  Diane Roode Hancox




SPEK BOBOTIE

bacon BObotie florainetested

SPEK BOBOTIE
1 groot ui
botter
500 g maalvleis
500 g spekblokkies
1 sny brood
500 ml dubbeldik griekse jogurt
4 eiers
200 ml melk
sout en peper
5 ml gemengde speserye
1 eetlepel massala
2 teelepels appelkooskonfyt
kaas

Kerf ui en braai in botter, voeg vleis en bacon by en braai tot goudbruin.
Verkrummel brood in voedselverwerker en meng in jogurt met 2 geklitste eiers .Voeg kerriepoeier en konfyt by vleis, roer in. Meng alles saam, klits laaste 2 eiers met 200 ml eiers met melk, speserye, sout en peper, strooi kaas oor en bak by 180°C vir 20 – 30 min. Bedien op rys met peppadew chutney.

Foto en resep: Floraine Wasserman Venter




OUVROU ONDER DIE KOMBERS

2013-07-02-ouvrouonderdiekomberstested

OUVROU ONDER DIE KOMBERS
Meng die volgende saam:
maalvleis
1 eier
sout en peper na smaak
1 fyn gekapte ui
1 sny brood fyngemaak
blatjang
goeie skeut worstersous of wat ookal jou smaakkeuse is
Ekstra:
koolkop of twee
1 koppie kookwater
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 eetlepel suiker
BBQ spice of braai-spice

Neem goeie vars kool (sjoe die een van vandag was ekstra mooi en het pragtige blare gehad) breek buite blare af. Ek spoel myne in soutwater vooraf om seker te maak dit is sand/gogga vry. Sny die harde draad uit en elke koolstuk om om die frikadeletjie pas. Week in kookwater om hanteerbaar te maak.
Gebruik ‘n geskikte oondpan, liggies met olie gesmeer. Rol vleis in bolle en maak toe in die koolblare (sien foto), ek hou bietjie vleis vir oorstrooi eenkant. Pak die koolbolle in die pan.
Giet ongeveer 1 koppie kookwater onder in die pan, dit word jou sousie.
Skep ‘n blik tamatie/ui smoor egalig oor koolvleis.
Sprinkel die suiker egalig oor. Sprinkel bietjie BBQ spice of braai-spice oor (aangesien dit die kool) smaak kan gee, of bietjie woestersous. Bedek met deksel of foelie. Plaas in vooraf verhitte oond.
Ek sit myne vir eerste 15 min op 200 ºC en oorblywende 40 min by 180ºC. Hou vloeistof dop.
Sous is lekker saam kos. Bedien op rys.
Hoeveelhede is na gelang van gesingrootte. Frikadelle grootte van ‘n eier.

Resep en foto:- Daleen Terblanche




MIELIERYS EN WATERBLOMMETJIE BOBOTIE

2013-07-02-mielierysenwaterblommetjiebobotie

MIELIERYS EN WATERBLOMMETJIE BOBOTIE
½ koppie droë appelkose gesnipper en geweek in ½ koppie lou melk
1 koppie ekstra melk
250 g waterblommetjies
1 sny witbrood
1 groot ui in ringe gesny
20 ml botter
20 ml kerriepoeier
10 ml borrie
1 kg maalvleis
½ koppie rosyne
1 appel geskil en gerasper
10 ml sout
3 eiers
250 gaar mielierys
3 suurlemoenblare

Week appelkose in melk.
Kook waterblommetjies in water vir 10 min.
Dreineer en hou eenkant.
Week witbrood in 2de lot melk, druk melk uit en maak fyn.
Soteer uie in botter tot deurskynend.
Voeg kerriepoeier en borrie by en braai 2 min.
Voeg maalvleis by en soteer vir 3 min.
Voeg gedreineerde appelkose, rosyne,appel en sout by en roer tot gaar.
Klits eiers en res van die melk saam, voeg bietjie borrie by melkmengsel.
Meng vleismengsel, mielierys, brood en waterblommetjies saam en sit in swart platboom ysterpot.
Giet melkmengsel bo-oor, druk suurlemoenblare in en sit deksel op.
Bak vir 40 min by 180ºC of tot eier gestol is.
Nota:
Ek gaan myne in ‘n bak sit met bietjie water.
Kan ook oor warm kole gebak word, eers van onder vir 30 tot 40 min. Plaas ‘n paar kole op deksel en bak vir nog 20 min.

Foto en resep geplaas deur Elsa Van Antwerpen Kleinhans




VLEISBALLE

vleisballe - retha

VLEISBALLE
Heerlike maklike vleisballetjies: al wat oor is van n vol skottel! Daarmee saam was daar “mash” patats, rys en ertjies met mielies (bevrore).
1 kg maalvleis
2 pakkies bruin uiesoppoeier
bietjie Worcestersous
4 snytjies low gi sadebrood met water natgemaak
1 groot gerasperde ui
1 eier, geklits om mee te bind
Meng alles, vorm balletjies en bak in oond.

Heerlik!!!

Retha-Jane Duvenhage Buys