HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST


HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST
(so iets tussen ‘n herderspastei, bobotie en pastei)
1 kg maalvleis
1 kg medium aartappels
2 medium uie
kerrie en speserye, na smaak
gedroogde knoffelvlokkies
Aromat, na smaak
50 ml bruin druiwe asyn
1 handvol korente (baba rosyntjies)
stukkie botter vir fyn aartappels (kan ook met melk maak)
2 koppies Cheddar kaas

Kook aartappels tot sag, maak fyn en gooi botter by. Maak intussen die maalvleis gaar terwyl die aartappels kook. Ek het myne met bietjie water (so koppie) opgesit, twee uie gekerf en bygegooi, knoffelvlokkies, cartwrights kerrie na smaak, fyn koljander, aromat, fyn naeltjies, 50 ml bruin druiwe asyn en korente bygevoeg. Als laat prut tot meeste vog weggekook het. Laat staan paar minute om af te koel.
Plaas uitgerolde deeg in foeliebakke in oond en bak tot effens bruin. Voeg dan maalvleismengsel in, dan laag fyn aartappels, dan weer maalvleis en laastens cheddar kaas. Bak in oond tot goudbruin. Laat staan paar minute om af te koel voor opdiening, dan sny dit makliker en breek nie soos as dit kokend is nie. Bedien saam met ‘n lekker mengelslaai. Ek het twee medium en vyf klein tertbakkies uitgekry. Die kleintjies het net een laag maalvleis binne gekry.
Resep en foto: Christelle van Rooyen




MAALVLEIS MET MIELIEPAP GEREG

MAALVLEIS MET MIELIEPAP GEREG
Dit was Middagete vandag.
1 koppie mieliemeel
2 koppies water
1 teelepel sout
410 g blikkie suikermielies
1 ui, fyngekap
1 groen soetrissie, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 eetlepel olie
400 g maalvleis
sout, peper en aromat na smaak
1 teelepel maalvleis speserye
1 teelepel droë basil
1 eetlepel blatjang
410 g blikkie boerie relish
½ koppie gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die mieliemeel, water, sout en mielies en kook vir 20 min.
Braai die uie, soetrissie en knoffel in die olie. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
Voeg die sout, peper, aromat, kruie, blatjang en boerie relish by en prut vir 20 min tot vleis gaar is.
Skep die pap in ‘n oondvaste bak en skep die vleis bo-op.
Strooi die kaas oor en bak vir 30 min tot kaas bruin is.
Foto en resep: Sumi Muller




SKOTSE EIERS


SKOTSE EIERS
2 eiers (hard gekook)
250 ml (1 koppie) worsvleis
1 ml (¼ teelepel) tiemie
2.5 ml) (½ teelepel) Tabascosous
5 ml Worcestershiresous
koekmeel (gegeur met sout en peper)
eier
fyn broodkrummels
olie

Haal doppe van hardgekookte eiers af.
Meng worsvleis, tiemie, Tobascosous en Worcestershiresous). Verdeel die vleismengsel in twee dele. Rol die eiers liggies in die gegeurde meel. Druk die vleismengsel in ‘n lagie buite-om die eiers. Druk dit goed vas sodat die eiers heeltemal met die vleis bedek is.
Smeer die vleislagie met geklitste eier. Plaas die eiers minstens ‘n uur in die yskas.
Braai dit dan in diep, warm olie totdat dit goudbruin is. Die eiers het nie ‘n klankie wanneer dit geëet word nie, dus ideaal vir jou skaam kind se kosblik!

Resep geplaas deur Petronella Kleintjie Botha Pieterse




MAALVLEIS PASTAGEREG


MAALVLEIS PASTAGEREG
Foto en resep: Bianca Smit
500 g maalvleis gaar gemaak saam met die volgende:
1 eetlepel tamatie sous
1 teelepel worstersous
1 eetlepel chutney
1 eetlepel bruin uie sop poeier
1 teelepel mosterd poeier
1 teelepel maalvleis speserye
sout en peper na smaak
500 g macaroni, gekook soos op die verpakking

Wit sous
4 eetlepels botter laat smelt in die pot en toe 4 eetlepels meel bygemeng, sout en peper by gevoeg.
Het daarna omtrent 1 en ‘n halwe koppie melk stadig in gemeng tot hy dik genoeg was.
Onder in oondvaste bak bietjie wit sous gesmeer. Toe het ek ‘n laag macaroni in gesit, laag maalvleis, weer ‘n laag wit sous en toe gerasperde kaas, herhaal lae tot bak vol is en vir 40 min by 180°C gebak.  Laat rus ongeveer 30 minute voordat jy bedien.




MAALVLEIS MET GROENTE GEREG


MAALVLEIS MET GROENTE GEREG
4 aartappels, vooraf gaargemaak en in skywe gesny
650 g maalvleis
1 klein ui, in skywe gesny
1 pakkie Royco savoury gravy
50 g tamatie puree
1 x 250 g pakkie gevriesde gemengde groente (kan dit meer maak)
Aromat, sout en peper, na smaak
gerasperde Cheddar kaas, na smaak

Maak sous aan volgens aanwysing op pakkie.
Soteer ui in pan en voeg maalvleis, tamatie puree, sout en peper by. Kook vir ongeveer 10 min (ek het my groente die laaste 5 minute bygesit).
Skep in oondbak en druk die skywe aartappels in die vleis. Strooi Aromat oor en gooi gerasperde kaas bo-oor. Bak teen 180°C tot goudbruin en borrelend. Hou maar dop dat dit nie te droog word nie, laat net die kaas smelt.
Foto: Stien Rust
Resep geplaas deur Stien Rust




VLEISBROODJIE MET TAAI RISSIEBOLAAG


VLEISBROODJIE MET TAAI RISSIEBOLAAG
3 snye bruinbrood, korsies afgesny en grof geskeur
125 ml melk
1 kg maalvleis
1 ui, baie fyn gekap (ek rasper dit)
3 knoffelhuisies, fyn gekap
60 ml vars pietersielie
1 wiel Fetakaas, gekrummel
60 ml gerasperde Parmesaankaas
2 eiers
sout en varsgemaalde swart peper
100 ml soet rissiesous

Voorverhit oond tot 180 ºC en voer n middelslag broodpan met ‘n dik laag foelie uit. Spuit liggies met kleefwerende kossproei.
Laat week die brood vir 5 min in die melk. Meng intussen die maalvleis, ui, knoffel, pietersielie, eier, Feta- en Parmesaankaas liggies saam. Druk die broodmengsel fyner met ‘n vurk en voeg dit ook by. Meng deur. Geur na smaak met sout en peper en skep in broodpan. Smeer gelyk.
Bak vir 50 – 60 min tot die bokant bruin en die vleisbroodjie deurgaar is. Haal die broodjie uit die oond en verhoog die temp tot 230ºC. Laat die broodjie vir 5 min afkoel en keer dit uit op ‘n bakplaat. Verwyder die foelie en smeer die sweet rissiesous egalig bo-oor. Sit in oond en bak ‘n verdere 10 min tot rissiesous borrelend en gekarameliseer is. Sit voor met fyn aartappel of rys en ‘n mengelslaai.
Resep geplaas deur Amanda Theunissen
Foto: Amanda Theunissen




TUISGEMAAKTE BURGER PATTIES


TUISGEMAAKTE BURGER PATTIES
500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
1 koppie kaas van keuse
1 teelepel Worcestershire sous
1 teelepel soya sous
salt and peper to taste
1 teelepel knoffel
1 teelepel origanum
1 teelepel mixed herbs
1 teelepel cerebos flamegrill spice
1 groot eier
¼ koppie brood krummels

Meng alle bestanddele saam, maak patties en braai op hoë hitte 3-5 minute per kant.
Resep en foto: Coetzee Neethling




TRADITIONAL SOUTH AFRICAN BOBOTIE


TRADITIONAL SOUTH AFRICAN BOBOTIE
Photo: Gretchen Kingwill Rozema and Annet Geelhoed
Recipe posted by Gretchen Kingwill Rozema
FOOD LOVERS RECIPES
2 onions, finely chopped
1 kg mince
3 tablespoons olive oil
3 slices of white bread, soaked in milk (enough to cover the bread)
2 eggs
¾ cup milk
2 or 3 bay leaves

Group A:
15 ml (1 tablespoon) curry powder
30 ml (2 tablespoons) ground ginger
30 ml (2 tablespoons) brown sugar
15 ml (1 tablespoon) ground turmeric
10 ml (2 teaspoon) salt
5 ml (1 teaspoon) freshly ground pepper

Group B:
100 g raisins
30 ml (2 tablespoons) apricot jam
30 ml (2 tablespoons) vinegar
60 ml (4 tablespoons) chutney
30 ml (2 tablespoons) Worcester sauce
30 ml ( 2 tablespoons) tomato paste

Soak the bread in enough milk to cover the 3 slices and set aside for later.
Fry the onions in the oil until the onions are just soft and have some colour. Add the group A ingredients to the onion mixture and stir for 1 minute. Add the mince and fry together until the spices are well incorporated and the mince has just changed colour.
Add the ingredients of group B and mix well, stirring for a few minutes until the mince has cooked through. Take it off the heat and let it cool down a bit. Once it has cooled a bit you can add the soaked bread (squeeze out any excess milk first). Mix well.
Put the meat mixture into an oven proof dish.
Beat the eggs and milk together and pour it over the bobotie. Place the bay leaves on top (they will float around, that’s ok).
Bake at 180°C For 45 minutes or until nice and golden on top.
Serve with yellow rice and mixed veggies.




VLEISROLLETJIES MET BOBOTIEVULSEL


VLEISROLLETJIES MET BOBOTIEVULSEL
Vulsel:
15 ml olie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuis, gekap
3 ml komyn
3 ml koljander
3 ml italiaanse kruie
3 ml gemengede kruie
3 ml mosterd sade of 3 ml engels mosterd poeier
5 ml kerrie poeier, enige sterkte
5 ml borrie
3 ml rissie vlokkies (opsioneel)
5 ml fyn gekapte gemmer (opsioneel)
1 kaneel stokkie (opsioneel)
15 ml fyn appelkoos konfyt
15 ml asyn
2 tamaties, geskil en fyn gekap
1 kg maalvleis
1 suurlemoen, versap en skil gerasper
30 ml perske blatjang
10 ml Worcestersous
3 ml fyn naeltjies
3 ml neut
10 ml mayonnaise, sout en pepper na smaak
1 dik sny brood in melk gewees en fyn gedruk
1 pakkie tradisionele bobotie sous

Deeg:
gekoopte omhulsel (Wrappers) of Filodeeg vir rolletjies
5 ml koekmeel
10 ml water

Doopsous:
100 ml perske blatjang
10 ml appelkoos konfyt
30 ml soet rissie sous
15 ml Worcestersous
15 ml suurlemoensap
15 ml rooiwyn asyn
10 ml bruin suiker
10 ml pietersielie
15 ml fyn dadels

Verhit die olie in ‘n kastrol saam met die uie, knoffel en gemmer tot deurskeunend. Verlaag die hitte en voeg die speserye en kruie by. Roerbraai vir 2 min lank. Voeg die konfyt, asyn en tamaties by. Breek die maalvleis op in deeltjies en voeg die kruie en speserye mengsel in die kastrol. Laat prut en roer tot die maalvleis begin verkleur. Voeg nou die res van die bestanddele by en geur met sout en pepper en laat 20 Minute prut. Laat heeltemal afkoel. Plaas die bobotievulsel in een hoek van die deeg vierkant. Vou die punte oor en rol een keer. Bring nou die kante in en rol op tot n sigaarvorm. Heg die punte met ‘n mengsel van die koekmeel en water. Herhaal tot die gewenste hoeveel gemaak is. Verhit die olie in ‘n diepbraaier of in ‘n kastrol op die stoof en braai ‘n paar rolletjies tot goudbruin.

Doopsous:
Meng al die bestanddele saam. Sit die bobotie rolletjies voor met die doopsous.
Wenke:
Bedien warm/koud. Kan pasteitjies, gewone bobotie of net so saam rys of mash. Dis baie lekker.
30 Rolletjies
Resep en Foto: Melanie Herbst Duvenage




CHEESE INFUSED BURGER PATTY


CHEESE INFUSED BURGER PATTY
200 g mince
thyme to taste
1 egg
250 ml grated cheese
bread crumbs
½ teaspoon paprika
½ teaspoon curry

Mix all the ingredients together until mixed. Shape the mince into 100 g balls and flatten to form a patty. Put half a cup of cheese in between the two burger patties and shape them nicely until the cheese is sealed inside the two patties. Fry the patty on both sides until it is crispy on both sides and grill it further in the oven it until its cooked to your liking. When it is done, add the rest of the grated cheese on top of the patty and and cover it until the cheese has melted.

Paprika Spread Sauce:
125 ml mayonnaise
125 ml condensed milk
3 tablespoons curry powder
½ cup paprika

Mix all this together until it becomes a thick sweet orange paste. Grill the burger rolls until its crispy brown. Spread your orange sauce on both sides, add your burger patty, put caramelised onions on top, add crispy brown bacon, add 3 slices avocado on top and finish off with basil and rocket leafs on top.
Recipe and photo: Simbarashe Mupfurutsa