PANNEKOEK LASAGNEPOT

PANNEKOEK LASAGNEPOT
12 pannekoeke
Vir die vulsel
olie vir panbraai
1 groot ui, fyngekap
1 wortel, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, fyngedruk
500 g maalvleis
1 blik (410 g) heel tamaties (of maak jou eie)
1 eetlepel tamatiepasta
sout en peper na smaak
’n knippie suiker
’n hand vol vars pietersielie, gekap

Vir die kaassous
3 eetlepels botter
6 eetlepels koekmeel
3 koppies melk
½ koppie kaas van jou keuse, gerasper (ek het sterk cheddar of wit cheddar gebruik)

Maak eers die vulsel. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die wortel en knoffel by en braai dit vir nog ’n paar minute. Voeg dan die maalvleis bietjies-bietjies by en braai dit tot goudbruin. Maak die klonte met ’n vurk fyn sodat die vleis eweredig verbruin.

Roer die tamatie by en geur dit met sout en peper na smaak. Proe aan die vleis en geur dit verder met ’n knippie suiker en die pietersielie. Prut alles vir 10 minute en hou dit eenkant.

Maak die kaassous. Smelt die botter in ’n pot oor matige kole (of gebruik ’n gasbraai). Roer die meel by en braai dit vir ’n minuut. Gooi nou die melk bietjies-bietjies by die meelmengsel en roer dit aanhoudend. Prut die sous vir 15 minute en roer dit die heeltyd om te keer dat klonte vorm. Voeg die kaas by en geur dit met sout en peper voordat jy dit vir oulaas deurroer.

Maak die pannekoek lasagne. Skep 2 eetlepels vleis in die middel van elke pannekoek, gevolg deur 1 eetlepel kaassous. Vou dit toe in ’n driehoek, pak dit in ’n stapel en sit dit dadelik voor.

Vir n variasiw kan jy meer sous maak en gebraaide sampioene by sit en as almal klaar opgekep het die oortolige sous oor die pannekoek skep.

Resep geplaas deur Gerhard De Beer




SKOONMA SE KOOL FRIKKADELLE

 

2013-07-02-ouvrouonderdiekomberstested

 SKOONMA SE KOOL FRIKKADELLE
My skoonma se resep:

Maak frikadelle soos gewoonlik met lekker baie mince spice en bietjie blatjang en sojasous.
Laat blare in kookwater le en rol frikadelle daarin.
Braai uie bruin in bak en pak frikadelle bo op, sous en peper bo oor.
Gooi 250ml water oor en bak tot gaar.
Maak oop en voeg botter by en bak tot goudbruin.
Met mash en slaai … Heerlik!!!

Tertia McKnight Botha



INDIESE FRIKKADELLE

 

2014-01-09-indiesefrikkadelletested

INDISCHE GEHAKTBALLEN

INGREDIËNTEN
1 sneetje witbrood (zonder korst)
3 el ketjap manis
400 g half-om-halfgehakt
1 ei
2 tl sambal oelek
50 g pinda’s ongezouten (gehakt)
1 teen knoflook
4 el seroendeng (potje 100 g)
25 g boter
BEREIDEN
1. 1. Leg het brood in een diep bord en besprenkel met de ketjap. Doe het gehakt met het ei in een kom. Voeg het brood en de ketjap toe en vervolgens de sambal en pinda’s. Pers de knoflook erboven.
2. 2. Kneed het gehakt totdat het brood er gelijkmatig doorheen is gemengd. Verdeel in 4 porties en vorm er met vochtige handen ballen van. Doe de seroendeng in een diep bord en rol de ballen er 1 voor 1 door.
3. 3. Verhit de boter in een pan en braad de ballen aan. Bak op laag vuur in 25 min. gaar. Keer regelmatig. Draai het vuur de laatste 3 min. iets hoger voor een knapperig korstje.

INDIESE FRIKKADELLE

BESTANDDELE
1 sny witbrood (sonder kors)
3 el ketjap manis
400 g half-om-halfgehakt
1 eier
2 tl sambal oelek
50 g grondboontjies ongesoute (gekap)
1 teen knoffel
4 el seroendeng (potjie 100 g)
25 g botter
berei
1. 1. Plaas die brood in ‘n diep bord en sprinkel met die ketjap. Doen die maalvleis met die eier in ‘n bak. Voeg die brood en die ketjap toe en dan die sambal en grondboontjies. Pers die knoffel bo dit.
2. 2. Knie die maalvleis totdat die brood daar eweredig deur dit is gemeng. Verdeel in 4 porsies en vorm daar met klam hande balle van. Doen die seroendeng in ‘n diep bord en rol die balle daar 1 vir 1 deur.
3. 3. Verhit die botter in ‘n pan en braad die balle aan. Bak op laag vuur in 25 min gaar. Keer gereeld. Draai die vuur die laaste 3 min iets hoër vir ‘n skerp korstje.

BRON- Annet Geelhoed




GIDEON SE FRIKKADELLE

2014-01-08-gideonsefrikkadelletested

GIDEON SE FRIKKADELLE
500 gram maalvleis
1 en half koppie dröe broodkrummels
1 pakkie dröe uiesoppoeier
1/2 koppie pietersielie
1 eier
Swart peper
Skeut balsamiese asyn
Skeut wit asyn
Meng vleis, pieterselie, eier, peper en 2 asyne in ‘n bak.
In 2 de bak  meng:
Soppoeier en broodkrummels met water om klam te maak.
Meng die 2 mengsels met vleisvurk en vorm balletjies.
Plaas in gesmeerde bak.
Sprinkel broodkrummels en bietjie soppoeier oor.
Gooi bietjie water of vleisaftreksel onder in skottel.
Bedek met tinfoelie en bak 1 uur by 180ºC
Resep en foto – Gideon Louw




FRIKKADELLE ALLES IN OOND – LEKKER LOS FRIKKADELLE

FRIKKADELLE ALLES IN OOND – LEKKER LOS FRIKKADELLE
1 ryp middelslag-tamatie
1 middelslag-ui
750 g gemaalde beesvleis
40 g (100 ml) hawermout
150 ml melk
25 ml asyn
25 ml Worcestersous
7 ml sout
peper na smaak
knypie gedroogde tiemie
1 pakkie tamatiesoppoeier
500 ml water

Skil en kap die tamatie en ui fyn.
Voeg die maalvleis, hawermout, melk, asyn, Worcestersous, sout, peper en tiemie by en meng alles liggies saam met
‘n groot tweetandvurk – moenie te veel meng nie.
Vorm 12 tot 14 groterige frikkadelle van die mengsel en plaas dit in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel of in ‘n dikboomkastrol.
Meng die soppoeier en water en giet dit oor die rou frikkadelle. Sit die deksel op.
As dit in die oond gaargemaak word:
Bak dit 60 tot 90 minute by 180ºC (350ºF) en haal die deksel ‘n kwartier voor die baktyd verstryk het af sodat die frikkadelle bo-op lekker bruinerig kan bak.

Huisgenoot Wenresepte Nr 3




VINNIGE MAALVLEIS EN SKYFIE GEBAK

vinnige maalvleis en skyfie gebaktested

500 gram maal vleis
1 groot ui
1 knoffelhuise fyn gedruk
1 125g pak mrs balls chutney skyfies fyn gedruk
2 pakkies royco cheese sauce volgens aanwysings gemaak.
1koppie gerasperde cheddar kaas

braai die uie in olie tot deurskynend.
voeg knoffel en maal vleis by en braai tot gaar.
moet geen sout byvoeg nie, maar swart peper na smaak wel.
meng die afgekoelde maalvleis met die 2 pakkies kaas sous en plaas in oond vaste bak.
gooi die skyfies en gerasperde kaas bo oor en bak in die oond tot kaas gesmelt is.
Bedien met mengel slaai.
Franco Dippenaar




ADAM SE LEKKER FRIKKADELLE

1005835_617090898356978_25816072_ntested
ADAM SE LEKKER FRIKKADELLE
Ek het gisteraand my gunsteling frikadelle gemaak.
Meng die volgende:
500 g beesmaalvleis
500 g varkworsies vleis uit die derm gehaal
1 koppie broodkrummels
2 eiers
1 eetlepel gemengde jeera en koljanderpoeier
2 eetlepels gedroogde origanum
1 eetlepel fyn knoffel
sout en peper van jou keuse na smaak
koekmeel om die bolletjies in te rol
olie vir vlak braai

Meng baie goed deur, maak toe en laat ten minste 1 uur staan in die yskas.
Rol eetlepels vleis in meel, maak balletjies en bak in vlak olie.

( Hierdie frikadelle is seker die lekkerste koue padkos wat ‘n mens kan kry).
Ek het dit bedien met fyn aartappels met ‘n bruinuiesous en gestoomde wortels met ‘n gewone witsous.

Resep en foto:  Adam Cloete

Nota: Mens kan hierdie resep ook gebruik vir die lekkerste hamburger patties, gebruik die volg resep vir die rolletjies
http://www.foodloversrecipes.com/…/english-stove-top-muffi…/.

ADAM SE FRIKKADELLE

 




ADRI SE HERDERSPASTEI

tested

ADRI SE HERDERSPASTEI
Resep geplaas deur Adri van Staden
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het vir ons ‘n spesiale herderspastei gemaak:
500 g maalvleis
1 ui fyngekap
1 koppid gevriesde gemengde groente (of na smaak)
300 g vars spinasie
1 pakkie bruin uiesoppoeier
Aromat
1 teelepel fyn knoffel
1 eetlepel botter
300 ml melk
6 tot 8 aartappels
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Kook die maalvleis, uie, gemengde groente, uiesop, knoffel en ‘n bietjie Aromat (oppas die sop is reeds sout!). Stoom die spinasie wat skoongemaak en ontaar is vir 5 minute.
Sny die spinasie fyn en voeg by vleis. Kook tot gaar.
Kook die aartappels gaar, skil en sny in blokkies. Plaas aartappels weer op die stoof en voeg die melk en botter en Aromat by (besluit hoe styf jy jou fynaartappels wil hê) en druk die aartappels fyn terwyl dit kook. Haal van die stoof af en roer die kaas in.
Skep die gaar vleis in ‘n oondbak en skep die aartappels bo-oor.
Bak in die oond teen 180° vir 15 minute.

 




ELSA SE FRIKKADELLE MET SPEK

Elsa se Frikkadelletested

ELSA SE FRIKKADELLE MET SPEK
1 kg maalvleis
2 snye witbrood in water geweek
2 gerasperde uie
2 fyngerasperde wortels
2 fyngerasperde aartappels
30 ml fyngekapte pietersielie
15 ml fyngekapte vars tiemie
1 pakkie beesstert soppoeier of sop van jou keuse
100 ml melk
1 eetlepel asyn
½ koppie gerasperde kaas
sout en peper

Meng al die bestanddele deeglik.

Rol in balletjies en draai strepiespek om elkeen en braai hoog oor matige kole op ‘n oop rooster tot gaar en spek lekker bros is

Resep en foto: Elsa van Antwerpen Kleinhans




AANGEPASTE VLEISROL

tested
AANGEPASTE VLEISROL
Resep en foto: Chris Agenbag
FOOD LOVERS RECIPES
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Ek het ongelukkig nie ‘n foto vir hierdie een nie, maar dis regtig iets interessant.
Gebruik baie lae-vet maalvleis, want die storie is nogal baie olierig, en hoe meer vet in die maalvleis is, hoe olieriger is die storie.

Berei maalvleis net soos jy dit sal berei vir frikkadelle.
Voeg net nog by die mengsel ‘n klein blikkie tamatiesap. (let wel, net sous nie, maar sap – Tomato cocktail)
Plaas nou ‘n groterige vel aluminium papier (alcon foil) op ‘n plat oppervlakte. Ongeveer so 40cm lank.
Plaas die maalvleis op die vel soos wat jy die deeg van ‘n “jam roll” sal uitpak.

Pak nou die hele maalvleis-blad met enige van die volgende:
LET WEL. DIS NIE DIE ALFA EN OMEGA NIE. GEBRUIK JOU EIE VERBEELDING.
Gerasperde kaas
Sampioene
Aspersies
Fyn stukkies spek (bacon)
Sweet Corn
fyngekapte green pepper
Engiets wat jy nog kan aan dink wat dit interessant en lekker sal laat smaak.
Rol die maalvleis SONDER die aluminium-vel op soos jy ‘n jam-roll sal oprol.
(jy sal iemand nodig hê wat jou hiermee kan help)
Plaas dit in ‘n lang bak met diep rante (‘N BRAAIPAN IS IDEAL)
Druk dit maar met die hand stewig langs die kante as dit in die pan is.
Jy kan dit natuurlik met aluminium-vel in die pan sit, maar nie bedek nie. dus die vel moet net onder en langs die kante wees. (dis om die kante bietjie meer in posisie te hou).

Bak nou vir 45 minute.
Bedien met rys, ertjies en gebraaide aartappels.