RAVIOLI BOLOGNAISE MET SALIE BRUINBOTTER

raviol bolognaise

RAVIOLI BOLOGNAISE MET SALIE BRUINBOTTER
60 ml olyfolie
2 uie fyngekap
4 knoffelhuisies
250 g spek fyngekap
500 g maalvleis
200 g tamatiepasta
500 ml rooiwyn
1 (400 g) blik tamaties
1 hand vol origanum gekap
sout en peper
250 ml room
100 g broodmeel vir uitrol van pasta
60 ml botter
hand vol vars salie
100 g parmesaan vir oor strooi na die tyd

Verhit olyfolie in mediumgroot pot. Voeg uie en knoffel by. Roerbraai vir 3 – 5 minute. Voeg spek by en braai 5 minute. Voeg vleis by en roerbraai 5 – 8 minute of tot verbruin. Voeg tamatiepasta, rooiwyn en tamaties by. Roer origanum by en verlaag hitte. Laat prut vir 45 minute en roer elke 10 minute. Geur met sout en peper. Roer room by en prut nog 10 minute. Verwyder van hitte en laat afkoel.
Vir die pasta – Basiese pastadeeg:
670 ml broodmeel
4 eiers
10 ml sout

Meng meel, eiers en sout saam. Knie vir 8 tot 12 min of tot elasties op n meelbestrooide oppervlak. Draai toe in kleefplastiek en laat 30min rus voor jy dit met n pastamasjien uitrol
Verdeel deeg in 4 balle. Gebruik ’n pastamasjien en rol deeg uit met meel tot nommer 2 of met ’n koekroller tot ‘n dikte van 1 mm. Plaas velle pasta op skoon werkoppervlak met meel bestrooi. Skep eetlepels vol maalvleis 2 cm uitmekaar op twee van die pastavelle. Verf met koue water rondom maalvleis. Plaas tweede vel pasta bo-op en seël die pasta om die maalvleisbolletjies.
Gebruik ’n skerp mes en sny pastaporsies in netjiese sirkels, of gebruik ‘n koekiedrukker (10 cm) met ‘n kartelrand sodat dit lyk soos op die foto. Bring water tot kookpunt  en plaas pasta in kookwater. Kook vir 3 – 5 minute of tot pasta gaar is. Dreineer. Plaas botter in ’n skoon pan en smelt terwyl die pasta kook. Laat botter prut tot dit begin verbruin, voeg salie by en verwyder van hitte. Plaas ravioli in opdienbak en skep warm saliebotter oor. Sit voor met parmesaan-skaafsels. Ravioli is gaar sodra dit op die oppervlak in die pot dryf.

FOTO:  Wynand Chantelle Van Huyssteen

 




BEES FRIKKIES MET N SOUSIE

frikkies Marianne
BEES FRIKKIES MET ‘N SOUSIE
Resep en foto: Marianne Jacoby
FOOD LOVERS RECIPES
700 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
1 tamatie, fyngekap
1 teelepel garlic
½ koppie broodkrummels
baie pietersielie
2 eiers
sout en pepper
¼ koppie Mrs Ball Chutney

Meng alles goed en maak balletjies en braai baie stadig in bietjie olie tot gaar. As frikkies gaar is, haal uit en gooi die ergste vet af wat in die pan is. Kap ui fyn en braai in dieselfde pan tot sag en bietjie bruin. Voeg daarby water en laat bietjie kook. Voeg Bisto by of enige sousmengsel wat jy wil gebruik en voeg nog Mr Balls Chutney by tot jy tevrede is dit smaak goed. Moenie sout en peper vergeet nie. Dan voeg ek ‘n eetlepel room by net om dit bietjie romerig te maak. Ek gebruik sommer “light” room sodat dit nie so erg moet vetmaak nie.




KATKOPPE – FRIKKADELLE IN BESLAG

tested
KATKOPPE – FRIKKADELLE IN BESLAG
3 snye brood
1 kg maalvleis
1 ui fyn gesny
2 eiers
10 ml sout
5 ml braaivleis speserye
5 ml bakpoeier
1 eetlepel asyn
Meng alles saam en maak klein frikkadelletjies. Kook in klein bietjie water tot gaar.
Tel van stoof af en laat koud word.

Beslag
500 ml meel (2 koppies)
10 ml bakpoeier
2 eiers
2 ml sout
400 ml melk (1 ½ koppie)
Kookolie vir braai.

Klits alles goed saam tot gemeng en sonder klonte. Rol die koue frikkadelltjies in meel, dan klou die deeg beter daaraan. Doop frikkadelletjies in beslag en braai in warm olie tot ligbruin. Dreineer op kombuis papier.
Nota:  Die katkoppe is regtig baie lekker. Die kaasblokkie in die frikkadel is baie lekker.
Foto: Tinkie Theron




LEKKER LOS FRIKKADELLE

1395419_3448778715398_678130275_n
LEKKER LOS FRIKKADELLE
1 blikkie tamatie en uiesmoor
750 g maalvleis
100 ml oats
150 ml melk
25 ml asyn
25 ml Worcestersous
Sout en Peper na smaak
1 pakkie soppoeier (ek het brown onion gebruik)
500 ml water

Voorverhit die oond tot 180* C
Meng maalvleis, tamatie en uiesmoor, oats, melk en asyn met ‘n tweetandvurk (moenie te veel meng)
Vorm 12 tot 14 groterige frikkadelle en plaas dit in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Meng soppoeier met water en giet oor rou frikkadelle.
Bak 60 minute en haal die deksel af, bak nou vir nog 15 minute sodat frikadelle bo-op lekker bruinerig kan bak.

Foto:  Louise Venter




FRIKKADELLE MET KAAS EN LEKKER SOUS

frikkies met kaas in
FRIKKADELLE MET KAAS EN LEKKER SOUS
Ek geur my maalvleis met spesserye – maar daar moet bietjie naetjies, koljander en neutmuskaat bykom – fyn gerasperde ui en 2 snytjies wit brood geweek in bietjie water – dan maak ek die frikkies.
Plaas en bietjie water en jimmys sous gemeng in my bower pan – sit ek frikkies daarin sodra dit kook. Draai die frikkies om na ‘n rukkie – die water jimmy mengsel raak dik.  Ek sit deksel ook op om bietjie gaar te stoom – hou net jou sousmengsel dop dat dit nie wegkook nie – hulle is vinnig gaar en dis heerlik

Nota:  Druk ‘n stukkie mozzarella of feta kaas in die frikkie terwyl dit rou is, dit is heerlik verby

Resep en foto: Marietjie Nel




LEKKER KERRIE-FRIKKADELLE

1377166_10151871532769356_1205820170_n
LEKKER KERRIE-FRIKKADELLE
Foto: Benhet Nieuwenhuizen
FOOD LOVERS RECIPES
1.2 kg beesmaalvleis
1 ui, baie fyn gekap
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel Worcestershiresous
1 eetlepel blatjang
1 teelepel appelkooskonfyt
knypie gemaalde koljander
knypie gemaalde kruienaeltjies
1 teelepel sout
peper na smaak
1 koppie vars broodkrummels (ek het oats gebruik)
1 eier
Sous:
4 eetlepels olie
2 uie, gekap
375 ml witasyn (ek’t bietjie minder gevat)
5 eetlepels blatjang
187 ml suiker
1 eetlepels matige kerriepoeier
1 eetlepels appelkooskonfyt (ek 2 eetlepels gevat)
knypie kaneel
knypie rooipeper

Meng alles vir frikkadelle goed saam en maak balletjies. Bak vir 20 min by 180ºC.
Meng alles vir sous en laat kook 20 min op laag.
Na 20 min giet oor frikkadelle en bak nog 15 min.
Heerlik!




LEKKER FRIKKADELLE


LEKKER FRIKKADELLE
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 kg maalvleis
½ koppie hawermout
187 ml melk
45 ml bruin asyn
22 ml Worcestersous
knippie sout
bietjie peper
cup of soup se tamatiesop

Meng al die bestanddele saam behalwe die tamatiesoppoeier EN net die helfte van die blikkie tamatie en uie smoor. Maak jou balletjies en sit in ‘n bak. Maak die cup of soup aan soos gewoonlik en gooi oor die balletjies. Bedek die bak met foelie. Bak vir ongeveer 45 min by 180°C.

Hierdie resep vries ook baie goed.

Reinette Nieuwoudt-Hartzenberg




LORRAINE SE LASAGNE

2013-09-15-lasagne

LORRAINE SE LASAGNE
500 g maalvleis
1 groot ui, gekap
1 teelepel knoffel
1 teelepel Italiaanse kruie
Olie
Sout en peper
2 blikkies tamatiepasta
1 liter dik kaaswitsous
Lasagne velletjies

Braai uie, knoffel, maalvleis, sout en peper, kruie in olie tot gaar en bruin. Voeg tamatiepasta by en bietjie water en kook vir 5 minute. Mengsel moet soos dikkerige sop wees.
Laag 1 : gooi ± 1 soplepel vol maalvleis op bodem van oondskottel. Die laag kan maar lekker loperig wees.
Laag 2 : plaas rou velletjies lasagne langs mekaar, breek in helfte waar nodig en as oondskottel ronde punte het, breek af tot dit lekker pas.
Laag 3 : maalvleismengsel
Laag 4 : witsousmengsel
Herhaal laag 2 – 4 tot bo en rasper dan gerasperde kaas bo-op. Ek maak sulke dwars strepe . . . cheddarkaas, Italiaanse Kruie/Oreganum/Parmesan Kaas.

Bak vir halfuur – driekwartuur by 180ºC.
Bedien met groenslaai en vars olyfbrood.
Gebruik sous so bo vir spaghetti bolognaise (sonder die kaassous en lasagnavelle)
Genoeg vir een pak spaghetti (250g droog)

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand




MAKLIKE PASTA EN MAALVLEIS AANDETE

maklike paste en maalveis geregtested
MAKLIKE PASTA EN MAALVLEIS AANDETE
Genoeg vir 6 mense
30 ml (2 eetlepels) olie
6 repe spekvleis, gekap
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
500 g beesmaalvleis
2 wortels, gerasper
60 ml (¼ koppie) blatjang
250 ml (1 koppie) beesvleisaftreksel
1 blik (410 g) gekapte tamaties
3 lourierblare
4 takkies tiemie
12 songedroogde tamaties
sout en vars gemaalde swartpeper
500 g pasta (ek voel dit is te veel 250-300g is oorgenoeg)
’n hand vol basilie, geskeur

Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die spekvleis tot gaar. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag.
Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en braai terwyl jy enige klonte opbreek. Voeg die wortels en blatjang by.
Giet die aftreksel by en verminder die hitte tot matig. Roer die tamaties, lourierblare, tiemie en songedroogde tamaties in en laat prut 10 minute of tot die aftreksel verminder het. Geur met die sout en peper.
Kook die pasta volgens die aanwysing op die verpakking tot net gaar. Dreineer en vou versigtig by die maalvleismengsel in.Sit voor met die basilie bo-oor gestrooi

Nota:  Rina Kleinhans
Ek het gisteraand hierdie pasta en maalvleis gereg gemaak, dit is baie baie lekker ek het net die volgende verander. Die 500 g pasta is baie te veel vir die vleis mengsels, ek sal se so 250 g – 300 g sal goed genoeg wees. Dan het ek sampioene bygesit en ook op die einde ‘n pakkie Smokey BBQ Oxtail soppoeier aangemaak met ongeveer 350 ml water, die sous was vir my te min. Ek het ook die pasta onder in ‘n oond bak gesit, die maalvleis mengsel bo-op en lekker baie kaas en in die oond gebak, regtig heerlik, en baie kan maklik 6 mense kos gee. Net met gesnyde piesang bedien en dit maak regtig ‘n verskil…
Foto: Rina Kleinhans




FRIKKADELLE MET OF SONDER SOUS

frikkies met lang sous

FRIKKADELLE MET OF SONDER SOUS
Hierdie is n frikkadel gereg wat heerlik en souserig is maar dit dien ook as jou basiese frikkadel resep. As ek frikkadelle op sy eie maak los ek die ryp tamatie uit en giet so dash uit die bottel blatjang by. Jy los ook uit die 500 ml water en tamatiesoppoeier heel onder aan die einde van die bestanddele lys. Jy kan hulle plat ook druk en gebruik as hamburgerpatties.

1 ryp tamatie
1 groot ui
750 g maalvleis
1 eier
100 ml (1 koppie) oats (hawermout)
150 ml melk
25 ml (1½ eetlepels) asyn
25 ml (1½ eetlepels) worcester sous
7 ml (1½ teelepels) sout
peper
pietersielie
tiemie as jy wil lekker hê
1 pakkie tamatiesop
500 ml water

Kap tamatie en ui en voeg alles by.
Meng liggies met n vurk nie te veel nie.
Is half slapperig maar moenie worry nie dit is reg.
Maak 12 of 14 groot frikkadelle pak in n toe bak met deksel.
Meng die sop met die water en gooi oor.
Bak 60 min by 180°C en haal die deksel af en bak nog 15 min oop tot bruin.

Resep: (Rina Shorty) – HEINER LANGE
FOTO:  Rina Kleinhans